Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vriende afrikaans
vriende afrikaans [boodskap #107773] Ma, 12 Desember 2005 21:51 na volgende boodskap
Wolf[2]  is tans af-lyn  Wolf[2]
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Hi julle almal.Hoop die vakansie guur byt almal.Ek het n groep begin,
vir die wat belangstel!

Los al jou skole en colleges ens daarop en dalk reply iemand wat jy ken
en dan kan ons almal chat oor die ou dae.Hoop om van julle te hoor

Ta ta
Re: vriende afrikaans [boodskap #107774 is 'n antwoord op boodskap #107773] Ma, 12 Desember 2005 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wolf" skryf

Hoop die vakansie guur byt almal.
dalk reply iemand wat jy ken
> en dan kan ons almal chat oor die ou dae.

Nou neef, kan jy my bietjie verduidelik wat
jy bedoel met die "vakansie GUUR " wat dan
nou hopelik vir my sal byt. Gewoonlik is
my vakansie nie guur nie. "Guur" het 'n slegte
betekenis. Soms is ons weer guur hier, en soms
is daar gure omstandighede, maar vakansies is
gewoonlik nie guur nie. Miskien bedoel jy
die vakansie "gier " sal my byt?

Nog 'n ander ding, neef. Jou opskrif is
"vriende afrikaans." Kan jy my sê of dit 'n
soort fanagalo-afrikaans is, want ek merk
op dat jy die rooitaal kwistig tussen jou
afrikaans in besig.

Nog 'n ander ding, Wolfie. Ek wil nou nie
voorbarig wees nie, maar wanneer ek swak
Afrikaans op hierdie nuusgroep sien, en baie
Engelse woorde tussenin, dan kan ek amper
seker wees dat jou politiek baie na regs is,
en dan jy net knaend oor die "ou dae" wil
gesels. "Ou dae" is natuurlik 'n ander manier
om te verwys na die apartheid diktatorskap.

Penkop van die Derde Republiek
Re: vriende afrikaans [boodskap #107776 is 'n antwoord op boodskap #107774] Di, 13 Desember 2005 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolf[2]  is tans af-lyn  Wolf[2]
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Dit is eintlik vir my so hartseer om te sien dat mense net fout probeer
vind in als.
Eks nie seker of jy probeer kritiseer of help nie.As jy probeer help
het, baie dankie.
My afrikaans is nie so goed nie, ek weet dit.Maar moet my nie weg jaag
net omdat ek bietjie sukkel met my taal nie, ek wil saam julle gesels.
Ek is nie jare soos julle op afrikaans nie.

Totsiens
Re: vriende afrikaans [boodskap #107786 is 'n antwoord op boodskap #107776] Di, 13 Desember 2005 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moenie dat die ou beenbek jou te veel ontstel nie. Lees haar goed en jy
sal sien dat sy ook maar nie te suiwer is nie, maar praat die praat sy!
Net soos die feit dat sy eintlik 'n aartsrassis is, maar sy beskuldig ander
mense daarvan.
"Wolf" wrote in message
news:1134457403.713714.134720@g44g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Dit is eintlik vir my so hartseer om te sien dat mense net fout probeer
> vind in als.
> Eks nie seker of jy probeer kritiseer of help nie.As jy probeer help
> het, baie dankie.
> My afrikaans is nie so goed nie, ek weet dit.Maar moet my nie weg jaag
> net omdat ek bietjie sukkel met my taal nie, ek wil saam julle gesels.
> Ek is nie jare soos julle op afrikaans nie.
>
> Totsiens
>
Re: vriende afrikaans [boodskap #107795 is 'n antwoord op boodskap #107776] Di, 13 Desember 2005 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Wolf" skryf

> Ek is nie jare soos julle op afrikaans nie.

Wat bedoel jy? Is jy dan nie Afrikaans-sprekend
nie? Het jy na 'n Engelse skool gegaan? As ek
te gou gepraat het, vra ek om verskoning.

Gloudina
Re: vriende afrikaans [boodskap #107846 is 'n antwoord op boodskap #107774] Wo, 14 Desember 2005 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:N5adnScmH-tFYADenZ2dnUVZ_tadnZ2d@rogers.com...
>
> "Wolf" skryf
>
> Hoop die vakansie guur byt almal.
> dalk reply iemand wat jy ken
>> en dan kan ons almal chat oor die ou dae.
>
> Nou neef, kan jy my bietjie verduidelik wat
> jy bedoel met die "vakansie GUUR " wat dan
> nou hopelik vir my sal byt. Gewoonlik is
> my vakansie nie guur nie. "Guur" het 'n slegte
> betekenis. Soms is ons weer guur hier, en soms
> is daar gure omstandighede, maar vakansies is
> gewoonlik nie guur nie. Miskien bedoel jy
> die vakansie "gier " sal my byt?
>
> Nog 'n ander ding, neef. Jou opskrif is
> "vriende afrikaans." Kan jy my sê of dit 'n
> soort fanagalo-afrikaans is, want ek merk
> op dat jy die rooitaal kwistig tussen jou
> afrikaans in besig.
>
> Nog 'n ander ding, Wolfie. Ek wil nou nie
> voorbarig wees nie, maar wanneer ek swak
> Afrikaans op hierdie nuusgroep sien, en baie
> Engelse woorde tussenin, dan kan ek amper
> seker wees dat jou politiek baie na regs is,
> en dan jy net knaend oor die "ou dae" wil
> gesels. "Ou dae" is natuurlik 'n ander manier
> om te verwys na die apartheid diktatorskap.

Sê (1) die ridder vir Afrikaans, (2) die held van die land, (3) die stryder
vir agtergeblewenes - wat (1) nie Afrikaans in haar huis wil praat nie, (2)
in Kanada woon en (3) net gal braak oor apartheid, sonder om iets daaraan te
doen.

Dis nogals sad...

Basjan
Re: vriende afrikaans [boodskap #107849 is 'n antwoord op boodskap #107846] Wo, 14 Desember 2005 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Sê (1) die ridder vir Afrikaans, (2) die held van die land, (3) die stryder
> vir agtergeblewenes - wat (1) nie Afrikaans in haar huis wil praat nie, (2)
> in Kanada woon en (3) net gal braak oor apartheid, sonder om iets daaraan te
> doen.

Dit is treurig dat jy daar in jou koutjie in Europa
sit en kekkel en kraai, en dinge verdraai. Ek praat
Afrikaans in my huis met dié mense wat Afrikaans
met my wil praat. Hoekom moet 'n ridder VIR
Afrikaans noodwendig in SA sit? Hoekom klink
dit of jy dink 'n stryder vir agtergeblewenes is 'n
slegte ding?. Of is jou gebruik van die woord
"agtergeblewenes" maar net 'n eufemisme vir
die woord "kaffer" ?
En verskoon my, ek het iets aan apartheid
gedoen. Ek het deur my dade in SA dit duidelik
gemaak dat ek dink dis uit die bose, en het
my baie goeie akademiese agtergrond en
professionele opleiding aangebied aan dié
deel van die bevolking wat verontreg en
mishandel is. Dis daarom, liewe Basjan,
dat een van my studente die hoofregter is
in SA, en 'n ander, 'n vrou, 'n minister in die
sentrale regering. Wat het jy gedoen?

Gloudina
Re: vriende afrikaans [boodskap #107880 is 'n antwoord op boodskap #107849] Do, 15 Desember 2005 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:t46dnQfP4O8Soj3enZ2dnUVZ_t6dnZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Sê (1) die ridder vir Afrikaans, (2) die held van die land, (3) die stryder
>> vir agtergeblewenes - wat (1) nie Afrikaans in haar huis wil praat nie, (2)
>> in Kanada woon en (3) net gal braak oor apartheid, sonder om iets daaraan te
>> doen.
>
> Dit is treurig dat jy daar in jou koutjie in Europa
> sit en kekkel en kraai, en dinge verdraai. Ek praat
> Afrikaans in my huis met dié mense wat Afrikaans
> met my wil praat.

Sad...

> Hoekom klink
> dit of jy dink 'n stryder vir agtergeblewenes is 'n
> slegte ding?.

Glad nie, ek stel net dat jou woorde en dade nie ooreenstem nie.

> Of is jou gebruik van die woord
> "agtergeblewenes" maar net 'n eufemisme vir
> die woord "kaffer" ?

Shame, 'n lae, ongegronde en totaal-uit-die-kol hou...

> En verskoon my, ek het iets aan apartheid
> gedoen. Ek het deur my dade in SA dit duidelik
> gemaak dat ek dink dis uit die bose, en het
> my baie goeie akademiese agtergrond en
> professionele opleiding aangebied aan dié
> deel van die bevolking wat verontreg en
> mishandel is.

Totdat dit jou gepas het...

> Dis daarom, liewe Basjan,
> dat een van my studente die hoofregter is
> in SA, en 'n ander, 'n vrou, 'n minister in die
> sentrale regering. Wat het jy gedoen?

En ek neem aan jy wil dit op jou CV sit, of is jy bereid om te erken dat
hulle op EIE stoom daar gekom het? Jy brêg asof jy die stimulus was!

Ek het en doen vele klein dingestjies, o.a. opleiding, maar dit gesê, ek
maak nie so baie wilde, ongegronde stellinge soos jy nie.

Groete aan sproete!

Basjan
Re: vriende afrikaans [boodskap #107891 is 'n antwoord op boodskap #107880] Do, 15 Desember 2005 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>> Of is jou gebruik van die woord
>> "agtergeblewenes" maar net 'n eufemisme vir
>> die woord "kaffer" ?
>
> Shame, 'n lae, ongegronde en totaal-uit-die-kol hou...

Nee, glad nie. Ek mer dat die woord "agtergeblewene"
nou in die mond van sekere Afrikaners 'n minagtende spot-
woord geword het. Soos in "my agtergeblewene sal gou-
gou vir ons koffie skink en dan kan ons verder praat. "
Of " ek het vanoggend 'n agtergeblewene gekry om in
die tuin te werk."

Gloudina
Re: vriende afrikaans [boodskap #107901 is 'n antwoord op boodskap #107891] Vr, 16 Desember 2005 12:31 Na vorige boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:SKqdncSvypc99DzeRVn-gA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Of is jou gebruik van die woord
>>> "agtergeblewenes" maar net 'n eufemisme vir
>>> die woord "kaffer" ?

>> Shame, 'n lae, ongegronde en totaal-uit-die-kol hou...
>
> Nee, glad nie. Ek mer dat die woord "agtergeblewene"
> nou in die mond van sekere Afrikaners 'n minagtende spot-
> woord geword het. Soos in "my agtergeblewene sal gou-
> gou vir ons koffie skink en dan kan ons verder praat. "
> Of " ek het vanoggend 'n agtergeblewene gekry om in
> die tuin te werk."
>
> Gloudina

Ek dink mens kan "agtergeblewene" in konteks as "previously disadvantaged"
vertaal, m.a.w. nie "nikswerd" nie, maar agtergeblewe i.t.v. vooruitgang.

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Op algemeen wens is de zuid-afrikaanse vlag op...
Volgende onderwerp: Re: Capetonian language
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 00:28:46 MGT 2024