Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » GENERASIE X GEE MY 'N KRAMP IN MY GAT!!
GENERASIE X GEE MY 'N KRAMP IN MY GAT!! [boodskap #10590] Vr, 05 September 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Mens lees nou gedurig van die X-generasie,
hulle het nou hulself ontdek en 'n naampie gegee. Siestog.
Nou hang hulle dit aan 'n paal en hulle voel hulle is nou "iets",
deel van 'n kliek. Hoe ingenome kan jy nie met jouself wees nie?
So what ? Het julle nou arriveer?
Foeitog, dat mens nou deur so 'n identiteitskrisis moet gaan.

So wie is die afrikaanse generasie X nou eintlik? vlgs "DE KAT":
"Hulle is meestal middelklas, wit en in hul twintigs:
goed opgelei, maar met 'n werk wat min betaal en min aansien het.
Hulle Christelik-Nasionale waardes afgesweer, maar niks in die plek
daarvan gevind nie. En hulle is woedend omdat hulle in die nuwe
Suid Afrika moet maai wat hulle nie gesaai het nie."
.."X-ers se lewenstyl is net moontlik omdat hulle tot lank na
universiteit deur hul middelklas-ouers ondersteun word."

"In sy boek GENERATION X... beskryf Coupland die Amerikaanse Xers
as 'n pessimistiese groep twintigplussers wat die wereld sien as
'n atoombom wat homself gaan vernietig. Daarom meen hulle daar is
vir hul geen toekoms nie".

Ek voel vere vir julle middelklas blues en pseudo-filosofiese stront.
Julle is 'n klom draadtrekkers. Want draadtrek is self-indulgent
en self-behep. Ek hoop julle kom vinnig deur julle puberteit.

Wat betref "maai wat julle nie gesaai het nie": As julle weer wil
sanik, dink aan die swartes en die ouens wat vir julle middelklas
opvoeding moes afkak met 'n R1/R4 in die townships en op die grens.
Hou dan liewer jou bek.

Hoor hoe praat een (De KAT):
"Ons voel so oorweldig deur die komplekse wereld waarin ons leef,
dat ons onself wil isoleer, ons vestig onself in kommunes en
kommunikeer net met mense soos ons. Ons laat ook nie toe dat die
kerk met ons emosies speel nie. Ek is egter nie 'n atteis nie.
Ek skei net kerk en godsdiens. Ons het ook behoefte aan die mistieke,
maar voel dat die afrikaanse kerke sensasie eerder as oplossings bied.
Daar is 'n geestelike gat in ons wat ons nie weet hoe om te vul nie"

Foeitog: As jy nie weet wat jy soek nie verdien jy ook nie om iets
te kry nie. Klim maar terug in jou gat en word eers groot.
Dit staaf net wat mens oor hul lees: dat hulle 'n geslag is wat
te veel TV gekyk het, wat geen morele of kulturele waardes het nie,
vir wie alles relatief is, en wat net belangstel in hul hulself.

Ek het nog nooit tyd gehad vir middelklas blues nie.
Kry julle gat in rat! Kry 'n lewe!

Liefdegroete
XXXX
Re: GENERASIE X GEE MY 'N KRAMP IN MY GAT!! [boodskap #10725 is 'n antwoord op boodskap #10590] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Sep 1997 05:25:43 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

>>

Dis hartverskeurend dat die mense nie slim genoeg is om Miles Davies
en seks te kan ontdek nie...
Vorige onderwerp: vrou
Volgende onderwerp: Pretoria (was Places to Live)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 04:07:07 MGT 2024