Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ek sien toe vir ET
Re: Ek sien toe vir ET [boodskap #106194] Do, 29 September 2005 10:25 na volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Sien vanoggend 'n heruitsending op KykNet van hulle ontbytprogram en hulle
> gas wat Ettienne Terblanche is van die AWB-faam. Een indruk wat by my
> opgekom het, was dat hierdie man in sy saak glo en dat hy onwrikbaar daarby
> staan, reg of verkeerd. Luister jy na sy gedigte, dan hoor jy van 'n man
> wat diep dink oor sy lewe en die van die Afrikaners. Hy is ook glad nie
> onnosel soos wat die pers hom graag aan die publiek voorhou nie. Hy het
> dan ook dit pertinent gestel dat baie van die dinge wat aan hom in die pers
> toegedig was, versinsels was ter wille van die sensasie. Hy reken dat hy
> noiit van sy perd afgeval het nie, sy perd het met hom geval. Dit is egter
> so dat meeste mense nie meer perde ken nie en in elk geval nie die verskil
> sal ken nie.
> Wat vir my interessant is [as 'n persoon wat altyd gedink het dat die ou
> lekker gek is] dat hy steeds by sy beginsels staan na sy jare van droogmaak
> en tronksit. Hy's nie bang vir wat ander mense van sy siening dink nie en
> leef sy standpunt uit. Hoe anders is meeste van ons vaalgesigte nie? Ons
> sit as gewone plebs in die waters van die see vasgevang en soos die strome
> wieg en verander, so loop ons maar saam met die stroom....en laat een donner
> dit nou waag om teen die stroom te probeer swem! Dan slaat ons hom plat en
> veroordeel hom vir alles wat sleg is. Van vergifnis is daar geen sprake
> nie en dis baie van dieselfde mense wat Sondae kerk toe tou en lekker
> saamteem dat jy nie mag oordeel nie en dat die oordeel jou in elk geval nie
> toekom nie!
> Die dag dat die Afrikaanssprekende blanke mense van Suider-Afrika oor
> hul skeinheiligheid kan kom, daai dag is daar 'n werklike toekoms vir hulle.

Ek het self baie lanklaas van ET gehoor, maar onthou die dag toe hy,
volgens die media, van sy perd geval het. Sy perd was verbouereerd oor
al die mense en het die perd gespring en agteroor geval. Ja, ET was
nog al die jare baie sterk oor sy standpunt, maar het ek gehoor dat
terwyl hy in die tronk was, redelik erg na die anderkant gekyk het en
verskeie kere gesê het dat hy so jammer is dat hy so anti-ap... was
(seker om sy parool vinniger te laat kom).

Ons Suid Afrikaners het 'n probleem dat ons nie die son sien skyn oor
'n ander se kop nie. Plaas dat ons almal saamstaan!
Re: Ek sien toe vir ET [boodskap #106203 is 'n antwoord op boodskap #106194] Do, 29 September 2005 15:15 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"kaalbaster" wrote in message
news:1127989543.732488.211690@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .

terwyl hy in die tronk was, redelik erg na die anderkant gekyk het en
verskeie kere gesê het dat hy so jammer is dat hy so anti-ap... was
(seker om sy parool vinniger te laat kom).
------Blykbaar was dit nie lank in die tronk nie, toe is hy 'n monitor en
uiteindelik was hy in beheer van die spanne prisoniere wat sorg vir die
tronk se boerdery. Ironies was dat hy in beheer was van swart spanne
werkers....net soos dit op sy plaas was in die verlede. Dit beteken dat
die sosiale orde nie verander het nie ongeag die tronktoestande. Dis 'n
ding wat ek nog altyd gese het en voor gekruisig word. Dit is dat 'n
jakkals verander van haar maar nie van snaar nie. ET is in sy wese 'n boer
en hy het sy lewe lank vir swart mense werk gegee. In die tronk, toe koor
die swart gesigte vir leiding toe daar gewerk moet word en inisiatief vereis
word. As 'n mens onder regering X 'n slapgat was wat vir die lewe gewag
het om na hom toe te kom, dan gaan hy onder regering Y presies dieselfde
wees.

Ons Suid Afrikaners het 'n probleem dat ons nie die son sien skyn oor
'n ander se kop nie. Plaas dat ons almal saamstaan!
------Dit sal nooit gebeur nie. In enige situasie het jy 'n sosiale en
dissiplinere orde wat moet in plek wees vir 'n suksesvolle samelewing. Dit
bestaan nie meer nie en verkeerde mense sit in verkeerde plekke.
Vorige onderwerp: Lensiesop "Afrikaners"
Volgende onderwerp: Jonas...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:25:00 MGT 2024