Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gevaar van romp dra
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110122 is 'n antwoord op boodskap #110118] Ma, 17 April 2006 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louisa ;-)  is tans af-lyn  Louisa ;-)
Boodskappe: 20
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Junior Lid
Miskien 'n mooi das - of miskien nie 'n mooi das nie? Hang af hoe jy
die seine lees daai dag as die lus (en die seine) jou oorval...
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110123 is 'n antwoord op boodskap #110110] Di, 18 April 2006 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
... een onsmaaklike sielkundige specimen.

ek hou van die beskrywing

"Hessie" wrote in message
news:1145021288.518598.221440@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .

Torreke skryf

> My gesprekke met swartes, geleerdes en ongeleerdes, slimmes en minder
> slimmes, dui redelik deurgaans dat hulle nie dink hy is skuldig aan "rape"
> nie

Ek lees vanoggend die opsommings van die saak
tot dusver. Die betrokke vrou is darem een onsmaaklike
sielkundige specimen. Sy het blykbaar kwistig rond-
geslaap terwyl sy op 'n kweekskool was. Geen wonder
dat sy Aids opgetel het nie. Onthou ek reg en gee sy
ook voor dat sy 'n lesbiër is. Ek dink sy is net
desperaat besig om aandag te trek. Tensy sy Zuma
om politieke redes in 'n lokval probeer lei het.

Gloudina
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110124 is 'n antwoord op boodskap #110117] Di, 18 April 2006 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nee dis elkeen se reg om te loop waar en wanneer hulle wil , die krimineel
moet nie daar wees om sy dade te doen nie

"Suidwester" skryf in boodskap news:B76dnRBwoIdx_t7ZnZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
> Ek lees al julle stories hier en ek dink julle praat by mekaar verby.
> Geen man het die reg om 'n vrou te verkrag nie en as hy dit doen, dan moet
> hy gestraf word. Punt. Dit is egter so dat daar mans is wat 'n vrou
> wat uitlokkend aangetrek is [hoekom doen sy dit anders as om mooi te lyk
> vir mans?] as 'n uitdaging sien [en sy wil sekerlik ook as 'n uitdaging
> gesien word?] en dan sy 'luck try'. Is dit aanvaarbaar om te sê dat sy
> 'n berekende risiko vat as sy uitlokkend aangetrek is want sy gaan die
> aandag trek van alle soorte. Bly sy binne die helder ligte en naby
> ander mense, dan kan die loerders niks aan haar doen nie. Vat sy egter
> die pad en loop in donker strate rond, dan plaas sy haarself onder
> verhoogde risiko om verkrag te word. Normaal sal mens sê alles is die
> verkragter se skuld, maar wat van toerekenbare verantwoordelikheid? As
> sy nie in die donker strate rondgeloop het nie [dit was haar besluit], dan
> sou sy nie verkrag gewees het nie....die besluit om te loop is tog haar
> besluit gewees?
> Mens kan tog nie verwag om nooit nat te reën nie? As jy sien die
> wolke steek op, dan moet jy tog weet dit gaan dalk reën en jy moet
> voorsorg tref vir 'n reenjas of 'n sambreel. Doen jy dit nie en jy reën
> nat, kan jy mos nie die blaam lê op ander instansies wat nie gesorg het
> dat jy enige tyd, enige plek rond kan loop sonder om nat te reën nie?
> "Louisa ;-)" wrote in message
> news:1145260024.694607.72620@j33g2000cwa.googlegroups.com...
>> Hoor! Hoor!

>> Ek stem saam met die stuk wat Katryn opgesit het. Niemand "verdien" om
>> verkrag te word nie. Ek dink sommer nou of as dieselfde met 'n man
>> gebeur het of ons hom ook sou vra wat hy aangehad het en of hy alleen
>> in die donker rond geloop het of enige iets soortgelyks? Gmf...

>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110125 is 'n antwoord op boodskap #110121] Di, 18 April 2006 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Persoonlik dink ek verkragters nmoet ge-ontjorts word

"Louisa ;-)" wrote in message
news:1145305314.110251.224030@z34g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Ek dink dit mag dalk effens meer traumaties wees om verkrag te word as
> om op geree"n te word, dink jy nie? ek glo nie jy kan die twee vergelyk
> nie...
>
> In elk geval gaan geen statistieke my dwing om by die huis te bly na
> donker nie, of om slegs met broeke (sekerlik los-paasende en nie
> styfsittende snitte, en geen hipsters nie - ek meen dis so te sê
> naak?) in die publiek te verskyn nie. Wat is die punt om ongeskend te
> wees as jy dit slegs kan wees agter geslote deure?
>
> Ek dink nie dis reg dat ons in vrees moet lewe en tronkvoe"ls van
> onsself maak ter wille van oorlewing nie. En ek vir een weier om dit te
> doen of goed te praat.
>
> Laat my dink aan middel-eeue toe die girls gebrand was as hekse vir
> grimering en "push-up" bras of so iets. Belaglik!
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110126 is 'n antwoord op boodskap #110106] Di, 18 April 2006 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
miskien kom die spesifieke tradisie net van sy spesifike kraal af. hys 'n
siek jagse ou man

"Katryn" skryf in boodskap news:e4ts32hb8ec9rdvjncdhp4ndnpjhicpti6@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> Ek het briewe van verskeie swartes in plaaslike koerante gelees wat sê
>> hulle
>> het nog nooit van so 'n tradisie gehoor soos JZ beweer nie.
>
> Net vir interessantheid, was hierdie verskeie swartes wat nog nooit
> van hierdie tradisie gehoor het nie, almal Zulu?
> Ek reken dat verskillende etniese groepe het almal verskillende en
> unieke tradisies, en mens kan nie verwag net omdat iemand swart is, hy
> of sy automaties alles weet van al die verskillende swart etniese
> groepe se unieke tradisies nie?
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110127 is 'n antwoord op boodskap #110108] Di, 18 April 2006 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
maar as sy hom dan so kon aankla kon hy mos sy onskuld maklik bewys het.

"Annette" skryf in boodskap news:3ZqdnczmYKs9_6LZRVn-rw@is.co.za...
> Ja, ek het dit ook gesien - die bewerings kom van Zoeloes wat aan
> universiteite is, predikers, en geleerdes wat die Zoeloes hul studieveld
> gemaak het.
>
> Nie 'n dooie woord van die Zoeloe-koning en die Zoeloe-prins nie. Miskien
> weet hulle nie.
>
> Ek moet sê, ek het nog nooit gehoor van 'n zoeloevrou wat 'n man van
> verkragting gaan aankla het omdat hy nie met die daad voortgegaan het nie.
> Ek het probeer navors, maar op die internet verskyn daar geen aanklag van
> so
> 'n aard nie.
> Ek dink JZ het daardie stukkie bog uitgedink sommer daar terwyl hy
> getuienis
> gelewer het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Torreke" wrote in message
> news:e1kthi$h13$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het briewe van verskeie swartes in plaaslike koerante gelees wat sê hulle
>> het nog nooit van so 'n tradisie gehoor soos JZ beweer nie.

>> Daar is een aspek wat JZ na my mening nie bevredigend beantwoord het nie.
>> Hy het getuig dat die vrou oor 'n lang tydperk toenadering sou gesoek
>> het,
>> die betrokke aand verskeie seine sou uitgestuur het, dat hy haar getoets het
>> oor wat hy as seine gelees het en dat sy nay sy mening pos gereageer het,
>> dat hy gewoonlik 'n kondoom gebruik... Hy het dus baaaaaie tyd gehad om
>> seker te maak dat hy 'n kondoom het; die vraag is: Waarom was hy sonder
>> 'n
>> kondoom, as dit seks met instemming en met 'n laaaaang aanloop was?

>> Torreke


>> "Hessie" wrote in message
>> news:1144886823.211540.84530@e56g2000cwe.googlegroups.com...

>> Ferdi Greyling skryf:

>>> En hoe goed die advokate is, word bepaal deur hoe goed die saak is wat
>>> hulle verteenwoordig.

>> Ek kyk ook so nou en dan na die nuusberigte oor
>> die huidige hofsaak waarin Zuma betrokke is. Soos
>> seker meeste mense, vind ek hom 'n onsmaaklike
>> karakter en hoop hy word nooit weer toegelaat in
>> die politieke strukture van SA nie.
>> Maar hierdie hofsaak het baie interessante
>> wendinge geneem. Veral toe Zuma begin verduidelik
>> hoekom gebeur het wat gebeur het. Hoe die vroumens
>> na hom gekom het en toegelaat het dat hy haar met
>> olie masseer en dies meer. Hoe kan sy nou agterna
>> kla dat hy haar verkrag, as sy al die seine gee dat
>> sy fisiese toenadering wil hê.
>> Baie interessant vind ek ook sy opmerking dat
>> hy aangeneem het dat hy moet voortgaan met die
>> seksuele patroon, omdat volgens ou Zoeloe-gewoonte
>> 'n vrou 'n man mag aankla van verkragting as hy
>> haar seksueel stimuleer maar nie die aksie tot sy
>> logiese einde neem nie. Dit dui aan dat die ou
>> Zoeloe tradisies van seksuele omgang baie meer
>> vrou-vriendelik is as ons westerse kultuur, waar
>> vroueregte selfs binne die seks-daad erken word.
>> Nog iets wat my laat dink dat Zuma miskien
>> reg is om die vrou wat hom aankla te verdink van
>> konkelwerk nadat haar begeerte om as sy vierdie vrou
>> gekies te word geminag was. Want daar is sprake
>> van go-betweens en lobola.
>> As mens dus dinge op die keper beskou,
>> mag dit nie vreemd wees as die regsbank uiteindelik
>> besluit dat mens hier nie met 'n gewone verkragting
>> te doen het nie, maar met 'n baie ingewikkelde
>> kulturele kompleks. Dit sal interessant wees om
>> die uitspraak te hoor.

>> Gloudina


>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110128 is 'n antwoord op boodskap #110118] Di, 18 April 2006 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die antwoord sal mens seker kry in hoeveel daai romp wys? Waar is die
skeidingslyn van welvoeglikheid? Wat vir my interessant is, is dat as 'n
man vir sy vroulike werknemer sy gulp oopmaak en vir haar 'Koos' wys, dan is
dit 'sexual harassment'. As 'n vrou 'n kort rokkie aantrek waarmee sy nie
kan sit of buk sodat jy nie vir 'Koekie 'n hol' kan miskyk deur haar
deurskeinende broekie nie, is dit nie ook 'sexual harassment' nie?
Sekerlik trek sy self daai klere aan en weet sy gaan bekyk word.....sy kan
mos nie onskuldig pleit nie?

"Annette" skryf in boodskap news:UJGdnaHi0LFpMt7ZnZ2dnUVZ_vmdnZ2d@is.co.za...
> Al wat ek wil weet - as 'n meisie wat 'n rompie dra kwansuis sein dat sy
> reg, gereed en lus is, wat dra 'n man as sein-drag?
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:B76dnRBwoIdx_t7ZnZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
>> Ek lees al julle stories hier en ek dink julle praat by mekaar verby. Geen
>> man het die reg om 'n vrou te verkrag nie en as hy dit doen, dan moet hy
>> gestraf word. Punt. Dit is egter so dat daar mans is wat 'n vrou wat
>> uitlokkend aangetrek is [hoekom doen sy dit anders as om mooi te lyk vir
>> mans?] as 'n uitdaging sien [en sy wil sekerlik ook as 'n uitdaging
>> gesien
>> word?] en dan sy 'luck try'. Is dit aanvaarbaar om te sê dat sy 'n
>> berekende risiko vat as sy uitlokkend aangetrek is want sy gaan die
>> aandag
>> trek van alle soorte. Bly sy binne die helder ligte en naby ander mense,
>> dan kan die loerders niks aan haar doen nie. Vat sy egter die pad en loop
>> in donker strate rond, dan plaas sy haarself onder verhoogde risiko om
>> verkrag te word. Normaal sal mens sê alles is die verkragter se skuld,
>> maar wat van toerekenbare verantwoordelikheid? As sy nie in die donker
>> strate rondgeloop het nie [dit was haar besluit], dan sou sy nie verkrag
>> gewees het nie....die besluit om te loop is tog haar besluit gewees?
>> Mens kan tog nie verwag om nooit nat te reën nie? As jy sien die
>> wolke steek op, dan moet jy tog weet dit gaan dalk reën en jy moet voorsorg
>> tref vir 'n reenjas of 'n sambreel. Doen jy dit nie en jy reën nat, kan jy
>> mos nie die blaam lê op ander instansies wat nie gesorg het dat jy enige
>> tyd, enige plek rond kan loop sonder om nat te reën nie?
>> "Louisa ;-)" wrote in message
>> news:1145260024.694607.72620@j33g2000cwa.googlegroups.com...
>>> Hoor! Hoor!
>>>
>>> Ek stem saam met die stuk wat Katryn opgesit het. Niemand "verdien" om
>>> verkrag te word nie. Ek dink sommer nou of as dieselfde met 'n man
>>> gebeur het of ons hom ook sou vra wat hy aangehad het en of hy alleen
>>> in die donker rond geloop het of enige iets soortgelyks? Gmf...
>>>
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110129 is 'n antwoord op boodskap #110120] Di, 18 April 2006 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:hmi742depeojjmknenn9ibboag35mcjb70@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
> Maar is dit dalk ook moontlik dat die tipe van denke deel vorm van
> tradisionele kultuur- en sosiale kondisionering, en dalk net ook
> moontlik dat die tipe van redenasie eintlik aan die voete gelê kan
> word van tipiese "mites" oftewel verkragting mites?
-----Die moderne lewe het baie verander. In die algemeen, op die
platteland sal 'n meisie wat kaal aangetrek rondloop as 'n 'tert' of 'n
'slet' getipeer word. 'n Meisie wat mans uitlok met haar kleresdrag en
gedrag en dan nie wil 'speel' nie, is 'n 'cock teaser'. Ek sê egter steeds
dat daar geen verskoning is vir verkragting nie, maar as 'n vrou haar eie
risiko verhoog, dan moet sy nie te hard huil as die misdaad haar dalk tref
nie.

> Bestaan "toerekenbare verantwoordelikheid" werklik as dit by
> verkragting kom? Dit is waaroor ek wonder. En dit is juis waar die
> konsep van "victim blaming" inkom. Om weer daardie kwotasie te
> gebruik:
> ".. the reason people are focused on the
> woman's responsibility is because it lets sexual coercers off the hook
> for their predatory behavior. If you can blame the victim, you don't
> have to take responsibility for your own actions"
>
> Steek daar nie dalk ook so bietjie waarheid in bogenoemde sin nie?
-----Definitief. Die verkragter sal mos altyd redes soek vir sy misdaad.
Ek reken egter hoewel die verkragtingsdaad veragtelik is, onthef dit nie die
slagoffer [oor die algemeen] van die verantwoordelikheid van wat gebeur het
nie. In baie, baie gevalle verhoog die slagoffer haar eie risiko deur
willens en wetens by te dra tot die situasie en dan wil sy totaal onskuldig
pleit? So eenvoudig kan dit nie wees nie!
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110130 is 'n antwoord op boodskap #110121] Di, 18 April 2006 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Louisa ;-)" wrote in message
news:1145305314.110251.224030@z34g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Ek dink dit mag dalk effens meer traumaties wees om verkrag te word as
> om op geree"n te word, dink jy nie? ek glo nie jy kan die twee vergelyk
> nie...
-----Sug! Dit is net 'n voorbeeld ter wille van die illustrasie van my
standpunt. Kom ons maak dit bietjie ernstiger. As jy in die woestyn met
'n kar gaan ry en jy gaan staan, is die kans redelik goed dat jy in
lewensgevaar gaan verkeer binnekort. Die mense waarsku jou vooraf, dat as
jy in die woestyn wil ry moet jy genoeg water en twee spaarwiele saamvat vir
ingeval. Nou is jou kar effe klein en jy moet van jou goete uitpak om die
ekstra spaarwiel en kan water in te kry en jy besluit om die tog maar aan te
pak sonder die ekstra wiel en die water want jy wil nie eie gerief inperk
nie. Dan gebeur dit met jou dat jy 'n probleem optel in die woestyn en jy
het jouself in 'n situasie geplaas wat jy nie kan hanteer nie. Is dit nou
die woestyn se skuld of jet jy 'n aandeel aan jou eie probleem?
>
> In elk geval gaan geen statistieke my dwing om by die huis te bly na
> donker nie, of om slegs met broeke (sekerlik los-paasende en nie
> styfsittende snitte, en geen hipsters nie - ek meen dis so te sê
> naak?) in die publiek te verskyn nie. Wat is die punt om ongeskend te
> wees as jy dit slegs kan wees agter geslote deure?
-----Ek sou reken praktiese oorlewingsinstink. Sal jy op 'n pad gaan ry
met 'n gewone kar as daar landmyne op die pad is? Jy weet daar is 'n
risiko en as jy daai risiko as aanvaarbaar beskou, dan is jy deels
aanspreeklik vir enigiets wat met jou gebeur.
>
> Ek dink nie dis reg dat ons in vrees moet lewe en tronkvoe"ls van
> onsself maak ter wille van oorlewing nie. En ek vir een weier om dit te
> doen of goed te praat.
>
> Laat my dink aan middel-eeue toe die girls gebrand was as hekse vir
> grimering en "push-up" bras of so iets. Belaglik!
-----Jy veralgemeen hierdie probleem na 'n platvloerse stryery toe. JY
word verkrag en jy verwag van die gemeenskap om alles te doen om dit te
verhoed en jy's nie bereid om self iets daaraan te doen nie.
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110131 is 'n antwoord op boodskap #110124] Di, 18 April 2006 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie waaroor ek redeneer nie. Wat ek sê, is dat as jy WEET daar is 'n
groot risiko dat jy jouself in gevaar kan stel, dan sekerlik moet jy
versigtiger wees? As ons jou houding aanvaar, dan weet ons hoekom die
rugby so kak is!!

"Otterkop" skryf in boodskap news:B8ednRYvULwAENnZRVn-uQ@is.co.za...
> Nee dis elkeen se reg om te loop waar en wanneer hulle wil , die krimineel
> moet nie daar wees om sy dade te doen nie
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:B76dnRBwoIdx_t7ZnZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
>> Ek lees al julle stories hier en ek dink julle praat by mekaar verby.
>> Geen man het die reg om 'n vrou te verkrag nie en as hy dit doen, dan
>> moet hy gestraf word. Punt. Dit is egter so dat daar mans is wat 'n
>> vrou wat uitlokkend aangetrek is [hoekom doen sy dit anders as om mooi te
>> lyk vir mans?] as 'n uitdaging sien [en sy wil sekerlik ook as 'n
>> uitdaging gesien word?] en dan sy 'luck try'. Is dit aanvaarbaar om te
>> sê dat sy 'n berekende risiko vat as sy uitlokkend aangetrek is want sy
>> gaan die aandag trek van alle soorte. Bly sy binne die helder ligte en
>> naby ander mense, dan kan die loerders niks aan haar doen nie. Vat sy
>> egter die pad en loop in donker strate rond, dan plaas sy haarself onder
>> verhoogde risiko om verkrag te word. Normaal sal mens sê alles is die
>> verkragter se skuld, maar wat van toerekenbare verantwoordelikheid? As
>> sy nie in die donker strate rondgeloop het nie [dit was haar besluit],
>> dan sou sy nie verkrag gewees het nie....die besluit om te loop is tog
>> haar besluit gewees?
>> Mens kan tog nie verwag om nooit nat te reën nie? As jy sien die
>> wolke steek op, dan moet jy tog weet dit gaan dalk reën en jy moet
>> voorsorg tref vir 'n reenjas of 'n sambreel. Doen jy dit nie en jy reën
>> nat, kan jy mos nie die blaam lê op ander instansies wat nie gesorg het
>> dat jy enige tyd, enige plek rond kan loop sonder om nat te reën nie?
>> "Louisa ;-)" wrote in message
>> news:1145260024.694607.72620@j33g2000cwa.googlegroups.com...
>>> Hoor! Hoor!
>
>>> Ek stem saam met die stuk wat Katryn opgesit het. Niemand "verdien" om
>>> verkrag te word nie. Ek dink sommer nou of as dieselfde met 'n man
>>> gebeur het of ons hom ook sou vra wat hy aangehad het en of hy alleen
>>> in die donker rond geloop het of enige iets soortgelyks? Gmf...
>


>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110132 is 'n antwoord op boodskap #110131] Di, 18 April 2006 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit het vorkol met rugby uit te waai.
As 'n vroue seksie wil aantrek is dit haar goeie reg,
sy voel immers goed oor haarself, as sy nou met laatnag
af stap na die kafee en iemand oorrompel en verkrag haar
wil ek net graag weet waar sy iemand uitgelok het.
Die verkragter moes immers reeds in die tronk gewees het.
Ek verstaan wat jy bedoel dat jy nie moet kak soek nie , maar
dit is nie veronderstel om so te wees nie. Jy moet volkome vry wees
en nie jou bewegings om krims of moontlike krims beplan nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:S_-dnRR8atxNNNnZnZ2dnUVZ_v-dnZ2d@is.co.za...
> Dis nie waaroor ek redeneer nie. Wat ek sê, is dat as jy WEET daar is 'n
> groot risiko dat jy jouself in gevaar kan stel, dan sekerlik moet jy
> versigtiger wees? As ons jou houding aanvaar, dan weet ons hoekom die
> rugby so kak is!!
> "Otterkop" wrote in message
> news:B8ednRYvULwAENnZRVn-uQ@is.co.za...
>> Nee dis elkeen se reg om te loop waar en wanneer hulle wil , die
>> krimineel
>> moet nie daar wees om sy dade te doen nie



>> "Suidwester" wrote in message
>> news:B76dnRBwoIdx_t7ZnZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
>>> Ek lees al julle stories hier en ek dink julle praat by mekaar verby.
>>> Geen man het die reg om 'n vrou te verkrag nie en as hy dit doen, dan
>>> moet hy gestraf word. Punt. Dit is egter so dat daar mans is wat 'n
>>> vrou wat uitlokkend aangetrek is [hoekom doen sy dit anders as om mooi
>>> te lyk vir mans?] as 'n uitdaging sien [en sy wil sekerlik ook as 'n
>>> uitdaging gesien word?] en dan sy 'luck try'. Is dit aanvaarbaar om te
>>> sê dat sy 'n berekende risiko vat as sy uitlokkend aangetrek is want sy
>>> gaan die aandag trek van alle soorte. Bly sy binne die helder ligte
>>> en naby ander mense, dan kan die loerders niks aan haar doen nie. Vat
>>> sy egter die pad en loop in donker strate rond, dan plaas sy haarself
>>> onder verhoogde risiko om verkrag te word. Normaal sal mens sê alles
>>> is die verkragter se skuld, maar wat van toerekenbare
>>> verantwoordelikheid? As sy nie in die donker strate rondgeloop het nie
>>> [dit was haar besluit], dan sou sy nie verkrag gewees het nie....die
>>> besluit om te loop is tog haar besluit gewees?
>>> Mens kan tog nie verwag om nooit nat te reën nie? As jy sien die
>>> wolke steek op, dan moet jy tog weet dit gaan dalk reën en jy moet
>>> voorsorg tref vir 'n reenjas of 'n sambreel. Doen jy dit nie en jy
>>> reën nat, kan jy mos nie die blaam lê op ander instansies wat nie gesorg
>>> het dat jy enige tyd, enige plek rond kan loop sonder om nat te reën
>>> nie?
>>> "Louisa ;-)" wrote in message
>>> news:1145260024.694607.72620@j33g2000cwa.googlegroups.com...
>>>> Hoor! Hoor!
>>
>>>> Ek stem saam met die stuk wat Katryn opgesit het. Niemand "verdien" om
>>>> verkrag te word nie. Ek dink sommer nou of as dieselfde met 'n man
>>>> gebeur het of ons hom ook sou vra wat hy aangehad het en of hy alleen
>>>> in die donker rond geloop het of enige iets soortgelyks? Gmf...
>>
>
>


>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110133 is 'n antwoord op boodskap #110132] Di, 18 April 2006 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
100%, maar ons leef in die werklikheid. Het jy nie ook die reg om op enige
pad met jou motor te ry en nooit in 'n ongeluk te wees nie? Dis dinge wat
jy nie vooraf kan bepaal nie. Jy kan wel besluit om die risiko te
verminder. Ek moet erken ek self is 'n 'control freak' wat nie kan
verstaan dat mense nie risiko kan bereken en insien en daarvoor beplan
nie.....

"Otterkop" skryf in boodskap news:ONOdnTMitYYhItnZRVn-rA@is.co.za...
> Dit het vorkol met rugby uit te waai.
> As 'n vroue seksie wil aantrek is dit haar goeie reg,
> sy voel immers goed oor haarself, as sy nou met laatnag
> af stap na die kafee en iemand oorrompel en verkrag haar
> wil ek net graag weet waar sy iemand uitgelok het.
> Die verkragter moes immers reeds in die tronk gewees het.
> Ek verstaan wat jy bedoel dat jy nie moet kak soek nie , maar
> dit is nie veronderstel om so te wees nie. Jy moet volkome vry wees
> en nie jou bewegings om krims of moontlike krims beplan nie.
>
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:S_-dnRR8atxNNNnZnZ2dnUVZ_v-dnZ2d@is.co.za...
>> Dis nie waaroor ek redeneer nie. Wat ek sê, is dat as jy WEET daar is
>> 'n groot risiko dat jy jouself in gevaar kan stel, dan sekerlik moet jy
>> versigtiger wees? As ons jou houding aanvaar, dan weet ons hoekom die
>> rugby so kak is!!
>> "Otterkop" wrote in message
>> news:B8ednRYvULwAENnZRVn-uQ@is.co.za...
>>> Nee dis elkeen se reg om te loop waar en wanneer hulle wil , die
>>> krimineel
>>> moet nie daar wees om sy dade te doen nie
>
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:B76dnRBwoIdx_t7ZnZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
>>>> Ek lees al julle stories hier en ek dink julle praat by mekaar verby.
>>>> Geen man het die reg om 'n vrou te verkrag nie en as hy dit doen, dan
>>>> moet hy gestraf word. Punt. Dit is egter so dat daar mans is wat 'n
>>>> vrou wat uitlokkend aangetrek is [hoekom doen sy dit anders as om mooi
>>>> te lyk vir mans?] as 'n uitdaging sien [en sy wil sekerlik ook as 'n
>>>> uitdaging gesien word?] en dan sy 'luck try'. Is dit aanvaarbaar om
>>>> te sê dat sy 'n berekende risiko vat as sy uitlokkend aangetrek is want
>>>> sy gaan die aandag trek van alle soorte. Bly sy binne die helder
>>>> ligte en naby ander mense, dan kan die loerders niks aan haar doen nie.
>>>> Vat sy egter die pad en loop in donker strate rond, dan plaas sy
>>>> haarself onder verhoogde risiko om verkrag te word. Normaal sal mens
>>>> sê alles is die verkragter se skuld, maar wat van toerekenbare
>>>> verantwoordelikheid? As sy nie in die donker strate rondgeloop het
>>>> nie [dit was haar besluit], dan sou sy nie verkrag gewees het
>>>> nie....die besluit om te loop is tog haar besluit gewees?
>>>> Mens kan tog nie verwag om nooit nat te reën nie? As jy sien die
>>>> wolke steek op, dan moet jy tog weet dit gaan dalk reën en jy moet
>>>> voorsorg tref vir 'n reenjas of 'n sambreel. Doen jy dit nie en jy
>>>> reën nat, kan jy mos nie die blaam lê op ander instansies wat nie
>>>> gesorg het dat jy enige tyd, enige plek rond kan loop sonder om nat te
>>>> reën nie?
>>>> "Louisa ;-)" wrote in message
>>>> news:1145260024.694607.72620@j33g2000cwa.googlegroups.com...
>>>> > Hoor! Hoor!
>>>
>>>> > Ek stem saam met die stuk wat Katryn opgesit het. Niemand "verdien" om
>>>> > verkrag te word nie. Ek dink sommer nou of as dieselfde met 'n man
>>>> > gebeur het of ons hom ook sou vra wat hy aangehad het en of hy alleen
>>>> > in die donker rond geloop het of enige iets soortgelyks? Gmf...
>>>
>>
>
>


>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110134 is 'n antwoord op boodskap #110133] Di, 18 April 2006 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louisa ;-)  is tans af-lyn  Louisa ;-)
Boodskappe: 20
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ek glo nie ons gaan hieroor saamstem nie Suidwester. Vir my is dit wat
jy voorstel meer soos om te sê as jy nie wil he^ iemand moet jou kar
steel nie, koop 'n lelike kar, of bly eerder by die huis en hou die kar
waar niemand hom kan sien nie. Wat presies is dan die punt daarvan om
so 'n lelike kar in die garage te hou?

Ek dink as 'n vrou mooi wil aantrek en die lus oorval toevallig 'n man,
behoort die meeste van die blaam by die voete le^ van die aanvaller (en
sy tekort aan terughou vermoe") eerder as by die uitrusting wat dit
blykbaar veroorsaak het. Daar is geen manier om vooraf te weet wat sal
hierdie wille seine uitbasein vir wie nie.

'n voorbeeld: Ek ken 'n ou wat vrek oor belly-buttons (naeltjies) -
maklik genoeg om dit toe te hou...maar ken ook emand anders wat gek is
oor enkels...mmm, meer moeilik tensy die algemene vrou op straat 'n
moslem ninja-pakkie aantrek of 'n stel lelike "moenie my verkrag nie
asseblief" kouse kan kry.

Of...miskien kan hy maar net homself in toom hou en die res van ons kan
maar plakkies ook dra as ons wil sonder om bekommerd te wees? ;-)
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110135 is 'n antwoord op boodskap #110134] Wo, 19 April 2006 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Louisa ;-)" wrote in message
news:1145396155.642058.214090@g10g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Ek glo nie ons gaan hieroor saamstem nie Suidwester. Vir my is dit wat
> jy voorstel meer soos om te sê as jy nie wil he^ iemand moet jou kar
> steel nie, koop 'n lelike kar, of bly eerder by die huis en hou die kar
> waar niemand hom kan sien nie. Wat presies is dan die punt daarvan om
> so 'n lelike kar in die garage te hou?
-----Ons sal nie saamstem nie want die vlak waarop ons die argument voer,
verskil. Vir jou gaan dit net om dat enige mens [verkieslik vrou] die reg
het om te doen wat sy wil. Vir my gaan dit om veel meer. Ek het nie 'n
probleem dat enige mens [man ook!] kan maak soos hy wil nie, maar as jy
domonnosel, kop omlaag instorm in 'n situasie in wat jy goed weet jouself
moontlik skade kan aandoen, dan is jy effe onnosel om die minste te sê.
>
> Ek dink as 'n vrou mooi wil aantrek en die lus oorval toevallig 'n man,
> behoort die meeste van die blaam by die voete le^ van die aanvaller (en
> sy tekort aan terughou vermoe") eerder as by die uitrusting wat dit
> blykbaar veroorsaak het. Daar is geen manier om vooraf te weet wat sal
> hierdie wille seine uitbasein vir wie nie.
-----Ek weet van 'n spesifieke geval waar die vrou 'n lae hals by die werk
aangekom het en toe by my kom kla het oor die mans na haar borste staar en
sy voel ongemaklik. Toe gaan haal ek by een van die tegnici 'n T-shirt en
gee dit vir haar en sê trek aan. Sy was verbaas en het geweier. Sy reken
toe ook dis haar reg om aan te trek soos sy wil. Toe sê ek vir haar dat sy
weet haar hals is laag en as sy buk dan gaan ander mense veel van haar
borste kan sien, hoe kan sy daaroor 'n probleem hê? As jy besluit om kaal
op straat te gaan loop, kan jy sekerlik nie verwag die ander mense gaan nie
kyk nie? Net soos jy na die misdaadstatistieke kan gaan kyk en [ek weet
nie presies nie], maar sê daar vind 1 uit elke 10 000 mense daagliks 'n
verkragting plaas, in jou dorpsgebied. In die nag, verhoog dit na sê
1:1000 toe. So nou weet jy mos, jy kan veel meer in die dag veilig doen as
in die nag. Net so sal jy weet dis veiliger om eerder in 'n groep saam met
ander mense uit te gaan na hoogs gewilde plekke toe, as alleen. In daai
groep wat jou beskerm, sal dit veel veiliger wees om kaler aan te trek, as
wat dit vir die enkele meisietjie op straat is. Dis wat hulle noem
berekende risiko. Verkragting is hoofsaaklik met die vrou as
slagoffer....dis tyd dat hulle vir 'n slag begin dink wat kan hulle doen om
hulleself te help..
>
> 'n voorbeeld: Ek ken 'n ou wat vrek oor belly-buttons (naeltjies) -
> maklik genoeg om dit toe te hou...maar ken ook emand anders wat gek is
> oor enkels...mmm, meer moeilik tensy die algemene vrou op straat 'n
> moslem ninja-pakkie aantrek of 'n stel lelike "moenie my verkrag nie
> asseblief" kouse kan kry.
-----Miskien kan jy vir ons verduidelik watter boodskap stuur 'n meisie wat
sexy aangetrek is, aan die res van haar gemeenskap uit. Sy wil mooi lyk?
Vir wie? Vir haarself, of vir mans ook? As sy hoop 'n oulike man haar
raaksien, moet sy sekerlik tog besef ook dat van daai 'oulike' mans, kan 'n
verkragter ook tussenin wees?
>
> Of...miskien kan hy maar net homself in toom hou en die res van ons kan
> maar plakkies ook dra as ons wil sonder om bekommerd te wees? ;-)
-----Dis die verskil tussen my en jou. Ek glo jy kan die grootste deel van
jou lewe beheer en regeer. Jy verwag om te kan doen wat jy wil, wanneer jy
wil, sonder sorge. As jy daai Utopia vind, laat weet die res van ons!
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110137 is 'n antwoord op boodskap #110135] Wo, 19 April 2006 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louisa ;-)  is tans af-lyn  Louisa ;-)
Boodskappe: 20
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ek kan ook nie met jou saamstem dat 'n meisie meer veilig sal wees as
sy uitgaan met mense wat sy ken eerder as alleen nie. As ek dit nie mis
het nie word 'n groot gedeelte van verkragting-slagoffers ingedoen deur
mense wat hulle vooraf geken het maar van wie hulle nooit so iets
verwag het nie? In sommige gevalle, selfs familie-lede!

Van wat ek al gehoor en gelees het gaan die eintlike verkragting nie
gewoonlik oor die seks nie, maar oor die "power-trip", dit is juis die
vrees wat veroorsaak word wat die kick gee. Dit is amper soos 'n tiepe
straf wat uitgedeel word. Met 'n regte verkragting loop die verkragte
persoon gewoonlik met 'n moerse knak weg van die episode af en lewe
hulle maar altyd met 'n mate van vrees daarna dat so iets weer met
hulle sal gebeur en of dat hulle op een of ander onbeplande manier die
situasie op hulle self gebring het. En dit is hoekom ek dink dat dit
belangrik is dat mens tot 'n mate nog moet kan doen wat jy wil, wanneer
jy wil, sonder sorge - soos jy sê ek verwag. Vir my is dit 'n vorm van
weerstand...nie teen die verkragter nie, maar teen die vrees. Denial?
Maybe...maar ek dink nie so nie.

Self-verdedigings klasse is in my opinie 'n baie beter manier om oor
die weg te kom as self-onthouding.

Sover die Utopia aanbetref: ek sal jou definitief op hoogte hou van
verwikkelinge.

;-)
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110138 is 'n antwoord op boodskap #110137] Do, 20 April 2006 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Louisa ;-)" wrote in message
news:1145482968.760917.221160@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .
> Ek kan ook nie met jou saamstem dat 'n meisie meer veilig sal wees as
> sy uitgaan met mense wat sy ken eerder as alleen nie. As ek dit nie mis
> het nie word 'n groot gedeelte van verkragting-slagoffers ingedoen deur
> mense wat hulle vooraf geken het maar van wie hulle nooit so iets
> verwag het nie? In sommige gevalle, selfs familie-lede!
-----Hete, maar ek sukkel met jou! Wil jy regtig vir my sê 'n meisie op
haar eie en lekker warm aangetrek, gaan net so veilig wees alleen in die
stad se strate as een wat dieselfde aangetrek is, maar wat in 'n groep saam
met haar vriende en vriendinne is? Sekerlik is daar die kans dat haar eie
vriende dalk nie so lekker is nie, maar ek dink nie ons praat van dieselfde
ding nie. Jy wil hê die lewe moet jou los sodat jy kan maak soos jy wil,
maar dis nie die realiteit waarvan jy praat nie.
> . Vir my is dit 'n vorm van
> weerstand...nie teen die verkragter nie, maar teen die vrees. Denial?
> Maybe...maar ek dink nie so nie.
-----Jy slaan die spyker so op sy kop. 'n Mens wat teen alle werklikheid
in 'n ding wil doen wat hom/haarself onder verhoogde risiko plaas is of
stupid of domastrant......denial?
>
> Self-verdedigings klasse is in my opinie 'n baie beter manier om oor
> die weg te kom as self-onthouding.
-----Laat ek jou iets van die werklikheid vertel. Enige selfverdediging is
beter as niks, maar dis geen waarborg vir totale vryheid nie. Behalwe as
ons meisie 'n fris blok is, maar sy kan vrot van karate wees en net 55kg
weeg, gaan sy steeds sukkel teen 'n man van 100kg plus. Veral as hy 'n
wapen in sy hand het......
>
> Sover die Utopia aanbetref: ek sal jou definitief op hoogte hou van
> verwikkelinge.
------As jy dit regkry moet jy dit patenteer want jy gaan donners ryk word!
Die hele wêreld soek na daai misdaadlose toestand en kon dit in die bestaan
van die wêreld nog nie eintlik regkry nie. Onthou net ek wil ook van die
geld hê!!
>
> ;-)
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110139 is 'n antwoord op boodskap #110138] Vr, 21 April 2006 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met wat dit wat in die Kaap aam die gang is, lyk dit asof 'n meisie wat nie
van kop tot tone bedek is nie, meer veilig is as twee gay mans wat saam in
'n voertuig is. Dit lyk of hulle tans die teiken is vir moordenaars.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:W5SdnZ2ozOD9UNrZnZ2dnUVZ_uqdnZ2d@is.co.za...
>
> "Louisa ;-)" wrote in message
> news:1145482968.760917.221160@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .
>> Ek kan ook nie met jou saamstem dat 'n meisie meer veilig sal wees as
>> sy uitgaan met mense wat sy ken eerder as alleen nie. As ek dit nie mis
>> het nie word 'n groot gedeelte van verkragting-slagoffers ingedoen deur
>> mense wat hulle vooraf geken het maar van wie hulle nooit so iets
>> verwag het nie? In sommige gevalle, selfs familie-lede!
> -----Hete, maar ek sukkel met jou! Wil jy regtig vir my sê 'n meisie op
> haar eie en lekker warm aangetrek, gaan net so veilig wees alleen in die
> stad se strate as een wat dieselfde aangetrek is, maar wat in 'n groep saam
> met haar vriende en vriendinne is? Sekerlik is daar die kans dat haar eie
> vriende dalk nie so lekker is nie, maar ek dink nie ons praat van dieselfde
> ding nie. Jy wil hê die lewe moet jou los sodat jy kan maak soos jy wil,
> maar dis nie die realiteit waarvan jy praat nie.
>> . Vir my is dit 'n vorm van
>> weerstand...nie teen die verkragter nie, maar teen die vrees. Denial?
>> Maybe...maar ek dink nie so nie.
> -----Jy slaan die spyker so op sy kop. 'n Mens wat teen alle werklikheid
> in 'n ding wil doen wat hom/haarself onder verhoogde risiko plaas is of
> stupid of domastrant......denial?
>>
>> Self-verdedigings klasse is in my opinie 'n baie beter manier om oor
>> die weg te kom as self-onthouding.
> -----Laat ek jou iets van die werklikheid vertel. Enige selfverdediging is
> beter as niks, maar dis geen waarborg vir totale vryheid nie. Behalwe as
> ons meisie 'n fris blok is, maar sy kan vrot van karate wees en net 55kg
> weeg, gaan sy steeds sukkel teen 'n man van 100kg plus. Veral as hy 'n
> wapen in sy hand het......
>>
>> Sover die Utopia aanbetref: ek sal jou definitief op hoogte hou van
>> verwikkelinge.
> ------As jy dit regkry moet jy dit patenteer want jy gaan donners ryk word!
> Die hele wêreld soek na daai misdaadlose toestand en kon dit in die bestaan
> van die wêreld nog nie eintlik regkry nie. Onthou net ek wil ook van die
> geld hê!!
>>
>> ;-)
>>
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110140 is 'n antwoord op boodskap #110068] Vr, 21 April 2006 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fhpre...  is tans af-lyn  fhpre...
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Annette.

Ek het vandag op 'n redelike ou gesprek oor Siener van Rensburg afgekom
waaraan u deelgeneem het. Ek weet nie of hierdie skrywe by u sal
uitkom nie, en of u sal belangstel nie, maar ek het 'n boek geskryf wat
sommige van die aannames in die gesprek as onwaar bewys. Daar is 'n
lang en samehangende verhaal in sy visioene versteek, en die boek
verduidelik hoe om dit te ontsluit. Dit kan dalk net die moeite werd
wees vir u om meer inligting oor die boek te bekom by
www.sienervanrensburg.co.za

Groete,
Frik Pretorius
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110141 is 'n antwoord op boodskap #110134] Ma, 24 April 2006 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
As 'n vrou 'n lae hals dra en haar mooi borste wys kyk ek oor en oor
maar ek gryp haar nie en rape haar nie. Hoekom nie, want eks nie
'n krim nie. Anyway wie kan so arrogant wees om te se
die girl stuur seine uit. Hoe weet jy daai seine was vir jou

"Louisa ;-)" wrote in message
news:1145396155.642058.214090@g10g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Ek glo nie ons gaan hieroor saamstem nie Suidwester. Vir my is dit wat
> jy voorstel meer soos om te sê as jy nie wil he^ iemand moet jou kar
> steel nie, koop 'n lelike kar, of bly eerder by die huis en hou die kar
> waar niemand hom kan sien nie. Wat presies is dan die punt daarvan om
> so 'n lelike kar in die garage te hou?
>
> Ek dink as 'n vrou mooi wil aantrek en die lus oorval toevallig 'n man,
> behoort die meeste van die blaam by die voete le^ van die aanvaller (en
> sy tekort aan terughou vermoe") eerder as by die uitrusting wat dit
> blykbaar veroorsaak het. Daar is geen manier om vooraf te weet wat sal
> hierdie wille seine uitbasein vir wie nie.
>
> 'n voorbeeld: Ek ken 'n ou wat vrek oor belly-buttons (naeltjies) -
> maklik genoeg om dit toe te hou...maar ken ook emand anders wat gek is
> oor enkels...mmm, meer moeilik tensy die algemene vrou op straat 'n
> moslem ninja-pakkie aantrek of 'n stel lelike "moenie my verkrag nie
> asseblief" kouse kan kry.
>
> Of...miskien kan hy maar net homself in toom hou en die res van ons kan
> maar plakkies ook dra as ons wil sonder om bekommerd te wees? ;-)
>
Re: Die gevaar van romp dra [boodskap #110142 is 'n antwoord op boodskap #110141] Ma, 24 April 2006 08:04 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Netjies gesê!

Mense wat beweer dat vrouens verkragting uitlok met die wyse waarop hulle
aantrek, vergeet 'n baie belangrike punt - verkragting gaan nie oor seksuele
bevrediging nie, maar oor dominasie dmv geweld!! Dit is nie primêr 'n
seksuele oortreding nie, dit is primêr 'n geweldsmisdaad! Daarom gaan dit
gewoonlik ook met ander vorme van geweld gepaard. In uiterste gevalle kan
die oortreder 'n orgasme hê sonder dat daar ooit enige seksuele kontak was -
bloot as gevolg van die bevrediging wat hy/sy uit die geweld kry. Dit wil
voorkom asof dit is wat verlede jaar met die Stellenbosche damesstudent
gebeur het wat in haar woonstel vermoor is.

Torreke

"Otterkop" skryf in boodskap news:O_6dnWbYc-Oc_dHZ4p2dnA@is.co.za...
> As 'n vrou 'n lae hals dra en haar mooi borste wys kyk ek oor en oor
> maar ek gryp haar nie en rape haar nie. Hoekom nie, want eks nie
> 'n krim nie. Anyway wie kan so arrogant wees om te se
> die girl stuur seine uit. Hoe weet jy daai seine was vir jou
>
>
>
>
> "Louisa ;-)" wrote in message
> news:1145396155.642058.214090@g10g2000cwb.googlegroups.com.. .
>> Ek glo nie ons gaan hieroor saamstem nie Suidwester. Vir my is dit wat
>> jy voorstel meer soos om te sê as jy nie wil he^ iemand moet jou kar
>> steel nie, koop 'n lelike kar, of bly eerder by die huis en hou die kar
>> waar niemand hom kan sien nie. Wat presies is dan die punt daarvan om
>> so 'n lelike kar in die garage te hou?

>> Ek dink as 'n vrou mooi wil aantrek en die lus oorval toevallig 'n man,
>> behoort die meeste van die blaam by die voete le^ van die aanvaller (en
>> sy tekort aan terughou vermoe") eerder as by die uitrusting wat dit
>> blykbaar veroorsaak het. Daar is geen manier om vooraf te weet wat sal
>> hierdie wille seine uitbasein vir wie nie.

>> 'n voorbeeld: Ek ken 'n ou wat vrek oor belly-buttons (naeltjies) -
>> maklik genoeg om dit toe te hou...maar ken ook emand anders wat gek is
>> oor enkels...mmm, meer moeilik tensy die algemene vrou op straat 'n
>> moslem ninja-pakkie aantrek of 'n stel lelike "moenie my verkrag nie
>> asseblief" kouse kan kry.

>> Of...miskien kan hy maar net homself in toom hou en die res van ons kan
>> maar plakkies ook dra as ons wil sonder om bekommerd te wees? ;-)

>
Vorige onderwerp: Huisskoonmaak in die Withuis
Volgende onderwerp: eens mooie Zuid Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:38:38 MGT 2024