Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is du Plessis deesdae?
Waar is du Plessis deesdae? [boodskap #111110] Do, 14 September 2006 15:20 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'God kan enigeen in SA só gebruik'
Sep 13 2006 11:09:28:800PM - (SA)

Neels Jackson


"As die Here vir Adriaan Vlok kan vergewe en gebruik, dan is daar
niemand in Suid-Afrika wat Hy nié kan gebruik nie."

Dit was gisteraand die laaste minister van wet en orde in die ou
bedeling se getuienis toe Vlok die jaarlikse konferensie van die
Apostoliese Geloofsending (AGS) in Boksburg toegespreek het.

Vlok het aan 'n paar duisend konferensiegangers vertel hoe dit gekom
het dat hy eers die voete van eerw. Frank Chikane en toe dié van nege
vroue in Mamelodi gewas het in wat dr. Isak Burger, president van die
AGS, gisteraand as 'n "onkonvensionele inisiatief" bestempel het.

Vlok het gesê hy is nie in direkte telefoniese verbinding met die Here
nie, daarom maak hy staat op rigtingwysers wat hy kry.

Die eerste hiervan was dr. Stephan Joubert se bydrae op 3 Julie in
Beeld se rubriek Godsdiens-aktueel waarin hy vertel het van 'n gewese
vegvlieënier wat sy huishulp van 30 jaar se voete in Mamelodi gaan was
het.

Die tweede was 'n boek oor die lewe van die apostel Petrus wat hy
gelees het waarin die simboliek van die voetewas duidelik uitgestippel
is.

Die derde was 'n oordenking oor Radiosondergrense waarin ds. Willie
Goosen van die NG gemeente Aasvoëlkop gelees het dat Jesus, nadat hy
sy dissipels se voete voor die instelling van die Nagmaal gewas het,
vir hulle gesê het om ook só te gaan doen.

Vlok het vertel van die huiwering in sy gemoed om voort te gaan met die
voetwassing, selfs toe hy al by Chikane in die kantoor gesit het.

Hy het egter besluit om gehoorsaam te wees aan die Here en deur te druk
met sy planne.

Hy het gesê pres. Thabo Mbeki se reaksie op sy voetewassery het hom
geraak. Mbeki het hom reg gehoor: apartheid was boos en verkeerd.

Hy is ook geraak daardeur dat Mbeki nog na sy vermiste geliefdes soek.
Iets moet daaraan gedoen word, het hy gesê.

Hy is met staande applous begroet toe hy afgesluit het deur te sê dat
hy g'n nuwe boodskap vir die AGS het nie, net die ou boodskap om God
bo alles lief te hê, jou naaste soos jouself en om God dan te
gehoorsaam.

Burger het gesê Vlok se spontane daad het miskien meer vir versoening
in Suid-Afrika beteken as enigiets anders.

Hy het Chikane en die AGS se nasionale ampsdraers gevra om hul hande op
Vlok te lê, terwyl past. George Mahlobo, hoofsekretaris van die AGS,
vir hom gebid het.

Mahlobo het in sy gebed gevra dat dit nie net by Vlok en Chikane sal
bly nie, maar dat God vir baie Suid-Afrikaners die kapasiteit sal gee
om om vergifnis te vra en die land en plekke soos Rwanda, Burundi en
die Midde-Ooste ook met 'n gees van vergifnis sal seën.
Re: Waar is du Plessis deesdae? [boodskap #111111 is 'n antwoord op boodskap #111110] Do, 14 September 2006 15:32 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> 'God kan enigeen in SA só gebruik'
> "As die Here vir Adriaan Vlok kan vergewe en gebruik, dan is daar
> niemand in Suid-Afrika wat Hy nié kan gebruik nie."

Waar is Du Plessis, alias DD, alias nog 'n klomp
ander skuilname, deesdae? Ek hoop, waar hy ook
al is, dat hy merk dat dit nou mode gaan word
om te doen wat ek vir hom toentertyd gesê het om
te doen, om uit te gaan op die paaie en almal se
voete te was. Ek het hom "gewaarsku" dat sewe
uit elke tien pare voete nie wit sal wees nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wat is aan die gebeur??
Volgende onderwerp: Re: Does Nelson Mandela advocate Genocide of Whites?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 11:19:19 MGT 2024