Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jasper se trein
Jasper se trein [boodskap #10685] Di, 09 September 1997 00:00
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Jasper die Barbaar wrote:

> Lê die kuns in die maak van die kunswerk (soos hier beskryf) of in die
>
> finale produk?
>

In die uniekheid daarvan. Die maak van die kunswerk is ook belangrik,
maar as jy met water gaan verf, het jy nie veel om te wys vir jou effort
nie, het jy ?

> As dit in die maak van die kunswerk lê kan ek netsowel met water verf
> (nogal 'n idee ;) )
> As dit in die finale produk lê dan het 'n kopie netsoveel waarde as
> die
> oorspronklike.
>

Nee, omdat kopieë nie soveel effort neem nie. Vgl massa produksie met
die prys van 'n prototipe.

> Hierdie is 'n raaisel waarop ek nie die antwoord het nie.
>

My opinie.

> Jasper die Barbaar
>
>
> PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
>
> raserny gedryf het:
>
> Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na
> oos.
> Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
> Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit
> bots
> met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop
> die
> ander ook. Hoekom stop die trein nie?
>

Die trein stop - relatief tot die vlieg. As jy die vlieg is, sit jy
stil op die trein as jy hom tref. Die trein beweeg steeds teen dieselfde
snelheid relatief tot die spoor. Die vlieg beweeg na die botsing teen
dieselfde snelheid as die trein.

Is dit 'n bevredigende antwoord, Jasper ('n halfedelgesteente) ?

Is daar enige rede hoekom jy vernoem is na 'n halfedelgesteente ?

Hier is nog 'n interesante fenomeen van fisika.

Dink aan 'n wiel wat draai. As die wiel rol teen 1 m/s, sal die boonste
gedeelte van die wiel teen 2 m/s beweeg in die rigting van verplasing,
die middelste gedeelte (die as) teen 1 m/s in die rigting van
verplasing, en die onderste gedeelte sal... stilstaan op die pad.

Hoe is dit moontlik ?

H-J

> Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.
Vorige onderwerp: Re: Places to live
Volgende onderwerp: Die dag toe dit so bleddie warm was.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 16:04:31 MGT 2024