Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pretoria (was Places to Live)
Pretoria (was Places to Live) [boodskap #10678] Di, 09 September 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> > Pretoria isn't bad, but it's completely different to Jo'burg.
> > Different
> > people, different cultlure, different everything.
> >
>
> True. Pretoria is (or used to be) a city of civil servants.

> it's become a more cosmopolitan place.

> I find that people are not as stressed, not as hasty as in
> Johannesburg.
> It's not a country atmosphere by a long shot,

>
> snip ... snip

Haai H-J

Alles wat jy hier sê is waar, maar verder wil ek net dit sê:
Ek is lief vir Pretoria, ek dink dis een van die beste plekke om te
bly (in Gauteng in elk geval), maar ek vind dat dit in Pretoria
moeiliker is om vriende te maak as op enige ander plek in die wêreld.

Presies waarom dit so is, weet ek nie, maar miskien omdat mense te
hard probeer om "beskaafd" te wees. Almal is vreeslik PC, sê wat
hulle dink die regte ding om te sê is, nie wat in hulle harte is nie.
Dalk is die rede juis die "civil servant" mentaliteit, (dis ook die
stad van diplomate, ens), of is Afrikaanse vrouens so grootgemaak?
(Ek praat veral oor die vroumense). Wanneer mens gesels met hulle,
moet jy altyd probeer uitmaak wat hulle eintlik wil sê, en tussen die
reëls probeer lees. Dit vat baie energie en verbeeldingsvermoë, en
dan weet jy nog nie of jy reg is nie. Die "dames" is geneig om 'n
ding op die "regte" manier te doen, wat baie ander is as, byv, Jhb.
Daar vind ek heers 'n baie oper,informele en kreatiewer gesindheid.

Dis amper ook asof Pretoria 'n geslote gemeenskap is, waar net
familie en ou vriende tel. Daar's nie baie plek vir nuwes nie. Veral
nie as hulle nie "egte Afrikaners" is nie. Miskien kom dit neer op At
se teorie van "inklusiet/eksklusief" (sorry At, ek kan nie jou
presiese woorde onthou nie).

Groete,
V.
Re: Pretoria (was Places to Live) [boodskap #10737 is 'n antwoord op boodskap #10678] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Vira skryf

> Alles wat jy hier sj is waar, maar verder wil ek net dit sj:
> Ek is lief vir Pretoria, ek dink dis een van die beste plekke om te
> bly (in Gauteng in elk geval), maar ek vind dat dit in Pretoria
> moeiliker is om vriende te maak as op enige ander plek in die wjreld.

Ek verlang baie terug na Pretoria want dis die omgewing waar ek groot
geword het en waar die mense die meeste is soos wat ek is. Ek is oor
die algemeen nie iemand wat maklik vriende maak nie, maar in Pretoria
kon ek nog redelik vriende maak. Miskien het die denkwyse baie
verander sedert ek daar weg is.

Destyds het ek byvoorbeeld by 'n koor (Ad libitum) aangesluit en vir 4
jaar saam met hulle opgetree en rond gereis. So het ek baie mense
leer ken en lid van verskillende vriende kringe geword. Ek het ook by
'n bybelstudie groepie aangesluit en deel van 'n baie aangename
vriendekring geword wat rondgereis het en naweke saam gaan kamp
het.

Dit hang seker van mens se voorkeure en afkeure af, maar mens moet
maar deel word van een of ander georganiseerde bymekaarkom van
mense wat iets deel.

Groete
Stef
Re: Pretoria (was Places to Live) [boodskap #10739 is 'n antwoord op boodskap #10678] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Sep 97 23:36:28 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
Vorige onderwerp: GENERASIE X GEE MY 'N KRAMP IN MY GAT!!
Volgende onderwerp: Stel ons mekaar nog voor?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:30:38 MGT 2024