Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld
" Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111222] Sa, 30 September 2006 13:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)

Hilda Fourie


'In 1652 het die Nederlanders en Khoi 'n gemors van Nederlands
gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans."

Só het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
die Noordwes-Universiteit, gister by 'n taalberaad by die
Voortrekkermonument in Pretoria gesê.

Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.

"Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
taalbeweging gestig is. Dis 'n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.

"Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.

"Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
het.

"Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
wat dit praat en gebruik," het Du Plessis gesê.

Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
Afrikaans leer praat het.

"Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos 'n tipiese kleurling nie,
maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.

"Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
mense is dié wat Afrikaans praat," het Meyer by die taalberaad gesê.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111223 is 'n antwoord op boodskap #111222] So, 01 Oktober 2006 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik gee ek nie 'n hel om nie. Ek droom in Afrikaans, ek sing in
Afrikaans, ek dink in Afrikaans, ek maak liefde in Afrikaans, gemors of te
nie, ek kom heel goed oor die weg.

Hessie sorry vir die persoonlike antwoord, as jy dit gekry het, verkeerde
knoppie gekliek.

"Hessie" wrote in message
news:1159621801.583239.313530@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .

Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)

Hilda Fourie

'In 1652 het die Nederlanders en Khoi 'n gemors van Nederlands
gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans."

Sê het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
die Noordwes-Universiteit, gister by 'n taalberaad by die
Voortrekkermonument in Pretoria gesê.

Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.

"Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
taalbeweging gestig is. Dis 'n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.

"Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.

"Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
het.

"Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
wat dit praat en gebruik," het Du Plessis gesê.

Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
Afrikaans leer praat het.

"Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos 'n tipiese kleurling nie,
maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.

"Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
mense is dié wat Afrikaans praat," het Meyer by die taalberaad gesê.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111224 is 'n antwoord op boodskap #111223] So, 01 Oktober 2006 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Francois Human skryf

f> Hessie sorry vir die persoonlike antwoord, as jy dit gekry het,
verkeerde
> knoppie gekliek.

Moenie worry nie. My man lees nie die nuusgroep
nie, en dit druk sy jaloesie-knoppie wanneer 'n
vreemde man nou en dan vir my 'n e-pos stuur.
Hy weet darem teen hierdie tyd dat die vreemde
mans maar net die verkeerde knoppies druk.

Gloudina
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111225 is 'n antwoord op boodskap #111222] So, 01 Oktober 2006 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skyblue  is tans af-lyn  Skyblue
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
On 30 Sep 2006 06:10:01 -0700, "Hessie" wrote:

> Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
> Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)
>
> Hilda Fourie

Enige taal is.
Gaan kyk maar wat Shakespeare se Engels was en wat voor dit gepraat
was.
En hoe Latyn Spaans en Italiaans geword het. en so aan.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111226 is 'n antwoord op boodskap #111224] So, 01 Oktober 2006 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ag,
En ek dink vreemde mans druk altyd die goeie knoppies .......

"'n bootskap van die skakelaar in die duister"

In article , Hessie
wrote:
>
> Francois Human skryf
>
> f> Hessie sorry vir die persoonlike antwoord, as jy dit gekry het,
> verkeerde
>> knoppie gekliek.
>
> Moenie worry nie. My man lees nie die nuusgroep
> nie, en dit druk sy jaloesie-knoppie wanneer 'n
> vreemde man nou en dan vir my 'n e-pos stuur.
> Hy weet darem teen hierdie tyd dat die vreemde
> mans maar net die verkeerde knoppies druk.
>
> Gloudina
>
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111228 is 'n antwoord op boodskap #111225] So, 01 Oktober 2006 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 01 Oct 2006 15:53:09 +0200, Skyblue
wrote:

> En hoe Latyn Spaans en Italiaans geword het. en so aan.

Die enigste verskil is dat Latyn uitgestorwe is maar Nederlands nog
steeds bestaan. En die kans dat Nederlands binne 100 jaar nog steeds
sal bestaan is baie groot.
Maar of Afrikaans binne 100 jaar nog sal leef is 'n groot vraagteken.
Ek het die skeiding tussen Nederlands en Afrikaans inderdaad steeds
als 'n gemors gesien. Ek is self Nederlands- (lees Vlaams)talig en ek
ondervind dit as onnatuurlik dat Nederlands en Afrikaans geskeie is.
Spaans en Italiaans is mos verder verwyder van Latyn as Afrikaans is
van Nederlands.

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111233 is 'n antwoord op boodskap #111228] Ma, 02 Oktober 2006 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" Die enigste verskil is dat Latyn uitgestorwe is maar Nederlands nog[/color]
> steeds bestaan. En die kans dat Nederlands binne 100 jaar nog steeds
> sal bestaan is baie groot.

Ek het onlangs 'n artikel in die Reader's Digest gelees wat daarop dui dat
Europa besig is om teen skrikwekkende tempo te ontvolk deur lae
geboortesyfers en 'n ouerwordende bevolking. Baie plase in Duitsland en
Italië lê onbewerk en onbewoon en is besig om weer woud te word! Vir die
eerste keer in eeue is daar weer wilde wolwe in Duitsland. Die enigste
uitweg blyk grootskeepse immigrasie uit veral die Moslem lande te wees. Ek
het vantevore soortgelyke berigte in plaaslike koerante gesien en op hierdie
ng die bekommernis van Nederlanders oor die Moslem immigrante!

> Maar of Afrikaans binne 100 jaar nog sal leef is 'n groot vraagteken.

Afrikaans het aan die begin van die 19e eeu en weer aan die begin van die
20e eeu onder 'n verwoede verengelsingsaanslag deurgeloop en sterker
anderkant uitgekom! Die huidige aanslag is nie méér gevaarlik as die vorige
aanslae nie. Afrikaans is besig om sy "taal van verdrukker"-status te
verloor. Met die regte bemarkinstrategie - En ek dink dis besig om vorm aan
te neem! - mag Afrikaans uiteindelik baie sterker staan as ooit te vore.

> Ek het die skeiding tussen Nederlands en Afrikaans inderdaad steeds
> als 'n gemors gesien. Ek is self Nederlands- (lees Vlaams)talig en ek
> ondervind dit as onnatuurlik dat Nederlands en Afrikaans geskeie is.

Ek weet nie presies wat jy bedoel met "geskeie" nie. Afrikaans is nie 'n
dialek van Nederlands nie - daarvoor is daar te groot grammatikale verskille
tussen Afrikaans en die ander tale van Germaanse oorsprong, bv. t.o.v.
werkwoorde, tye, geslagsonderskeid. Maar dit "skei" nie Afrikaans van
Nederlands nie, "onderskei" dit wel! In SA is Afrikaans op skool en
Universiteit altyd in sy verbondenheid aan Nederlands doseer.

'n Nederlander wat in die vorige eeu 'n reisjoernaal oor SA geskryf het, het
opgemerk dat Nederlands goed sou doen om van Afrikaans te leer en van die
vereenvoudigde vorme van Afrikaans oor te neem.

Ek dink samewerking is vir die oorlewing van albei tale noodsaaklik.

> Spaans en Italiaans is mos verder verwyder van Latyn as Afrikaans is
> van Nederlands.
>
> Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
>
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111237 is 'n antwoord op boodskap #111233] Ma, 02 Oktober 2006 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Afrikaans is besig om sy "taal van verdrukker"-status te
> verloor. Met die regte bemarkinstrategie - En ek dink dis besig om vorm aan
> te neem! - mag Afrikaans uiteindelik baie sterker staan as ooit te vore.

Ek dink jy is reg. Ek dink binne 'n paar jaar sal die
bruinmense van SA vir Afrikaans begin toe-eien as
hulle eie, en dan daarvoor begin veg. Hoe meer hulle
bruin kundige vakmanne Afrikaans hoor praat, hoe
meer hulle aantreklike bruin mense op TV kanale
Afrikaans hoor praat, hoe meer sal hulle daarmee
identifiseer. Ons kyk nou gereeld vir "Kwela" op die
Kudu Club, en ek hou soveel van die een vrou wat
daar rapporteer. Sy lyk en klink net soos my jongste
suster.

Gloudina
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111245 is 'n antwoord op boodskap #111222] Ma, 02 Oktober 2006 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Afrikaans is soos i riem. Hoe meer jy hom looi hoe taaier word hy.

Kantelberg

"Hessie" wrote in message
news:1159621801.583239.313530@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .

Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)

Hilda Fourie

'In 1652 het die Nederlanders en Khoi 'n gemors van Nederlands
gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans."

Sê het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
die Noordwes-Universiteit, gister by 'n taalberaad by die
Voortrekkermonument in Pretoria gesê.

Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.

"Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
taalbeweging gestig is. Dis 'n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.

"Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.

"Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
het.

"Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
wat dit praat en gebruik," het Du Plessis gesê.

Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
Afrikaans leer praat het.

"Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos 'n tipiese kleurling nie,
maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.

"Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
mense is dié wat Afrikaans praat," het Meyer by die taalberaad gesê.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111258 is 'n antwoord op boodskap #111237] Di, 03 Oktober 2006 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Oct 2006 05:18:29 -0700, "Hessie" wrote:

>
> Torreke skryf
>
> Afrikaans is besig om sy "taal van verdrukker"-status te
>> verloor. Met die regte bemarkinstrategie - En ek dink dis besig om vorm aan
>> te neem! - mag Afrikaans uiteindelik baie sterker staan as ooit te vore.
>
> Ek dink jy is reg. Ek dink binne 'n paar jaar sal die
> bruinmense van SA vir Afrikaans begin toe-eien as
> hulle eie, en dan daarvoor begin veg. Hoe meer hulle
> bruin kundige vakmanne Afrikaans hoor praat, hoe
> meer hulle aantreklike bruin mense op TV kanale
> Afrikaans hoor praat, hoe meer sal hulle daarmee
> identifiseer. Ons kyk nou gereeld vir "Kwela" op die
> Kudu Club, en ek hou soveel van die een vrou wat
> daar rapporteer. Sy lyk en klink net soos my jongste
> suster.
>
> Gloudina

Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
ondervind in Kongo.
Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
Is jy dom of kranksinnig?
Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
dis die skandelikste een.

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111259 is 'n antwoord op boodskap #111233] Di, 03 Oktober 2006 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Oct 2006 09:57:40 +0200, "Torreke" wrote:

> Ek dink samewerking is vir die oorlewing van albei tale noodsaaklik.

Jy is reg, Torreke! Sê dit vir Gloudina!

Norbert die strandkruier
(En ek is baie lief vir Afrikaans!)
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111298 is 'n antwoord op boodskap #111258] Wo, 04 Oktober 2006 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louisa ;-)  is tans af-lyn  Louisa ;-)
Boodskappe: 20
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Junior Lid
Strandkruier wrote:
> Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
> teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
> die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
> ondervind in Kongo.
> Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
> kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
> taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
> swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
> Is jy dom of kranksinnig?

Bruin, wit of swart nou vir 'n oomblik buite rekening gelaat: Ons taal
is darem nie so kak dat buitelanders (soos jy) nie belangstel om dit te
leer nie? En is Afrikaanse forums en nuusgroepe aktief daarin deel te
neem nie? Gmf!

> Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
> sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
> hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
> Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
> Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
> dis die skandelikste een.

Nederlands gaan verseker niks vir Afrikaans se gewildheid beteken hier
in SA nie.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111301 is 'n antwoord op boodskap #111298] Do, 05 Oktober 2006 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Oct 2006 13:48:49 -0700, "Louisa" wrote:

>
> Strandkruier wrote:
>> Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
>> teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
>> die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
>> ondervind in Kongo.
>> Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
>> kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
>> taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
>> swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
>> Is jy dom of kranksinnig?
>
> Bruin, wit of swart nou vir 'n oomblik buite rekening gelaat: Ons taal
> is darem nie so kak dat buitelanders (soos jy) nie belangstel om dit te
> leer nie? En is Afrikaanse forums en nuusgroepe aktief daarin deel te
> neem nie? Gmf!

Verskoning, Louisa, moet ek belangstelling hê vir Afrikaans? Toe ek
indertyd hier kom het ek begin met Nederlands. En na slegs 'n paar
weke het ek verder gedoen in Afrikaans. Hoekom ek leer so snel die
Afrikaans? Omdat prakties 90% van die woorde in Afrikaans dieselde is
en net klink as in my eie taal. En dan is die spraakkuns nog baie
eenvoudig vir ons ook.
>
>> Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
>> sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
>> hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
>> Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
>> Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
>> dis die skandelikste een.
>
> Nederlands gaan verseker niks vir Afrikaans se gewildheid beteken hier
> in SA nie.

Hierdie sou jy maar net dink. 'n Taal wat se eie verbind aan 'n ander
een word sterker en moet werkelik sy eie karakter nie verloor nie. Dit
het ons hier in ondervind in Vlaandere. Vlaams was bykans dood en toe
het ons Nederlands leer praat. Ons het nou 'n taalunie van bykans 20
miljoen mense en ons sien dat in Franstalige kontreie buite die
Vlaamse grens en selfs in Duitsland meer Nederlands gestudeer word.
Nietteenstaande ek offisieel Nederlands praat en skryf besig ek nog
steeds die dialek van my munisipaliteit. Jy moet ook weet dat ons 'n
"taalunie" het. Dit beteken ook dat die woordeskat van altwee die tale
saamgevoeg is en wedersydse erkenning kry. In 'n Nederlandse
woordeboek staan nà 'n Vlaamse woord geskryf: "Zuidnederlands", maar
dit beteken ook dat hierdie woord ook "offisieel" is in Nederland en
daar kan gebesig word. 'n Taalunie beteken, net soos 'n ekonomiese
unie vir geld, 'n verryking in woorde en spraakkuns.
Maar, ja, Afrikaners is nogal 'n "eiesoortig" volkjie, nè? Dis 'n
geesteskronkel wat reeds eeue in julle kop sit. 'n Mossie wat dink hy
is 'n spreeu.

Norbert die strandkruier
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111306 is 'n antwoord op boodskap #111258] Do, 05 Oktober 2006 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie[/color]
> kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
> taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
> swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.

Terwyl ek meestal saamstem met jou ander stellings moet ek van hierdie een
verskil. Dis nie 'n vraag of bruinmense Afrikaans as hulle sal toe-eien of
nie. Bruinmense sal vir jou sê dat Afrikaans hulle taal is! Netso is daar
baie swart Afrikane wat geen ander taal ken nie. In SA word Afrikaans deur
13m mense gepraat en verstaan - natuurlik nie almal moedertaal sprekers nie.
In Namibië is dit die lingua franca en word deur die oorgrote meederheid van
die bevolking gepraat en verstaan. Daar is bruin en swart skrywers en
digters van Afrikaans. Afrikaanse publikasies het sedert '94 dramaties
toegeneem - Afrikaanse koerante se publikasiesyfers het dramaties
toegeneem - Afrikaans word aan meer universiteite oorsee gedoseer as
voorheen. En ek wat daagliks tussen swart mense beweeg, ervaar hoe die
antagonisme teen Afrikaans as "taal van die verdrukker" besig is om af te
neem.

Dit sou goed wees vir Afrikaans om met ederlands hande te vat en vas te hou,
maar Afrikaans se toekoms lê in hande vat met die ander inheemse tale in SA
wat eweveel onder bedreiging is as Afrikaans.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111324 is 'n antwoord op boodskap #111306] Do, 05 Oktober 2006 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Oct 2006 08:11:30 +0200, "Torreke" wrote:

> En ek wat daagliks tussen swart mense beweeg, ervaar hoe die
> antagonisme teen Afrikaans as "taal van die verdrukker" besig is om af te
> neem.

Is dit so? Nou, dit is baie mooi!
>
> Dit sou goed wees vir Afrikaans om met Nederlands hande te vat en vas te hou,
> maar Afrikaans se toekoms lê in hande vat met die ander inheemse tale in SA
> wat eweveel onder bedreiging is as Afrikaans.

Ek verstaan waarom nie-Afrikaanstaliges van Suid-Afrika nou Afrikaans
leer. Dis suiwer die ekonomiese motief wat hier 'n rol in speel. Maar
jy sal sien dat binne 1-2 generasies die jong nakomelinge van al die
mense wat nou Afrikaans leer maar self geen Afrikaners is nie geen
belangstelling meer sal hê vir Afrikaans nie. Dan sal hulle as tweede
taal die belangrikste wêreldtaal verkies. Watter een dit sal wees kan
ek nie voorspel nie. Miskien Engels, Chinees of selfs Indies.
Ek weet nie of in Suid-Afrika reeds universiteite is wat suiwer en
alleen 'n Suidafrikaanse inheemse taal (buite Afrikaans en Engels) as
voertaal besig? Jy sal sien dat vanaf die oomblik dat 'n dusdanige
universiteit verskyn die Afrikaans 'n volledige vermorste taal word en
die Afrikaners ekonomies agteruit gaan. Ons het dit hier in België ook
gesien toe die Vlaminge die Franstaliges uit die universiteite in
Vlaandere verja het.

Norbert die strandkruier
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111326 is 'n antwoord op boodskap #111324] Vr, 06 Oktober 2006 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" < wrote
> On Thu, 5 Oct 2006 08:11:30 +0200, "Torreke" wrote:
>
>> En ek wat daagliks tussen swart mense beweeg, ervaar hoe die
>> antagonisme teen Afrikaans as "taal van die verdrukker" besig is om af te
>> neem.
>
> Is dit so? Nou, dit is baie mooi!
>
>> Dit sou goed wees vir Afrikaans om met Nederlands hande te vat en vas te
>> hou,
>> maar Afrikaans se toekoms lê in hande vat met die ander inheemse tale in
>> SA
>> wat eweveel onder bedreiging is as Afrikaans.

Ek het vanoggend gehoor dat verpligte moedertaal onderrig in die inheemse
tale van die eerste 3 na die eerste 6 skooljare verhoog is - Afrikaans is
spesifiek ingesluit!
>
> Ek verstaan waarom nie-Afrikaanstaliges van Suid-Afrika nou Afrikaans
> leer. Dis suiwer die ekonomiese motief wat hier 'n rol in speel.

Verkeerd! Engels was nog altyd de facto die ekonomiese voertaal in
Suid-Afrika. Ek herhaal: Bruinmense sal vir jou sê hulle taal IS Afrikaans.
Die uitdaging wat oorbrug moet word is dat Afrikaners die bruinmense in die
apartheidsjare uitgesluit het van die Afrikaanse kultuurliggame, ens. - ook
dat Kaaps (die bruin mense se Afrikaans) nie as suiwer Afrikaans erken is
nie. Die verdeeldheid is besig om te verdwyn en 'n gesamentlike lojaliteit,
opgewondenheid en handevat om die taal te bevorder besig om tot stand te
kom.

Netso is daar swartmense wie se enigste moedertaal Afrikaans is, spesifiek
in die Sotho-sprekende gedeeltes van die land. Ry deur die Vrystaat en gooi
brandstof by enige vulstasie in. As enige van die swart petroljoggies om 'n
hoek staan en Afrikaans praat, sal selfs 'n wit moedertaalspreker nie weet
dis 'n swart man wat Afrikaans praat nie. Ek het persoonlik ervaring dat
mense uit die Nguni-sprekende dele (Xhosa, Zoeloe en Swazi) met swartmense
uit die Sotho-sprekende dele (Noord-Sotho, Suid-Sotho en Tswana) hulle tot
Afrikaans wend omdat die één taal is wat albei verstaan! In Soweto is
Afrikaans springlewendig in die sjebeens! - nie dié Afrikaans wat in die
wit- en bruinmense se huise gepraat word nie! - 'n eiesoortige Afrikaans wat
gespesery is met Engelse, Afrika-woorde en eie skeppings! - maar Afrikaans
nietemin met 'n eiesoortige sjarme en bekoring

> Maar
> jy sal sien dat binne 1-2 generasies die jong nakomelinge van al die
> mense wat nou Afrikaans leer maar self geen Afrikaners is nie geen
> belangstelling meer sal hê vir Afrikaans nie. Dan sal hulle as tweede
> taal die belangrikste wêreldtaal verkies. Watter een dit sal wees kan
> ek nie voorspel nie. Miskien Engels, Chinees of selfs Indies.
> Ek weet nie of in Suid-Afrika reeds universiteite is wat suiwer en
> alleen 'n Suidafrikaanse inheemse taal (buite Afrikaans en Engels) as
> voertaal besig? Jy sal sien dat vanaf die oomblik dat 'n dusdanige
> universiteit verskyn die Afrikaans 'n volledige vermorste taal word en
> die Afrikaners ekonomies agteruit gaan. Ons het dit hier in België ook
> gesien toe die Vlaminge die Franstaliges uit die universiteite in
> Vlaandere verja het.
>
> Norbert die strandkruier
>
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111333 is 'n antwoord op boodskap #111326] Vr, 06 Oktober 2006 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Oct 2006 09:30:15 +0200, "Torreke" wrote:

> Netso is daar swartmense wie se enigste moedertaal Afrikaans is, spesifiek
> in die Sotho-sprekende gedeeltes van die land. Ry deur die Vrystaat en gooi
> brandstof by enige vulstasie in. As enige van die swart petroljoggies om 'n
> hoek staan en Afrikaans praat, sal selfs 'n wit moedertaalspreker nie weet
> dis 'n swart man wat Afrikaans praat nie. Ek het persoonlik ervaring dat
> mense uit die Nguni-sprekende dele (Xhosa, Zoeloe en Swazi) met swartmense
> uit die Sotho-sprekende dele (Noord-Sotho, Suid-Sotho en Tswana) hulle tot
> Afrikaans wend omdat die één taal is wat albei verstaan! In Soweto is
> Afrikaans springlewendig in die sjebeens! - nie dié Afrikaans wat in die
> wit- en bruinmense se huise gepraat word nie! - 'n eiesoortige Afrikaans wat
> gespesery is met Engelse, Afrika-woorde en eie skeppings! - maar Afrikaans
> nietemin met 'n eiesoortige sjarme en bekoring

Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.
Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
beslissing is.

Norbert die strandkruier
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111342 is 'n antwoord op boodskap #111333] Ma, 09 Oktober 2006 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.[/color]
> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
> beslissing is.

1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
en hande moet hou.
2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
"skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige grammatika
en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
verryking van Nederlands?

Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons ore
klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook alsulke
geluide op hierdie ng gemaak.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111345 is 'n antwoord op boodskap #111333] Ma, 09 Oktober 2006 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.[/color]
> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
> beslissing is.

1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
en hande moet hou.
2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
"skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige grammatika
en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
verryking van Nederlands?

Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons ore
klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook alsulke
geluide op hierdie ng gemaak.
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111366 is 'n antwoord op boodskap #111342] Wo, 11 Oktober 2006 00:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 Oct 2006 09:04:07 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Strandkruier" > Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.
>> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
>> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
>> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
>> beslissing is.
>
> 1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
> en hande moet hou.
> 2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
> "skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
> Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
> Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
> dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige grammatika
> en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
> verryking van Nederlands?
>
> Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons ore
> klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
> wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook alsulke
> geluide op hierdie ng gemaak.
>

Hallo, Torreke,

Ek sal antwoord gee op jou vraag. Ek beskou Afrikaans seker nie as 'n
dialek van Nederlands nie. Ek weet Afrikaans het sy eie spraakkuns en
vorme. Dit was geensins my bedoeling om Afrikaans te vernietig, soos
dit is. Ek vind Afrikaans 'n volledige taal en vir my mag Afrikaans sy
eenvoudige grammatika behou. Ek het self die uitdrukking van "kitchen
Dutch" nog nêrens gebruik nie. Jy moet weet ek is 'n taalliefhebber.
Vir my was dit baie interessant om te sien hoe Afrikaans uit
Nederlands kon afgelei word en met 'n bietjie mengeling van woorde uit
andere kulture was Afrikaans 'n feit. Ek moet onderskryf dat -in die
historiese konteks- 'n taal as Afrikaans, soos dit nou is, wel moes
ontstaan. En, neen, julle is geen agterlik volkjie nie.
Respek moet eerst kom. Maar die respek kom slegs as mense mekaar beter
leer ken en ook as hulle mekaar se taal bestudeer. Vroeër kon 'n mens
nog sê dis nutteloos want Nederland en Suid-Afrika lê duisende
kilometers van mekaar af. Inderdaad, in daardie konteks was dit
nutteloos. Maar die konteks het gewysig! Ons is nog steeds duisende
kilometers van mekaar af, maar virtueel staan ons in mekaar se
kombuis, deur die Internet, soos nou.
Ek vind daar moes 'n programma wees op die Nederlandse skole waarin
Afrikaans gegee word en omgekeerd moes daar 'n programma wees op die
Afrikaanse skole met Nederlands. Dit duur slegs 'n paar maande en
ieder Nederlander praat Afrikaans en die omgekeerde sal ook gaan.
Sodoende kan Afrikaners en Nederlander nog bietje kontak hou. Want ek
meen rêrig dat Nederlands en Afrikaans altwee in gevaar is. Jy sê nou
Afrikaans is steeds die ekonomiese taal van SA gewees en word deur
baie mense geleer, ook deur nie-blankes. Maar ons Waalse landgenote
het dit 50 jaar gelede ook gesê oor Frans, hulle eie taal. Toe was
Frans nog steeds die belangrikste taal van België. Wou jy 'n bietjie
vooruit in die lewe dan moes jy Frans praat in België en die Wale het
toe gesien hoe Vlaminge toe nog baie Frans geleer het in die skole.
Hulle was daarmee net so gelukkig as jy nou is oor Afrikaans in SA.
Maar nou is die situasie heeltemal anders hier in België! En hierdie
toestand is uiteindelik wat ek ook in Suid-Afrika verwag. 'n Mens
moenie tè selfgenoegsaam wees nie. Sake kan baie snel wysig.
Waarom kan ek nie loer na die Afrikaanse beeldradio nie? Daar is tog
satelliete?

Norbert die strandkruier
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111372 is 'n antwoord op boodskap #111366] Wo, 11 Oktober 2006 09:03 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Strandkruier" On Mon, 9 Oct 2006 09:04:07 +0200, "Torreke" wrote:[/color]
>

>> "Strandkruier" >> Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.
>>> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
>>> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
>>> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
>>> beslissing is.

>> 1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
>> en hande moet hou.
>> 2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
>> "skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
>> Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
>> Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
>> dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige
>> grammatika
>> en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
>> verryking van Nederlands?

>> Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons
>> ore
>> klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
>> wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook
>> alsulke
>> geluide op hierdie ng gemaak.

>
> Hallo, Torreke,
>
> Ek sal antwoord gee op jou vraag. Ek beskou Afrikaans seker nie as 'n
> dialek van Nederlands nie. Ek weet Afrikaans het sy eie spraakkuns en
> vorme. Dit was geensins my bedoeling om Afrikaans te vernietig, soos
> dit is. Ek vind Afrikaans 'n volledige taal en vir my mag Afrikaans sy
> eenvoudige grammatika behou. Ek het self die uitdrukking van "kitchen
> Dutch" nog nêrens gebruik nie. Jy moet weet ek is 'n taalliefhebber.
> Vir my was dit baie interessant om te sien hoe Afrikaans uit
> Nederlands kon afgelei word en met 'n bietjie mengeling van woorde uit
> andere kulture was Afrikaans 'n feit. Ek moet onderskryf dat -in die
> historiese konteks- 'n taal as Afrikaans, soos dit nou is, wel moes
> ontstaan. En, neen, julle is geen agterlik volkjie nie.
> Respek moet eerst kom. Maar die respek kom slegs as mense mekaar beter
> leer ken en ook as hulle mekaar se taal bestudeer. Vroeër kon 'n mens
> nog sê dis nutteloos want Nederland en Suid-Afrika lê duisende
> kilometers van mekaar af. Inderdaad, in daardie konteks was dit
> nutteloos. Maar die konteks het gewysig! Ons is nog steeds duisende
> kilometers van mekaar af, maar virtueel staan ons in mekaar se
> kombuis, deur die Internet, soos nou.
> Ek vind daar moes 'n programma wees op die Nederlandse skole waarin
> Afrikaans gegee word en omgekeerd moes daar 'n programma wees op die
> Afrikaanse skole met Nederlands. Dit duur slegs 'n paar maande en
> ieder Nederlander praat Afrikaans en die omgekeerde sal ook gaan.
> Sodoende kan Afrikaners en Nederlander nog bietje kontak hou. Want ek
> meen rêrig dat Nederlands en Afrikaans altwee in gevaar is. Jy sê nou
> Afrikaans is steeds die ekonomiese taal van SA gewees en word deur
> baie mense geleer, ook deur nie-blankes. Maar ons Waalse landgenote
> het dit 50 jaar gelede ook gesê oor Frans, hulle eie taal. Toe was
> Frans nog steeds die belangrikste taal van België. Wou jy 'n bietjie
> vooruit in die lewe dan moes jy Frans praat in België en die Wale het
> toe gesien hoe Vlaminge toe nog baie Frans geleer het in die skole.
> Hulle was daarmee net so gelukkig as jy nou is oor Afrikaans in SA.
> Maar nou is die situasie heeltemal anders hier in België! En hierdie
> toestand is uiteindelik wat ek ook in Suid-Afrika verwag. 'n Mens
> moenie té selfgenoegsaam wees nie. Sake kan baie snel wysig.
> Waarom kan ek nie loer na die Afrikaanse beeldradio nie? Daar is tog
> satelliete?
>
> Norbert die strandkruier

Dankie. Ek dink ons dink baie eenders. Daar is 'n Afrikaanse kanaal
beskikbaar, "Kyknet", maar ek verstaan nie waarom jy dit nie by jou opvang
nie, aangesien ek hier Nederlandse kanale op my TV het.

Ek stem saam dat Afrikaanse bedreig is - baie erg bedreig is! Maar ek hou
daarvan om positief te dink - anders gaan mens nêrens kom nie.

Is effens haastig nou. Gesels graag later weer.

Groete

Torreke
Vorige onderwerp: Openbare (Nuusgroep) versoek ? (Vrye en/of regverdige), Gee van bonus pryse, aan Gloudina, om te verhoog ? (Vorentoe vernuwe-bou-groei-verstaal ... (Inisiatief) )
Volgende onderwerp: Die Sonskyn deur Oppenbach
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:23:03 MGT 2024