Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uitvindings
Uitvindings [boodskap #111716] Di, 12 Desember 2006 13:33
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" ---Whoa! Jy sit te veel hoenders in een hok. Enige mens kan seker droom[/color]
> en dalk ook nog dinge uitdink wat die mensdom tot voordeel kan
> strek....mits
> hy dit tot uitvoering kan bring. Dis seker om te aanvaar dat nie eers 1%
> van al die patente wat uigedink word, tot produksie vorder nie. Hoekom
> nie? Omdat die idee die maklike deel is. Die moeilike deel is om die
> droom te verkoop aan aander mense en dan om dit in produksie te sit teen 'n
> prys wat die publiek se sak sal pas. Om jou 'n idee te gee. Ek het al
> vir 'n ou 'n klep ontwerp in minder as 'n uur. Teen die tyd dat dit deel
> geword het van masjienerie, was amper 3 jaar later eers.

Dink jy regtig ek weet nie? Ek dink dis Newton wat gesê het: 'n
Uitvinding is 1% inspirasie en 99% perspirasie!

Ek het meer as 20jr gelede die uitvinding gemaak waaroor ek sê ons loop
mekaar dalk nog eendag by Toyota raak, maar
dis steeds ver van 'n voorlopige beskrywing af... Die feit dat ek nie 'n
meganiese ingeneur is nie, bemoeilik natuurlik dinge vir my en maak my van
ander se tegniese kennis en vaardighede afhanklik.

Maar daar is ook ander redes waarom gwone Suid-Afrikaners agter staan as dit
by die registrasie van patente kom. Baie mense besef nie die kommersiële
waarde van hulle uitvindsels voordat dit te laat is nie. SA is ook nog een
van die weinige lande wat dit as vereiste stel dat jy deur 'n
patentprokureur moet gaan vir die finale beskrywing. Dan is daar natuurlik
ook die kwessie van afdwingbaarheid; soos jy behoort te weet is 'n patent
nie die papier werd waarop dit geskryf is as jy nie oor die geld beskik om
jou regte af te dwing nie - of die ontwikkelingskapitaal om jou patent op
die mark te kry nie. Daar is ouens soos Technifin in Pretoria wat
ontwikkelingskapitaal en tegniese ontwikkeling doen, maar net as jy reeds en
ten minste 'n voorlopige beskrywing het en hulle dink dit het kommersiële
waarde! Van my eerste voorlopige beskrywings waarmee ander ouens nou geld
maak, het ek aan hulle voorgelê en hulle het nie gedink dit is die moeite
werd nie - ek het hulle geglo tot my eie skade! Nou luister ek eerder na my
eie besigheidsinstink...

En selfs al het jy die geld om jou regte af te dwing, is daar natuurlik baie
copycats wat hulle eenvoudig nie daaraan
steur nie. Daarom is daar baie ouens wat gewoon dit as geldmors beskou om
te patenteer - wat kwaliteit en prys as die beste beskerming beskou. Ek glo
dat 'n werklike kreatiewe uitvinder se eiers nooit in een mandjie gelê is
nie - as hy nie meer genoeg geld uit een ding maak nie, dan het hy alreeds
ander eerstes op die mark om uit geld te maak.

> -------Maar jy het dit totaal mis! Die grafiese kunstenaar ontwerp nie die
> kar nie. Dis die ontwerper wat dit doen en dan sy idees vir die grafiese
> kunstenaar gee om te 'prent'. Die ontwerper is gewoonlik 'n ingenieur.
> Dan stap hy na die aerodinamiese mense toe en vandaar na die ingenieurs
> toe
> wat die komponente ontwerp en dan sal bepaal of hierdie ding prakties
> moontlik is. Dan eers kom die grafiese kunstenaars eers werklik by.

Ek aanvaar dat jy meer hiervan weet as ek . Jy sê die ontwerper is
"gewoonlik" 'n ingeneur. Dit beteken dis nie altyd 'n ingeneur nie. En as
dit nie 'n ingeneur is nie, wat is dit dan? Ek wil ook raai dat die
ingeneurs wat dit ontwerp, waarskynlik regterbrein-dominante persone is, en
nie linkerbrein-dominant nie.

(As ek my keuse kon oormaak, sou ek waarskynlik meganiese ingeneurswese of
argitektuur gedoen het, eerder as teologie. Miskien begin jy begryp waarom
ek nie dominee nie - dat dit niks met geloof te doen het wat gefaal het of
oor die heining loer nie, maar alles te doen het met skeppende talent wat
uiting gesoek het.)

> ----Steeds verskil ons. Jy kan 'n foto wat swak gekomponeer is, regmaak
> deur dit te 'crop', maar 'n foto wat verkeerd ge-'expose' is, veral met te
> veel lig, kan jy maar weggooi want jy kan dit nie werklik herstel nie. Te
> min lig, wel. Dit bring my weer by die spoed van lig [die tyd wat jy dit
> toelaat om deur die sluiteropening gaan] teenoor die groote van daai
> sluiteropening wat die tipe van ontbloting gaan toelaat wat vir jou die
> diepte van veld gaan verander. Dit is die essensie van enige foto.

Ons verskil omdat ons die onderwerp op verskillende maniere benader - as
ingeneur staan syfer-detail vir jou voorop, as kunstenaar staan die
geheel-indruk vir my voorop. (Jy sal moontlik die stuipe kry as jy sien hoe
die houtrelings van my huis se dek se sporte nie almal wiskundig presies is
nie - nie dat ek nie probeer het nie! - maar ek is heeltemal tevrede omdat
die geheelbeeld goed vertoon en natuurlik lyk!) Ek verstaan jou argument
oor lig en stem saam dat daar min te doen is aan 'n foto waarvan die
beligting 'n gemors is. Om komposisie reg te skaaf, kan mens ook net doen
as die komposisie reeds basies goed was! As die lyne wat jy vasgelê het,
nie die oog na die hoofonderwerp lei of die hoofonderwerp ondersteun nie,
kan jy dit nie met "crop" regmaak nie! Het jy skilderlesse geneem? Vir my
is 'n goeie foto een waarvan jy die komposisie en spel met lig met die
neemslag reggekry het en nie een wat mens na die tyd gedokter het nie - nie
dat ek nie ook fotos "dokter" nie! - maar steeds stel ek komposisie voorop!
(Ek het sopas onthou: Wanneer ek 'n rekenaar-program skryf, mag die elemente
op die skerm nie een pikseltjie uit plek wees nie! - dan maak ek dit reg! -
maar ook dan is die geheelbeeld vir my belangriker as die afsonderlike
dele!)

> ----Dit is seker so dat as jy te lank na 'n ding kyk, dan sien jy nie die
> wêreld aangrensend jou gedagtegang raak nie, maar soos ek jou bo gesê het,
> die blote idee is die maklike deel. Omdait prakties en werkbaar te kry, is
> die werklike 'kuns'.

Kyk my kommentaar hierbo.

> Die eerste moderne enkelloop masjiengeweer
>> is deur 'n Vrystaatse Boer voor die AB gebou - dit het ongelukkig in Engelse
>> hande geval en hulle het dit as basis gebruik om die Maksims te maak.
> ----Maksim?

Ek verlaat my op my geheue van 'n koerantberig van lank gelede - praat dus
onder korreksie.

Die Maksim was 'n enkelloopmasjiengeweer waarmee die Britte die Boere glo
teen die einde van die
oorlog opdraende gegee het.

Die oorspronklike uitvinder, ene Van Niekerk (as ek reg onthou), het die
geweer pas voor die oorlog voltooi en aan Pres. Steyn gedemonstreer wat
graag wou hê dat meer vervaardig moes word, maar die oorlog het te gou
gekom. Die betrokke Boer was 'n lid van Piet Cronje se kommando en is saam
met sy geweer deur die Britte gevange geneem toe Cronje se kommando in hulle
hande geval het - die geweer is na Brittanje geneem en later het die Britte
die Maksims teen die Boere in die veld gestoot. Die oorspronklike geweer is
na die oorlog teruggebring en was in 'n museum in Kaapstad gewees. Jare
later het 'n kleinseun van die oorspronklike uitvinder wat vir die
Johannesburgse munisiepaliteit gewerk het, op 'n Maksim in Johannesburg
afgekom en gesien dat dit 'n blote kopie van sy oupa se geweer was. Hy het
afgesit Kaapstad toe, net om daar uit te vind dat die oorspronklike geweer
uit die museum gesteel is. Die storie het sowat 30 jaar of meer gelede, toe
ek nog op skool was, in Rapport, of een van sy voorgangers, verskyn.

(Wonder of Ferdi dalk [meer] weet?)

>> (Daar is 'n paar produkte op die mark
>> waarmee ander ouens geld maak wat eintlik my uitvindings was wat ek deur
>> onkunde, verkeerde vriende, ens. deur my vingers laat glip het).
> ----Presies wat ek gesê het, die idee is die maklike deel!

Ek weet! Ek was toe nog onnosel met dié goed.

> ----Vertel my dan kan ek oordeel.

Jy behoort van beter te weet as om my so-iets te vra.

> -----Net soos julle gorrel-manne vir ons probeer preek?

Jy beskou 'n blote uitlewing van wat ek glo en daaglikse toepassing van my
beginsels as vir jou "preek". Ek praat nie daaroor om jou of iemand anders
te bepreek of te beindruk nie, maar
omdat ek die Een in Wie ek glo liefhet! - omdat dit die kompas vir my
lewenskoers is.

> ----Jy moet 'n lewe kry! Dis alles om jou reaksie uit te lok. Selfs ek
> weet jy kan eintlik nie sukkel met 'n man se politieke- en kerklike geloof
> nie. Dis nie gegrond op werklike feite nie en die manne word kwaad as jy
> met hulle daaroor redeneer.

Ek dink jy het genoeg van my en my humorsin gesien dat jy nie
nodig het om vir my te sê ek moet lewe kry nie.
Vorige onderwerp: Blood Diamond
Volgende onderwerp: Re: Stink Gatte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:42:21 MGT 2024