Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Karavaan dae
Karavaan dae [boodskap #106920] Ma, 07 November 2005 12:35 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ons familie het aan 'n karavaan klub behoort en elke maand was dit 'n ander
kamp vanaf die Strand en Mosselbaai tot in Wellington en Langebaan.

Daar was altyd "sports" en verskei aktiwiteite om almal, oud en jonk besig
te hou.

Die een watse naam ek soek is soos 'n skattejag, maar jy ry met die motor
deur die dorp/area en "eye spy" volgens 'n navigasie lys en tydsbereking
word ook in ag geneem. Wat word dit genoem?

Ek dink amper dit word nog gedoen in SA met vliegtuie ook waar jy sekere
landmerke moet oorvlieg teen 'n sekere tyd - al verskil is hul gebruik nie
meer die meelbomme nie, want die vliegtuie is te vinnig deesdae vir
akkuraatheid.

Help asseblief.

:-)

TJ
Re: Karavaan dae [boodskap #106922 is 'n antwoord op boodskap #106920] Ma, 07 November 2005 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"TJ" skryf

> Die een watse naam ek soek is soos 'n skattejag, maar jy ry met die motor
> deur die dorp/area en "eye spy" volgens 'n navigasie lys en tydsbereking
> word ook in ag geneem. Wat word dit genoem?

In Engels word dit, dink ek, 'n "car rally" genoem. Die
klomp eks-suidafrikaners hier in Ottawa doen dit
gereeld as hulle hul jaarlikse byeenkoms het. Ek het
dit nog nie baie onder ander Kanadese teengekom
nie, dus dink ek dis 'n spesifieke Britse gewoonte,
miskien meer 'n Britse koloniale gewoonte.

Gloudina
Re: Karavaan dae [boodskap #106924 is 'n antwoord op boodskap #106920] Ma, 07 November 2005 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Rautenbach  is tans af-lyn  Pieter Rautenbach
Boodskappe: 31
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Dalk sg. "geocaching"? Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Geocaching.
Dink nie dis presies wat jy bedoel nie, maar ek het vriende wat dit al
gedoen het en blykbaar is dit pret.

Pieter
Re: Karavaan dae [boodskap #106925 is 'n antwoord op boodskap #106924] Ma, 07 November 2005 15:35 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
GPS het nog nie bestaan in my karavaan dae nie.

Vier vingers in die lug gesteek om die uur en rigting te kry.

"Car Rally" klink reg, maar wat was/is die Afrikaanse woord?

Geocaching - www.geocaching.com - Geocache Adventures - GPS Treasure Hunt -
is die moderne weergawe van 'n ou speletjie ...

Baie "orienteering" groepe wat deesdae kompetisies het en self wereldwyd
"treasure" wegsteek vir ander om te kry en boodskappies te los soos in die
dae van die posklip by Mosselbaai. Hul kondig dan af op die webwerf as die
skat gevind word en dan is dit die volgende een se beurt ensomeer. Melville
Koppies het so iets.

Ek gebruik GPS deesdae baie om bome te merk en roetes se afstande te
bereken - baie vinniger as om die ou pedometer se wieletjie te stoot en dan
bring jy ook die GPS na die rekenaar en hy "plot" sommer vinnig 'n kaart met
al die besonderhede. Oulike tegnologie wat ook sommer in die selfoon (Nokia
5140i) pas andersins gebruik ek Garmin.

:-)

TJ

"Pieter Rautenbach" wrote in message
news:1131375970.000064.273950@g14g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Dalk sg. "geocaching"? Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Geocaching.
> Dink nie dis presies wat jy bedoel nie, maar ek het vriende wat dit al
> gedoen het en blykbaar is dit pret.
>
> Pieter
>
Vorige onderwerp: " Raaisel " deur Anoniem
Volgende onderwerp: KEIMOES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 21:59:57 MGT 2024