Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is jul mening?
Wat is jul mening? [boodskap #112163] Wo, 17 Januarie 2007 05:51 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet beroep
in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy tronk
toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.

As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
koekoeland as wat ek vermoed het.

Annette
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112170 is 'n antwoord op boodskap #112163] Wo, 17 Januarie 2007 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1169013179.974830@vasbyt.isdsl.net...
> Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet
> beroep in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy
> tronk toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.
>
> As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
> koekoeland as wat ek vermoed het.
>
> Annette

As sy 'n Xhosa en / of hooggeplaasde ANC figuur is, sal ek glo sy het 'n 50
/ 50 kans.
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112193 is 'n antwoord op boodskap #112163] Do, 18 Januarie 2007 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:1169013179.974830@vasbyt.isdsl.net...
> Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet
> beroep in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy
> tronk toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.
>
> As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
> koekoeland as wat ek vermoed het.
>
> Annette
------Mens sal net kan hoop dit slaag nie, want dit gaan 'n deur oopmaak wat
jy beswaarlik ooit weer gaan toekry. Ek meen, as die vrou nie gesteel het
nie, maar gemoor het....die beginsel bly dieselfde.
>
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112261 is 'n antwoord op boodskap #112163] So, 21 Januarie 2007 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cloudy  is tans af-lyn  Cloudy
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 17 Jan 2007 07:51:45 +0200, "Annette" wrote:

> Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet beroep
> in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy tronk
> toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.

Die hof sal na al die omstandighede kyk. As sy bv. net n tjoklit
geshoplift het en haar kinders sal alleen in gevaarlike toestande moet
bly, sal sy seker n opgeskorte vonnis kry.

As sy (weer) n trekker gesteel het of n bank beroof het en daar is
behoorlike pleegouers in die omgewing waar sy bly, sal sy tronk toe
gaan.

Alles hang van die saak self af. Ek het dit nog nie raak gelees nie.
Wat is die feite van die saak?
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112278 is 'n antwoord op boodskap #112193] Ma, 22 Januarie 2007 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>>> Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet
>> beroep in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as
>> sy tronk toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.

>> As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
>> koekoeland as wat ek vermoed het.

>> Annette
> ------Mens sal net kan hoop dit slaag nie, want dit gaan 'n deur oopmaak
> wat jy beswaarlik ooit weer gaan toekry. Ek meen, as die vrou nie
> gesteel het nie, maar gemoor het....die beginsel bly dieselfde.


Ek het net die stertkant gisteroggend op Monitor gehoor, wetie waaraan sy
skuldig bevind is nie.

Maar soos ek die ding gehoor het, is die argument dat die Hof nie die
belange van die kinders genoegsaam in ag geneem het toe sy tronkstraf opgelê
is nie. Die belange van kinders is 'n baie sentrale reg in die grondwet.
Howe moet dit in ag neem by vonnisoplegging van ouers - die argument gaan
hier net daaroor tot watter mate dit in ag geneem moet word.

Jy wou nie weet van die sondes wat tot in die 3e en 4e geslag besoek word
nie. Nou wil jy hê die vrou moet gestraf word, ongeag watter moontlike
gevolge dit vir haar kinders inhou.

Soos ek sê: 't Lyk my jy kan nie jou "mind" opmaak wat jy regtig wil hê nie!
Re: Wat is jul mening? [boodskap #112284 is 'n antwoord op boodskap #112278] Ma, 22 Januarie 2007 08:55 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:ep1tmg$ivi$9@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
> Ek het net die stertkant gisteroggend op Monitor gehoor, wetie waaraan sy
> skuldig bevind is nie.
>
> Maar soos ek die ding gehoor het, is die argument dat die Hof nie die
> belange van die kinders genoegsaam in ag geneem het toe sy tronkstraf
> opgelê
> is nie. Die belange van kinders is 'n baie sentrale reg in die grondwet.
> Howe moet dit in ag neem by vonnisoplegging van ouers - die argument gaan
> hier net daaroor tot watter mate dit in ag geneem moet word.
>
> Jy wou nie weet van die sondes wat tot in die 3e en 4e geslag besoek word
> nie. Nou wil jy hê die vrou moet gestraf word, ongeag watter moontlike
> gevolge dit vir haar kinders inhou.
>
> Soos ek sê: 't Lyk my jy kan nie jou "mind" opmaak wat jy regtig wil hê
> nie!
------H�? Ek's die een wat nog die hele tyd sê 'n wet is 'n reël wat
toegepas moet word. As sy 'n misdaad gepleeg het, moet sy tronk toe. Die
verantwoordelikheid vir haar kinders, is haar eie. Jy kan dit nie anders
prakties bedryf nie want dan gaan jy chaos hê wat wetstoepassing aanbetref.
>
Vorige onderwerp: Stink Gatte
Volgende onderwerp: Suidwester en sy ongeloof...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:47:06 MGT 2024