Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Ferdie oor Manto
Vir Ferdie oor Manto [boodskap #110986] Ma, 28 Augustus 2006 13:49 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nog Rapport, nog Daily Dispatch wou hierdie brief plaas. Is dit nou 'n
voorbeeld van soos "a bul in a china shop" te werk gaan.

----- Original Message -----
To: rap...@rapport.co.za
Sent: Wednesday, August 23, 2006 11:45 AM
Subject: Dr Manto se verstommende teenstrydige keuses

Geagte Redakteur

Die media het verlede week uitvoerig berig oor Dr. Manto
Tshabalala-Msimang se herbevestigde voorkeur vir beet, knoffel,
suurlemoensap en die Afrika aartappel in die behandeling van MIV/VIGS in
plaas van moderne, wetenskaplik getoetsde anti-retrovirale middels, so wel
as oor haar verwerping van die US se navorsingsresultate op die Afrika
aartappel. Party koerante het terselfdertyd berig dat sy vir haar 'n nuwe
Mercedes Benz met 'n klomp ekstras bestel het sonder om enige verband tussen
haar twee teenstrydige keuses te trek. Dit het my laat dink. Het iemand al
vir haar gevra waarom sy eerder 'n Mercedes Benz as 'n tradisionele voertuig
soos die donkiekar bestel het? Ten spyte van al die navorsing en
nagebootste motorongelukke wat DaimlerChrysler gedoen het en wat bewys dat
die Mercedes een van die veiligste voertuie op die pad is, sou sy nie
desondanks veiliger gewees het in 'n tradisionele voertuig wat baie stadiger
as die Benz beweeg nie? Sy behoort ernstige oorweging daaraan te skenk.
Dink net hoeveel erkenning sy sal ontvang as 'n minister wat empatie het met
die lot van die armes en hoe mens die dood van die voordeur weghou. 'n
Donkiekar is goedkoop, dit is effektief, en sy sal nie naastenby dieselfde
gevaar vir die land en sy mense aan die toom van 'n donkiekar inhou as wat
sy aan die stuur van die land se gesondheidsdienste en veral agter 'n
mikrofoon inhou nie.
Re: Vir Ferdie oor Manto [boodskap #110990 is 'n antwoord op boodskap #110986] Di, 29 Augustus 2006 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die beste raad nog is `n koue stort na spykerkaskenades !!!
NSA se Nasionale sport......

"Torreke" skryf in boodskap news:ecus9n$5h0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nog Rapport, nog Daily Dispatch wou hierdie brief plaas. Is dit nou 'n
> voorbeeld van soos "a bul in a china shop" te werk gaan.
>
> ----- Original Message -----
> To: rap...@rapport.co.za
> Sent: Wednesday, August 23, 2006 11:45 AM
> Subject: Dr Manto se verstommende teenstrydige keuses
>
>
> Geagte Redakteur
>
>
>
> Die media het verlede week uitvoerig berig oor Dr. Manto
> Tshabalala-Msimang se herbevestigde voorkeur vir beet, knoffel,
> suurlemoensap en die Afrika aartappel in die behandeling van MIV/VIGS in
> plaas van moderne, wetenskaplik getoetsde anti-retrovirale middels, so wel
> as oor haar verwerping van die US se navorsingsresultate op die Afrika
> aartappel. Party koerante het terselfdertyd berig dat sy vir haar 'n nuwe
> Mercedes Benz met 'n klomp ekstras bestel het sonder om enige verband
> tussen haar twee teenstrydige keuses te trek. Dit het my laat dink. Het
> iemand al vir haar gevra waarom sy eerder 'n Mercedes Benz as 'n
> tradisionele voertuig soos die donkiekar bestel het? Ten spyte van al die
> navorsing en nagebootste motorongelukke wat DaimlerChrysler gedoen het en
> wat bewys dat die Mercedes een van die veiligste voertuie op die pad is,
> sou sy nie desondanks veiliger gewees het in 'n tradisionele voertuig wat
> baie stadiger as die Benz beweeg nie? Sy behoort ernstige oorweging
> daaraan te skenk. Dink net hoeveel erkenning sy sal ontvang as 'n minister
> wat empatie het met die lot van die armes en hoe mens die dood van die
> voordeur weghou. 'n Donkiekar is goedkoop, dit is effektief, en sy sal
> nie naastenby dieselfde gevaar vir die land en sy mense aan die toom van
> 'n donkiekar inhou as wat sy aan die stuur van die land se
> gesondheidsdienste en veral agter 'n mikrofoon inhou nie.
>
Re: Vir Ferdie oor Manto [boodskap #111000 is 'n antwoord op boodskap #110990] Wo, 30 Augustus 2006 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
WalkTall  is tans af-lyn  WalkTall
Boodskappe: 7
Geregistreer: Augustus 2005
Karma: 0
Junior Lid
??>> Dink net hoeveel erkenning sy
??>> sal ontvang as 'n minister wat empatie het met die lot van die
??>> armes en hoe mens die dood van die voordeur weghou. 'n Donkiekar
??>> is goedkoop, dit is effektief, en sy sal nie naastenby dieselfde
??>> gevaar vir die land en sy mense aan die toom van 'n donkiekar

Sy kan ook sommer die donkie voer met wat sy praat en daarmee "Self
Sufficient" raak!
Die "Treehuggers" sal ten minste vir haar stem :-)

WalkTall
Re: Vir Ferdie oor Manto [boodskap #111021 is 'n antwoord op boodskap #110986] Do, 31 Augustus 2006 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan[16]  is tans af-lyn  jan[16]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 2006
Karma: 0
Junior Lid
die twee koerante is die anc se meelopers
Re: Vir Ferdie oor Manto [boodskap #111023 is 'n antwoord op boodskap #111021] Do, 31 Augustus 2006 07:32 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"jan" die twee koerante is die anc se meelopers[/color]

Ek dink nie so nie. Albei oefen fel kritiek op die regering van die dag
uit. Vandag se Daily Dispatch se hoofberig vlek byvoorbeeld 'n storie oor
die MEC vir Gesondheid in die O Kaap se betaling van vliegkaartjies vir 'n
verre familielid oop.
Vorige onderwerp: Aids-konferensie in Toronto
Volgende onderwerp: Van ontwerpers materiaal tot `n oranje oorpak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:53:29 MGT 2024