Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Loodvrye brandstof
Loodvrye brandstof [boodskap #107467] Di, 29 November 2005 04:39 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar gaan daan van 1.1.2006 geen meer brandstog met lood in verkoop word
nie.
Volgens die koerant en die radio moet die mense met motors wat van die
swaarder brandstof gebruik maak, slegs 'n klein verstelling van die tyd laat
doen, of 'n klein dingetjie laat aanbring in die enjin.

Nou wil ek by die slim mense weet wat presies verander moet word, en hoekom,
as dit sulke klein en relatiewe goedkoop verstellings verg, motoriste dit
nie jare gelede laat doen het nie, om sodoende goedkoper brandstof te
gebruik?

--
Groetnis
Annette
Re: Loodvrye brandstof [boodskap #107475 is 'n antwoord op boodskap #107467] Di, 29 November 2005 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hier by ons was die loodvrye petrol nog altyd goedkoper as die ander -
hoekom sal dit nou skielik duurder word?
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:SPCdnSNZBv4UbxbenZ2dnUVZ_tCdnZ2d@is.co.za...
> In die ou dae, as jy kus toe gekom het met jou tjorrie, dan moes jy sy
> 'taaiming retard' om te keer dat die kar nie 'ping' nie. Die rede was dat
> die lugdruk by die kus hoër is en daarom spontane ontbranding kry in die
> enjin....detonation by sy regte en erger naam. Dit beteken die brandstof
> ontplof spontaan voor die vonkprop kan vuur. Dit veroorsaak 'n baie hoër
> drukking binne die enjin en as jy lank genoeg daarmee aanhou, kan jy 'n gat
> of twee in die pistons kry. Dis hoekom jy deesdae sê 95 oktaan aan die kus
> kry en 93 oktaan in die binneland. Anders as wat die syfers sê, is 95
> oktaan 'n 'kouer' brandstof en meer bestand teen drukking en keer dat
> spontane ontbranding voorkom.
> Nou, die lood in die petrol is 'n goedkoop manier om 'n smeermiddel in
> die petrol te kry, vernaam vir die 'valve seats' van die kleppe. Dis egter
> ook 'n goedkoop manier om die oktaan op te jaag. Meeste moderne karre se
> kleppe is in elk geval hard genoeg dat die loodvrye petrol nie 'n probleem
> sal gee nie....as dit nou nie vir die detonering gaan wees nie. En dis nou
> waar die 'retard van die taaiming' inkom.....op ouer voertuie wat nie 'n
> sisteem in plek het om self te kompenseer nie.
> Daar kom egter 'n verassing vir jou, die loodvrye petrol en die LRP [lead
> replacement petrol] gaan DUURDER wees as die ou loodgoed.
> "Annette" wrote in message
> news:dmgma3$6q0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Blykbaar gaan daan van 1.1.2006 geen meer brandstog met lood in verkoop
>> word
>> nie.
>> Volgens die koerant en die radio moet die mense met motors wat van die
>> swaarder brandstof gebruik maak, slegs 'n klein verstelling van die tyd
>> laat
>> doen, of 'n klein dingetjie laat aanbring in die enjin.
>>
>> Nou wil ek by die slim mense weet wat presies verander moet word, en
>> hoekom,
>> as dit sulke klein en relatiewe goedkoop verstellings verg, motoriste dit
>> nie jare gelede laat doen het nie, om sodoende goedkoper brandstof te
>> gebruik?
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Loodvrye brandstof [boodskap #107478 is 'n antwoord op boodskap #107467] Di, 29 November 2005 08:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die ou dae, as jy kus toe gekom het met jou tjorrie, dan moes jy sy
'taaiming retard' om te keer dat die kar nie 'ping' nie. Die rede was dat
die lugdruk by die kus hoër is en daarom spontane ontbranding kry in die
enjin....detonation by sy regte en erger naam. Dit beteken die brandstof
ontplof spontaan voor die vonkprop kan vuur. Dit veroorsaak 'n baie hoër
drukking binne die enjin en as jy lank genoeg daarmee aanhou, kan jy 'n gat
of twee in die pistons kry. Dis hoekom jy deesdae sê 95 oktaan aan die kus
kry en 93 oktaan in die binneland. Anders as wat die syfers sê, is 95
oktaan 'n 'kouer' brandstof en meer bestand teen drukking en keer dat
spontane ontbranding voorkom.
Nou, die lood in die petrol is 'n goedkoop manier om 'n smeermiddel in
die petrol te kry, vernaam vir die 'valve seats' van die kleppe. Dis egter
ook 'n goedkoop manier om die oktaan op te jaag. Meeste moderne karre se
kleppe is in elk geval hard genoeg dat die loodvrye petrol nie 'n probleem
sal gee nie....as dit nou nie vir die detonering gaan wees nie. En dis nou
waar die 'retard van die taaiming' inkom.....op ouer voertuie wat nie 'n
sisteem in plek het om self te kompenseer nie.
Daar kom egter 'n verassing vir jou, die loodvrye petrol en die LRP [lead
replacement petrol] gaan DUURDER wees as die ou loodgoed.

"Annette" skryf in boodskap news:dmgma3$6q0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Blykbaar gaan daan van 1.1.2006 geen meer brandstog met lood in verkoop
> word
> nie.
> Volgens die koerant en die radio moet die mense met motors wat van die
> swaarder brandstof gebruik maak, slegs 'n klein verstelling van die tyd
> laat
> doen, of 'n klein dingetjie laat aanbring in die enjin.
>
> Nou wil ek by die slim mense weet wat presies verander moet word, en
> hoekom,
> as dit sulke klein en relatiewe goedkoop verstellings verg, motoriste dit
> nie jare gelede laat doen het nie, om sodoende goedkoper brandstof te
> gebruik?
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Loodvrye brandstof [boodskap #107483 is 'n antwoord op boodskap #107475] Di, 29 November 2005 10:05 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle het seker die mense 'n inisiatief probeer gee om loodvry te koop?
Weet jy wat? Met loodryke petrol loop jou kar beter as met loodvry.
Sekerlik werk die lood in die potlood vir karre goed? Soos ek vir jou gesê
het, smeer die lood die valve-seats in die enjin en maak dit dat die enjin
meer effektief loop. Ek het op 'n stadium 'n kar gehad wat met beide kon
loop, maar anders as by julle, kry ons vry algemeen 95 oktaan loodvry en
daarom ry jy daarmee want dit is beter vir jou kar se enjin oor die lang
termyn aangesien alles skoner bly en jy langer tussen dienste kan gaan. As
ek RSA toe gaan, dan tref die 93 loodvry jou by Kang in Botswana en dan gooi
jy eerder 93 loodpetrol wat maak dat jou kar amper 'n km verder loop op 'n
liter en veel sterker trek.
Uiteindelik dink ek die loodvrye petrol het baie voordele en die
belangrikste een is dat dit veroorsaak het dat die vervaardigers bereid was
om die nuutste enjins na die SA mark te stuur. Hierdie fensie enjins het
almal lamda sensors wat beskadig kan word deur die lood in die petrol [ook
het 'n katodiese omsetter in die uitlaatpyp om die gasse minder skadelik te
maak wat ook sy gat sien met lood in die petrol en so R6000 kos!].
Diesel moet ook van die nuwe jaar af met minder swaelinhoud beskikbaar
wees en dit het gemaak dat die nuutste diesels nou ons mark getref het.
Die normale diesels moes op 5000km gediens word omdat die roet wat die enjin
maak in die olie beland en dit op 5000 vervang moet word weens die gevaar
van 'sludging' in die enjin. Dit is as die oliekanale toepak agv die roet
en later ly die diesel aan 'n 'cholesterol-probleem'! Maar meer
interessant is die feit dat daar in SA nie prysbeheer op diesel is soos op
petrol nie. Meeste mense goi mos net sonder om te kyk. Miskien moet
hulle mooi kyk na die pryse vir 'n slag want hulle kan gerook word.....en
dis hier waar die nadeel van diesel kan inkom vir die gebruiker.
Net vir die interresantgeid: Jy moet 'n soortelyke diesel-kar meer as
150 000km ry voor jy op brandstofbesparing die verskil tussen die diesel en
die petrolkar inhaal en gelyk breek. Wie ry 'n kar vandag 150 000km?

"Annette" skryf in boodskap news:dmgsq6$ghl$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hier by ons was die loodvrye petrol nog altyd goedkoper as die ander -
> hoekom sal dit nou skielik duurder word?
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:SPCdnSNZBv4UbxbenZ2dnUVZ_tCdnZ2d@is.co.za...
>> In die ou dae, as jy kus toe gekom het met jou tjorrie, dan moes jy sy
>> 'taaiming retard' om te keer dat die kar nie 'ping' nie. Die rede was
> dat
>> die lugdruk by die kus hoër is en daarom spontane ontbranding kry in die
>> enjin....detonation by sy regte en erger naam. Dit beteken die
>> brandstof
>> ontplof spontaan voor die vonkprop kan vuur. Dit veroorsaak 'n baie
>> hoër
>> drukking binne die enjin en as jy lank genoeg daarmee aanhou, kan jy 'n
> gat
>> of twee in die pistons kry. Dis hoekom jy deesdae sê 95 oktaan aan die
> kus
>> kry en 93 oktaan in die binneland. Anders as wat die syfers sê, is 95
>> oktaan 'n 'kouer' brandstof en meer bestand teen drukking en keer dat
>> spontane ontbranding voorkom.
>> Nou, die lood in die petrol is 'n goedkoop manier om 'n smeermiddel
>> in
>> die petrol te kry, vernaam vir die 'valve seats' van die kleppe. Dis
> egter
>> ook 'n goedkoop manier om die oktaan op te jaag. Meeste moderne karre
>> se
>> kleppe is in elk geval hard genoeg dat die loodvrye petrol nie 'n
>> probleem
>> sal gee nie....as dit nou nie vir die detonering gaan wees nie. En dis
> nou
>> waar die 'retard van die taaiming' inkom.....op ouer voertuie wat nie 'n
>> sisteem in plek het om self te kompenseer nie.
>> Daar kom egter 'n verassing vir jou, die loodvrye petrol en die LRP
> [lead
>> replacement petrol] gaan DUURDER wees as die ou loodgoed.
>> "Annette" wrote in message
>> news:dmgma3$6q0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Blykbaar gaan daan van 1.1.2006 geen meer brandstog met lood in verkoop
>>> word
>>> nie.
>>> Volgens die koerant en die radio moet die mense met motors wat van die
>>> swaarder brandstof gebruik maak, slegs 'n klein verstelling van die tyd
>>> laat
>>> doen, of 'n klein dingetjie laat aanbring in die enjin.
>>>
>>> Nou wil ek by die slim mense weet wat presies verander moet word, en
>>> hoekom,
>>> as dit sulke klein en relatiewe goedkoop verstellings verg, motoriste
> dit
>>> nie jare gelede laat doen het nie, om sodoende goedkoper brandstof te
>>> gebruik?
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>>>
>>>


>
Vorige onderwerp: Eish regtig moelik om te verstaan
Volgende onderwerp: Nujoma-paniek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 21:40:13 MGT 2024