Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar's die biltong?
Waar's die biltong? [boodskap #108295] Do, 26 Januarie 2006 05:01 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien die Suidwesters het tot op hede baie goeie reens gehad.
Klaarblyklik verlede jaar - nou maar waar is die biltong Suidwester?

(Hier's 'n mooi foto van 'n donderstorm oor Windhoek -
http://www.republikein.com.na/ )
Re: Waar's die biltong? [boodskap #108298 is 'n antwoord op boodskap #108295] Do, 26 Januarie 2006 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jou lyne is effens gekruis....dit reën sedert laas jaar en nou nog erg baie
in ons droë land en ons almal is ewig dankbaar...ook die bokke ook wat nou
lekker gras gaan hê en hups raak en dan klein bokkies maak sodat daar vir
volgende WINTER weer meer wild is sodat 'n bok of twee gevat kan word vir
biltong. Jy maak net biltong in die winter [as jy dit natuurlik maak en
nie forseer in 'n kas nie]. Daar is nog 'n rede ook, en dit is dat
wildsvleis in die somer gevaarlik vir die mens kan wees wat hom slag. As
hy 'n stukkende plek aan sy hande het en die bloed kom daarin, lê 'n pynlike
tydjie vir hom voor.
So, die reën laat nie die biltongbome summier bot nie! Maar ons het
hoop vir die komende winter as jy sien hoe die springbokke so op die veld
met sulke drillende boudjies windgat wegdraf van jou kameralens af.....

"Jonas" wrote in message news:1138251711.864617.12190@g44g2000cwa.googlegroups.com...
> Ek sien die Suidwesters het tot op hede baie goeie reens gehad.
> Klaarblyklik verlede jaar - nou maar waar is die biltong Suidwester?
>
> (Hier's 'n mooi foto van 'n donderstorm oor Windhoek -
> http://www.republikein.com.na/ )
>
Re: Waar's die biltong? [boodskap #108299 is 'n antwoord op boodskap #108295] Do, 26 Januarie 2006 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

- nou maar waar is die biltong Suidwester?

Het onlangs lekker biltong ge-eet wat in Toronto
gemaak word. Mens kan ook boerewors daar kry,
en "Ouma" beskuit ( maar dit was effens hard, seker
omdat dit van SA ingevoer was.) Ons dogter het
ook vir ons Mrs. Ball's Chutney gebring. ( Maar
ek is geen groot liefhebber daarvan nie. Dis te
soet. Die eerste twee bestandele daarvan is
suiker en water, en dan eers perskes. Hoekom
dink almal alle Suid-Afrikaners hou van Mrs. Balls?
Ek het nie daarmee grootgeword nie. Ek dink nie
dit was op die tafels van die koshuise in Stellenbosch
nie. Waar kom hierdie predileksie vandaan?)
Ons drink nou byna uitsluitlik rooibostee. Ek
hoef nie eens meer die duur goed in ons Health Food
Store te gaan koop nie. Ons lokale kruidenier verkoop
dit vir dieselfde prys as al die ander herbale teë. Ek
vra weer, as rooibostee nou net in so 'n klein deeltjie
van Kaapland verbou kan word, hoekom kan die
hele wereld nou skielik rooibostee drink?)

Gloudina
Re: Waar's die biltong? [boodskap #108301 is 'n antwoord op boodskap #108299] Do, 26 Januarie 2006 17:01 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1138283972.534136.36070@f14g2000cwb.googlegroups.com...

Jonas skryf

- nou maar waar is die biltong Suidwester?

Het onlangs lekker biltong ge-eet wat in Toronto
gemaak word. Mens kan ook boerewors daar kry,

---daar's biltong en biltong en so met boerewors ook. Dit sal interessant
wees vir 'n woestynrot soos ek om die biltong en wors te proe wat in die
buiteland gemaak word. Die proses vir beide is relatief eenvoudig en dit
kan sekerlik in enige deel van die wêreld gemaak word, maar die groot
bepalende faktor is die smaak van die vleis. Die kos wat die diere eet,
bepaal die smaak. So kan jy in die noorde van ons land [wat 'n hoër
reenval het as die suide van die land] waar jy meer bosveld kry, vind dat
skaapvleis nie naastenby so lekker is as wat uit die droeër deel in die
suide nie. 'n Ander ding is dat diere wat op relatief klein plase [plotte]
meerendeels gevoer word, se vleis nie naastenby die smaak het as 'n dier wat
op groot veld loop en natuurlik vreet nie.
Dan is daar natuurlik die hantering van die dier na hy geslag is. 'n
Dier wat behoorlik gebloei is, se vleis is 'n rooi-rooi kleur en as dit
rypgemaak word ['n moet vir die ou wat smaak wil hê], dan word daai rooi 'n
donker-rooi. Die biltong van sulke vleis is amper swart. Vleis wat so
'n pienk-rooi kleur het, is heel moontlik diere wat nie behoorlik gebloei is
nie en sy biltong het so 'n rooi skynsel in van die gedroogde bloed
tussen-in.
Boerewors se smaak is ook van die vleis se kwaliteit afhanklik, maar
omdat 'n derm gestop word en die mense sommer hart, longe en poepol so
tussenin maal om meer volume te kry, is werklik goeie boerewors eintlik
skaars. Dis nou wors sonder stukkies sening in.
Daar is 'n slaghuis in Pretoria in Groenkloof wat moerse kwaliteit wors
maak, blykbaar getoets by SABS om minder as 23% vet in te hê en die ou
gebruik ook net agterkwart in sy wors.
Vorige onderwerp: Re: I CANNOT BELIEVE THIS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Volgende onderwerp: Laten we maar een gemeenschappelijk-westers internet-portaal tegen de migratie scheppen om directe anti-PC demokratie uit te oefenen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 01:57:25 MGT 2024