Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tony Links verongeluk
Tony Links verongeluk [boodskap #110627] Di, 27 Junie 2006 18:45 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Prof. Tony Links, bekende en geliefde Afrikaanse prof is gister dood in 'n
padongeluk. Hy was 61.

--
Groetnis
Annette
Re: Tony Links verongeluk [boodskap #110628 is 'n antwoord op boodskap #110627] Di, 27 Junie 2006 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf

> Prof. Tony Links, bekende en geliefde Afrikaanse prof is gister dood in 'n
> padongeluk. Hy was 61.

Het hy Afrikaans as vak gedoseer? Aan watter
Universiteit? Ek weet dat daar 'n Dr. Links is
wat 'n goeie outoriteit was op die gebied van
San en Khoi tale. Wonder of dit dieselfde is.
Ek het altyd gehoop dat hy afstammeling is
van die Linkse wat op my oupa se erf op
Perde-eiland gebly het.

Gloudina
Re: Tony Links verongeluk [boodskap #110630 is 'n antwoord op boodskap #110628] Di, 27 Junie 2006 21:38 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Prof. Tony Links, bekende en geliefde Afrikaanse prof is gister dood in 'n
> padongeluk. Hy was 61.

Gloudina
Het hy Afrikaans as vak gedoseer? Aan watter
Universiteit? Ek weet dat daar 'n Dr. Links is
wat 'n goeie outoriteit was op die gebied van
San en Khoi tale. Wonder of dit dieselfde is.
Ek het altyd gehoop dat hy afstammeling is
van die Linkse wat op my oupa se erf op
Perde-eiland gebly het.

Wouter
Ja, Tony se vak was Afrikaans, hy het dit jare lank by UWK (Univ Wes-Kaap)
gedoseer. Ek twyfel of hy jou Dr Links was. Hy is in Loeriesfontein gebore,
maar was 'n boykie van Bellville, sy pa (Elias Links) was die nagwag by die
koshuis waar ek jongdae gebly het, sy ma het my (en 'n hele paar ander
vrygeselle) se wasgoed gewas.

Tony se jonger broer, Dr Eltie Links, was SA se ambassadeur by die IMF in
Washington, daarna by die EU in Brussel, hy is deesdae terug in Bellville,
as 'n hoofbestuurder by Santam.
Vorige onderwerp: Kanadese ereburgers
Volgende onderwerp: Ken jully wyn?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 05:50:17 MGT 2024