Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gerald Ford sterf
Gerald Ford sterf [boodskap #111797] Do, 28 Desember 2006 13:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gerald Ford is 'n paar dae gelede oorlede. Hulle sê hy was
die Amerikaanse president wat die oudste geword het voordat
hy gesterf het. Ek het, soos seker almal in die wêreld, 'n
sagte plekkie gehad vir Gerald Ford. Hy het gelyk soos iemand
se pa, vol eerlikheid en deernis en tog opreg en vol moed. En
hy was 'n kongresman van Michigan, wat net langs Ontario
hier bo in die VSA is en met wie die mense van Ontario
baie in gemeen het. ( Mense wat in die noordelike dele van
Michigan bly en wat na New Englang wil ry, ry deur die
Ontario se padsisteem ooswaarts as hulle die vinnigste
anderkant wil uitkom.)
Maar die punt waar ek uiteindelik wil uitkom, is dit:
Mense moenie vergeet dat Gerald Ford die vise-president van
Nixon geword het, omdat Spiro Agnew, die vise-president
wat Nixon aanvanklik gekies het, in die hof beland het oor
omkopery en moes bedank. En toe het Ford president
geword omdat Nixon moes bedank. As iemand dus kla
oor korrupsie in byvoorbeeld Zimbabwe en ander state,
onthou net hoe korrup die grote VSA ook al in sy dae was.
En hoe stupid hulle leiers kan wees. Net soos enige ander
land s'n.

Gloudina
Re: Gerald Ford sterf [boodskap #111799 is 'n antwoord op boodskap #111797] Do, 28 Desember 2006 23:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,
Deur hulle so lekker met die dieselfde kam te skeer, sien jy egter nie die
verskil raak tusssen die VSA en Zimbabwe en ander Afrika state raak nie. In die
VSA kan iets en word iets gedoen om die korrupsie meedoenloos die nek in te
slaan terwyl in die ander state, amper in beginsel, soiets onmoontlik is.

Kantelberg.

"Hessie" wrote in message
news:1167313225.673880.280560@79g2000cws.googlegroups.com...
Gerald Ford is 'n paar dae gelede oorlede. Hulle sê hy was
die Amerikaanse president wat die oudste geword het voordat
hy gesterf het. Ek het, soos seker almal in die wêreld, 'n
sagte plekkie gehad vir Gerald Ford. Hy het gelyk soos iemand
se pa, vol eerlikheid en deernis en tog opreg en vol moed. En
hy was 'n kongresman van Michigan, wat net langs Ontario
hier bo in die VSA is en met wie die mense van Ontario
baie in gemeen het. ( Mense wat in die noordelike dele van
Michigan bly en wat na New Englang wil ry, ry deur die
Ontario se padsisteem ooswaarts as hulle die vinnigste
anderkant wil uitkom.)
Maar die punt waar ek uiteindelik wil uitkom, is dit:
Mense moenie vergeet dat Gerald Ford die vise-president van
Nixon geword het, omdat Spiro Agnew, die vise-president
wat Nixon aanvanklik gekies het, in die hof beland het oor
omkopery en moes bedank. En toe het Ford president
geword omdat Nixon moes bedank. As iemand dus kla
oor korrupsie in byvoorbeeld Zimbabwe en ander state,
onthou net hoe korrup die grote VSA ook al in sy dae was.
En hoe stupid hulle leiers kan wees. Net soos enige ander
land s'n.

Gloudina
Re: Gerald Ford sterf [boodskap #111822 is 'n antwoord op boodskap #111797] Di, 02 Januarie 2007 06:05 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
Gerald Ford is 'n paar dae gelede oorlede. Hulle sê hy was
die Amerikaanse president wat die oudste geword het voordat
hy gesterf het. Ek het, soos seker almal in die wêreld, 'n
sagte plekkie gehad vir Gerald Ford. Hy het gelyk soos iemand
se pa, vol eerlikheid en deernis en tog opreg en vol moed. En
hy was 'n kongresman van Michigan, wat net langs Ontario
hier bo in die VSA is en met wie die mense van Ontario
baie in gemeen het. ( Mense wat in die noordelike dele van
Michigan bly en wat na New Englang wil ry, ry deur die
Ontario se padsisteem ooswaarts as hulle die vinnigste
anderkant wil uitkom.)
Maar die punt waar ek uiteindelik wil uitkom, is dit:
Mense moenie vergeet dat Gerald Ford die vise-president van
Nixon geword het, omdat Spiro Agnew, die vise-president
wat Nixon aanvanklik gekies het, in die hof beland het oor
omkopery en moes bedank. En toe het Ford president
geword omdat Nixon moes bedank. As iemand dus kla
oor korrupsie in byvoorbeeld Zimbabwe en ander state,
onthou net hoe korrup die grote VSA ook al in sy dae was.
En hoe stupid hulle leiers kan wees. Net soos enige ander
land s'n.

**********

Ek het die volgende interessante beoordeling van Ford in 'n plaaslike
koreant gelees. Hy was die enigste Amerikaanse president wat nooit by die
stembus as sulks verkies is nie, het visi-president geword omdat Nixon se
verkose visi weens korrupsie uit is, en het by Nixon oorgeneem a.g.v.
Watergate. Hy het vanweë sy innemende persoonlikheid dadelik oorweldigende
steun geniet, maar 'n klomp daarvan ingeboet toe hy Nixon probeer verskoon
het. Hy het die Republikeinse nominasie net-net teen Reagan gewen, en toe
met 'n kortkop teen Jimmy Carter die presidentsverkiesing verloor. Indien
Reagan die nominasiestryd gewen het, sou hy waarskynlik ook teen Carter
verloor het, omdat die Demokrate destyds die Amerikaanse politiek oorheers
het. Dan sou Reagan waarskynlik nooit president geword het nie, en mens
kan net spekuleer of die Berlynse muur in '89 sou geval het, die Soviet-Unie
in duie sou gestort het, ens... Dié geskiedenis het ook verhoed dat nog 'n
Kennedy president word. Volgens die artikel lê Ford se groot betekenis
daarin dat hy die Amerikaanse politiek weer heel gemaak het na die gemors
van Vietnam en Watergate, en die gang van die geskiedenis waarskynlik
dramaties verander het deur die nominasie teen Reagan te wen, maar die
verkiesing teen Carter te verloor.
Vorige onderwerp: Re: Luister Mense
Volgende onderwerp: Re: Nuwejaar Wense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 00:21:59 MGT 2024