Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die vroue
Vir die vroue [boodskap #109612] So, 12 Maart 2006 19:17 na volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Wat is dit wat vroue doen wat mans die hasepad laat kies in 'n verhouding?
In Paul Kerton se nuutste boek, 82 mistakes women make (with men), lig hy
die sluier.
Jy dink dalk hy is mnr. Reg, maar as jy weer sien, is hy mnr. Weg.

Wat het jy verkeerd gedoen?

Dinge wat mans afskrik:

Dink jy is vet . . . terwyl jy nie is nie. Mans raak verveeld met 'n vrou
se obsessie oor gewig, veral as sy vir hom goed lyk.

Dink jy kan 'n man verander. Dit sluit in geloof, eet- en seksgewoontes en
hoe hy aantrek.

Kritiseer hom in die openbaar.

Sommige vroue doen dit moederlik: "Moenie met jou mond vol kos eet nie,
skat!"; ander is baasspelerig en sarkasties: "Gee asseblief vir my die wyn
aan, liefling, voordat ek hier van die dors omkom"; en ander is eenvoudig
verkleinerend: "Derek dink hy gaan 'n popster wees. Het jy al ooit van iets
sê simpel gehoor? Ha! Ha!".

Te veel (of te min) grimering. Sommige vroue raak vasgevang in 'n
tydmasjien wanneer hulle eers begin grimering aanplak.

Vergeet hy bestaan sodra julle kinders het. Hierdie is 'n gevaarlike tyd,
want dit is wanneer mans begin rondkyk vir aandag en seks.

Flankeer met sy vriende. Ja, dis fantasties as sy vriende van jou hou, maar
moenie dit te letterlik opneem nie.

Altyd aan die skoonmaak. Hy sit op die bank en nooi jou om by hom te kom
snoes, maar jy sê jy moet eers die skottelgoed gaan was/die kat kosgee/die
wasgoed stryk/die foto-album organiseer.

Gee twee maande se salaris by die haarkapper uit. Wat jy ook doen, moet
nooit vir 'n man sê wat jy vir daardie kapsel betaal het nie - sy hare kan
net uitval van skok.

Sê dieselfde ding oor en oor. 'n Mens noem dit neul. En dan wonder jy nog
hoekom jy pas geskei is.

Raak papdronk. Dronk vroue sê dom goed, flankeer met ander mans, doen
vreemde dinge soos om hul borste te ontbloot, dans op die tafel en gooi in
die algemeen naam weg.

Jy kan nie kook nie. Groot fout, want hy gaan waarskynlik omkom van die
honger. Verder mis jy uit op saamkook in die kombuis - kook word nie verniet
deesdae gesien as "die nuwe seks" nie.

Staan tussen hom en die TV. Probeer liewer om agter die bank te staan, jou
arms om sy skouers te sit en hom te soen. Natuurlik wil hy ook liefie wees
met jou, maar bly in hemelsnaam net weg voor die TV.

Slaan hom in die gesig as hy na 'n ander vrou se borste kyk. Mans is
geneties geprogrammeer om na vroue se borste te kyk. Hulle kan dit nie help
nie.

Vra hom om sy afslaankapmotor se dak weer op te sit. Die ding het duisende
rande gekos en jy kla oor jou hare.

Jy eet nie. Hy het plek bespreek by 'n fantastiese restaurant en jy bestel
(kraan)water en groen slaai sonder enige spek, neute, slaaisous of gebraaide
broodblokkies.

Jy gebruik sy skeermes. Onthou, een skeer van jou bene is blykbaar gelyk
aan 35 keer wat hy sy gesig glad probeer kry.

Los jou broekies en broekiekouse in die wasbak in die badkamer. Hy is deur
die slaap en wil sy gesig was en tande borsel, maar daar lê jou goedjies in
die wasbak.

Probeer te hard om een van die manne te wees. Dis wonderlik as jy hou van
rugby en krieket, maar los die gevloek en die dra van ou onderklere vir
mans.

Jou bed is vol sagte speelgoed. Dis veral 'n bron van kommer as hulle almal
troetelnaampies het en jy hulle nagsoen. En hy wonder net waar gaan hy
slaap?

Dink 'n swangerskap gaan julle verhouding red. "Ek is swanger" behoort
julle albei met blydskap te vul omdat julle saam besluit het om 'n kind te
hê.

Babas is nie pleister wat verhoudings aanmekaar kan plak nie.

Jy hardloop na jou pappie toe met elke probleempie. Dit laat jou man
hulpeloos en oorbodig voel as jy pappa-se- dogtertjie bly.

Jy maak nie 'n bohaai oor sy kos nie. Mans wat kook, wil geprys word
daarvoor.

Jy dink jy is maer terwyl jy eintlik vet is. Jy wurg jouself soggens in 'n
no. 10-denim in terwyl jy eintlik 'n 14 moet dra. Hy gaan sy tasse vat en
hardloop.

Jy het 'n ding met kerse. Waar het dit begin? Kerse is bedoel vir
verjaarsdagkoeke en kragonderbrekings. Ewe skielik is die hele huis vol
kerse: gegeurdes en gekleurdes van alle groottes wat julle slaapkamer soos
'n Boeddhiste-tempel laat lyk. En raai wie moet opstaan en die goed
doodblaas wanneer julle wil gaan slaap?

Jy is nooit tevrede met wat jy het nie. Hy het nou net vir julle 'n
droomhuis gekoop, maar ná ses maande vertel jy hom van 'n nuwe plek wat jy
gesien het.

Praat vir ure oor die telefoon met mense wat onbelangrik is. Jy praat jou
selfoon se battery pap en sê dan: "Genugtig, maar daardie vrou kan praat.".

Maak of jy heeltemal hulpeloos is.

Ja, hy help graag met 'n pap wiel, maar sommige vroue weet nie eens hoe om
die televisie aan te skakel nie.

Drentel doelbewus in juwelierswinkels. Ons weet sommige mans het bietjie
druk nodig voordat hulle wil trou, maar hierdie is sommer 'n goedkoop
poging.

Stryk plooie in sy denims. Dat jy bereid is om te stryk, is wonderlik.

Maar nie plooie nie, asseblief.

Sê te gou "ek is lief vir jou". Dis goed as jy in voeling is met jou
gevoelens, maar kan jy asseblief net wag tot aan die einde van julle eerste
afspraak?

Jy sê "ek het niks om aan te trek nie". Dis veral irriterend as jy die
naweek R14 000 geblaas het op nuwe klere.

82 mistakes women make (with men) kos R75 en kan is by enige goeie
boekwinkel beskikbaar.
Re: Vir die vroue [boodskap #109634 is 'n antwoord op boodskap #109612] Ma, 13 Maart 2006 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit 'n advertensie hierdie?
In elk geval - daar is bepaald meer as 82 redes - ek weet - ek is 'n
man.
Re: Vir die vroue [boodskap #109635 is 'n antwoord op boodskap #109634] Ma, 13 Maart 2006 15:48 Na vorige boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Een vrou is mooi ding maar je mag die nie in die huis he nie

"Jonas" schreef in bericht
news:1142257706.013332.310120@j33g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Is dit 'n advertensie hierdie?
> In elk geval - daar is bepaald meer as 82 redes - ek weet - ek is 'n
> man.
>
Vorige onderwerp: New Website & Newsletter. New take on Zuma affair
Volgende onderwerp: 'n Bondgenootskap van...en die Africa Muslim Party (AMP) kan...aan die roer...in die Kaapse metropool staan:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 09:57:10 MGT 2024