Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sjoe, dis warm
Sjoe, dis warm [boodskap #110891] Di, 01 Augustus 2006 23:51 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis vreeslik warm in Noord-Amerika op die oomblik. Die hitte,
wat so 'n week of twee gelede in Kalifornië begin het, het ons
uiteindelik hier in Ontario bereik. Vandag was dit 36 C hier by
ons in Ottawa, en met die "humidex" diep in die 40 C. Dit het
rekords in Ontario gebreek. Volgens die weerkanaal, sal die
uitsonderlike hitte nie te lank duur nie, maar ons almal hou
maar duimvas dat daar geen kragonderbrekings sal plaasvind
en ons in ellende dompel nie. Vir die eerste keer gebruik
Ontario meer elektrisiteit in die somer as in die winter. Dis
natuurlik omdat meer en meer private huise nou met lug-
verkoeling gebou word.
Terwyl ek nou op die onderwerp van hitte is, wonder
ek toe waar die Afrikaanse woord "sjoe" vandaan kom. Onlangs
het 'n gas van ons vir ons 'n HAT uit SA saamgebring. Maar
dit is geen help nie. Daar is geen verklaring van die oorsprong
van die woord nie. Ek is regtig teleurgestel in HAT. Het nog
altyd aangeneem dat dit die oorsprong van woorde in Afrikaans
outomaties sou aangee ( iets wat die Dictionary of South
African English gereeld doen.)
Ek moes toe maar op my eie wonder wat die oorsprong
van die woord "sjoe" is. Is dit oorspronklik van die Khoi of die
San, of kom dit af van die Franse woord "chaud" ? Wie weet?

Gloudina
Re: Sjoe, dis warm [boodskap #110892 is 'n antwoord op boodskap #110891] Wo, 02 Augustus 2006 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf
> Ek moes toe maar op my eie wonder wat die oorsprong
>van die woord "sjoe" is. Is dit oorspronklik van die Khoi of die
>San, of kom dit af van die Franse woord "chaud" ? Wie weet?

Die Xhosas sê "kuShuShu" (weet nie of ek dit reg spel nie) wat beteken "dit
is warm". Ek weet nie of hulle die woord by ons gekry het of ons by hulle
nie. My gevoel sê vir my dat ons dit by hulle gekry het en verafrikaans
het, soos ons woord "aikona" wat van die Xhosa "hayi kona" af kom. Die
Xhosas besef natuurlik nie hoeveel woorde hulle uit Engels en Afrikaans
oorgeneem het nie, bv. "mesilane" afkomstig van die Afrikaanse woord
"messelaar", of "itoliki" afkomstig van die Afrikaanse woord "tolk".
Re: Sjoe, dis warm [boodskap #110893 is 'n antwoord op boodskap #110892] Wo, 02 Augustus 2006 10:07 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
En dit sneeu in Johannesburg ...

:-)

TJ

"Torreke" skryf in boodskap news:eapmcq$gfp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Hessie" Ek moes toe maar op my eie wonder wat die oorsprong
> van die woord "sjoe" is. Is dit oorspronklik van die Khoi of die
> San, of kom dit af van die Franse woord "chaud" ? Wie weet?
>
> Die Xhosas sê "kuShuShu" (weet nie of ek dit reg spel nie) wat beteken "dit
> is warm". Ek weet nie of hulle die woord by ons gekry het of ons by hulle
> nie. My gevoel sê vir my dat ons dit by hulle gekry het en verafrikaans
> het, soos ons woord "aikona" wat van die Xhosa "hayi kona" af kom. Die
> Xhosas besef natuurlik nie hoeveel woorde hulle uit Engels en Afrikaans
> oorgeneem het nie, bv. "mesilane" afkomstig van die Afrikaanse woord
> "messelaar", of "itoliki" afkomstig van die Afrikaanse woord "tolk".
>
Vorige onderwerp: Re: Aardklop Accommodation
Volgende onderwerp: Afrikaners en squatter kampe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:02:12 MGT 2024