Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die onlangse Kanadese verkiesing
Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108312] Vr, 27 Januarie 2006 03:32 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kanada het verlede Maandag 'n federale verkiesing gehad.
Dit is ons tweede verkiesing in minder as twee jaar. Na die
2004 verkiesing het die Liberale Party 'n minderheids-
regering gelei, en onlangs het al die ander opposisie-partye
saamgespan en hulle tot 'n val gebring. In hierdie verkiesing
het die Liberals verloor, en die Konserwatiewe Party het nou
'n skraal meerderheid. Stephen Harper, leier van die
Konserwatiewe Party, gaan in die nabye toekoms as Eerste
Minister van Kanada ingesweer word. Paul Martin, die
leier van die Liberale Party, het onmiddellik sy bedanking
ingedien, en die Liberale Party moet nou 'n nuwe leier
soek.
Ek stem Liberaal. Maar ek is nie eintlik jammer dat
die Liberale Party verloor het nie. In die afgelope jare
het Paul Martin en die kliek om hom aktief gewerk om
Jean Chretien, die vorige eerste minister, uit die saal te
lig. Daar was 'n soort van interne oorlog aan die gang
binne die Liberale Party. Nadat Chretien bedank het
en Paul Martin die eerste minister geword het, het hulle
'n hele klomp Chretien-lojaliste baie sleg behandel, en
ek was baie kwaad daaroor, het amper NDP ( National
Democratic Party) in die vorige verkiesing gestem.
Die Konserwatiewe Party was vir meer as tien
jaar onmagtig om aan bewind te kom. Na hulle baie
sleg in 1993 verloor het, het die ou Konserwatiewe
Party opgesplits in drie onderdele: die Reform Party
wat meestal in Alberta sterk was, die Bloc Quebecois
uit Quebec, en dan die ander groep wat hulle nog die
Konserwatiewe Party genoem het. Onlangs het die
lede van die ou Reform Party en die ander arm van
die Konserwatiewe Party egter saamgesmelt, en dié
party het hierdie keer 'n klein meerderheid gekry.
Hulle het vir die eerste keer weer setels in Quebec,
en die hoop is dat hulle 'n teenwig vir die separatiste
in Quebec gaan wees. Die Liberals het sleg in Quebec
verloor, hoofsaaklik as gevolg van 'n paar skandale
wat almal te doen gehad het met die geveg tussen
die federaliste en separatiste in Quebec, en hoe van
die belastingbetalers se geld deur gewetenlose
Quebec Liberals gebruik is om die mense in Quebec
om te koop om nee te sê vir die Separatiste.
Die vrees by baie Kanadese was dat die nuwe
regerende party te groot pals sou wees met George
Bush. Maar vandag het Stephen Harper alreeds die
Amerikaanse Ambassadeur oor die vingers getik
omdat hy dit durf waag het om te sê dat die North-
west Passage internasionale waters is. Kanada
staan daarop dat die Northwest Passage Kanadese
bodem is.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108317 is 'n antwoord op boodskap #108312] Vr, 27 Januarie 2006 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hessie skryf

> NDP ( National
> Democratic Party)

Dit moet "New Democratic Party" wees.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108318 is 'n antwoord op boodskap #108312] Vr, 27 Januarie 2006 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir die goeie uiteensetting van die politieke gebeure daar
in Kanada. (Is daar 'n sterk beweging deur die Franse van Qubec om af
te stig?)
Wat is dit dat ek nooit opgewonde kan raak oor die politiek in Kanada
nie? Dit is waarskynlik so aangesien daar nie werklik saakmakende
(aardskuddende) twispunte is nie.
Vraag - steur Amerika (Bush ingeslote) hulle enigsins aan Kanada? Ek
kry die indruk hulle verdra die meningsverskille van Kanada bloot om
goeie buurmanskap te behou. (Dit sal interessant wees om die verhouding
VSA vs Kanada te vergelyk met VSA vs Meksiko.)
Ek het familie in Kanada wat nou redelik lank daar is maar steeds in
Afrikaans met die familie wil kommunikeer. Een van hul grootste
taalprobleme is die woordeskat. Jy praat byvoorbeeld van "opgesplits"
- ek ken dit nie. Andersins Anti doen jy die Afrikaanse taal trots, en
soos my skoolhoof op my rapport geskryf het as die resultate goed was -
"doen so voort".
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108319 is 'n antwoord op boodskap #108318] Vr, 27 Januarie 2006 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

(Is daar 'n sterk beweging deur die Franse van Qubec om af
> te stig?)
> Wat is dit dat ek nooit opgewonde kan raak oor die politiek in Kanada
> nie? Dit is waarskynlik so aangesien daar nie werklik saakmakende
> (aardskuddende) twispunte is nie.

Wel, die separatistiese beweging in Quebec was aan
die doodgaan, toe kom daar 'n klomp skandale oor
die belastingbetalers se geld wat die federaliste in
Ottawa
in die sakke van advertensie-besighede geplaas het vir
advertensies om die nee of ja stemme in die laaste
referendum oor afskeiding te beinvloed. Toe bloei die
Bloc se populariteit weer. Maar ek twyfel of die mense
van Quebec ooit vir afskeiding sal stem. Hulle wil net
meer beheer hê oor hulle eie sake, d.w.s. oor belasting
en hoe hulle hulle skole en hospitale befonds, en so
meer. Harper het belowe om meer kragte aan ALLE
provinsies te gee, en magte van die federale regering
te verminder. Dit is 'n oplossing. Daar is gedurig in
Kanada stremming tussen die federale regering en
die provinsiale regerings. ( Onthou, ons provinsies
is meer soos die Amerikaanse state, en beweeg
nou meer en meer in daardie rigting.)
Kanadese politiek mag boring wees, maar hulle
steek hulle nekke nou en dan uit. Dit was byvoorbeeld
onder Kanada se aandrang dat SA uit die Commonwealth
uitgeskop is in die sestigerjare van die vorige eeu.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108320 is 'n antwoord op boodskap #108318] Vr, 27 Januarie 2006 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Vraag - steur Amerika (Bush ingeslote) hulle enigsins aan Kanada? Ek
> kry die indruk hulle verdra die meningsverskille van Kanada bloot om
> goeie buurmanskap te behou. (Dit sal interessant wees om die verhouding
> VSA vs Kanada te vergelyk met VSA vs Meksiko.)

Die Amerikaners is gewoonlik vreeslik hooghartig
oor enigiets waar Kanada durf verskil van die VSA.
( Liberals is gewoonlik meer nasionalisties en stem
nie maklik saam met die VSA nie. Conservatives
hou van die Republikeine.) Bush was vreeslik
opgewonde toe Kanada weier om in Irak te veg.
Die vorige Amerikaanse ambassadeur het
alle soorte bedekte dreigemente gemaak, maar
Chretien het hom nie daaraan gesteur nie. Die
Amerikaners moet natuurlik oppas dat hulle nie
hulle bekke verby praat nie. Want hulle maak
staat op ons grondstowwe: hout, olie, water,
ensovoorts. Ons is, after all, wat oppervlakte
betref, groter as hulle.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108321 is 'n antwoord op boodskap #108318] Vr, 27 Januarie 2006 15:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Ek het familie in Kanada wat nou redelik lank daar is maar steeds in
> Afrikaans met die familie wil kommunikeer. Een van hul grootste
> taalprobleme is die woordeskat. Jy praat byvoorbeeld van "opgesplits"
> - ek ken dit nie.

Die "opgesplits" is doodgewoon 'n anglisisme,
alhoewel ek dink dat my pa dit gebruik het, en
hy was nie Engels magtig nie. Ek dink nie
hy sou "kloof" gebruik het nie.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108329 is 'n antwoord op boodskap #108320] Sa, 28 Januarie 2006 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1138376799.088624.237420@z14g2000cwz.googlegroups.com.. .
> Die Amerikaners is gewoonlik vreeslik hooghartig
> oor enigiets waar Kanada durf verskil van die VSA. -----------met rede?
> Bush was vreeslik
> opgewonde toe Kanada weier om in Irak te veg. -----------weer met rede want hy het verwag hierdie mense is sy bondgenote?
> Die vorige Amerikaanse ambassadeur het
> alle soorte bedekte dreigemente gemaak, maar
> Chretien het hom nie daaraan gesteur nie. -----------en waar is hy nou?
> Amerikaners moet natuurlik oppas dat hulle nie
> hulle bekke verby praat nie. Want hulle maak
> staat op ons grondstowwe: hout, olie, water,
> ensovoorts.
-----------en julle hele ekonomie hang af van die geld wat die Amerikaners
julle vir daai goed betaal. Wat dink jy sal gebeur as die Amerikaners
ander bronne vir julle produkte kry en hul grense vir julle sluit?
Ghoebaai Kanada. Verstaan jy nie die begrip venootskap nie?
Ons is, after all, wat oppervlakte
> betref, groter as hulle.
------------dis nie al nie, in bek ook want prata-prata die kan julle goed
doen.
>
> Gloudina
>
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108331 is 'n antwoord op boodskap #108329] Sa, 28 Januarie 2006 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> -----------en julle hele ekonomie hang af van die geld wat die Amerikaners
> julle vir daai goed betaal.

Jy is vrééslik naief. Word wakker in die 21ste
eeu. Sjina is nou die beste aankoper van
enigiets wat ons bied. Hulle sit en wag om
Kanadese maatskappye oor te neem as dit
enigsins op die mark is.

Gloudina
Re: Die onlangse Kanadese verkiesing [boodskap #108367 is 'n antwoord op boodskap #108331] Ma, 30 Januarie 2006 07:48 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou sit ek en wonder weer wie is die naiewe een! As die Sjinese gereed is
om jou land se ekonomie oor te neem, dan behoort jy juis bekommerd te wees
want jou eie mense is nie so lekker nie. Die Sjinese koop alle soorte van
twak en dring in in alle lande amper soos wat die Jode gemaak het in
Duitsland tot Hitler seep van hulle probeer kook het. Glo my, julle
behoort op julle knieë te staan en dankie roep vir die VSA dat hulle bereid
is om julle goed te koop.......of sal jy hou van 'n skrefies-oog nageslag?
Nie dit jou sal pla nie...........soort soek soort.
"Hessie" wrote in message
news:1138451875.020686.52670@g44g2000cwa.googlegroups.com...

Suidwester skryf

> -----------en julle hele ekonomie hang af van die geld wat die Amerikaners
> julle vir daai goed betaal.

Jy is vrééslik naief. Word wakker in die 21ste
eeu. Sjina is nou die beste aankoper van
enigiets wat ons bied. Hulle sit en wag om
Kanadese maatskappye oor te neem as dit
enigsins op die mark is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Moefti-grootaanval op webstek Jyllands-Posten (Mo-prenten)
Volgende onderwerp: Vertalings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 17:31:40 MGT 2024