Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Nag" deur THEO WASSENAAR
"Nag" deur THEO WASSENAAR [boodskap #11223] Sa, 08 November 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
NAG
Theo Wassenaar

Die klein blink ogies van die groot swart nag
Staar my so stil aandagtig aan vanaand;
Hul glimlag net so effentjies en sag,
Asof hul reeds my diepste wens verstaan't.

Ek voel dat daar 'n band onsegbaar teer,
Die groot heelal tot een geheel verbind,
Dat daar 'n gees wat ewig is regeer,
Voor wie die skepping klein voel soos 'n kind.

'n Onbegrepe wêreld sonder sin
Sou hierdie lewe wees vir hom wat in
Homself alleen 'n siel en wese vind:
Hy dwaal, 'n vreemde tussen wesens doof en blind.
In hom alleen word waar geluk gewek,
Wat hom in alles, die Al in hom ontdek.
Vorige onderwerp: Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?)
Volgende onderwerp: bezoek aan zuid-afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:43:59 MGT 2024