Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sement en die RSA
Sement en die RSA [boodskap #107421 is 'n antwoord op boodskap #107427] Vr, 25 November 2005 08:30 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons in Namibië is 'n stryd aan die gang wat skrik vir niks nie.
Sement se prys was op 'n kol so hoog soos R54 per sak aan ons kus en die
sement kom uit SA. Onlangs het 'n Namibiese groep begin om skeepsvragte
sement in te voer uit Brasilië teen 'n heelwat beter prys. Skielik verlaag
Holcim uit SA hulle prys en kan jy nou 'n sak SA sement uit SA aan ons kus
vir so min as R24,50 koop. Terwyl die publiek die moer in die spulletjie
aanskou en wonder hoe kan 'n produk se prys met die helfte verlaag word.
Dan het die maatskappy mos nog al die tyd die publiek gerook?
Toe kom die rede: Holcim wil keer dat die nuwe maatskappy met sy
ingevoerde sement 'n markaandeel kry in ons land en met die verlaagde prys,
wil hy dit vir hulle onmoontlik maak om sement ekonomies in te voer. Plus
natuurlik die stories wat versprei word deur die agente van hoe swak die
oorsese sement dan nou sou wees. Dit maak dit vir die mense in die
konstruksiebedryf baie moeilik. Die argitek wat die gebou ontwerp wil nie
defekte hê nie en die kontrakteur wil nie kanse vat met defekte nie want dit
is vir sy rekening. Die 'bottom line' is dat hulle aandring dat by die
erkende produk gehou moet word en dit beteken dat Holcim se monopolie in die
land bly voortbestaan.
Nou wonder ek: SA verskaffers het verskeie monopolieë in ons land en
groot beseghede soos SA Brouerye druk pryse laer tot die plaaslike
broubedryf nie meer kan byhou nie en so erf hulle 'n monopolie. Die
huidige regering is te onnosel om die probleem in te sien en die kanse is
groot dat 'n lekker vet klap op die politici se gatsak heelwat doen vir
hulle om anderkant toe te kyk. Is dieselfde ding nie in Zimbabwe aan die
gang nie? Is dit nie dalk die rede wat Mbeki so onwillig is om vir Malbob
op sy bek te moer?
Re: Sement en die RSA [boodskap #107424 is 'n antwoord op boodskap #107421] Vr, 25 November 2005 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hier in SA gebeur baie dieselfde, maar van die ander oogpunt af, veral in
landbou en tekstiel. Ons kry bv. skaapvleis uit Suid Amerika af teen
belaglike pryse, wat ons markte seermaak.

Sonder om komplotte uit te dink (moeilik! tog so moeilik!) sou ek net sê dit
is gebrek aan verstand vir die lang termyn impakte, ook moontlik daardie
korrupsie waarvan jy praat maar eintlik alby die bogenoemde. Ek dink ook dat
SA monopoliee dieselfde doen deur die res van Afrika as wat hulle aan julle
doen om hulle monopliee uit te bry. Ek hoor baie stories van groot 'n
konstruksie maatskapy hier was in ons buurstate soveel geld spandeer om
seker te maak dat hulle bo aan die tender lys bly. Dit is natuurlik goed vir
SA se ekonomie, jammer vir julle! Maar dit is besigheid, nie die SA
regering.

Waar oorsese geld betrokke is neem ek maar aan dat die "naam wat ons ken en
vertou" 'n groot rol sal speel ook.

Mbeki sou eerder 'n buurstaat se inheemse industrie aanhelp, soos in die
geval van die mielies wat hy eerder in Zambie gaan koop het om vir Bob te
gee as om ons surplus op te koop daarvoor. Nee, tensy die industriee
betrokke meerderheid swart is twyfel ek sterk of dit so 'n groot impak het.
Verkoop ons nie in allegeval teen kosprys of onder aan Zim nie? Of is dit
net mielies en petrol?

"Suidwester" skryf in boodskap news:p6SdnfjC8ZHLMhveRVn-iQ@is.co.za...
> Hier by ons in Namibië is 'n stryd aan die gang wat skrik vir niks nie.
> Sement se prys was op 'n kol so hoog soos R54 per sak aan ons kus en die
> sement kom uit SA. Onlangs het 'n Namibiese groep begin om skeepsvragte
> sement in te voer uit Brasilië teen 'n heelwat beter prys. Skielik
> verlaag Holcim uit SA hulle prys en kan jy nou 'n sak SA sement uit SA aan
> ons kus vir so min as R24,50 koop. Terwyl die publiek die moer in die
> spulletjie aanskou en wonder hoe kan 'n produk se prys met die helfte
> verlaag word. Dan het die maatskappy mos nog al die tyd die publiek
> gerook?
> Toe kom die rede: Holcim wil keer dat die nuwe maatskappy met sy
> ingevoerde sement 'n markaandeel kry in ons land en met die verlaagde
> prys, wil hy dit vir hulle onmoontlik maak om sement ekonomies in te voer.
> Plus natuurlik die stories wat versprei word deur die agente van hoe swak
> die oorsese sement dan nou sou wees. Dit maak dit vir die mense in die
> konstruksiebedryf baie moeilik. Die argitek wat die gebou ontwerp wil
> nie defekte hê nie en die kontrakteur wil nie kanse vat met defekte nie
> want dit is vir sy rekening. Die 'bottom line' is dat hulle aandring dat
> by die erkende produk gehou moet word en dit beteken dat Holcim se
> monopolie in die land bly voortbestaan.
> Nou wonder ek: SA verskaffers het verskeie monopolieë in ons land en
> groot beseghede soos SA Brouerye druk pryse laer tot die plaaslike
> broubedryf nie meer kan byhou nie en so erf hulle 'n monopolie. Die
> huidige regering is te onnosel om die probleem in te sien en die kanse is
> groot dat 'n lekker vet klap op die politici se gatsak heelwat doen vir
> hulle om anderkant toe te kyk. Is dieselfde ding nie in Zimbabwe aan die
> gang nie? Is dit nie dalk die rede wat Mbeki so onwillig is om vir
> Malbob op sy bek te moer?
>
Re: Sement en die RSA [boodskap #107427 is 'n antwoord op boodskap #107421] Vr, 25 November 2005 06:51 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ek dink nie sement het enigiets te doen hoekom Mbeki nie met malBob wil
sukkel nie;))))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:p6SdnfjC8ZHLMhveRVn-iQ@is.co.za...
> Hier by ons in Namibië is 'n stryd aan die gang wat skrik vir niks nie.
> Sement se prys was op 'n kol so hoog soos R54 per sak aan ons kus en die
> sement kom uit SA. Onlangs het 'n Namibiese groep begin om skeepsvragte
> sement in te voer uit Brasilië teen 'n heelwat beter prys. Skielik verlaag
> Holcim uit SA hulle prys en kan jy nou 'n sak SA sement uit SA aan ons kus
> vir so min as R24,50 koop. Terwyl die publiek die moer in die spulletjie
> aanskou en wonder hoe kan 'n produk se prys met die helfte verlaag word.
> Dan het die maatskappy mos nog al die tyd die publiek gerook?
> Toe kom die rede: Holcim wil keer dat die nuwe maatskappy met sy
> ingevoerde sement 'n markaandeel kry in ons land en met die verlaagde prys,
> wil hy dit vir hulle onmoontlik maak om sement ekonomies in te voer. Plus
> natuurlik die stories wat versprei word deur die agente van hoe swak die
> oorsese sement dan nou sou wees. Dit maak dit vir die mense in die
> konstruksiebedryf baie moeilik. Die argitek wat die gebou ontwerp wil nie
> defekte hê nie en die kontrakteur wil nie kanse vat met defekte nie want dit
> is vir sy rekening. Die 'bottom line' is dat hulle aandring dat by die
> erkende produk gehou moet word en dit beteken dat Holcim se monopolie in die
> land bly voortbestaan.
> Nou wonder ek: SA verskaffers het verskeie monopolieë in ons land en
> groot beseghede soos SA Brouerye druk pryse laer tot die plaaslike
> broubedryf nie meer kan byhou nie en so erf hulle 'n monopolie. Die
> huidige regering is te onnosel om die probleem in te sien en die kanse is
> groot dat 'n lekker vet klap op die politici se gatsak heelwat doen vir
> hulle om anderkant toe te kyk. Is dieselfde ding nie in Zimbabwe aan die
> gang nie? Is dit nie dalk die rede wat Mbeki so onwillig is om vir Malbob
> op sy bek te moer?
>
Vorige onderwerp: Belgie, 'n land van pedofiele!...
Volgende onderwerp: Opwindende besigheidsgeleentheid.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:21:18 MGT 2024