Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: School tries to keep Afrikaans-only status
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107606] So, 04 Desember 2005 15:56 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Chris Potgieter" skryf

> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
> hier:

Chris, ou neef, laat ek jou nou vertel hoekom "jou" taal en kultuur
in die kakhuis is:
(1) Jy, Chris Potgieter, doen nie eens die moeite om 'n stuk
oor die onderwerp IN AFRIKAANS op hierdie
AFRIKAANSE nuusgroep te pos nie. Jy, Chris Potgieter,
is 'n verraaier van die Afrikaanse taal.
(2) Jy, Chris Potgieter, doen nie eens die moeite om na
jou Afrikaanse sinskonstruksie te kyk en Afrikaans
minimaal korrek te skryf nie. Jy skryf die eerste
gedeelte van bostaande sin en maak dieselfde fout
wat my Engelssprekende leerlinge altyd gemaak
het. Wat is verkeerd met jou, Chris Potgieter?
Ek is al 39 jaar uit Suid-Afrika uit, en ek lees nog
altyd Afrikaanse koerante as ek op die internet
gaan. Ek is al 39 uit SA uit en ek skryf nog
minimaal korrekte Afrikaans. Wat is verkeerd
met jou, Chris Potgieter. Ek moet tot die
gevolgtrekking kom dat dit jy en jou maters
is wat Afrikaans in die kakhuis plaas.
Ek wonder, Chris Potgieter, of jy weet wie
Mikro was?

Gloudina
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107615 is 'n antwoord op boodskap #107606] Ma, 05 Desember 2005 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Weet hy, ons is nogal 'n klomp ruggraatlole bliksems (self ingesluit) want
ons aap die engelse so na en steek ons self weg van skaamte. Ons sien
hierdie aanvalle en ons moed sak in ons skoene. Hoe dan anders? Wie is ons
groot Afrikaanse leiers? ET-wat 'n grap? Wanneer sien jy 'n afrikaner op TV?
As hy in die hof is omdat hy iets aan iemand met 'n ander kleur gedoen het.
Die oomblik wat jy jou bek oopmaak is jy 'n rassis, nie 'n trotse Afrikaner
nie (a la Mikro). Ons hier in SA moet ernstig begin kyk na ons siening van
onsself en iets daaraan doen wat nie die waai van 'n vierkleur insluit nie.
Dalk moet ons vir iets begin staan in plaas van teen iets.

Danie

"Suidwester" skryf in boodskap news:9r2dnWbA3KcfRQ7e4p2dnA@is.co.za...
> Miskien moet jy minder stres. Die Duitsprekendes in Namibië is al van
> 1914 af in 'n land waar Afrikaans veral en ook Engels, op hulle afgedwing
> is en steeds staan die Duitse taal en kultuur sterk in ons land. Net so
> is sedert onafhanklikheid, vir die afgelope 15 jaar, Engles as enigste
> landstaal aan die hele Namibië opgedwing want die politici wil nie die
> 'apartheidstaal' praat nie, terwyl seker meer as 85% van die bevolking
> Afrikaans praat as gebruikstaal. Verengels ons? Kyk net na NBC se
> televisie en die antwoord is duidelik....ons sukkel steeds met die vreemde
> Ingelse taal. Praat met enige amptenaar Engels en slaan dan oor in
> Afrikaans, en jy sal die verligting op sy gesig sien!
> Nou kom jy, en sê vir my julle Afrikaners in SA is so swak van karakter
> dat julle toegee aan een en elke verandering wat aan julle opgedwing word?
> Jy is soos die kerke man! Jy sien spoke agter die bulte op 'n plek waar
> jy self nooit eers was nie....
> "Chris Potgieter"
> wrote in message
> news:d7d8421e9a0edcb62632eddd86c2b486@msgid.frell.theremaile r.net...
>> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
>> hier:
>
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107616 is 'n antwoord op boodskap #107606] Ma, 05 Desember 2005 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie almal van ons is so AfrikaansVerbyVerskrik nie.
Ek stem egter saam dat die nonsens moet end kry dat 'n groep ouers ( heel
moontlik teen betaling van die owerheid) hul Engels-sprekende kinders in 'n
Afrikaans-sprekende skool gaan sit, al is daar 'n dubbelmediumskool skaar
twee bloke verder weg, en dan eis dat die kinders in Engels onderrig word.
Ek stem ook saam met die ongelukkiges in Stellenbosch, wat wil keer dat
studente wat Afrikaans as 'n derdejaarvak wil neem, hul klasse moet loop in
'n dubbelmediumomgewing.

--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

"Suidwester" skryf in boodskap news:9r2dnWbA3KcfRQ7e4p2dnA@is.co.za...
> Miskien moet jy minder stres. Die Duitsprekendes in Namibië is al van 1914
> af in 'n land waar Afrikaans veral en ook Engels, op hulle afgedwing is en
> steeds staan die Duitse taal en kultuur sterk in ons land. Net so is
> sedert onafhanklikheid, vir die afgelope 15 jaar, Engles as enigste
> landstaal aan die hele Namibië opgedwing want die politici wil nie die
> 'apartheidstaal' praat nie, terwyl seker meer as 85% van die bevolking
> Afrikaans praat as gebruikstaal. Verengels ons? Kyk net na NBC se
> televisie en die antwoord is duidelik....ons sukkel steeds met die vreemde
> Ingelse taal. Praat met enige amptenaar Engels en slaan dan oor in
> Afrikaans, en jy sal die verligting op sy gesig sien!
> Nou kom jy, en sê vir my julle Afrikaners in SA is so swak van karakter
> dat julle toegee aan een en elke verandering wat aan julle opgedwing word?
> Jy is soos die kerke man! Jy sien spoke agter die bulte op 'n plek waar jy
> self nooit eers was nie....
> "Chris Potgieter"
> wrote in message
> news:d7d8421e9a0edcb62632eddd86c2b486@msgid.frell.theremaile r.net...
>> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
>> hier:
>
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107622 is 'n antwoord op boodskap #107606] Ma, 05 Desember 2005 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy minder stres. Die Duitsprekendes in Namibië is al van 1914
af in 'n land waar Afrikaans veral en ook Engels, op hulle afgedwing is en
steeds staan die Duitse taal en kultuur sterk in ons land. Net so is
sedert onafhanklikheid, vir die afgelope 15 jaar, Engles as enigste
landstaal aan die hele Namibië opgedwing want die politici wil nie die
'apartheidstaal' praat nie, terwyl seker meer as 85% van die bevolking
Afrikaans praat as gebruikstaal. Verengels ons? Kyk net na NBC se
televisie en die antwoord is duidelik....ons sukkel steeds met die vreemde
Ingelse taal. Praat met enige amptenaar Engels en slaan dan oor in
Afrikaans, en jy sal die verligting op sy gesig sien!
Nou kom jy, en sê vir my julle Afrikaners in SA is so swak van karakter
dat julle toegee aan een en elke verandering wat aan julle opgedwing word?
Jy is soos die kerke man! Jy sien spoke agter die bulte op 'n plek waar jy
self nooit eers was nie....
"Chris Potgieter"
wrote in message
news:d7d8421e9a0edcb62632eddd86c2b486@msgid.frell.theremaile r.net...
> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
> hier:
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107630 is 'n antwoord op boodskap #107616] Ma, 05 Desember 2005 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weereens vergelyk ek met Namibië. Ons amptelike landstaal is Engels en dit
maak vir my nogal sin. Die meerderheid mense in die land is
Oshiwambo-sprekend en mens kan jou maar net indink die chaos as hulle sou
aandring daarop dat dit een van die amptelike landstale moet wees. Die
internasionale medium is Engels en die meeste teksboeke is in Engels. Gaan
jy uit in die korporatiewe wêreld, dan is Engelssprekenheid sekerlik 'n
vereiste vandag. Wat is die logika om jou tegnologie in Afrikaans gedoseer
te wil kry terwyl jou teksboeke en tegniese terme in Engels geskryf staan?
Hoekom rekeningkunde leer in Afrikaans en jou rekenmeester gee jou
finansiële verslae vir jou in Engels. Weereens, ten spyte van al die
Engels in ons land, praat meeste mense tog nog steeds Afrikaans elke dag en
ver-Engels niemand nie.
Ek vind egter dat baie van die blanke Afrikaners skrikbevange is oor die
onderwerp en ek sê dit kom oor ons kultuur vasgewerk is aan die
kerk-kultuur. Jarre se bangmaakstories oor hoe jy gestraf gaan word as jy
nie luister nie en hoe die bose jou gaan oorwin, maak die blanke Afrikaner
paranoïs bang vir alles wat hom moontlik kan bedreig. So was ons bang vir
pornografie wat van ons volk verkragters gaan maak, vir vuurwapens wat ons
moordenaars gaan maak, dat Engels praat in die skool jou van jou
Afrikanerskap gaan laat vergeet. Wat die doemprofete eintlik sê, is dat
die Afrikaners 'n spul swakkelinnge is en geen karakter het nie. Nie in
staat is om te onderskei tussen goed en sleg nie. As iemand so iets vir my
persoonlik sê, dan bliksem ek hom!

"Annette" skryf in boodskap news:1aqdnVMpcueWfg7eRVn-ig@is.co.za...
> Nie almal van ons is so AfrikaansVerbyVerskrik nie.
> Ek stem egter saam dat die nonsens moet end kry dat 'n groep ouers ( heel
> moontlik teen betaling van die owerheid) hul Engels-sprekende kinders in
> 'n
> Afrikaans-sprekende skool gaan sit, al is daar 'n dubbelmediumskool skaar
> twee bloke verder weg, en dan eis dat die kinders in Engels onderrig word.
> Ek stem ook saam met die ongelukkiges in Stellenbosch, wat wil keer dat
> studente wat Afrikaans as 'n derdejaarvak wil neem, hul klasse moet loop
> in
> 'n dubbelmediumomgewing.
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107634 is 'n antwoord op boodskap #107616] Ma, 05 Desember 2005 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ek stem ook saam met die ongelukkiges in Stellenbosch, wat wil keer dat
> studente wat Afrikaans as 'n derdejaarvak wil neem, hul klasse moet loop in
> 'n dubbelmediumomgewing.

Kan jy bietjie vir my verduidelik wat die
toestand nou in Stellenbosch is?

Gloudina
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107847 is 'n antwoord op boodskap #107606] Wo, 14 Desember 2005 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:eeudne0aV7Tlkg7enZ2dnUVZ_smdnZ2d@rogers.com...
>
> "Chris Potgieter" skryf
>
>> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
>> hier:
>
> Chris, ou neef, laat ek jou nou vertel hoekom "jou" taal en kultuur
> in die kakhuis is:
> (1) Jy, Chris Potgieter, doen nie eens die moeite om 'n stuk
> oor die onderwerp IN AFRIKAANS op hierdie
> AFRIKAANSE nuusgroep te pos nie. Jy, Chris Potgieter,
> is 'n verraaier van die Afrikaanse taal.

En wat is jy, Gloudina, daar in die vreemde wat WEIER om Afrikaans te praat
in jou huis? Praat van skynheilig!

> (2) Jy, Chris Potgieter, doen nie eens die moeite om na
> jou Afrikaanse sinskonstruksie te kyk en Afrikaans
> minimaal korrek te skryf nie. Jy skryf die eerste
> gedeelte van bostaande sin en maak dieselfde fout
> wat my Engelssprekende leerlinge altyd gemaak
> het.

...en die taal sal leef en groei ook in die mond van die lewendes...

> Ek is al 39 jaar uit Suid-Afrika uit, en ek lees nog
> altyd Afrikaanse koerante as ek op die internet
> gaan. Ek is al 39 uit SA uit en ek skryf nog
> minimaal korrekte Afrikaans.

En dis fantasies om te sien wat jy vir die taal en "kultuur" beteken daar in
die koue "neder-land". Behalwe vir gediggies op 'n nuusgroep, boggerol.

Basjan
Re: School tries to keep Afrikaans-only status [boodskap #107848 is 'n antwoord op boodskap #107606] Wo, 14 Desember 2005 15:17 Na vorige boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:eeudne0aV7Tlkg7enZ2dnUVZ_smdnZ2d@rogers.com...
>
> "Chris Potgieter" skryf
>
>> Ek dink dat ons taal en kultuur is in die kakhuis.. lees maar
>> hier:
>
> Chris, ou neef, laat ek jou nou vertel hoekom "jou" taal en kultuur
> in die kakhuis is:
> (1) Jy, Chris Potgieter, doen nie eens die moeite om 'n stuk
> oor die onderwerp IN AFRIKAANS op hierdie
> AFRIKAANSE nuusgroep te pos nie. Jy, Chris Potgieter,
> is 'n verraaier van die Afrikaanse taal.

> Ens., ens., ens.

Wat ek op afstuur, Gloudina, is dat jou dade ongelukkig harder spreek as jou
woorde. Was dit maar anders, kon baie op die nuusgroep jou ernstig opgeneem
het. Nou is jy maar net nog 'n vermaaklikheid. Maar dit het seker ook
waarde!

Basjan
Vorige onderwerp: Lui wurms en die geskiedenis
Volgende onderwerp: Nieuws uit Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 01:24:10 MGT 2024