Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Wieg
Die Wieg [boodskap #106393] Wo, 12 Oktober 2005 06:35 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maandag het ek toe die geleentheid gehad om The Cradle te besoek. Mens kom
nogal onder die indruk van die absolute oeroudheid van die area.
Van die skedels in die museum by die Sterkfonteingrotte kon ek agterkom dat
al die diere, mensdiere en mense taamlik klein was.
In die museum is daar ook 8 verligte dose, waarin verskillende kulture se
weergawes verskyn hoe mense op aarde verskyn het.( o.a ook 'n Zulu weergawe)
Wat interessant was, is dat almal 'n naam het vir 'n God of gode, en dat
almal meen 'n mens het een of ander tyd uit die lug uit op die aarde
neergeplons.
Net een mens, en nie een verduidelik hoe daar so gou so baie verskillende
nasies op so baie verskillende plekke verskyn het nie.

--
Groetnis
Annette
Re: Die Wieg [boodskap #106396 is 'n antwoord op boodskap #106393] Wo, 12 Oktober 2005 08:32 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons glo die Boesmans die Moringa-bome wat die Sprokieswoud in die
Etosha wildtuin vorm, en half 'onderstebo' lyk, dan die bome deur die lug
getrek het en so op hulle takke te lande gekom het en so gegroei het. Ons
swart mense is baie, baie bygelowig. die een ou vertel my anderdag van
vroumense wat met die lyf van 'n hond hom in die nag kom 'bykom'. Se glo
die hond spyker hom kapoet dat hy die volgende more sukkel om op te kom!
Glo ook waar die hond piepie en jy loop daaroor, dan brand jou voete. Ek
kan nog nie besluit of dit net 'n verskoning is om nie te werk nie!
Dan is daar natuurlik die mense wat reken die ou Duitse Schutztroepe ry
nog rustig patrollie op sekere plekke in die land. Die een Damara vertel
dat die Baster boer niemand kon kry om op sy plaas te bely nie en hyself
slaap ook nie daar nie. Dan kry hy 'n nuwe ou van 'n nuwe plek af en gee
hom die beste kos, klere, baie kos en sommer 'n radio ook, om daar te gaan
sy bokke op te pas. In die nag hoor die ou dan hoe iemand by sy bokke lol
en die kraal se hek oopmaak en die bokke uitjaag. Staan hy op om te gaan
keer, dan sien hy hierdie Duitse offisier en hy hoor die perde se hoewe
klingel teen die klippe......dis dan die laaste wat hulle van die werker
hoor want hy groet sommer so in die verbygaan.....op die plaas langsaan!

"Annette" skryf in boodskap news:diiav9$sou$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maandag het ek toe die geleentheid gehad om The Cradle te besoek. Mens kom
> nogal onder die indruk van die absolute oeroudheid van die area.
> Van die skedels in die museum by die Sterkfonteingrotte kon ek agterkom
> dat
> al die diere, mensdiere en mense taamlik klein was.
> In die museum is daar ook 8 verligte dose, waarin verskillende kulture se
> weergawes verskyn hoe mense op aarde verskyn het.( o.a ook 'n Zulu
> weergawe)
> Wat interessant was, is dat almal 'n naam het vir 'n God of gode, en dat
> almal meen 'n mens het een of ander tyd uit die lug uit op die aarde
> neergeplons.
> Net een mens, en nie een verduidelik hoe daar so gou so baie verskillende
> nasies op so baie verskillende plekke verskyn het nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Vorige onderwerp: Re: What's Wrong??
Volgende onderwerp: Re: Doelwit is sy naam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 11:41:33 MGT 2024