Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester en sy ongeloof...
Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112169] Wo, 17 Januarie 2007 08:15 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
My vriend in Suidwes,

Ja, ek beskou jou inderdaad as 'n vriend, al verskil ons so ernstig - en al
het ek jou 'n hele paar keer amper gekillfile!

Ek het jou laaste antwoorde gelees en sê nie dat ek nie op party daarvan sal
reageer nie. Ek sal waarskynlik op sommige opmerkings reageer, maar beslis
nie op wat sirkelredenasies sal wees nie en beslis nie vandag nie.

Maar ek wil nou (soos ander deelnemers voor my) op 'n mooi manier vir jou
sê: Ons praat in kringe en ons mors mekaar se tyd! Ek was al vantevore
in sulke gesprekke waar iemand gewoon ignoreer wanneer jy vir hom sê hy het
die verkeerde persepsie oor iets! Sulke gesprekke lei na nêrens. Glo jy
soos jy glo, ek wéét wat ek glo!

Hier volg 'n ware verhaal om aan te kou.

My oorlede pa het as jongman 'n ateistiese vriend gehad. Dié het gereeld in
'n stryery met my oupa oor die bestaan van God beland. Na maande se stryery
het my een tante eendag vir my oupa gesê: Pa, jy gooi jou pêrels voor die
swyne. Dié man weet wat die waarheid is, hy wil dit nie weet nie. By die
volgende geleentheid wat die man weer met my oupa 'n gesprek daaroor wou
aanknoop, het my oupa vir hom gesê wat sy dogter vir hom gesê het en daarmee
die gesprek afgesluit.

Kort daarna het die 2e Wêreldoorlog uitgebreek en is dié man front toe, oupa
en pa wat OBs was, het tuisgebly. Dié man het in Noord-Afrika en Italië
geveg in verskeie veldslae waar mense soos vlieë rondom hom doodgeskiet is,
terwyl hy nie eens gewond is nie. Hy het teruggekom as 'n diep gelowige en
het gesê: Toe die ander rondom hom val en hy telkens ongedeerd daarvan
afkom, het hy besef / gevoel dat daar 'n onsigbare Mag is wat hom beskerm en
hom nog 'n geleentheid gee!

Hy is kort na die oorlog aan longontsteking dood nadat hy my ouers gehelp
het om in 'n platboomskuit meer as 'n kilometer ver oor die stygende
Magolrivier aan die vloedwaters te ontkom. Voor sy dood het hy sy Bybel wat
daarvan getuig het dat hy dit deeglik bestudeer het (vol onderstrepings en
kantaantekeninge), aan sy vrou oorhandig met die opdrag om dit vir sy seun
te
gee wanneer dié groot genoeg was om dit te waardeer.

Ek dink jy is nie vér van geloof af nie! En ek bid dat God êrens so in jou
lewe sal optree, dat jy Hom raaksien, en jou
gehink-op-twee-gedagtes in ware geloof verander.

Tot dan, my vriend, gaan ek minder tyd in gesprekke met jou deurbring! Ek
het dringende BESIGHEID wat moet aandag kry!

Ek werk daaraan om jou eendag by Toyota raak te loop.

Groete

Torreke.

Ns. Terloops, Toyota het die probleem met my Hilux se 4wd opgespoor en
reggemaak - dit was inderdaad 'n fabrieks-boeboe!
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112177 is 'n antwoord op boodskap #112169] Wo, 17 Januarie 2007 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eokp51$q7$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het jou laaste antwoorde gelees en sê nie dat ek nie op party daarvan
> sal
> reageer nie. Ek sal waarskynlik op sommige opmerkings reageer, maar
> beslis nie op wat sirkelredenasies sal wees nie en beslis nie vandag nie.
>
> Maar ek wil nou (soos ander deelnemers voor my) op 'n mooi manier vir jou
> sê: Ons praat in kringe en ons mors mekaar se tyd! Ek was al vantevore
> in sulke gesprekke waar iemand gewoon ignoreer wanneer jy vir hom sê hy
> het
> die verkeerde persepsie oor iets! Sulke gesprekke lei na nêrens. Glo jy
> soos jy glo, ek wéét wat ek glo!
----So nou is jy die swakkeling wat bloot nie net sy bek kan hou as hy nie
hou van iets wat vir hom geskryf is nie? Ag nee man. Ek het geen
begeerte ooit gehad om jou te probeer oortuig van enigiets oor julle geloof
nie. Snaaks genoeg is dit juis ek wat ander mense hulle standpunte en
sienings gun. Julle kerkers dink julle geloof plaas julle op hierdie
troontjie en dat julle hierdie moerse plig het om enigiemand wat nie soos
julle glo nie, na die 'lig' toe moet lei. Dis so effe verwaand en
onverdraagsaam om die minste te sê!
>
> Hier volg 'n ware verhaal om aan te kou.
>
> My oorlede pa het as jongman 'n ateistiese vriend gehad. Dié het gereeld
> in
> 'n stryery met my oupa oor die bestaan van God beland. Na maande se
> stryery
> het my een tante eendag vir my oupa gesê: Pa, jy gooi jou pêrels voor die
> swyne. Dié man weet wat die waarheid is, hy wil dit nie weet nie. By die
> volgende geleentheid wat die man weer met my oupa 'n gesprek daaroor wou
> aanknoop, het my oupa vir hom gesê wat sy dogter vir hom gesê het en
> daarmee
> die gesprek afgesluit.
----Weer herhaal ek. As die antie nie die ou as 'n vark gesien het nie en
hom sy siening gegun het, was sy dalk 'n beter mens?
>
> Kort daarna het die 2e Wêreldoorlog uitgebreek en is dié man front toe,
> oupa
> en pa wat OBs was, het tuisgebly. Dié man het in Noord-Afrika en Italië
> geveg in verskeie veldslae waar mense soos vlieë rondom hom doodgeskiet
> is,
> terwyl hy nie eens gewond is nie. Hy het teruggekom as 'n diep gelowige
> en
> het gesê: Toe die ander rondom hom val en hy telkens ongedeerd daarvan
> afkom, het hy besef / gevoel dat daar 'n onsigbare Mag is wat hom beskerm
> en
> hom nog 'n geleentheid gee!
----Snaaks, ek was in verskeie oorloë betrokke en het juis gevind dat die
swakste soldaat in die bos in klandestine operasies juis die was wat vertrou
het op 'ander magte'. Die ouens wat klinies beredeneerd sy taak uitgewerk
het, het lewend anderkant uitgekom. Sekerlik as jy in 'n loopgraaf
wegkruip en hoop 'n bom val nie op jou kop nie, ja daar kan 'n ou net hoop
op die beste.
>
> Ek dink jy is nie vér van geloof af nie! En ek bid dat God êrens so in
> jou lewe sal optree, dat jy Hom raaksien, en jou
> gehink-op-twee-gedagtes in ware geloof verander. ----Moenie jou asem ophou nie......
>
> Ek werk daaraan om jou eendag by Toyota raak te loop.
>
> Groete
>
> Torreke.
>
> Ns. Terloops, Toyota het die probleem met my Hilux se 4wd opgespoor en
> reggemaak - dit was inderdaad 'n fabrieks-boeboe! ---Watter Hilux was dit? Die Vigo of die vorige modelle? Wat was fout?
>
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112178 is 'n antwoord op boodskap #112177] Wo, 17 Januarie 2007 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf:

> ----Weer herhaal ek. As die antie nie die ou as 'n vark gesien het nie en
> hom sy siening gegun het, was sy dalk 'n beter mens?

Ja, Suidwester. Hier stem ek volkome met jou
saam. Dis hierdie soort gegorrel van "moenie
jou pêrels voor die swyne gooi nie" wat my uit
dié soort godsdienstige klub bedank het wat
hierdie soort argumente as deel van hulle
teologiese arsenaal gebruik.
Ek luister ( en probeer beoefen) dan
liewer wat die Buddhiste vir my leer : beskou
jouself in alle omstandighede as die mindere.
As jy in 'n lyn staan by 'n fast food outlet,
beskou die een wat vir jou bedien as 'n
spirituele wese op 'n hoër vlak as jyself,
wat daar is om vir jou die lewe makliker
te maak.

Gloudina
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112180 is 'n antwoord op boodskap #112178] Wo, 17 Januarie 2007 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1169040563.714514.50940@a75g2000cwd.googlegroups.com...

Suidwester skryf:

> ----Weer herhaal ek. As die antie nie die ou as 'n vark gesien het nie
> en
> hom sy siening gegun het, was sy dalk 'n beter mens?

Ja, Suidwester. Hier stem ek volkome met jou
saam. Dis hierdie soort gegorrel van "moenie
jou pêrels voor die swyne gooi nie" wat my uit
dié soort godsdienstige klub bedank het wat
hierdie soort argumente as deel van hulle
teologiese arsenaal gebruik.
Ek luister ( en probeer beoefen) dan
liewer wat die Buddhiste vir my leer : beskou
jouself in alle omstandighede as die mindere.
As jy in 'n lyn staan by 'n fast food outlet,
beskou die een wat vir jou bedien as 'n
spirituele wese op 'n hoër vlak as jyself,
wat daar is om vir jou die lewe makliker
te maak.

Gloudina
----Die dae van wonderwerke is nie verby nie, of hoe? Ons stem saam oor
iets! Maak egter nie saak nie, ek het 'n kleintjie dood aan mense wat self
propageer dat hulle voorstanders van versoening en vrede is en dan die
oorsaak van die grootste ongeduld en onverdraagsaamheid moontlik is. Selfs
dit is nog nie so erg nie, maar veel erger is hierdie blindelingse geloof
dat hulle goed is en die res van mensdom sleg. Ek het veel meer respek vir
'n ou wat reguit kom en met my baklei as een wat so skeef-skeef onder 'n
waas van valse vriendelikheid teen my kom aanskuur en dan in die gat byt.
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112271 is 'n antwoord op boodskap #112177] Ma, 22 Januarie 2007 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> ----So nou is jy die swakkeling wat bloot nie net sy bek kan hou as hy nie
> hou van iets wat vir hom geskryf is nie?

Man, ek het probeer om op 'n mooi manier die gesprek te beëindig! Jy het
altyd hierdie "swakkeling" - storie! en weghardloop ens. Feit is, ek het
jou gesê ek het belangrike 'BESIGHEID' waaraan ek moet aandag gee. Ek
beleef tans 'n stortvloed van idees, en, soos jy behoort te weet, dit kom en
gaan soos groot .... Mens skryf die idees neer, ontwikkel dit, werk
daaraan, ens. Ek het regtig nie op die oomblik tyd om met jou verder te
stoei nie.

> Ag nee man. Ek het geen
> begeerte ooit gehad om jou te probeer oortuig van enigiets oor julle
> geloof nie. Snaaks genoeg is dit juis ek wat ander mense hulle
> standpunte en sienings gun.

Ag, strooi man!!! Jy ons ons standpunt gun! Waarom kom karring jy dan elke
keer aan my?
Omdat jy heimlik glo of bevrees is ons is reg!

> Julle kerkers dink julle geloof plaas julle
> op hierdie troontjie en dat julle hierdie moerse plig het om enigiemand
> wat nie soos julle glo nie, na die 'lig' toe moet lei. Dis so effe
> verwaand en onverdraagsaam om die minste te sê!

Dis ons opdrag, ja! Verwaand en onverdraagsaam se voet! - die vinger wat
jy wys, laat 'n handvol na jouself terugwys - jy wat die hele tyd daarop uit
is om die geloof belaglik en bespotlik voor te stel.


>> Ns. Terloops, Toyota het die probleem met my Hilux se 4wd opgespoor en
>> reggemaak - dit was inderdaad 'n fabrieks-boeboe!
> ---Watter Hilux was dit? Die Vigo of die vorige modelle? Wat was fout?

Hulle het twee verskillende modelle se voor- en agteraste ingesit! So die
voor- en
agterwiele het elkeen sy eie spoed gedraai wanneer die ding in 4wd was!

Die bakkie het soos 'n moedswillige perd rondgespring! - en toe wil die
plaaslike werkswinkelvoorman my beduie hulle maak maar so! - asof ek 'n
groentjie is met 4x4s! Ek het hom vir 'n dag daar gelos, toe kom hy steeds
met die storie dat hulle hom getoets het en daar's niks fout nie. Toe ek
laai ek hom maar in, ry uit die stad uit tot op 'n grondpad, sit die ding in
4wd en gee die stuurwiel vir die "slim" voorman en nooi hom uit om weer te
sê "Daar's niks fout nie".
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112272 is 'n antwoord op boodskap #112177] Ma, 22 Januarie 2007 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" [/color]
> ----Weer herhaal ek. As die antie nie die ou as 'n vark gesien het nie
> en hom sy siening gegun het, was sy dalk 'n beter mens?

Die woorde "Moenie jou pêrels voor die varke gooi nie" kom woord vir woord
uit Jesus se mond!

> ----Snaaks, ek was in verskeie oorloë betrokke en het juis gevind dat die
> swakste soldaat in die bos in klandestine operasies juis die was wat
> vertrou het op 'ander magte'. Die ouens wat klinies beredeneerd sy taak
> uitgewerk het, het lewend anderkant uitgekom. Sekerlik as jy in 'n
> loopgraaf wegkruip en hoop 'n bom val nie op jou kop nie, ja daar kan 'n
> ou net hoop op die beste.

Om in God te glo, beteken nie dat mens klinies beredeneerd jou taak aanpak
nie! - vra vir Constand Viljoen en Koos de la Rey?
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112273 is 'n antwoord op boodskap #112178] Ma, 22 Januarie 2007 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112274 is 'n antwoord op boodskap #112180] Ma, 22 Januarie 2007 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> Ek het veel meer respek vir 'n ou wat reguit kom en met my baklei as een
> wat so skeef-skeef onder 'n waas van valse vriendelikheid teen my kom
> aanskuur en dan in die gat byt.

Onthou dit!
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112285 is 'n antwoord op boodskap #112274] Ma, 22 Januarie 2007 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmc$ivi$5@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> Ek het veel meer respek vir 'n ou wat reguit kom en met my baklei as een
>> wat so skeef-skeef onder 'n waas van valse vriendelikheid teen my kom
>> aanskuur en dan in die gat byt.
>
> Onthou dit!
----Met wie op hierdie ng was ek al ooit vriendelik behalwe met
Annette....en dis bloot omdat ek weet sy het 'n lekker humorsin.
>
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112286 is 'n antwoord op boodskap #112273] Ma, 22 Januarie 2007 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmb$ivi$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Ag, mens, die Bybel leer ook: "Die een moet die ander hoër ag as homself".
----Duidelik lees jy die Bybel soos jy preek....om jouself te pas.
Natuurlik is daar rangorde in enige gemeenskap, maar skerlik moet jy respek
vir jou onderling hê en dan sê jy nie sulke goed selfs al staan dit in die
Bybel nie. Dit wys ook vir jou dat die Bybel ook maar deur mense geskryf
is en van hulle was dalk ook swyne?
>
> Maar Jesus sê oor die verkondiging van die evangelie: As hulle julle in
> een
> stad nie ontvang nie, skud die stof van daardie stad van jou voete af!
> M.a.w. as hulle nie wil luister nie - Moenie jou tyd en asem mors nie! -
> gaan na die volgende een. Dis maar al wat die woorde "moenie jou pêrels
> voor die swyne gooi nie" ook wil sê .
-----Lekker. As die ou nie wil val vir jou 'sales pitch' nie, waai en gaan
na die volgende potesiële kliënt toe....klink soos 'n sin uit 'n
verkoopshandleiding!!
>
> Dis baie interessant om te sien hoe jy nou met Suidwester teen my
> op-"team".
> Die Fariseërs, Saduse�rs en Herodiane kon mekaar nie onder hulle oë verdra
> nie, maar toe hulle van Jesus ontslae wou raak, het hulle soos een span
> saamgewerk!
-----So jy reken as jy met een mens oor iets verskil gaan jy altyd oor alles
met hom verskil? Jy het nie dalk so effe oogklappe aan nie?
>
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112289 is 'n antwoord op boodskap #112271] Ma, 22 Januarie 2007 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tm9$ivi$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Ag nee man. Ek het geen
>> begeerte ooit gehad om jou te probeer oortuig van enigiets oor julle
>> geloof nie. Snaaks genoeg is dit juis ek wat ander mense hulle
>> standpunte en sienings gun.
>
> Ag, strooi man!!! Jy ons ons standpunt gun! Waarom kom karring jy dan
> elke keer aan my?
> Omdat jy heimlik glo of bevrees is ons is reg!
----Sien jy soek self die hele tyd regverdiging vir jou standpunt, ek nie.
Ek glo nie soos jy nie en basta!
>
> Dis ons opdrag, ja! Verwaand en onverdraagsaam se voet! - die vinger wat
> jy wys, laat 'n handvol na jouself terugwys - jy wat die hele tyd daarop
> uit is om die geloof belaglik en bespotlik voor te stel.
-----So jy mag vinger wys, maar jou opponent mag nie terug wys nie want dan
probeer hy jou belaglik maak? Wat se twak is dit....wag ek weet. Die
kerkers se modus operandi!
>
>
>>> Ns. Terloops, Toyota het die probleem met my Hilux se 4wd opgespoor en
>>> reggemaak - dit was inderdaad 'n fabrieks-boeboe!
>> ---Watter Hilux was dit? Die Vigo of die vorige modelle? Wat was
>> fout?
>
> Hulle het twee verskillende modelle se voor- en agteraste ingesit! So
> die voor- en
> agterwiele het elkeen sy eie spoed gedraai wanneer die ding in 4wd was!
>
> Die bakkie het soos 'n moedswillige perd rondgespring! - en toe wil die
> plaaslike werkswinkelvoorman my beduie hulle maak maar so! - asof ek 'n
> groentjie is met 4x4s! Ek het hom vir 'n dag daar gelos, toe kom hy
> steeds
> met die storie dat hulle hom getoets het en daar's niks fout nie. Toe ek
> laai ek hom maar in, ry uit die stad uit tot op 'n grondpad, sit die ding
> in
> 4wd en gee die stuurwiel vir die "slim" voorman en nooi hom uit om weer te
> sê "Daar's niks fout nie".
----Ek vra weer: Watter model Hilux is dit? Wat jy beskryf het niks met
die aste te doene nie, wel met die ewenaars se ratverhouding, maar dan wen
die stelsel homself bloot op sodat jy naderhand nie meer kan stuur nie en op
die ou end wil die kar nie meer vorentoe nie. Wat jy dan moet doen, is om
die kar of te 'reverse' sodat die stelsel hom kan afwen, of dit uit 4x4
haal, maar dis nie altyd moontlik nadat dit opgewen is nie.
Dieselfde probleem kom ook voor as verskillende grootte bande gebruik
word voor en agter. As jy op 'n grondpad 4x4 gebruik dan loop jy wesentlik
dieselfde gevaar in die dat as die kar gly, kan die agterwiele vinniger
draai [spin] in sekere situasies en dan wen hy ook op. Die maklikste
manier om dit uit te ken, is om op te let na die stuur. As dit begin swaar
of dof raak, dan is hy besig om op te wen. Daar is egter niks verkeerd met
die kar nie! Dis normaal vir enige 4x4 wat nie 'n derde ewenaar het tussen
die voor en agterasse nie.
>
Re: Suidwester en sy ongeloof... [boodskap #112290 is 'n antwoord op boodskap #112272] Ma, 22 Januarie 2007 09:33 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tma$ivi$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" > ----Weer herhaal ek. As die antie nie die ou as 'n vark gesien het nie
>> en hom sy siening gegun het, was sy dalk 'n beter mens?
>
> Die woorde "Moenie jou pêrels voor die varke gooi nie" kom woord vir woord
> uit Jesus se mond!
----Sê niks. Dis oorlewering van 'n ander persoon wat die storie geskryf
het en dalk ook 'n fout kon maak. Mens weet mos hoe fanatici is...kyk na
jouself!

>
> Om in God te glo, beteken nie dat mens klinies beredeneerd jou taak aanpak
> nie! - vra vir Constand Viljoen en Koos de la Rey?
----Dis nie wat ek gesê het nie. Jy het gepraat van die ou wat nie tussen
die massas doodgeskiet is nie en toe skielik aan geluk begin glo het. Wat
ek vir jou probeer sê het, dat die man wat mog-et-troffe oorlog toe gaan,
sekerlik makliker in die voorsienigheid en geluk sal glo as die ou wat sy
operasie tot in die fynste besonderhede uitbeplan en uitvoer. Sulke ouens
glo jy maak jou eie geluk en hoe beter jy beplan, hoe gelukkiger raak jy!
Jy gooi aanmekaar die groot name. Laat ek dit vir jou mooi stel. Die
uitvoering van 'n oorlog se operasies is so ver weg verwyder van die
generalestaf, dat hulle net sowel by die huis kon gewees het. Hulle bepaal
net die algemene rigting en strategie en die uitvoering is nie hulle taak
nie. Daai ou in die slagveld, is besig met die uitvoering. Verstaan jy?
>
Vorige onderwerp: Wat is jul mening?
Volgende onderwerp: Afrikaner Kalvinisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:43:29 MGT 2024