Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Politiek en somme
Politiek en somme [boodskap #107505] Wo, 30 November 2005 07:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is nie twee goed wat lekker saamsit nie;)))
Sommige provinsies weet nie eens hoeveel ambulanse hulle het nie.
Gert Coetzee in Burger Maandag 28/11/2005.

KAAPSTAD. - Ambulansdienste in sewe van die nege provinsies is waarskynlik
net so gehawend soos die provinsiale gesondheidsdienste se antwoorde op 'n
reeks parlementêre vrae daaroor.
Sê het me. Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder oor gesondheid, gesê oor
dr. Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, se antwoorde op die
DA se vrae oor ambulansdienste. Tshabalala-Msimang se inligting kom van die
provinsiale departemente.
Die DA wou weet hoeveel ambulanse en ambulansbestuurders die provinsies oor
die afgelope drie jaar gehad het en hoeveel ongelukke met en diefstalle van
ambulanse voorgekom het.
Volgens Kohler-Barnard dui die verwarrende, niksseggende en teenstrydige
antwoorde daarop dat die meeste provinsies se monitering van hul
ambulansdienste aan flarde is, of dat hulle gewoon inligting verdoesel.
"Wat ook al die geval is, dit hou onrusbarende gevolge vir pasiënte in
staatsorg in. Net die Wes-Kaap en Gauteng kon redelik volledige inligting
oor ambulansdienste gee. Sommige provinsies weet nie eens hoeveel ambulanse
hulle het nie."
Die DA bevraagteken onder meer die feit dat, volgens sy vertolking, een
ambulansongeluk in die Vrystaat in 2003 dié provinsie R7?miljoen gekos het,
terwyl 294 ongelukke Gauteng in 2002 net minder as R5?miljoen en 412
ongelukke (meer as een per dag) die Wes-Kaap in 2004 R2?miljoen uit die sak
gejaag het.
Voorts is die afgelope drie jaar, luidens die antwoorde, altesame 23
ambulanse in Kwazulu-Natal gesteel, waarvan 27 gekaap is.
"Hoe werk die gesondheidsdepartement se somme as hy 27 in 23 kan pas?" het
sy gevra.
Voorts kon Noordwes volgens Kohler-Barnard nie sê hoeveel ambulanse die
provinsie het nie. Ander provinsies kon nie inligting oor diefstalle en/of
ongelukke verskaf nie.
"Dit laat 'n mens ook wonder hoekom die Oos-Kaap - met 1?136 ambulanse, die
meeste in die land - glo geen ongeluk met een daarvan beleef het nie.
"Die Oos-Kaap se aanspraak op 1?136 ambulanse spruit daaruit dat sy 416
ambulanse die vorige jaar glo met 'n allemintige 720 aangegroei het.
"Die meeste provinsies het minder as 200 ambulanse. Sporadiese probleme oor
Oos-Kaapse ambulanse word geopper. As die syfer reg is, laat dit vrae oor
ambulansgebruik in die provinsie ontstaan," het Kohler-Barnard gesê.
Re: Politiek en somme [boodskap #107512 is 'n antwoord op boodskap #107505] Wo, 30 November 2005 11:06 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:dmjjb8$qlr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is nie twee goed wat lekker saamsit nie;)))
> Sommige provinsies weet nie eens hoeveel ambulanse hulle het nie.
> Gert Coetzee in Burger Maandag 28/11/2005.
> Volgens Kohler-Barnard dui die verwarrende, niksseggende en teenstrydige
> antwoorde daarop dat die meeste provinsies se monitering van hul
> ambulansdienste aan flarde is, of dat hulle gewoon inligting verdoesel.
> "Wat ook al die geval is, dit hou onrusbarende gevolge vir pasiënte in
> staatsorg in. Net die Wes-Kaap en Gauteng kon redelik volledige inligting
> oor ambulansdienste gee. Sommige provinsies weet nie eens hoeveel
> ambulanse
> hulle het nie."
------Dis darem die mees irriterendste ding van die nuwe bedeling, is dit
nie? Onafgesien van die politiek, daar was 'n standaard in die verlede wat
die staatsdiens gehandhaaf het en wat nou nie meer gehandhaaf word nie.
Die hospitale is 'n gemors, die polisievoertuie is 'n verleentheid. Die
diens by toonbanke is verskriklik. Die volgende keer wat ek 'n vrou agter
'n toonbank kry wat sit en eet en met vetterige vingers jou papiere hanteer
en so tussendeur die kos met jou mompel, dan gaan ek na haar baas toe en sê
my sê.....maar sal dit help?
Vorige onderwerp: Deon v/d Walt dood
Volgende onderwerp: Deon van der Walt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 22:42:15 MGT 2024