Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » is dit oor van wat voorheen was?
is dit oor van wat voorheen was? [boodskap #111461] Sa, 28 Oktober 2006 17:03 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Jàrre gelede was ek deel van die groep. En nòu, in my soeke
na 'n groep oor 'n spesifieke onderwerp, kom ek weer hiérop
af. 'n Francois wat iemand waarvan hy 'buitendien nie hou nie',
moet verdedig teenoor 'n naamlose adreslose lafaard. Iemand
wat volgens die argiewe die handige anomiteit van Usenet
gebruik om uit 'n gat waar hy skuil, klippe op karre wat verby ry,
kan slinger, en weghardloop wanneer iemand stilhou om hom
te moer.

Dit is soos die kontinent, Afrika - word waardeloser en
meer en meer minderwaardig. Waar dit werklik in kontras
met die vasteland is, is omdat dit uitgedun word. Met 'n
laaste paar vasbyters wat byt en byt en byt... met
kakebene waarvan selfs die kunstande die plestiek
verloor het.

Die jare toe ek hier deelgeneem het, was hier 'n tannie
met die naam van Maria Van Riebeeck wat die show gerun het
hier. (Sy was die leier van die Kappie Kommando)
Dit was 'n tyd wat hier 'n heel leesbare gesprek(ke) aan die
gang was. Wat julle met die nuusgroep aangevang het,
is vergelykbaar met wat mbeki en kie met 'n voorheen
vooruitstrewende land gedoen het. Lyk my hier is 'n brief
elke 3 dae? En dan komplyn julle omdat mbeki die land
opneuk?
Lees weer die subjectlyn
Re: is dit oor van wat voorheen was? [boodskap #111463 is 'n antwoord op boodskap #111461] So, 29 Oktober 2006 10:31 Na vorige boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja ou Duif

Dis lekker om weer jou ou bakkies hier te sien! Ons het op 'n stadium 'n
Hollands/Belgiese invasion gehad, toe het baie van ons weggeraak, en nou is
daar blykbaar nie meer mense oor met iets om te sê nie.

Groetnis
F

"Dave" skryf in boodskap news:4mv6k2plt9hbrtt6mr6f8qevl4ioggkqjo@4ax.com...
>
>
> J�rre gelede was ek deel van die groep. En n�u, in my soeke
> na 'n groep oor 'n spesifieke onderwerp, kom ek weer hi�rop
> af. 'n Francois wat iemand waarvan hy 'buitendien nie hou nie',
> moet verdedig teenoor 'n naamlose adreslose lafaard. Iemand
> wat volgens die argiewe die handige anomiteit van Usenet
> gebruik om uit 'n gat waar hy skuil, klippe op karre wat verby ry,
> kan slinger, en weghardloop wanneer iemand stilhou om hom
> te moer.
>
> Dit is soos die kontinent, Afrika - word waardeloser en
> meer en meer minderwaardig. Waar dit werklik in kontras
> met die vasteland is, is omdat dit uitgedun word. Met 'n
> laaste paar vasbyters wat byt en byt en byt... met
> kakebene waarvan selfs die kunstande die plestiek
> verloor het.
>
> Die jare toe ek hier deelgeneem het, was hier 'n tannie
> met die naam van Maria Van Riebeeck wat die show gerun het
> hier. (Sy was die leier van die Kappie Kommando)
> Dit was 'n tyd wat hier 'n heel leesbare gesprek(ke) aan die
> gang was. Wat julle met die nuusgroep aangevang het,
> is vergelykbaar met wat mbeki en kie met 'n voorheen
> vooruitstrewende land gedoen het. Lyk my hier is 'n brief
> elke 3 dae? En dan komplyn julle omdat mbeki die land
> opneuk?
> Lees weer die subjectlyn
>
Vorige onderwerp: Die besembos
Volgende onderwerp: Soois
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:45:30 MGT 2024