Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jim Again en FireFox dieselfde persoon?
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110622 is 'n antwoord op boodskap #110617] Di, 27 Junie 2006 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf

> Glo jy dat die God waarin die Mohammedane glo,
> DIESELFDE God is as Hy waarin jy glo?

Nee!!!

Die God waarin ek glo het Homself geopenbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.
Die Seun het mens geword en as die mens Jesus het Hy op aarde geleef,
gesterf en opgestaan om sondaars te verlos.

Die Moslems verwerp die Godheid van Jesus en beskou Hom as net 'n profeet.
Ek het was nog altyd onder die indruk dat hulle Mohammed ook net as profeet,
wel die belangrikste profeet, beskou en was daarom verras toe hulle die
Mohammed spotprente "godslastering" genoem het.

Die Moslem geloof is 'n sinkretistiese geloof - 'n samevoeging van elemente
uit Judaisme, Christendom en pure heidendom.
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110644 is 'n antwoord op boodskap #110622] Do, 29 Junie 2006 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Die God waarin ek glo het Homself geopenbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.
> Die Seun het mens geword en as die mens Jesus het Hy op aarde geleef,
> gesterf en opgestaan om sondaars te verlos.

Hoekom skryf jy in die eerste sin in die verlede
tyd?
As jy bid, wie spreek jy aan?

Gloudina
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110645 is 'n antwoord op boodskap #110644] Do, 29 Junie 2006 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote
>
> Torreke skryf
>
>> Die God waarin ek glo het Homself geopenbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.
>> Die Seun het mens geword en as die mens Jesus het Hy op aarde geleef,
>> gesterf en opgestaan om sondaars te verlos.
>
> Hoekom skryf jy in die eerste sin in die verlede
> tyd?
> As jy bid, wie spreek jy aan?
>
> Gloudina
>
Kloof jy nie nou hare nie?

Die verlede tyd het betrekking op die Bybel, die Woordopenbaring wat
afgerond en voltooi is. Natuurlik is God steeds besig om Homself te
openbaar in die skepping, onderhouding en regering van alle dinge, maar ek
kan dié openbaring alleen verstaan en waardeer deur die bril van sy
Woordopenbaring.
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110651 is 'n antwoord op boodskap #110645] Vr, 30 Junie 2006 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jissie oom Tor

Wa was jy toe ek 'n jaar gelede die hele Christelike geloof, insluitend die
kruistogte, Spaanse inkwisisie, Da Vinci Code, die Nasionaliste se
aparthedsteologie, sowel as redding uit genade deur geloof, "perserverance
of the saints" Maagdelike geboorte, opstanding, erfsonde en die uniekheid
van ons geloof moes verduidelik en verdedig teen die ateiste, New Agers,
Boeddiste, en Ferdi Greyling?

(Soois wonner so stil-stil of hy nie daai pos moet gaan uitkrap en weer hier
plaas nie.)

"Torreke" skryf in boodskap news:e7vp60$34a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Hessie" wrote

>> Torreke skryf

>>> Die God waarin ek glo het Homself geopenbaar as Vader, Seun en Heilige
> Gees.
>>> Die Seun het mens geword en as die mens Jesus het Hy op aarde geleef,
>>> gesterf en opgestaan om sondaars te verlos.

>> Hoekom skryf jy in die eerste sin in die verlede
>> tyd?
>> As jy bid, wie spreek jy aan?

>> Gloudina

> Kloof jy nie nou hare nie?
>
> Die verlede tyd het betrekking op die Bybel, die Woordopenbaring wat
> afgerond en voltooi is. Natuurlik is God steeds besig om Homself te
> openbaar in die skepping, onderhouding en regering van alle dinge, maar ek
> kan dié openbaring alleen verstaan en waardeer deur die bril van sy
> Woordopenbaring.
>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110652 is 'n antwoord op boodskap #110651] Vr, 30 Junie 2006 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" wrote

> Jissie oom Tor

Spaar my die "oom" gedeelte, groot seblief!

Ek weet ook nie wat ek jou aangedoen het dat jy my skuilnaam verfonkfaai en
ek weet ook hoe dit jou kon dryf om boonop te laster nie ("Jissie" is 'n
verbuiging van "Jesus")

>
> Wa was jy toe ek 'n jaar gelede die hele Christelike geloof, insluitend
> die kruistogte, Spaanse inkwisisie, Da Vinci Code, die Nasionaliste se
> aparthedsteologie, sowel as redding uit genade deur geloof, "perserverance
> of the saints" Maagdelike geboorte, opstanding, erfsonde en die uniekheid
> van ons geloof moes verduidelik en verdedig teen die ateiste, New Agers,
> Boeddiste, en Ferdi Greyling?

Nie van hierdie NG geweet nie.

>
> (Soois wonner so stil-stil of hy nie daai pos moet gaan uitkrap en weer
> hier plaas nie.)
>
Spaar my asseblief my dié koeie uit die sloot grawe, maar ek belowe, as jy
weer in so 'n gesprek betrokke raak, sal ek by jou staan (mits jy my nie
"oom" noem nie)
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110654 is 'n antwoord op boodskap #110652] Vr, 30 Junie 2006 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Korreksie.

"Torreke"
>
> "Francois Human" wrote
>
>> Jissie oom Tor
>
> Spaar my die "oom" gedeelte, groot seblief!
>
> Ek weet ook nie wat ek jou aangedoen het dat jy my skuilnaam verfonkfaai
> en ek weet ook nie hoe dit jou kon dryf om boonop te laster nie ("Jissie"
> is 'n verbuiging van "Jesus")
>

>> Wa was jy toe ek 'n jaar gelede die hele Christelike geloof, insluitend
>> die kruistogte, Spaanse inkwisisie, Da Vinci Code, die Nasionaliste se
>> aparthedsteologie, sowel as redding uit genade deur geloof,
>> "perserverance of the saints" Maagdelike geboorte, opstanding, erfsonde
>> en die uniekheid van ons geloof moes verduidelik en verdedig teen die
>> ateiste, New Agers, Boeddiste, en Ferdi Greyling?
>
> Nie van hierdie NG geweet nie.
>

>> (Soois wonner so stil-stil of hy nie daai pos moet gaan uitkrap en weer
>> hier plaas nie.)

> Spaar my asseblief dié ou koeie uit die sloot grawe, maar ek belowe, as jy
> weer in so 'n gesprek betrokke raak, sal ek by jou staan (mits jy my nie
> "oom" noem nie)
>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110657 is 'n antwoord op boodskap #110651] Vr, 30 Junie 2006 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Francois Human skryf

> (Soois wonner so stil-stil of hy nie daai pos moet gaan uitkrap en weer hier
> plaas nie.)

Ja, hoekom doen jy dit nie? Dan kan ons weer
lekker "gedagtes wissel."

Gloudina
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110660 is 'n antwoord op boodskap #110652] Vr, 30 Junie 2006 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat, vir my is jissie maar net jissie, maar ek respekteer jou opinie oor
die verbuiging. Die "oom" storie is maar net my manier van mense aanspreek
as ek familiêr met hulle begin raak, geensins 'n teken van die ander persoon
se senioriteit in jare of in ervaring nie. Die verkorting van die naam is
sommer pure luigeit.

"Torreke" skryf in boodskap news:e82ujo$ejf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Francois Human" wrote
>
>> Jissie oom Tor
>
> Spaar my die "oom" gedeelte, groot seblief!
>
> Ek weet ook nie wat ek jou aangedoen het dat jy my skuilnaam verfonkfaai
> en ek weet ook hoe dit jou kon dryf om boonop te laster nie ("Jissie" is
> 'n verbuiging van "Jesus")
>

>> Wa was jy toe ek 'n jaar gelede die hele Christelike geloof, insluitend
>> die kruistogte, Spaanse inkwisisie, Da Vinci Code, die Nasionaliste se
>> aparthedsteologie, sowel as redding uit genade deur geloof,
>> "perserverance of the saints" Maagdelike geboorte, opstanding, erfsonde
>> en die uniekheid van ons geloof moes verduidelik en verdedig teen die
>> ateiste, New Agers, Boeddiste, en Ferdi Greyling?
>
> Nie van hierdie NG geweet nie.
>

>> (Soois wonner so stil-stil of hy nie daai pos moet gaan uitkrap en weer
>> hier plaas nie.)

> Spaar my asseblief my dié koeie uit die sloot grawe, maar ek belowe, as jy
> weer in so 'n gesprek betrokke raak, sal ek by jou staan (mits jy my nie
> "oom" noem nie)
>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110686 is 'n antwoord op boodskap #110602] Di, 04 Julie 2006 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ek wonder hoeveel swartes ry Danville toe
om die blankes daar te gaan help

"Torreke" wrote in message
news:e7o6cn$jl7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Riaan" >
>> Francois Human wrote:
>>
>>> Die enigste rede hoekom julle nie met mense soos ons kan redeneer nie, is
>>> omdat ons onsself meestal nie met intellektueel inferior mense meng op
>>> sosiale en ander vlak nie. Ons is ook gewoonlik die mense wat maar
>>> eerder
>>> ter wille van vrede, nie in politieke argumente betrokke raak by
>>> partytjies,
>>> vergaderings, kerkbasaars en dergelike geleenthede nie.
>>
>> Sorry Einstein maar hier is 'n paar gruwelike foute met jou redenasie.
>> Jy veralgemeen so erg dat dit wat jy hier skryf niks anders as belaglik
>> is nie.
>>
>>> Ons is die tipe mense wat wegstap van 'n kringetjie waar manne met 'n
>>> bier
>>> in die hand staan en spog oor hoe hulle nou weer 'n swarte gedonder het
>>> wat
>>> gewaag het om naby hulle te staan en stink. Ons voeg ons eerder by
>>> groepe
>>> waar ons intellek of humorsin op 'n smaakvolle manier gestimuleer word.
>>
>> Weereens 'n veralgemening ... Dit raak vervelig
>
> Miskien veralgemeen, ja, Riaan, maar ongelukkig is dit te dikwels waar.
> Nie net op die partytjies nie, maar gaan op toer deur die land, en te
> dikwels loop jy jou in 'n motorhawe se toilet vas in wittes wat hulle
> rassisme op allerhande walglike maniere uitdruk - en dan verwag dat jy met
> hom sal saamstem, net omdat jy wit is!
>
>>
>>> Jy sal ons ook daar vind waar mense ly aan VIGS en krepeer van ellende,
>>> besig om 'n verskil te maak in die lewens van die ander 99% van armes wat
>>> nie krimineles is nie.
>>
>> En jy sal my en 'n paar ander "regses" ook daar sien. Die verskil is ek
>> gooi nie geld in 'n blikkie waarvan ek nie weet aan wie die geld
>> oorbetaal gaan word nie. Ek klim in my kar en ry na 'n plek in Danville
>> (Pretoria) toe en gaan gee geld vir 'n kerk of 'n instansie wat ek weet
>> die geld gebruik vir arm WIT mense. Indien jy dit nie weet nie, daar is
>> duisende van hulle deesdae. En nie soos met so baie van die swart
>> organisasies kry die mense nie hulp van die lotto af nie
>>
>
> Dis nie geld in 'n blikkie gooi wat saak maak nie, Riaan dis om jouself te
> gee wat saak maak. Wat saak maak is om tussen mense wat ly te wees, hand na
> hulle uit te steek, om te gee, te werk! Moeder Teresa was een van armstes
> in die wêreld - geld het sy nie gehad om te gee nie! - maar sy het haarself
> aan die armes van Indië gegee. Jy ry Danville toe en gee geld vir 'n kerk
> wat "WIT mense" (let wel, jy skreeu die "wit" uit). Selfs in jou
> barmhartigheid wat jy met geld probeer afkoop, gee velkleur die deurslag.
> As jy nou gesê het jy ry Mamelodi toe, dan het ek respek vir jou gekry! -
> selfs al het jy jou plig met geld probeer afkoop.
>
> Wanneer jy soos ek vir jare en jare elke dag in die townships gewerk en die
> ellende van werkloosheid, sinkpondokke, honger, TB, Vigs, armoede, ens.
> gesien, beleef en iets daaraan probeer doen het, sou ek rêrig respek vir jou
> kry. Maar dan sal jou rassisme ook iets van die verlede wees - want dan sal
> jy ook nie meer vel sien nie, net 'n mens in nood!
>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110695 is 'n antwoord op boodskap #110686] Di, 04 Julie 2006 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"IS" wrote
> Ek wonder hoeveel swartes ry Danville toe
> om die blankes daar te gaan help

Daar is waarskynlik baie min swartes wat onder blankes barmhartigheidswerk
doen, indien enige. Dié wat dit doen is waarskynlik aan 'n
welsynsorganisasie of NRO verbonde en word betaal om dit te doen.

Hoeveel swartes is in 'n posisie om iets daadwerklik aan die nood van arm
blankes te doen?

Gaan vra maar vir wittes wat tot die bedelstaf geraak het en saam met
swartes in die plakkerskamp woon, hoeveel liefde en ondersteuning hulle daar
kry? Baie meer as by die wit gemeenskap!!!

En duisende, nee miljoene swartes, het oor baie jare (eeue?) die blanke
woongebiede binnegestroom om teen 'n karige salaris die wittes se huise
skoon te maak en hulle gemaklike lewens te help in stand hou en "finansier",
nie waar nie?
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110706 is 'n antwoord op boodskap #110695] Wo, 05 Julie 2006 05:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Daar is duisende stinkryk swartes in Suid Afrika, hulle is instaat om ook
hand in hul eie sak
te steek en die arm blankes in Danville, South Hills , Jan Bom, Vrededorp,
East Lynne ens te help
Hoekom dink jy doen hulle dit nie ...
Is hulle rassisties of glo hulle nie in barmhartigheid nie of is hulle bloot
gulsig ?

"Torreke" skryf in boodskap news:e8dhp9$pq2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "IS" wrote
>> Ek wonder hoeveel swartes ry Danville toe
>> om die blankes daar te gaan help
>
> Daar is waarskynlik baie min swartes wat onder blankes barmhartigheidswerk
> doen, indien enige. Dié wat dit doen is waarskynlik aan 'n
> welsynsorganisasie of NRO verbonde en word betaal om dit te doen.
>
> Hoeveel swartes is in 'n posisie om iets daadwerklik aan die nood van arm
> blankes te doen?
>
> Gaan vra maar vir wittes wat tot die bedelstaf geraak het en saam met
> swartes in die plakkerskamp woon, hoeveel liefde en ondersteuning hulle daar
> kry? Baie meer as by die wit gemeenskap!!!
>
> En duisende, nee miljoene swartes, het oor baie jare (eeue?) die blanke
> woongebiede binnegestroom om teen 'n karige salaris die wittes se huise
> skoon te maak en hulle gemaklike lewens te help in stand hou en "finansier",
> nie waar nie?
>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110712 is 'n antwoord op boodskap #110686] Wo, 05 Julie 2006 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is 'n Christen se barmhartigheid afhanklik van die barmhartigheid wat sy
medemens aan hom bewys (het) of afhanklik van die barmhartigheid wat God aan
hom bewys (het)?

M.a.w. géé ons omdat ons iets terugverwag? - of géé ons uit die oorvloed
wat ons van God ontvang het, sênder om iets terug te verwag?

"IS" wrote in message
news:qcadnbuAZPW4njfZnZ2dnUVZ_oKdnZ2d@is.co.za...
> Ek wonder hoeveel swartes ry Danville toe
> om die blankes daar te gaan help
>
>
>
> "Torreke" wrote in message
> news:e7o6cn$jl7$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Riaan" >>
>>> Francois Human wrote:
>>>
>>>> Die enigste rede hoekom julle nie met mense soos ons kan redeneer nie,
> is
>>>> omdat ons onsself meestal nie met intellektueel inferior mense meng op
>>>> sosiale en ander vlak nie. Ons is ook gewoonlik die mense wat maar
>>>> eerder
>>>> ter wille van vrede, nie in politieke argumente betrokke raak by
>>>> partytjies,
>>>> vergaderings, kerkbasaars en dergelike geleenthede nie.
>>>
>>> Sorry Einstein maar hier is 'n paar gruwelike foute met jou redenasie.
>>> Jy veralgemeen so erg dat dit wat jy hier skryf niks anders as belaglik
>>> is nie.
>>>
>>>> Ons is die tipe mense wat wegstap van 'n kringetjie waar manne met 'n
>>>> bier
>>>> in die hand staan en spog oor hoe hulle nou weer 'n swarte gedonder
>>>> het
>>>> wat
>>>> gewaag het om naby hulle te staan en stink. Ons voeg ons eerder by
>>>> groepe
>>>> waar ons intellek of humorsin op 'n smaakvolle manier gestimuleer
>>>> word.
>>>
>>> Weereens 'n veralgemening ... Dit raak vervelig

>> Miskien veralgemeen, ja, Riaan, maar ongelukkig is dit te dikwels waar.
>> Nie net op die partytjies nie, maar gaan op toer deur die land, en te
>> dikwels loop jy jou in 'n motorhawe se toilet vas in wittes wat hulle
>> rassisme op allerhande walglike maniere uitdruk - en dan verwag dat jy
>> met
>> hom sal saamstem, net omdat jy wit is!

>>>
>>>> Jy sal ons ook daar vind waar mense ly aan VIGS en krepeer van
>>>> ellende,
>>>> besig om 'n verskil te maak in die lewens van die ander 99% van armes
> wat
>>>> nie krimineles is nie.
>>>
>>> En jy sal my en 'n paar ander "regses" ook daar sien. Die verskil is ek
>>> gooi nie geld in 'n blikkie waarvan ek nie weet aan wie die geld
>>> oorbetaal gaan word nie. Ek klim in my kar en ry na 'n plek in Danville
>>> (Pretoria) toe en gaan gee geld vir 'n kerk of 'n instansie wat ek weet
>>> die geld gebruik vir arm WIT mense. Indien jy dit nie weet nie, daar is
>>> duisende van hulle deesdae. En nie soos met so baie van die swart
>>> organisasies kry die mense nie hulp van die lotto af nie
>>>

>> Dis nie geld in 'n blikkie gooi wat saak maak nie, Riaan dis om jouself
>> te
>> gee wat saak maak. Wat saak maak is om tussen mense wat ly te wees, hand
> na
>> hulle uit te steek, om te gee, te werk! Moeder Teresa was een van
> armstes
>> in die wêreld - geld het sy nie gehad om te gee nie! - maar sy het
> haarself
>> aan die armes van Indië gegee. Jy ry Danville toe en gee geld vir 'n
>> kerk
>> wat "WIT mense" (let wel, jy skreeu die "wit" uit). Selfs in jou
>> barmhartigheid wat jy met geld probeer afkoop, gee velkleur die deurslag.
>> As jy nou gesê het jy ry Mamelodi toe, dan het ek respek vir jou gekry! -
>> selfs al het jy jou plig met geld probeer afkoop.

>> Wanneer jy soos ek vir jare en jare elke dag in die townships gewerk en
> die
>> ellende van werkloosheid, sinkpondokke, honger, TB, Vigs, armoede, ens.
>> gesien, beleef en iets daaraan probeer doen het, sou ek rêrig respek vir
> jou
>> kry. Maar dan sal jou rassisme ook iets van die verlede wees - want dan
> sal
>> jy ook nie meer vel sien nie, net 'n mens in nood!


>
Re: Jim Again en FireFox dieselfde persoon? [boodskap #110731 is 'n antwoord op boodskap #110712] Ma, 10 Julie 2006 05:18 Na vorige boodskap
IS  is tans af-lyn  IS
Boodskappe: 19
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Jy probeer die vraag vermy

"Torreke" wrote in message
news:e8fs0t$29g$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is 'n Christen se barmhartigheid afhanklik van die barmhartigheid wat sy
> medemens aan hom bewys (het) of afhanklik van die barmhartigheid wat God aan
> hom bewys (het)?
>
> M.a.w. géé ons omdat ons iets terugverwag? - of géé ons uit die oorvloed
> wat ons van God ontvang het, sênder om iets terug te verwag?
>
> "IS" wrote in message
> news:qcadnbuAZPW4njfZnZ2dnUVZ_oKdnZ2d@is.co.za...
>> Ek wonder hoeveel swartes ry Danville toe
>> om die blankes daar te gaan help
>>
>>
>>
>> "Torreke" wrote in message
>> news:e7o6cn$jl7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>> "Riaan" >>>
>>>> Francois Human wrote:
>>>>
>>>> > Die enigste rede hoekom julle nie met mense soos ons kan redeneer
nie,
>> is
>>>> > omdat ons onsself meestal nie met intellektueel inferior mense meng op
>>>> > sosiale en ander vlak nie. Ons is ook gewoonlik die mense wat maar
>>>> > eerder
>>>> > ter wille van vrede, nie in politieke argumente betrokke raak by
>>>> > partytjies,
>>>> > vergaderings, kerkbasaars en dergelike geleenthede nie.
>>>>
>>>> Sorry Einstein maar hier is 'n paar gruwelike foute met jou redenasie.
>>>> Jy veralgemeen so erg dat dit wat jy hier skryf niks anders as belaglik
>>>> is nie.
>>>>
>>>> > Ons is die tipe mense wat wegstap van 'n kringetjie waar manne met 'n
>>>> > bier
>>>> > in die hand staan en spog oor hoe hulle nou weer 'n swarte gedonder
>>>> > het
>>>> > wat
>>>> > gewaag het om naby hulle te staan en stink. Ons voeg ons eerder by
>>>> > groepe
>>>> > waar ons intellek of humorsin op 'n smaakvolle manier gestimuleer
>>>> > word.
>>>>
>>>> Weereens 'n veralgemening ... Dit raak vervelig
>
>>> Miskien veralgemeen, ja, Riaan, maar ongelukkig is dit te dikwels waar.
>>> Nie net op die partytjies nie, maar gaan op toer deur die land, en te
>>> dikwels loop jy jou in 'n motorhawe se toilet vas in wittes wat hulle
>>> rassisme op allerhande walglike maniere uitdruk - en dan verwag dat jy
>>> met
>>> hom sal saamstem, net omdat jy wit is!
>
>>>>
>>>> > Jy sal ons ook daar vind waar mense ly aan VIGS en krepeer van
>>>> > ellende,
>>>> > besig om 'n verskil te maak in die lewens van die ander 99% van
armes
>> wat
>>>> > nie krimineles is nie.
>>>>
>>>> En jy sal my en 'n paar ander "regses" ook daar sien. Die verskil is ek
>>>> gooi nie geld in 'n blikkie waarvan ek nie weet aan wie die geld
>>>> oorbetaal gaan word nie. Ek klim in my kar en ry na 'n plek in Danville
>>>> (Pretoria) toe en gaan gee geld vir 'n kerk of 'n instansie wat ek weet
>>>> die geld gebruik vir arm WIT mense. Indien jy dit nie weet nie, daar is
>>>> duisende van hulle deesdae. En nie soos met so baie van die swart
>>>> organisasies kry die mense nie hulp van die lotto af nie
>>>>
>
>>> Dis nie geld in 'n blikkie gooi wat saak maak nie, Riaan dis om jouself
>>> te
>>> gee wat saak maak. Wat saak maak is om tussen mense wat ly te wees,
hand
>> na
>>> hulle uit te steek, om te gee, te werk! Moeder Teresa was een van
>> armstes
>>> in die wêreld - geld het sy nie gehad om te gee nie! - maar sy het
>> haarself
>>> aan die armes van Indië gegee. Jy ry Danville toe en gee geld vir 'n
>>> kerk
>>> wat "WIT mense" (let wel, jy skreeu die "wit" uit). Selfs in jou
>>> barmhartigheid wat jy met geld probeer afkoop, gee velkleur die deurslag.
>>> As jy nou gesê het jy ry Mamelodi toe, dan het ek respek vir jou gekry! -
>>> selfs al het jy jou plig met geld probeer afkoop.
>
>>> Wanneer jy soos ek vir jare en jare elke dag in die townships gewerk en
>> die
>>> ellende van werkloosheid, sinkpondokke, honger, TB, Vigs, armoede, ens.
>>> gesien, beleef en iets daaraan probeer doen het, sou ek rêrig respek
vir
>> jou
>>> kry. Maar dan sal jou rassisme ook iets van die verlede wees - want
dan
>> sal
>>> jy ook nie meer vel sien nie, net 'n mens in nood!
>
>
>>
>
Vorige onderwerp: Mbeki en die ..............armsgate saga
Volgende onderwerp: Geweld in SA.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:04:08 MGT 2024