Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » My land
My land [boodskap #10968] Ma, 06 Oktober 1997 00:00
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Blou

Ek het jou lief my land.
Ek het jou lief om jou blou
Ek het oor die aarde gereis...
en oral gedink aan jou Blou

Lokasies, waar glas en sink en gruis
onder die son snou van blou.

Klutskwyt en wit bewerasie
onder Geswolle Donderblou
en ek
bid
'n
potblou ~ klein Gebed
Wanneer ek wakker lê
om jou!

'n Vriendin het hierdie gedig getoon set - hoop ek het die woorde
reg. (Gloudina sal seker weet wie dit geskryf het - dit het my
ontgaan.)

Toe ek dit gehoor het, het ek besef dat daar nog baie 'treur' in
my is oor my land. (Ek raak vreeslik sentimenteel hier ver van my
geboortegrond!?)

Riana
Vorige onderwerp: her:koolkop
Volgende onderwerp: her: spinnekoppe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:56:14 MGT 2024