Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Amerikaanse verkiesing
Die Amerikaanse verkiesing [boodskap #111516] Di, 07 November 2006 13:23
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die VSA stem vandag. Die nasie van 300 miljoen mense ( die grootste
nasionale bevolking in die wêreld, na Sjina en Indië) laat vandag
hulle
stem hoor. Met hulle pragtige demokratiese masjien hoop ek dat hulle
vandag die party van George Bush die stof laat byt. Die tekens is goed
dat hulle die meerderheid in die House of Representatives gaan verloor.
Hopelik in die Senaat ook, maar daarvan as die pundits nog nie so seker
nie.
Mens moet lag. In hierdie laaste dae het sommige Republikeine
hulle probeer distansieer van Bush. Een ou in Florida het verkies om
met McCain liewers as met Bush op die verhoog te verskyn. Baie
Republikeine is seker deesdae jammer dat McCain nie gekies is
as die kandidaat in die 2000 verkiesing nie. In daardie verkiesing
het mens al die gewetenloosheid van die Bush-kamp begin agterkom.
Ses jaar daarna, weet mens dat die VSA met hierdie onnosele
president en sy gevaarlike handlangers, baie na aan 'n diktatorskap
beweeg het. Ek hoop die burgers van die VSA begin vandag
huisskoonmaak, begin die skorriemorrie uitgooi. Jammer dat daar
nog twee jaar is van na George Bush se smoel kyk.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Vraagie
Volgende onderwerp: Nuwe naam vir Unie-gebou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:36:47 MGT 2024