Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fr. Franz Claerhout
Fr. Franz Claerhout [boodskap #110703] Di, 04 Julie 2006 13:52 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die beroemde en beminde skilder en katolieke priester van Thaba N'chu is
vandag op 87 oorlede.
Hy sal dmv sy skilderwerk lank onthou word.
--
Groetnis
Annette
Re: Fr. Franz Claerhout [boodskap #110713 is 'n antwoord op boodskap #110703] Wo, 05 Julie 2006 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf
> Die beroemde en beminde skilder en katolieke priester van Thaba N'chu is
> vandag op 87 oorlede.
> Hy sal dmv sy skilderwerk lank onthou word.
> --
> Groetnis
> Annette

Claerhout se lewe en heengaan het my opnuut onder die indruk gebring dat "'n
lewe as God se kind en vrede met God" nie van die kerk waaraan jy behoort
afhang nie, maar van 'n persoonlike verhouding met Hom. Sy heengaan het my
enersyds met diep weemoed gevul omdat hy nie meer daar is nie, andersyds met
blydskap en
dankbaarheid teenoor God oor 'n mooi kind van Hom wat diep spore getrap
het - wat klaarblyklik heengegaan het soos hy geleef het, d.i. in diep
verbondenheid aan God.

Ek het as Calvinis probleme met die sg. "laaste mis" wat verlede week aan
hom bedien is - dogmaties gesproke! Maar ek het gisteraand, toe ek van sy
dood verneem, gedink dat dié praktyk verhoed dat met die Roomse lidmate
gebeur wat in die laaste dekades al meer en meer met mense van gereformeerde
oortuiging
gebeur, nl. dat die sterwende en die omstanders mekaar oor en weer belieg en
nie openlik oor die sterwende se heengaan en verhouding met God praat nie.

Daar het in die laaste jare 'n beskroomdheid ingesluip om openlik oor ons
geloof te praat en 'n nog groter beskroomdheid
om met sterwendes daaroor te praat. Dié wat wel daaroor
praat, word dikwels beskuldig dat hy/sy "'n witgepleisterde graf" is, of
"'n Jesus freek" of "met die Bybel onder die arm rondloop" - asof
dit 'n skande sou wees om met die Bybel onder die arm te loop.

Vroeër was dit nie so nie...
Re: Fr. Franz Claerhout [boodskap #110726 is 'n antwoord op boodskap #110703] Do, 06 Julie 2006 12:08 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ou het 'n lang lewe gehad en baie bereik. Mens kan maar net hoop om so
'n vol lewe te kan voltooi. Interessant hoe die humor egter is? Die een
ou sê hy's nou wat sy van sê: Klaarhout = as.

"Annette" skryf in boodskap news:haydnbEQneE_7zfZnZ2dnUVZ_vCdnZ2d@is.co.za...
> Die beroemde en beminde skilder en katolieke priester van Thaba N'chu is
> vandag op 87 oorlede.
> Hy sal dmv sy skilderwerk lank onthou word.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Vorige onderwerp: aardklop behuising
Volgende onderwerp: Mbeki en die ..............armsgate saga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:18:27 MGT 2024