Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Globale verwarming?
Globale verwarming? [boodskap #109059] Di, 21 Februarie 2006 01:54 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Vrydag het 'n onverwags katastrofiese storm die
Noordoostelike
deel van Noord-Amerika getref. Almal het geweet dat daar baie
ongestadige
weer aan die kom was. Die "jet stream" het die vorige dag van bo
uit die
arktiese weste afgewaai sodat dit koue en dus sneeu na Texas gebring
het.
Omdat dit so ver suid gewaai het voordat dit weer noordwaarts geswaai
het,
het dit warmer lug uit die suide opgeskep en na die noord-ooste
gebring.
Die temperatuur het vir 'n ruk taamlik hoog bo vriespunt gestyg, maar
toe die winde van die jet stream, wat tot oor die 100 kilometers per
uur
gewaai het, die noordooste tref, het die temperature binne vier uur
gedaal
na - 15 C. Oor veral Upper New York State en Oostelike Ontario het
die
toestand onstaan wat bekend is as "flash freezing." Dit is waar
reën
onmiddellik op die paaie ys word en die oppervlakte dan so glad soos
'n
spieël maak.
Mense wat in die middel van die dag op die paaie was, het
met
verskriklike padtoestande te doen gekry. Daar was baie ongelukke en
sekere paaie moes gesluit word. Daar was verskillende "pile ups"
van
meer as sestig karre. By een so 'n plek net oos van Ottawa is vyf
mense
dood en tientalle beseer. Die toestande was so sleg in Montreal dat die
burgemeester daar oorweeg het om 'n "state of emergency" te
verklaar.
Op die TV kanale hier in Ottawa het die polisie mense gewaarsku om
van die paaie af te bly, veral sommige van die hoofweë wat hulle moes
sluit weens al die ongelukke. Nie alleen was die paaie glad nie, maar
met sulke hoë winde was daar somtyds totale "white outs" waar
mense
eenvoudig nie voor hulle kon sien nie.
Ons ondervind hierdie winter baie meer van hierdie
toestande,
waar die temperature sommer maklik bo vriespunt styg en die
presipitasie
kom in die vorm van reën. As dit dan kouer word, moet mens daarvoor
betaal. Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
die feit van globale verwarming. Dit sal nie welkom wees nie. Hier is
die ideale toestand dat die temperatuur gedurende die winter benede
vriespunt bly, en alle presipitasie val in die vorm van sneeu. Die
deursnee Kanadees weet hoe om hom te gedra en hoe om te bestuur
wanneer dit sneeu. Dis wanneer die temperatuur bo vriespunt styg, dat
dinge begin lol. 'n Kanadees wil sy winters koud hê. Dan kan hy op
die rivier met sy bakkie ry, kan hy 'n gat in die ys maak en daardeur
vis. As hy ice sculpting wil doen, moet dit onder vriespunt wees. As
hy hier in Ottawa op die grootste skaatsbaan in die wêreld - die
Rideau Canal - wil skaats, dan moet dit deeglik benede vriespunt
wees, anders word die kanaal onveilig verklaar en gesluit.

Gloudina
Re: Globale verwarming? [boodskap #109078 is 'n antwoord op boodskap #109059] Di, 21 Februarie 2006 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Hessie" wrote in message
news:1140486860.963446.21290@g47g2000cwa.googlegroups.com...
...Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
die feit van globale verwarming. ...Gloudina

Hallo Hessie -

Sommer net 'n interessante feit: Ons kom op die oomblik uit 'n
"mini-ystydperk", waar temperature die afgelope millenium of so kouer was in
terme van die standaard siklusse. Dus het baie van die klimaatsveranderinge
te make met 'n natuurlike siklus. Dit is natuurlik 'n feit dat ons as
mensdom veel meer verwarmingsgasse in die atmosfeer vrylaat, maar die
bestaan en afloop van die mini-ystydperk, met die gepaardgaande globale
toename in temperature en opeenvolgende effekte, is bewese feite wat die
"greenie-movement" baie min ophaal en dus gou vergeet. Let wel, ek stem saam
dat ons versigtig moet omgaan met ons huidige energie-verbruik, maar die
twee aspekte het altwee 'n impak op die katastrofes wat ons om ons sien.

Groete aan sproete!

Basjan
Re: Globale verwarming? [boodskap #109079 is 'n antwoord op boodskap #109078] Di, 21 Februarie 2006 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Feb 2006 10:23:10 +0100, "Basjan" wrote:

> "Hessie" wrote in message
> news:1140486860.963446.21290@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> ...Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
> die feit van globale verwarming. ...Gloudina
>
> Hallo Hessie -
>
> Sommer net 'n interessante feit: Ons kom op die oomblik uit ´n
> "mini-ystydperk", waar temperature die afgelope millenium of so kouer was in
> terme van die standaard siklusse. Dus het baie van die klimaatsveranderinge
> te make met 'n natuurlike siklus. Dit is natuurlik 'n feit dat ons as
> mensdom veel meer verwarmingsgasse in die atmosfeer vrylaat, maar die
> bestaan en afloop van die mini-ystydperk, met die gepaardgaande globale
> toename in temperature en opeenvolgende effekte, is bewese feite wat die
> "greenie-movement" baie min ophaal en dus gou vergeet. Let wel, ek stem saam
> dat ons versigtig moet omgaan met ons huidige energie-verbruik, maar die
> twee aspekte het altwee 'n impak op die katastrofes wat ons om ons sien.
>
> Groete aan sproete!
>
> Basjan

Word daar nie gewaarsku dat aardverwarming se gevaar juis is dat
bestaande patrone tot die ekstreme gedruk word nie?

Met ander woorde nie soseer dat dit aardverwarming orkane veroorsaak
nie, maar dat dit gaan veroorsaak dat die orkane wat natuurlik in die
Karibiese See vorm, erger as die gemiddeld gaan wees?
Re: Globale verwarming? [boodskap #109091 is 'n antwoord op boodskap #109079] Di, 21 Februarie 2006 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fire_  is tans af-lyn  fire_
Boodskappe: 14
Geregistreer: Februarie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Die wetenskplikes moet net besef dat maak nie wat hulle se nie , hulle
sal ongetweifeld verkeert bewas word op n daaglikese basis.
Ons kan almal sie eits drasties is verkeerd met moeder natuur, maar wat
kan ons doen , miskien is dit goed vir ons , miskie sleg
Re: Globale verwarming? [boodskap #109098 is 'n antwoord op boodskap #109078] Di, 21 Februarie 2006 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Basjan wrote:
> "Hessie" wrote in message
> news:1140486860.963446.21290@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> ...Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
> die feit van globale verwarming. ...Gloudina
>
> Hallo Hessie -
>
> Sommer net 'n interessante feit: Ons kom op die oomblik uit ´n
> "mini-ystydperk", waar temperature die afgelope millenium of so kouer was in
> terme van die standaard siklusse. Dus het baie van die klimaatsveranderinge
> te make met 'n natuurlike siklus. Dit is natuurlik 'n feit dat ons as
> mensdom veel meer verwarmingsgasse in die atmosfeer vrylaat, maar die
> bestaan en afloop van die mini-ystydperk, met die gepaardgaande globale
> toename in temperature en opeenvolgende effekte, is bewese feite wat die
> "greenie-movement" baie min ophaal en dus gou vergeet. Let wel, ek stem saam
> dat ons versigtig moet omgaan met ons huidige energie-verbruik, maar die
> twee aspekte het altwee 'n impak op die katastrofes wat ons om ons sien.
>
> Groete aan sproete!
>
> Basjan

KNERSUS:
Ek het êrens raakgelees (dink dit was in National Geographic) dat een enkele
uitbarsting van 'n groot vulkaan soos Pinatubo so paar jaar gelede meer
"kweekhuisgasse" die lug instuur as wat die mensdom in sy ganse opgetekende
bestaan kon doen. Globale verwarming is 'n feit, soos gesien in die natuurlike
siklusse wat Basjan hier onder sê, maar dat ons veel kan doen om die effek van
kweekhuisgasse te verminder/vermeerder, is te betwyfel.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Globale verwarming? [boodskap #109110 is 'n antwoord op boodskap #109098] Di, 21 Februarie 2006 22:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf

maar dat ons veel kan doen om die effek van
> kweekhuisgasse te verminder/vermeerder, is te betwyfel.

Ja, en as jy dan ook nog hoor dat koeie wat
wind opbreek of winde maak ernstige
besoedeling van die atmosfeer veroorsaak,
dan wonder mens darem ook nog.

Gloudina
Re: Globale verwarming? [boodskap #109112 is 'n antwoord op boodskap #109079] Di, 21 Februarie 2006 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf

> Word daar nie gewaarsku dat aardverwarming se gevaar juis is dat
> bestaande patrone tot die ekstreme gedruk word nie?
>
> Met ander woorde nie soseer dat dit aardverwarming orkane veroorsaak
> nie, maar dat dit gaan veroorsaak dat die orkane wat natuurlik in die
> Karibiese See vorm, erger as die gemiddeld gaan wees?

Ja. Die blote feit dat ons temperature hierdie jaar
baie meer as gewoonlik bo vriespunt gestyg het
( en daarna gedaal het tot onder vriespunt) het 'n
hele ontwrigting van ons lewe hier veroorsaak.
My skoondogter, wat 'n halfuur moet ry na waar
sy skoolhou, sê dat hierdie jaar sy baie meer
dae kry wanneer sy aktief bang is om op die
paaie te wees. Dit help natuurlik ook nie dat
die mense wat moet besluit of die skole moet
sluit of nie ook nie elke dag hulle werk doen
nie. ( En selfs wanneer hulle die skole sluit,
dan word daar van die onderwysers verwag om
by die skool op te daag, want die skole bly
offisieel oop vir dié kinders wat die ouers daar
wil aflaai.) Sommige van ons TV kanale kom
uit Michigan, en ek merk op dat hulle baie
makliker daar die skole sluit vir dieselfde storm
wat ons 'n dag of wat later kry.

Gloudina
Re: Globale verwarming? [boodskap #109121 is 'n antwoord op boodskap #109110] Wo, 22 Februarie 2006 05:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit is "navorsing" soos die, wat bewys dat sekere mense nie ernstig is om
sekere siektes soos kanker vas te vat nie. Die geld wat spandeer word op 'n
groep witjasse om 'n koeie se poep te meet, kon vir ander regtig belangrike
navorsing spandeer word

"Hessie" wrote in message
news:1140562776.386003.258180@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .

> Ja, en as jy dan ook nog hoor dat koeie wat
> wind opbreek of winde maak ernstige
> besoedeling van die atmosfeer veroorsaak,
> dan wonder mens darem ook nog.
>
> Gloudina
Re: Globale verwarming? [boodskap #109123 is 'n antwoord op boodskap #109091] Wo, 22 Februarie 2006 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Feb 2006 08:20:37 -0800, "fire_" wrote:

> Die wetenskplikes moet net besef dat maak nie wat hulle se nie , hulle
> sal ongetweifeld verkeert bewas word op n daaglikese basis.
> Ons kan almal sie eits drasties is verkeerd met moeder natuur, maar wat
> kan ons doen , miskien is dit goed vir ons , miskie sleg

Maar jou stelling is ook 'n wetenskaplike een en volgens jou eie
redevoering sal dit ook ongetwyfeld verkeerd bewys word.
Re: Globale verwarming? [boodskap #109126 is 'n antwoord op boodskap #109123] Wo, 22 Februarie 2006 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fire_  is tans af-lyn  fire_
Boodskappe: 14
Geregistreer: Februarie 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ja , ek het lankal geleer dat die enigste ding wat seker is , is dat ek
verkeerd is , dit is net die mate van verkeerdhied wat verskil
Re: Globale verwarming? [boodskap #109235 is 'n antwoord op boodskap #109059] Sa, 25 Februarie 2006 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina. Siende dat julle Noord-Amerikaners die grootste besoedelaars
op die aardbol is, moet julle die laaste wees wat oor weersveranderinge
kla. Doen iets aan julle besoedelingsvlakke - m.i. 'n groter probleem
is die Iraak-oorlog.
Re: Globale verwarming? [boodskap #109313 is 'n antwoord op boodskap #109235] Ma, 27 Februarie 2006 18:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

Doen iets aan julle besoedelingsvlakke - m.i. 'n groter probleem
> is die Iraak-oorlog.

Ja, ek stem saam. Die groter probleem is
die oorlog in Irak.

Gloudina
Vorige onderwerp: Torreke / Jim Again
Volgende onderwerp: 'Excellent but depressing article from yesterday's Sunday Times'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 22:31:00 MGT 2024