Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Kalvinisme
Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112157] Di, 16 Januarie 2007 19:07 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie stukkie was nogal interessant vir my gesien in die lig van die
bespreking oor uitverkiesing en dies meer. Die huidige Bush regime en
hulle volgelinge se filosofie is ook gegrond op 'n ander vorm van
Kalvinisme wat deur die Hollandse filosoof, Van Til onderskryf word.

http://www.answers.com/topic/afrikaner-calvinism

Afrikaner Calvinism is a unique cultural development that combined the
Calvinist religion with the political aspirations of the white
Afrikaans speaking people of South Africa. From between 1652 to 1835,
settlers primarily from the Netherlands, and migrant and refugee
Calvinist Protestants from Germany, France, Scotland, and elsewhere in
Europe, combined in South Africa to form a distinct people, eventually
called the Afrikaners or Boers. A significant number of the French
progenitors of the Boer people were Huguenots, who were fleeing from
the persecution that lasted for one hundred years after the Edict of
Nantes was revoked. Between the end of the 18th century and the end of
the 20th century, these people increasingly considered themselves
Afrikaner rather than European. They spoke a dialect of the Dutch
language called Afrikaans, and were bound together by a form of
Calvinist religion. Though they lost control of their South African
republics to the British after the Boer Wars, the Afrikaners finally
negotiated a home-rule arrangement 10 years later and firmly
established themselves as the ruling minority in South Africa until
international pressure and increasing chaos within South Africa
compelled them to dismantle their policies of exclusive control,
called Apartheid.

The Calvinism of the Boers of the Transvaal in South Africa developed
in a different way from its European and American counterparts. This
uniqueness is generally regarded as a direct result of geographical
isolation and political and cultural estrangement, which shut out the
influences of the Enlightenment. The cross-currents of change which
arose within the Protestant cultures of Europe in response to the
Enlightenment had minimal effect upon the development of religious
thought among the Boers.

This view of Afrikaner Calvinism implies that it is a purer expression
of what Calvinism originally was, without the diluting effects of the
Enlightenment. Particularly, this view implies that cultural
development under the influence of Boer civil religion is an
illustration of the cultural implications of Calvinism. This is
especially interesting to contemporaries considering that a form of
nationalistic Calvinism arose, which had direct bearing upon the
establishment of the Apartheid policy in 1948.
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112159 is 'n antwoord op boodskap #112157] Wo, 17 Januarie 2007 01:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf

> http://www.answers.com/topic/afrikaner-calvinism
>
>
> Afrikaner Calvinism is a unique cultural development that combined the
> Calvinist religion with the political aspirations of the white
> Afrikaans speaking people of South Africa.


Dis tyd dat hierdie hele saak van "Afrikaner Calvinisme"
gesien word vir wat dit is - 'n skim wat geskep is deur
die kritici van "Afrikaner nasionalisme." Dis 'n klomp
bog om die idees van die vaders van apartheid te koppel
aan die kultuurverskynsel Calvinisme. Die klomp
predikante wat begin het om apartheid goed te praat,
het dit gedoen nie uit hulle Calvinistiese orientasie en
beginsels nie. Hulle het dit gedoen omdat hulle
hulle Christelike beginsels verlo?n het in diens van die
politieke dwaalweg wat gedurende die apartheidsjare
ingeslaan is.
Ek haat dit wanneer ek lees dat "die Afrikaner"
sus of so was of is. Ek het as 'n Afrikaner grootgeword
met 'n ma wat die Voortrekkerfeesvierings van 1938 so
gehaat het dat sy geweier het om vir ons te laat
Voortrekkerkappies dra ( ons moes hoedjies dra) en
het gladnie daarvan gehou dat ons aan volksspeletjies
wou deelneem nie. En haar stamvaders was Rossouws
en Fouches, dus goeie Hugenote Calviniste. Wanneer
baie van hierdie kritici dus "Afrikaner nasionalisme"
beskryf, beskryf hulle miskien die opinies van daardie
deel van die Afrikaners wat pap en wors eet, dus
heelwaarskynlik die mense wat afstammelinge is van
die Voortrekkers wat na die Transvaal uitgewyk het.
Maar eintlik betwyfel ek selfs die konneksie
tussen byvoorbeeld Paul Kruger en "Afrikaner
Calvinisme." Dis algemeen bekend dat Paul Kruger
baie liberale idees gehad het. Hy wou byvoorbeeld
prostitusie dekriminaliseer en kontrolleer. Die redes
vir die Anglo-Boere Oorlo? is ook nie gewortel in
godsdiens nie. Dis gewortel in suiwer politieke
oorwegings. Daar was Afrikaners uit die Kaap wat
by Paul Kruger kom pleit het om die oorlog te vermy.
Seker goeie Calviniste.

Gloudina
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112161 is 'n antwoord op boodskap #112159] Wo, 17 Januarie 2007 03:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:

> Dis tyd dat hierdie hele saak van "Afrikaner Calvinisme"
> gesien word vir wat dit is - 'n skim wat geskep is deur
> die kritici van "Afrikaner nasionalisme." Dis 'n klomp
> bog om die idees van die vaders van apartheid te koppel
> aan die kultuurverskynsel Calvinisme.

Ongelukkig is my kennis hieroor heeltemal te min om jou stelling teen
te staan of selfs te probeer debateer. Die artikel het wel vir my sin
gemaak, maar dit is altyd goed om ook die ander kant van die saak te
hoor, so ek luister.

> Ek haat dit wanneer ek lees dat "die Afrikaner"
> sus of so was of is.

Ek reken ons almal voel so. Veralgemenings is nooit lekker nie, veral
as mens WEET dat jou eie ervaring en omstandighede nie is/was soos
voorgestel word deur meeste growwe veralgemenings nie.

> Wanneer
> baie van hierdie kritici dus "Afrikaner nasionalisme"
> beskryf, beskryf hulle miskien die opinies van daardie
> deel van die Afrikaners wat pap en wors eet, dus
> heelwaarskynlik die mense wat afstammelinge is van
> die Voortrekkers wat na die Transvaal uitgewyk het.

Weet darem nou nie of mens provinsialisme hierby moet betrek nie. Jou
stelling hou wel water, veral as mens die artikel heeltemal deurlees,
en in ag neem dat hierdie mense het hoofsaaklik net die bybel gehad om
te dien as intellektuele leesstof, die kinders ens,.was dus nie
blootgestel aan ander werke nie. Iemand het eenkeer hier of dalk op
'n ander groep hieroor gepraat, so dalk onthou ek nie heeltemal reg
nie. Dit maak wel sin dat weens hulle isolasie en "kennis" wat
hoofsaaklik uit die bybel bekom was, kan mens dan geredelik aanvaar
dat ander teologiese begrippe begin inkruip het. As sulks kan mens
moontlik redeneer dat daar wel iets soos "Afrikaner Calvinism"
bestaan.
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112175 is 'n antwoord op boodskap #112157] Wo, 17 Januarie 2007 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
As dit die standaard van Wikipedia verteenwoordig, dan moet mens ALLES wat
Wikipedia aanbied, met baie meer as 'n knippie sout neem. Die artikel is so
vol historiese mistastings en wanvoorstellings dat dit die opinie wat daarin
uitgespreek word, ernstig in die gedrang bring.

Voorbeelde:
* Dat die kerk in SA vry van die invloed van die "Verligting" sou wees tot
met die Britse bewind, is onwaar! - dit het reeds tydens die 1e Hollandse
bewind begin en veral tydens die 2e Hollandse bewind met humanistiese
sienings en kerkorde van Jacob Uitenhage de Mist! - Nederlandse
Hoëkommissaris! - momentum gekry!
* Dat Nederland met die Franse Rewolusie gesimpatiseer het, is ewe onwaar.
Die eerste Britse anneksasie was op versoek van die Prins van Oranje wat in
Brittanje geskuil het teen die Franse onder Napoleon! Nederland het as
gevolg van Franse "kolonisasie" die Bataafse Republiek geword - teësinnig! -
maar na die val van Napoleon die monargie - Huis van Oranje! - in ere
herstel!
* Dat reaksie in Europa teen die "Verligting" eers met die Doleansie (1886)
gekom het, is belaglik! Die stryd in die Nederlandse kerke het al in 1834
op die stigting van die Christelik Gereformeerde Kerk uitgeloop het (Dirk
Postma was stigterslid). Trouens, wêreldwyd het 'n soortgelyke stryd in die
kerke van die Reformasie gewoed en tot afskeidings gelei (VSA, Kanada, N
Seeland, Australië). Die Doleansie was in werklikheid 'n 2e afskeiding uit
die Nederlandse
Hervormde Kerk - en het heelwat later met die Christelik Geref Kerk van 1834
saamgesmelt, maar sommige van die Christelik Geref K het nie saamgesmelt nie
en onafhanklik bly voortbestaan.
* Dat die kerkstryd in SA onder leiding van Paul Kruger was en 'n gevolg van
die Nederlandse Doleansie, is 'n verdere mistasting; die stryd was al so
vroeg as die 18-twintigs reeds aan die gang en het in 1859 onder leiding van
Dirk
Postma (Christelike Geref Kerk) - dus: lank voor die Doleansie! - tot die
stigting van die Geref. Kerke (Doppers)
gelei (Kruger was inderdaad 'n stigterslid en lewenslange lidmaat).
* Die verklaring oor die oorsprong van die naam "Dopper" wat as kategoriese
feit voorgehou word, is maar één van baie moontlike verklarings vir dié
woord; niemand weet met sekerheid waar dit vandaan kom of wat dit
oorspronklik beteken het nie. Dit is ouer as die Geref Kerk - die Hendrik
Potgieter-trek se mense is al as 'n "Dopper-gespuis" uitgeskel!
* Die voorstelling dat die Kaapse burgers inheemse swartes verslaaf het, is
van alle waarheid ontbloot! Die Kaapse slawe was hoofsaaklik van Maleisië
en Indië afkomstig! Ek meen dat daar wel ook swart slawe was wat van die
VSA afgekom het met "Die Alabama"! - 'n skip vernoem na die
deelstaat! -vandaar die liedjie "Daar kom die Alabama". Die Kapenaars het
slawe gekoop, ja, maar self nooit vry mense geneem en slawe gemaak nie!
Die1e kontak en botsings met die swartes het eers in die 17e eeu in die
huidige Oos-Kaap plaasgevind!

Ek volstaan hiermee. Die artikel wemel van begin tot einde met sulke
wanvoorstellings; dis eenvoudig onnodig om al die vlieë te probeer afvang!

Die artikel probeer baie hard! - soos so baie ander - om apartheid om die
nek van Afrikaner Calvinisme te hang! Hoewel ek nie die invloed van
Afrikaner Calvinisme op die politiek en ook die apartheidsbeleid wil of ooit
sal probeer ontken nie, is dit 'n blatante skeeftrekking van die
geskiedenis! Die artikel ignoreer gewoon die feit dat baie van die
apartheidswetgewing hulle oorsprong in Nederlandse en Britse koloniale
wetgewing gehad het - o.a. die verbod op gemengde huwelike, die
pasboekwette, ens.. Die verhouding tussen Afrikaners en Swartes op die
plase was baie hegter en gesonder voor apartheid as wat mense vandag bereid
is om te erken. Die sowat 26000 swartes wat in die AB kampe gesterf het -
min of meer net soveel as die wit vroue en kinders! - is oorgenoeg bewys van
die lojaliteit van daardie swartes teenoor hulle sg. Calvinistiese
Boerebase! Baie woorde soos "outa" ("ou vader") en "aia" wat vandag as
diskriminerend ervaar / beskou word, was oorspronklik woorde wat
Afrikanerkinders gedwing was om teenoor ouer swartes te gebruik as teken van
respek! Feit is: Verwoerd het apartheid as ideologie uitgedink en die
Afrikaners daarmee beheks! Verwoerd is in Nederland gebore en in SA
opgevoed deur ouers van Nederlandse Calvinistiese opvattings!!! Hy het in
Nazi-Duitsland sy doktorsgraad gedoen!!! - en het gewoon 'n
studeerkamer-teorie op die werklikheid wat heeltemal anders was, probeer
afdwing! Natuurlik het sy idees in Afrikaner Calvinisme vrugbare bodem
gevind waarin dit kon wortel skiet en sy vrot vrugte oplewer! - maar die
eintlike oorsprong van die ideologie is in Europa! - in Brittanje, Nederland
en Duitsland! - nie in SA nie!

"Katryn" Hierdie stukkie was nogal interessant vir my gesien in die lig van die[/color]
> bespreking oor uitverkiesing en dies meer. Die huidige Bush regime en
> hulle volgelinge se filosofie is ook gegrond op 'n ander vorm van
> Kalvinisme wat deur die Hollandse filosoof, Van Til onderskryf word.
>
> http://www.answers.com/topic/afrikaner-calvinism
>
>
> Afrikaner Calvinism is a unique cultural development that combined the
> Calvinist religion with the political aspirations of the white
> Afrikaans speaking people of South Africa. From between 1652 to 1835,
> settlers primarily from the Netherlands, and migrant and refugee
> Calvinist Protestants from Germany, France, Scotland, and elsewhere in
> Europe, combined in South Africa to form a distinct people, eventually
> called the Afrikaners or Boers. A significant number of the French
> progenitors of the Boer people were Huguenots, who were fleeing from
> the persecution that lasted for one hundred years after the Edict of
> Nantes was revoked. Between the end of the 18th century and the end of
> the 20th century, these people increasingly considered themselves
> Afrikaner rather than European. They spoke a dialect of the Dutch
> language called Afrikaans, and were bound together by a form of
> Calvinist religion. Though they lost control of their South African
> republics to the British after the Boer Wars, the Afrikaners finally
> negotiated a home-rule arrangement 10 years later and firmly
> established themselves as the ruling minority in South Africa until
> international pressure and increasing chaos within South Africa
> compelled them to dismantle their policies of exclusive control,
> called Apartheid.
>
> The Calvinism of the Boers of the Transvaal in South Africa developed
> in a different way from its European and American counterparts. This
> uniqueness is generally regarded as a direct result of geographical
> isolation and political and cultural estrangement, which shut out the
> influences of the Enlightenment. The cross-currents of change which
> arose within the Protestant cultures of Europe in response to the
> Enlightenment had minimal effect upon the development of religious
> thought among the Boers.
>
> This view of Afrikaner Calvinism implies that it is a purer expression
> of what Calvinism originally was, without the diluting effects of the
> Enlightenment. Particularly, this view implies that cultural
> development under the influence of Boer civil religion is an
> illustration of the cultural implications of Calvinism. This is
> especially interesting to contemporaries considering that a form of
> nationalistic Calvinism arose, which had direct bearing upon the
> establishment of the Apartheid policy in 1948.
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112181 is 'n antwoord op boodskap #112175] Wo, 17 Januarie 2007 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Ek meen dat daar wel ook swart slawe was wat van die
> VSA afgekom het met "Die Alabama"! - 'n skip vernoem na die
> deelstaat! -vandaar die liedjie "Daar kom die Alabama".

Nee, ek dink jy is verkeerd hier. Die skip "Alabama" was
'n skip van die Konfederasie gedurende die Amerikaanse
Burgeroorlog en het vir 'n kort rukkie by die hawe in
Kaapstad aangedoen. Dit is, as ek reg onthou, later
erens naby Europa gekelder. Dit het nie slawe na die
Kaap gebring nie. Teen hierdie tyd was slawerny al
onwettig verklaar in die Britse kolonies, en slawe ook
al vrygestel in die Kaapkolonie. Die Amerikaanse
Burgeroorlog was later as die Groot Trek.

Gloudina
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112182 is 'n antwoord op boodskap #112175] Wo, 17 Januarie 2007 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf
Die artikel ignoreer gewoon die feit dat baie van die
> apartheidswetgewing hulle oorsprong in Nederlandse en Britse koloniale
> wetgewing gehad het - o.a. die verbod op gemengde huwelike, die
> pasboekwette, ens..

Nee. Die verbod op gemengde huwelike en die
pasboekwette was eers ingebring na 1948.
Moenie alle apartheidsvergrype blameer op
"die Engelse" en "die Nederlanders" nie.
Dis 'n ou truuk om Afrikaners se hande te
probeer skoonwas, maar dit help nie eintlik
nie. Almal weet wat die waarheid was.

Gloudina
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112184 is 'n antwoord op boodskap #112182] Wo, 17 Januarie 2007 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jan 2007 07:51:59 -0800, "Hessie" wrote:

>
> Nee. Die verbod op gemengde huwelike en die
> pasboekwette was eers ingebring na 1948.
> Moenie alle apartheidsvergrype blameer op
> "die Engelse" en "die Nederlanders" nie.
> Dis 'n ou truuk om Afrikaners se hande te
> probeer skoonwas, maar dit help nie eintlik
> nie. Almal weet wat die waarheid was.
>
> Gloudina

> Almal weet wat die waarheid was.
> Almal weet wat die waarheid was.
> Almal weet wat die waarheid was.
> Almal weet wat die waarheid was.
LOL

Seretse Khama, born in Serowe, British Protectorate of Bechuanaland,
was the grandson of Khama III, king of the Bamangwato people.

In June of 1947, Khama met Ruth Williams, an English clerk at Lloyd's
of London, and after a year of courtship, married her.
The interracial marriage sparked a furore among both the apartheid
government of South Africa and the tribal elders of the Bamangwato.

Having banned interracial marriage under the apartheid system, South
Africa could not afford to have an interracial couple ruling just
across their northern border. As Bechuanaland was then a British
protectorate, the South African government immediately exerted
pressure to have Khama removed from his chieftainship. Britain's
Labour government, then heavily in debt from World War II, could not
afford to lose cheap South African gold and uranium supplies. There
was also a fear that South Africa might take more direct action
against Bechuanaland, through economic sanctions or a military
incursion. [1] [2] The British government therefore launched a
parliamentary enquiry into Khama's fitness for the chieftainship.
Though the investigation reported that he was in fact eminently fit
for the rule of Bechuanaland, "but for his unfortunate marriage",[3]
the government ordered the report suppressed (it would remain so for
thirty years), and exiled Khama and his wife from Bechuanaland in
1951. In 1952, a new Conservative government declared the exile
permanent.

http://en.wikipedia.org/wiki/Seretse_Khama

Notes and references
word aangegee op die webblad
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112188 is 'n antwoord op boodskap #112184] Wo, 17 Januarie 2007 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> The interracial marriage sparked a furore among both the apartheid
> government of South Africa and the tribal elders of the Bamangwato.

> the government ordered the report suppressed (it would remain so for
> thirty years), and exiled Khama and his wife from Bechuanaland in
> 1951. In 1952, a new Conservative government declared the exile
> permanent.

As mense Wikipedia as soetkoek opeet, dan kan mens
hulle nog vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Maar as iemand willens en wetens vir Wikipedia net
stuk-stuk aanhaal en so die waarheid moedswillig verdraai,
dan behoort hy aan sy hakskeen aan 'n boom opgehang
te word om daar uit te droog, soos die prooi van 'n laksman-
voël. Die waarheid is dat Seretse Khama deels uit
Botswana gehou is deur die jaloesie van sy oom wat
swart was en wat nie sy regentskap wou opgee nie.
Seretse Khama het alreeds in die vyftigerjare teruggekom
na sy vaderland, en met die onafhanklikheid van Botswana
die eerste president daarvan geword, wat hy tot sy dood
in 1980 was,
Terloops, wie lees Alexander McCall Smith se
Number One Ladies Detective Agency-reeks wat in
Botswana afspeel? Elke vierde persoon hier in
Kanada ken dit blykbaar. Ons het dit eers hierdie
jaar ontdek. Seretse Khama word elke hawerklaps
aangehaal deur die lady detective van die verhaal.

Gloudina
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112208 is 'n antwoord op boodskap #112181] Do, 18 Januarie 2007 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" [/color]
> Torreke skryf
>
> Ek meen dat daar wel ook swart slawe was wat van die
>> VSA afgekom het met "Die Alabama"! - 'n skip vernoem na die
>> deelstaat! -vandaar die liedjie "Daar kom die Alabama".
>
> Nee, ek dink jy is verkeerd hier. Die skip "Alabama" was
> 'n skip van die Konfederasie gedurende die Amerikaanse
> Burgeroorlog en het vir 'n kort rukkie by die hawe in
> Kaapstad aangedoen. Dit is, as ek reg onthou, later
> erens naby Europa gekelder. Dit het nie slawe na die
> Kaap gebring nie. Teen hierdie tyd was slawerny al
> onwettig verklaar in die Britse kolonies, en slawe ook
> al vrygestel in die Kaapkolonie. Die Amerikaanse
> Burgeroorlog was later as die Groot Trek.
>
> Gloudina
>

Dankie!
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112210 is 'n antwoord op boodskap #112182] Do, 18 Januarie 2007 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
>
> Torreke skryf
> Die artikel ignoreer gewoon die feit dat baie van die
>> apartheidswetgewing hulle oorsprong in Nederlandse en Britse koloniale
>> wetgewing gehad het - o.a. die verbod op gemengde huwelike, die
>> pasboekwette, ens..
>
> Nee. Die verbod op gemengde huwelike en die
> pasboekwette was eers ingebring na 1948.
> Moenie alle apartheidsvergrype blameer op
> "die Engelse" en "die Nederlanders" nie.
> Dis 'n ou truuk om Afrikaners se hande te
> probeer skoonwas, maar dit help nie eintlik
> nie. Almal weet wat die waarheid was.
>
> Gloudina
>

Pass Laws

By: Jessica Smith

The earliest pass controls began in 1760, when slaves were required to
carry passes signed by their owners before they could travel from town to
town. Pass laws were continued in the 1800's for the purpose of providing
labor in all urban and rural areas of South Africa. As a result, many
industries supported pass law controls. From 1814 to 1923 pass regulations
were frequently altered and constricted. Major unrest followed the
frequently modified pass laws from 1944 to 1946, which led the government to
tighten pass law regulations even further. By 1948, black movement was
rigidly controlled in more than 265 urban areas. A single reference book
replaced the 11 existing passes in 1952. It then became a crime for black
men and women of sixteen years and older to be without their passes, which
had all their information and their employment records, (Pass Laws 1).

http://www.ccds.charlotte.nc.us/History/Africa/04/Jsmith/Jsm ith.htm

Ek kon ongelukkig nie direkte getuienis opspoor van 'n verbod op gemengde
huwelike nie - verseker jou egter die eerste sodanige wetgewing is alreeds
in die 17e eeu onder Nederlandse bewind ingestel
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112218 is 'n antwoord op boodskap #112210] Do, 18 Januarie 2007 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek kon ongelukkig nie direkte getuienis opspoor van 'n verbod op gemengde
> huwelike nie - verseker jou egter die eerste sodanige wetgewing is alreeds
> in die 17e eeu onder Nederlandse bewind ingestel

Toe Jan van Riebeeck aan die Kaap was, was daar
nie so 'n beleid nie. Dit is welbekend dat 'n huwelik
tussen een van die Nederlandse vryburgers en 'n
San vrou bewerkstellig is ( ek het nou haar naam
vergeet), heelwaarskynlik vir politieke gewin.
Ek weet dat "gemengde" huwelike voor
?rens in die vroeg vyftigerjare van die vorige eeu
wel moontlik was - het 'n wit vrou geken wat met
'n Indi?r getroud was, en toe skielik "onwettig
getroud" was toe die wet op gemengde huwelike
inkom.
Ek stel ook weer voor dat jy ophou met
die hedendaagse truuk van baie Afrikaners om
ekskuse vir die apartheidswetgewing te soek
by ou dinge wat die Engelse en die Nederlanders
gedoen het. Die apartheidswetgewing was
ekstreem en barbaars en hoe gouer Afrikaners
soos ek en jy dit erken en verantwoordelikheid
daarvoor neem, hoe gouer sal die Afrikaner sy
selfrespek weer kan herwin.
As jy enige mense wil vind om te blameer
vir hierdie barbaarse wetgewing, soek dit liewers
in die VSA, waar dit tot 1964 nog onwettig was
vir 'n "wit" en "swart" paar om in Maryland,
wat nie eens in die Suide was nie, te trou.
'n Amerikaanse vrou, wat haarself as African-
American beskou het maar baie lig van vel was,
het vir ons eenkeer vertel hoeveel moeite hulle
gehad het om die hof te oortuig dat sy en haar
man, wat baie donkerder van vel as sy was,
albei "black" was en dus toegelaat moes word
om met mekaar te trou. Dis nou voor 1964,

Gloudina
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112220 is 'n antwoord op boodskap #112218] Vr, 19 Januarie 2007 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:

> As jy enige mense wil vind om te blameer
> vir hierdie barbaarse wetgewing, soek dit liewers
> in die VSA,

Ag aarde, what next?
Gaan soek die oorsprong van hierdie euwel waar dit werklik onstaan het
asseblief. Daardie mensgemaakte instelling wat mensgemaakte polities
georienteerde gelowe aanhang.
En basta met die res. Algemeen bekend as "die kerk".
Net soos die kerk vandag huwelike tussen 2 mense van dieselfde geslag
wat mekaar liefhet, verban. So het hulle huwelike verban tussen
verskillende geloofstradies, en verskillende vellkeure. Dwarsdeur die
wereld.
Selfde ou speletjie - verskillende spelers.
Dankie tog aan daardie gelowiges wat hulleself nie voor hierdie euwel
buig nie, maar in nederige geloof hulle naaste liefhet en in
verdraagsaamheid teenoor andere hulle lewens lei.
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112295 is 'n antwoord op boodskap #112218] Ma, 22 Januarie 2007 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Ek kon ongelukkig nie direkte getuienis opspoor van 'n verbod op gemengde[/color]
> huwelike nie - verseker jou egter die eerste sodanige wetgewing is alreeds
> in die 17e eeu onder Nederlandse bewind ingestel

Toe Jan van Riebeeck aan die Kaap was, was daar
nie so 'n beleid nie. Dit is welbekend dat 'n huwelik
tussen een van die Nederlandse vryburgers en 'n
San vrou bewerkstellig is ( ek het nou haar naam
vergeet), heelwaarskynlik vir politieke gewin.
Ek weet dat "gemengde" huwelike voor
êrens in die vroeg vyftigerjare van die vorige eeu
wel moontlik was - het 'n wit vrou geken wat met
'n Indiër getroud was, en toe skielik "onwettig
getroud" was toe die wet op gemengde huwelike
inkom.
Ek stel ook weer voor dat jy ophou met
die hedendaagse truuk van baie Afrikaners om
ekskuse vir die apartheidswetgewing te soek
by ou dinge wat die Engelse en die Nederlanders
gedoen het. Die apartheidswetgewing was
ekstreem en barbaars en hoe gouer Afrikaners
soos ek en jy dit erken en verantwoordelikheid
daarvoor neem, hoe gouer sal die Afrikaner sy
selfrespek weer kan herwin.

As jy enige mense wil vind om te blameer
vir hierdie barbaarse wetgewing, soek dit liewers
in die VSA, waar dit tot 1964 nog onwettig was
vir 'n "wit" en "swart" paar om in Maryland,
wat nie eens in die Suide was nie, te trou.
'n Amerikaanse vrou, wat haarself as African-
American beskou het maar baie lig van vel was,
het vir ons eenkeer vertel hoeveel moeite hulle
gehad het om die hof te oortuig dat sy en haar
man, wat baie donkerder van vel as sy was,
albei "black" was en dus toegelaat moes word
om met mekaar te trou. Dis nou voor 1964,

Gloudina

Interessant dat jy nie grootmoedig genoeg is om te erken dat jy verkeerd was
oor die paswette nie.

Nou konsentreer jy maar op die huwelikswette. Die Koi-vrou (nie San nie)
van wie jy praat se naam was "Eva" en sy is met 'n vryburger getroud nadat
sy die eerste inboorling geword het om belydenis van die geloof in die
Kaapse Kerk af te lê. Soos Katryn vir jou gesê het: Die kerk het 'n groot
rol in dié soort wetgewing gespeel! - huwelike oor geloofsgrense heen was
eenvoudig ondenkbaar! Waarom anders het die Xhosas die naam "k..." gekry
as die feit dat hulle heidene was? Ek het wel 'n webbladsy opgespoor wat
daarop dui dat teen 1910 4 verskillende huwelikswette in die 4 provinsies
van krag was - en dat pogings om dit in een wet saam te snoer, aanvanklik
met hewige teenstand te make gekry het. Gemenge huwelike was in sommige
provinsies toelaatbaar en in ander nie.

Ek soek nie ander mense om vir apartheid te blameer nie - maar ek is gatvol
daarvoor dat mense dit om Afrikaner Calvinisme se nek probeer hang! - en
voordurend Calvinisme verdag probeer voorstel. Ek herhaal wat ek vantevore
op die ng gesê het: Calvinisme het 'n beduidende rol gespeel in die
aftakeling van apartheid!

Jy het nie téén-argumente vir die historiese werklikheid dat die argitek van
apartheid, Verwoerd, in Nederland gebore is, as 4-jarige na SA gekom het,
deur sy Nederlandse ouers opgevoed is met hulle Nederlandse beskouings en in
Nazi-Duitsland sy doktorsgraad behaal het nie. Die beleid wat hy net sowat
3-5 jaar na die val van Nazi-Duitsland uitgedink het, toon soveel ooreenkoms
met Nazisme dat dit eenvoudig nie toevallig kan wees nie. Jy herhaal
eenvoudig net jou stellings wat die Afrikaners onvoorwaardelik in die
beskuldigdebank plaas.
Re: Afrikaner Kalvinisme [boodskap #112296 is 'n antwoord op boodskap #112295] Ma, 22 Januarie 2007 11:47 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" < wrote
>
> Jy het nie téén-argumente vir die historiese werklikheid dat die argitek
> van apartheid, Verwoerd, in Nederland gebore is, as 4-jarige na SA gekom
> het, deur sy Nederlandse ouers opgevoed is met hulle Nederlandse
> beskouings en in Nazi-Duitsland sy doktorsgraad behaal het nie. Die
> beleid wat hy net sowat 3-5 jaar na die val van Nazi-Duitsland uitgedink
> het, toon soveel ooreenkoms met Nazisme dat dit eenvoudig nie toevallig
> kan wees nie. Jy herhaal eenvoudig net jou stellings wat die Afrikaners
> onvoorwaardelik in die beskuldigdebank plaas.

Onthou jy van die trein wat in die sewentiger jare in Nederland deur die
Suid-Molukke geskaak is wat die pasasiers dae lank as gyselaars op die trein
aangehou het?

Ken jy die storie van die Suid-Molukke in Nederland?

Afkomstig uit "Batavia" - dié Nederlandse kolonie! - in die glorieryke dae
van die seevarende, handeldrywende Hollanders! - bloedfamilie van die Kaapse
Maleiers.

Hulle het in opstand gekom omdat hulle erger as 2e klas burgers behandel
is - dit, terwyl die Nederlanders so 'n groot mond oor SA se
apartheidsbeleid gehad het.

Of die Turke in Duitsland? - wat al geslagte daar is, Duits praat, Duits
leef, ens. maar nie burgerskap kan kry nie, terwyl wittes uit Rusland wie se
voorouers geslagte gelede na Rusland geemigreer het en wat net Russies
praat, onmiddelik burgerskap kry op grond van hulle voorouers se eertydse
Duitse afkoms.
Vorige onderwerp: Suidwester en sy ongeloof...
Volgende onderwerp: Ontstaan van (Zuid-)Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:35:40 MGT 2024