Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Marchand....vir die antie
Re: Marchand....vir die antie [boodskap #109512] Ma, 06 Maart 2006 15:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> Ek het laasweek gaan fotos neem op Augrabies en het toe mooi gekyk na jou
> Marchand. Ek neem jou glad nie kwalik dat jy Kanada toe gevlug het nie....
> Daai kleurlinggemeenskap sit nog steeds in die vorige eeu.

Wel, dis goeie nuus dat jy dit 'n "kleurling-
gemeenskap" noem. Dit beteken dat nie
net witmense nou in die dele langs die
rivier meer bly nie. In my dae moes die
bruinmense daar doer in die droë bulte
bly, ver loop selfs om net water in die
voor te kry, en baie ver loop voordat hulle
op die eiland kon kom waar meeste van
hulle vir wit base gewerk het. Het jy
oor die brug gery en vir Perde-eiland
besoek?

Gloudina
Re: Marchand....vir die antie [boodskap #109579 is 'n antwoord op boodskap #109512] Do, 09 Maart 2006 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar was nie tyd nie...die Oranje was wild en die tyd by Augrabies nie so
baie nie. As jy werklik van hierdie wêreld is en jy het 'n hart in jou,
hierdie jaar lyk die hele Suidweste soos 'n sprokiesboek. Gaan kyk op die
Die Republikein se website vir reënfotos van my land. Jou bek sal oophang!
"Hessie" wrote in message
news:1141657811.781566.85210@z34g2000cwc.googlegroups.com...

Suidwester skryf

> Ek het laasweek gaan fotos neem op Augrabies en het toe mooi gekyk na jou
> Marchand. Ek neem jou glad nie kwalik dat jy Kanada toe gevlug het
> nie....
> Daai kleurlinggemeenskap sit nog steeds in die vorige eeu.

Wel, dis goeie nuus dat jy dit 'n "kleurling-
gemeenskap" noem. Dit beteken dat nie
net witmense nou in die dele langs die
rivier meer bly nie. In my dae moes die
bruinmense daar doer in die droë bulte
bly, ver loop selfs om net water in die
voor te kry, en baie ver loop voordat hulle
op die eiland kon kom waar meeste van
hulle vir wit base gewerk het. Het jy
oor die brug gery en vir Perde-eiland
besoek?

Gloudina
Re: Marchand....vir die antie [boodskap #109594 is 'n antwoord op boodskap #109579] Do, 09 Maart 2006 23:16 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

As jy werklik van hierdie wêreld is en jy het 'n hart in jou,
> hierdie jaar lyk die hele Suidweste soos 'n sprokiesboek.

Ja, ek het gesien dat julle baie reën gehad
het. Sulke half-woestyn gedeeltes van die
land kan uitbreek in 'n blommeweelde wat
ander dele van SA net eenvoudig nie kan
produseer nie. Waar ons in die Noordkaap
gebly het, was ons natuurlik verder noord
as Namakwaland en het net in uitsonderlike
jare die oorskiet winterreën gekry wat die
blomme van Namakwaland veroorsaak het.
Maar in 'n jaar wat ons genoeg van daardie
oorskietwinterreëns gekry het, het die hele
veld uitgebreek in klein teer blommetjies
onder elke oorhangende klip. En die
driedorings was pink in die blom.
Hulle sê dieselfde blommeweelde kom
voor in die Sahara, en in Arizona is daar ook
sulke plate blomme sommige jare.

Gloudina
Vorige onderwerp: Jim Again en Torreke
Volgende onderwerp: Het deens islam-debat is verder interessant - ook voor de andere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 16:45:49 MGT 2024