Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Fiets vs Motor
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108276] Ma, 23 Januarie 2006 06:59 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet hulle fietsryreëls maak dieselfde as voetganger-reëls, nl om
altyd te beweeg in die rigting van aankomende verkeer. -
Gaan ietwat van 'n gemors wees by interseksies, maar dit is al klaar 'n
gemors - ten minste het die fietsryer 'n kans om die dood in die gesig te
staar, en nie onverwags van agter af bygekom te word nie:)))

Hier innie Kaap is dit die meeste fietsryers se mode om nooit by 'n
stopstraat of 'n rooi verkeerslig te stop nie.
Aangesien die AmaKombi's dieselfde selfopgelegde verkeersreël toepas by
stopstrate, en selfs soms by verkeersligte, is daar nogal dikwels verskil
van opinie wie verkeerdelik die "reg" het om te ry.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:f8KdnbIWv8lk60neRVn-gA@is.co.za...
> Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
> van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
> aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
> getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
> nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
> dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
> die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar getref
> het.
> Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
> party? Oor die algemeen is dit die fietsryer en ek sou reken hulle kan nie
> net sommermeer aanvaar dat as hulle op teen die kant bly, daar vir hulle
> geen gevaar gaan wees nie. Sou die motor by die spoedgrens hou en teen
> 120km/u beweeg, dan beweeg dit maklik oor die 80vt/sekonde vorentoe. As
> daar skielik 'n verandering in die posisie van die fietsryer op die kant
> kom, kan die motoris eintlik niks doen nie....en almal weet van die
> heen-en-weer aksie van 'n fietsryer as hy hard begin trap.
> Dan is daar natuurlik ook die geval van waar die motoris voorstu op die
> pad teen sy 120km/u. Aan sy regterkant is die wit streep en aan die
> linkerkant is daar die string fietsryers. Van voor af kom 'n ander
> voertuig aan [dalk 'n bakkie of vragmotor?] wat grotoer as die normaal is en
> nou moet hy tussen die aankomende voertuig en die fietsryers deur. Watter
> een sal jy kies om jou kans teen te vat? Die fietsryers natuurlik!
> Op ons land se plattelandse paaie is hierdie eintlik nie 'n probleem
> nie want die fietsryers oor die algemeen is nie besig met ontspanning nie -
> hy is besig om homself te vervoer van een plek na die ander toe. Hoor
> hulle 'n motor aankom, dan trek hulle of af van die pad af sodat die motor
> verby kan kom, of so nie ry hulle op die skouer van die pad en hou hulle so
> maer moontlik.
> In die stede onstaan die probleem egter van onspanningsryers wat heel
> moontlik ook motoreienaars is, en daarom glo dat die fietsryer ook 'n
> betaalde reg op die openbare paaie het en daarom moet die motoriste hulle
> plek op die pad ken. Die groot vraag is nou of die fietsryer werklik 'n
> betaalde reg op openbare paaie het? Sover ek weet betaal 'n fietsryer sy
> lisensie aan die plaaslike munisipaliteit om sy fiets in daardie munisipale
> gebied te mag ry. Geld daardie lisensie ook vir openbare paaie? Sou dit
> redelik wees om te verwag dat 'n fietsryer wat op openbare paaie wil ry, sy
> fiets se padwaardigheid moet kry asook 'n lisensie vir homself as trapper
> wat hom bewus sal maak van die verkeersreëls asook die feit dat die
> motorvoertuie baie groter en gevaarliker is en dat hy kan seerkry as hy nie
> voorsorg tref en uit die voertuie se pad kom nie?
>
Re: Fiets vs Motor [boodskap #108281 is 'n antwoord op boodskap #108276] Ma, 23 Januarie 2006 10:39 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weet jy wat irriteer my grensloos deesdae? Die gewoonte van baie, baie
motoriste om halflyf oor 'n stopstraat te jaag en dan te stop. Ek skrik my
elke keer bevange...

"Annette" skryf in boodskap news:dNydnRz9qZF_40neRVn-gw@is.co.za...
> Miskien moet hulle fietsryreëls maak dieselfde as voetganger-reëls, nl om
> altyd te beweeg in die rigting van aankomende verkeer. -
> Gaan ietwat van 'n gemors wees by interseksies, maar dit is al klaar 'n
> gemors - ten minste het die fietsryer 'n kans om die dood in die gesig te
> staar, en nie onverwags van agter af bygekom te word nie:)))
>
> Hier innie Kaap is dit die meeste fietsryers se mode om nooit by 'n
> stopstraat of 'n rooi verkeerslig te stop nie.
> Aangesien die AmaKombi's dieselfde selfopgelegde verkeersreël toepas by
> stopstrate, en selfs soms by verkeersligte, is daar nogal dikwels verskil
> van opinie wie verkeerdelik die "reg" het om te ry.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:f8KdnbIWv8lk60neRVn-gA@is.co.za...
>> Ek lees in Beeld vanoggend van 'n vrou op 'n fiets wat deur die kantspieël
>> van 'n motor getref is. Sy't 'n plot gekoop op die pad en die motoris het
>> aangery, hoog die moer in oor die kantspieël [wat die fiets se handvatsel
>> getref het] wat stukkend was. Die motoris reken natuurlik dat die fietse
>> nie aan die kant van die pad bly nie en die fietsryers reken natuurlik weer
>> dat hulle ook 'n reg op die pad het en dat die motors onverdraagsaam is met
>> die fietsryers.....hulle hêt in enkel gelid gery toe die motor haar getref
>> het.
>> Beide kante het 'n saak, tog vra mens die vraag van wie is die lydende
>> party? Oor die algemeen is dit die fietsryer en ek sou reken hulle kan nie
>> net sommermeer aanvaar dat as hulle op teen die kant bly, daar vir hulle
>> geen gevaar gaan wees nie. Sou die motor by die spoedgrens hou en teen
>> 120km/u beweeg, dan beweeg dit maklik oor die 80vt/sekonde vorentoe. As
>> daar skielik 'n verandering in die posisie van die fietsryer op die kant
>> kom, kan die motoris eintlik niks doen nie....en almal weet van die
>> heen-en-weer aksie van 'n fietsryer as hy hard begin trap.
>> Dan is daar natuurlik ook die geval van waar die motoris voorstu op die
>> pad teen sy 120km/u. Aan sy regterkant is die wit streep en aan die
>> linkerkant is daar die string fietsryers. Van voor af kom 'n ander
>> voertuig aan [dalk 'n bakkie of vragmotor?] wat grotoer as die normaal is en
>> nou moet hy tussen die aankomende voertuig en die fietsryers deur. Watter
>> een sal jy kies om jou kans teen te vat? Die fietsryers natuurlik!
>> Op ons land se plattelandse paaie is hierdie eintlik nie 'n probleem
>> nie want die fietsryers oor die algemeen is nie besig met ontspanning nie -
>> hy is besig om homself te vervoer van een plek na die ander toe. Hoor
>> hulle 'n motor aankom, dan trek hulle of af van die pad af sodat die motor
>> verby kan kom, of so nie ry hulle op die skouer van die pad en hou hulle so
>> maer moontlik.
>> In die stede onstaan die probleem egter van onspanningsryers wat heel
>> moontlik ook motoreienaars is, en daarom glo dat die fietsryer ook 'n
>> betaalde reg op die openbare paaie het en daarom moet die motoriste hulle
>> plek op die pad ken. Die groot vraag is nou of die fietsryer werklik 'n
>> betaalde reg op openbare paaie het? Sover ek weet betaal 'n fietsryer sy
>> lisensie aan die plaaslike munisipaliteit om sy fiets in daardie munisipale
>> gebied te mag ry. Geld daardie lisensie ook vir openbare paaie? Sou dit
>> redelik wees om te verwag dat 'n fietsryer wat op openbare paaie wil ry, sy
>> fiets se padwaardigheid moet kry asook 'n lisensie vir homself as trapper
>> wat hom bewus sal maak van die verkeersreëls asook die feit dat die
>> motorvoertuie baie groter en gevaarliker is en dat hy kan seerkry as hy nie
>> voorsorg tref en uit die voertuie se pad kom nie?
>
Vorige onderwerp: Kaapstad deurmekaar
Volgende onderwerp: Treurmare deur voort in Australie"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:12:04 MGT 2024