Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Diskrimineer ons al weer ??
Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10576] Do, 04 September 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Mens mag veralgemeen en mens mag diskrimineer. Dit op sigself is nie
verkeerd nie. (mens diskrimineer bv. tussen 'n groen en 'n rooi robot,
anders sien jy jou gat). Sorg net dat jou veralgemening waar is en
dat jy nie jou veralgemening gebruik tot nadeel van iemand wat
miskien 'n uitsondering kan wees nie.
Bv: As daar baie australiers is wat lui is, beteken dit nie dat jy
elkeen moet behandel asof hy 'n slapgat is nie. Ek mag miskien sê dat
australiers in die algemeen lui is, maar ek mag nie sê dat omdat iemand
'n australier is, hy daarom noodwendig 'n luiaard is nie.

Die eerste stap tot diskriminasie is om 'n negatiewe ding te veralgemeen.
Die diskriminasie volg dan maklik: Julle swartes...,Julle afrikaners...
ens ens. 'n Tipiese voorbeeld van so 'n redenasie was
bv. die rooinek wat geskryf het oor: "Afrikaaners should help, its the
christian thing to do".

Ek lees hier (Australiese koerant) van die Grahamstadse kunsfees.
Dit gaan oor of die SA kunstenaars aanpas noudat hulle nie meer
apartheidstories het om oor te skryf nie ens. O.A. die vlg:

"The 23 year old director from the JBb black township Alexandra
said he was not impressed by talk of reconciliation
and a `rainbow nation'. `we pretend we understand one another but
actually we dont'. He believes white stereotypes of blacks as
rioters and terrorists had merely been replaced by that of violent
criminals.

Nogal waar dink ek. Ons is maar lief om te veralgemeen/diskrimineer.
As mens so luister na stories wat van mense uit SA kom na ons oorsee,
klink dit asof alle swartes maar dieselfde is, en met 'n geweer om die
garage wag. Ek wonder hoeveel blankes is agter party van die bendes
en diefstal en gesmokkel van gesteelde karre ens?

Oppas, mens trap maklik in die slagyster veralgemeen/diskrimineer,
(ek ook).

Vriendelike groete.
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10647 is 'n antwoord op boodskap #10576] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ozemail.com.au skryf in artikel
...
Liewe Galjoen

Baie dankie vir jou tydige artikel.

> Mens mag veralgemeen en mens mag diskrimineer. Dit op sigself is nie
> verkeerd nie. (mens diskrimineer bv. tussen 'n groen en 'n rooi robot,
> anders sien jy jou gat). Sorg net dat jou veralgemening waar is en
> dat jy nie jou veralgemening gebruik tot nadeel van iemand wat
> miskien 'n uitsondering kan wees nie.

Jy is reg. 'n Mens kan veralgemeen. Maar die
weg van veralgemening is vol slaggate. Hier is 'n
voorbeeld:
Alle soogdiere het vier pote.
Die mens is 'n soogdier.
Dus, die mens het vier pote!
Hier is niks negatief of nadelig ter sprake nie.
Tog is die gevolgtrekking belaglik. Hoe sal ons dit
verhoed?

'n Interessante oplossing is om te eis dat jy plante,
diere en mense kry sodat die mens nie met ander
lewende goed vergelyk mag word nie. Met ander
woorde, jy eis vir die mens eksklusiwiteit. Begin dit
nie bekend lyk nie - die Afrikaner se eksklusiewe denke.

Ons moet meer noukeurig dink. Die woord soogdiere
verwys na diere wat soog. Die sin
"Alle soogdiere het vier pote" is dus eintlik
"Alle diere wat soog het vier pote"
Aha - hier begin die slaggat wys. Laat ons die sin
verder omskryf as
"vir alle diere, 'n dier wat soog impliseer 'n dier wat
vier pote het".
Die slaggat is dus die implikasie bewering "'n dier
wat soog impliseer 'n dier wat vier pote het".
Hierdie "implikasie bewering" is vals. Daarom kan
dit nie in 'n afleiding gebruik word nie. Dit is ook die
rede waarom dit nie veralgemeen kan word nie.

> Bv: As daar baie australiers is wat lui is, beteken dit nie dat jy
> elkeen moet behandel asof hy 'n slapgat is nie. Ek mag miskien sê dat
> australiers in die algemeen lui is, maar ek mag nie sê dat omdat iemand
> 'n australier is, hy daarom noodwendig 'n luiaard is nie.

Laat ek jou voorbeeld oorskryf en eerder 'n positiewe
eienskap neem:
"vir alle mense, 'n mens wat 'n Australier is impliseer
'n mens wat slim is".
Duidelik sien ek die slaggat. Dit het ook niks met 'n
negatiewe eienskap te doen nie. Dit behels 'n valse
implikasie bewering "'n mens wat 'n Australier is impliseer
'n mens wat slim is".

Die "vir alle mense" word 'n "universele kwantifisering"
genoem. 'n Mens kry ook "eksistensieele kwantifisering",
soos "vir enkele mense", "vir sommige mense" en
"vir baie mense". 'n Gekwantifiseerde sin soos
"vir enkele mense, 'n mens wat 'n Australier is impliseer
'n mens wat slim is"
lyk byna waar. Maar eintlik is dit vals want die ewe goed
gekwantifiseerde sin soos
"vir baie mense, 'n mens wat 'n Australier is impliseer
'n mens wat slim is"
is beslis nie meer meer waar nie. Dit is omdat die woorde
"enkele" en Baie" nie meer neutraal is nie.

Dog, die sin
"vir sommige mense, 'n mens wat 'n Australier is impliseer
'n mens wat slim is"
is altyd waar omdat die sommige selfs kan beteken dat
daar nie eers een so 'n mens hoef te wees nie. Die woord
"sommige" is neutraal. "n mens behoort net neutrale woorde
in eksistensieele kwantifisering te gebruik.

'n Mens kan 'n valse implikasie bewering wel kwantifiseer,
maar net eksistensieel, nooit universeel nie. Ek dink dit is
wat Galjoen so eenvoudig probeer verduidelik het en wat
ek nou so kompleks gemaak het.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10648 is 'n antwoord op boodskap #10576] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> 'n Interessante oplossing is om te eis dat jy plante,
> diere en mense kry sodat die mens nie met ander
> lewende goed vergelyk mag word nie. Met ander
> woorde, jy eis vir die mens eksklusiwiteit. Begin dit
> nie bekend lyk nie - die Afrikaner se eksklusiewe denke.
>
> Ons moet meer noukeurig dink.

At, demonstreer bietjie noukeurige denke oor die veralgemening "... - die
Afrikaner se eksklusiewe denke"?

Groete, Leendert
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10689 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
> On 4 Sep 1997 08:25:05 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
>
>
[color=blue]>
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10690 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
>
>
> AM de Lange wrote in article ...
>
>> 'n Interessante oplossing is om te eis dat jy plante,
>> diere en mense kry sodat die mens nie met ander
>> lewende goed vergelyk mag word nie. Met ander
>> woorde, jy eis vir die mens eksklusiwiteit. Begin dit
>> nie bekend lyk nie - die Afrikaner se eksklusiewe denke.
>>
>> Ons moet meer noukeurig dink.
>
> At, demonstreer bietjie noukeurige denke oor die veralgemening "... - die
> Afrikaner se eksklusiewe denke"?

Liewe Leendert,

In die eerste plek - ek het slordig getik en die woord
denke met 'n punt in plaas van 'n vraagteken afgesluit.
Die sin is eintlik as 'n vraag en nie as 'n stelling
(proposisie) bedoel nie. Stellings het 'n waarheid-
karakter (waar of vals), maar vrae poog om na die
waarheid te soek.

In die tweede plek, ek het die afgelope maande
heelwat gelees oor die Afrikaners se geskiedenis -
oor mense soos genls. De Wet, De la Rey, Botha
Maritz, Herzog en Smuts, vader Kestell, Totius,ens.
Ek het veral gekonsentreer oot die eksklusiwiteit/
inklusiwiteit van hulle gedagtes. Wat ek waargeneem
het, het my taamlik morbied gemaak. Ek was en is
nog steeds so bedruk daaroor dat ek maklik kan
fouteer deur so 'n algemene stelling te maak dat
die Afrikaner 'n eksklusiewe denkwyse het. 'n Beter
formulering van die vraag sou wees"- baie Afrikaners
se eksklusiewe denke?"

In die derde plek, ek betrap myself reeds jare lank dat
ek eksklusief dink waar dit duidelik nie van toepassing
is nie. Met ander woorde, ek kan self nie eers
onwillekeurige eksklusiewe denke vermy nie, ongeag
of my geestestoestand positief os negatief is.

Ek wil dit duidelik stel dat nie alle Afrikaners eksklusief
dink nie. Ek wil dit ook duidelik stel dat ek graag sou
wou he dat soveel Afrikaners as moontlik bewus sal word
van wat eksklusiewe denke behels en dus sinvol daaroor
sal kan besluit. Laastens wil ek dit duidelik stel dat nie
alles deur inklusiewe denke gehanteer kan word nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10691 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article ...

>
> On 4 Sep 1997 08:25:05 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
>
>
[color=blue]>
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10692 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Sep 1997 08:25:05 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10693 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Ek het die afgelope maande
> heelwat gelees oor die Afrikaners se geskiedenis -
> oor mense soos genls. De Wet, De la Rey, Botha
> Maritz, Herzog en Smuts, vader Kestell, Totius,ens.
> Ek het veral gekonsentreer oot die eksklusiwiteit/
> inklusiwiteit van hulle gedagtes. Wat ek waargeneem
> het, het my taamlik morbied gemaak.

At, wil jy iets vertel hiervan? (Ek weet dit kan dalk veel gevra wees, maar
ek dink dit kan ook die moeite werd wees.)

Groete, Leendert
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10694 is 'n antwoord op boodskap #10576] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Sep 1997 12:41:03 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

[/color]
>
> goeie punt. Hy veralgemeen natuurlik. Miskien die meeste blankes ? 50 % ?>>>

Elke oggend se Beeld is bewys dat misdaad 'n wit speletjie ook is.
Dit wemel van wit moordenaars en bedrieers.
Net soos die swart moordenaars en bedrieers.

Ek reken die gedagte dat ons probleem misdaad in sy raslose vorm is,
het pretty wyd oor die samelewing uitgesak al.
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10717 is 'n antwoord op boodskap #10576] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
> AM de Lange wrote
>> Ek het die afgelope maande
>> heelwat gelees oor die Afrikaners se geskiedenis -
>> oor mense soos genls. De Wet, De la Rey, Botha
>> Maritz, Herzog en Smuts, vader Kestell, Totius,ens.
>> Ek het veral gekonsentreer oot die eksklusiwiteit/
>> inklusiwiteit van hulle gedagtes. Wat ek waargeneem
>> het, het my taamlik morbied gemaak.
>
> At, wil jy iets vertel hiervan? (Ek weet dit kan dalk veel gevra wees, maar
> ek dink dit kan ook die moeite werd wees.)

Liewe Leendert,

Watter iets? Eksklusiwiteit van gedagtes of teneergedrukheid?

My mening is dat daar twee sake wat aanleiding gee tot
eksklusiewe gedagtes, naamlik
* om 'n groter saak in baie stukke te versnipper
* om aan net 'n paar versnipsels aandag te gee.

Ek moes my verlaat op die werk van biograwe om
GOU genoeg inligting oor 'n bepaalde persoon in
die hande te kry. (Hierdie gou is eintlik deel van
die probleem.) Wat my gehinder het, is dat in 'n
biografie ek selde kon vasstel waar die eksklusiwiteit
vandaan kom. Was dit die biograaf se eie gedagtes
of is dit die gedagtes van die persooon wat beskryf
is? Ek het onder die indruk gekom dat ek baie meer
outentieke dokumente moes bekom wat deur die
persone self geskryf is en waarvan die biograwe ook
gebruik moes maak. Die GOU is dus van die baan.

Ek wonder nou of 'n biografie ditself nie uitmuntend
verleen tot eksklusiewe denke nie. Eerstens, om 'n
kreatiewe persoon se ganse lewe in te druk in 'n paar
honderd bladsye vereis versnippering en voorkeure.
Gewoonlik word op die persoon self gekonsentreer
terwyl al die ander mense met wie die persoon te
doen gehad het, randfigure word. (Ek weet nie hoe
dit met julle is nie, maar wat ek vandag is, is net
soveel bepaal deur ander mense in my lewe as deur
myself.)

Tweedens, wanneer 'n mens navorsing doen oor 'n
bepaalde persoon se lewe, doen jy dit omdat iets
jou belangstelling gewek het. Navorsing sonder
belangstelling is onmoontlik. Navorsing in iets wat
afkeur in jou wek, is sielsdodend. Met ander woorde,
elke navorser se navorsingwerk, selfs al is dit 'n
biografie, is die resultaat van die navorser se eie
persoonlikheid. (Byvoorbeeld, wie anders as Einstein
kon die realiwiteitteorie opgestel het?)

Wat my veral getref het, en een van die oorsake was
van my bedruktheid, is dat ekslusiewe denke dikwels
die gevolg was van 'n opportunistiese soeke na
eiebelang. Ek het begin met 'n intellektuele speletjie
deur so onbetrokke as moontlik te lees totdat my oog
'n opportunistiese soeke na eiebelang tref. Dan het ek
begin soek na eksklusiewe denke rondom die saak en
dit in meeste gevalle gevind! Dit tref my terwyl ek hier
skryf hoe anders Jesus gedink het. Byvoorbeeld, Hy
het die wet opgesom as my liefde vir God en my
naaste.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10718 is 'n antwoord op boodskap #10576] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/10/97 10:13PM, in message , Koos
wrote:

>
>
> Ek reken die gedagte dat ons probleem misdaad in sy raslose vorm is,
> het pretty wyd oor die samelewing uitgesak al.


Laat dink my aan een van Leon Schuster se nuutstes. Hy kan dit ongelukkig nie
publiseer nie, omdat Paul Simon sy toestemming geweier het. Ek kan nie 100%
onthou nie, maar dit gaan min of meer so:

.. dink aan die liedjie "Sounds of Silence"...

Hallo Gauteng my old friend
You've come to rob me once again

Through my house you're softly creeping
In my bed I'm deeply sleeping

And the brick you used to smash my window pane
Still remains

Within the sounds, of sirens.

;)
Ken iemand anders meer daarvan? Ek het dit net een keer vlugtig gehoor.

V.
Re: Diskrimineer ons al weer ?? [boodskap #10719 is 'n antwoord op boodskap #10576] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/10/97 10:13PM, in message , Koos
wrote:

>
>
> Ek reken die gedagte dat ons probleem misdaad in sy raslose vorm is,
> het pretty wyd oor die samelewing uitgesak al.


Laat dink my aan een van Leon Schuster se nuutstes. Hy kan dit ongelukkig nie
publiseer nie, omdat Paul Simon sy toestemming geweier het. Ek kan nie 100%
onthou nie, maar dit gaan min of meer so:

.. dink aan die liedjie "Sounds of Silence"...

Hallo Gauteng my old friend
You've come to rob me once again

Through my house you're softly creeping
In my bed I'm deeply sleeping

And the brick you used to smash my window pane
Still remains

Within the sounds, of sirens.

;)
Ken iemand anders meer daarvan? Ek het dit net een keer vlugtig gehoor.

V.
Vorige onderwerp: Nog seep-maak
Volgende onderwerp: vrou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 08:23:49 MGT 2024