Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Instink
Instink [boodskap #10570 is 'n antwoord op boodskap #10571] Wo, 03 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Vanwaar die "Barbaar" gedeelte?

Instink.

Een dag het ek besef dat die intellek die instink onderdruk tot so 'n mate
dat die natuur en alles wat mooi is verrasionaliseerd raak.

Sondag toe ek die TV aansit en die berig sien oor Di se dood, was die
eerste 5 min genoeg. Daarna was dit irrelevant. Ons lewe in 'n tyd van
inligtings oorlading en tot 'n groot mate abstraheer (is dit 'n woord?) 'n
mens al hoe meer. Daar is nie tyd vir details nie. Ek is (uit die aard van
my werk) lang tye op die web en hoofsaaklik lees ek net nuusopskrifte. Die
tempo van verandering neem toe. My Pa het die storie in detail gevolg - ou
koerantman. Hy verstaan nie die inligtingsontploffing nie...

Ek kry GEEN meer tyd vir fiksie nie. Ek verryk net die logiese deel van my
brein en onderdruk al meer die kreatiewe.

Kan 'n mens *te* beskaafd raak?

Jou definisie van instink is anders as myne?

Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Re: Instink [boodskap #10571 is 'n antwoord op boodskap #10570] Wo, 03 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/3/97 3:40PM, in message , "Jasper die
Barbaar" wrote:

>
Jasper, jy praat van dinge waaroor ek nogal sterk voel, en ek stem saam met jou.

>
> Kan 'n mens *te* beskaafd raak?

Ja. ek dink beslis so. En dis 'n vorm van dood. Van onegtheid. 'n Mens raak
so "socially acceptable" dat jy jou persoonlikheit prysgee. Jy word een van
die massa, almal PC, almal dieselfde men in grey. Maak jy 'n geluid wat nie
mooi in die koor inpas nie, word jy as bedreiging vir die hele koor gesien.
Gelukkig is daar altyd die (min soos hulle is) wat jou waarde kan skat. Maar
moenie verwag die gemiddeld moet jou aanvaar nie.

>
> Jou definisie van instink is anders as myne?
>
> Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
> luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.
>
>
Yes! Yebo! Hoor hoor! En op die ou end dikwels die meeste rasioneel en maak
die meeste sin van alles. En jou siel word ingeent teen die dood. En die
dodelike ennui. En eendag as jy terugdink op jou verlede, is daardie tydjies
van "instink" wat jy gevolg het, die wat die grootste invloed op jou lewe
uitgeoefen het. Die waardevolste ook. Dis amper asof jy dan die getrouste (?)
was aan jouself.

Toe ek nog klas gegee het in kreatiwe werk, was dit die moeilikste ding om aan
die studente oor te dra. Jy kon hulle maklik leer om 'n ding reg te kry. Vra
hulle koppe om te werk, en jy's A for Away! Vra hulle om met hulle harte te
werk, en x-paare ooge kyk jou verstom aan. Hoe bedoel jy nou? Waaaat moet
ons doen? Vergeet die brein, maak oop die Solar Plexus, gaan met gevoel. As
ons dit kon gedoen het, dan weet ek ons het die stryd gewen.

Hulle is so 'brainwashed' dat 'n ding of reg of verkeerd is. Daar's net een
manier, en dis die regte manier, volgens hulle vorige training. Voor mens
enige vordering kan maak, moet hulle eers ontleer van al daardie dinge. Sê nou
ons teken (ek praat terloops oor volwassenes, nie kinders nie). Solank hulle
dink en met hulle koppe werk sal hulle 'n goeie stuk werk produseer. Sodra
hulle ontspan het, en die harte, siele, instinkte het oorgeneem, was die werk
soveel beter, jy kon die twee nie vergelyk nie. Gestel natuurlik daar moet eers
'n sekere mate kennis/vaardigheid daar wees, om mee te werk. Vir die rede het
ek nie korregeerings toegelaat nie. As 'n fout gemaak word, word dit vir ewig
en altyd daar gelos. Hulle kon gewerk het met die fout, maar dit nooit uitwis
nie. Ons het gewen as hulle daardie fout kon neem, en dit verander deur verder
bewerk en kreatiewe denke tot die fokus punt en beste deel van die geheel.
Hulle het my dit aanvanklik erg kwalik geneem. Later het hulle begin die
wysheid daarvan besef.

'n Mens is die beste van jouself as jy met jou hoër self-instik kan werk, en
die laagste van jouself as jy jou aan die "baser instincts" oorgee.

Om terug te kom na jou punt toe - ek glo dat baie dinge in die lewe oor-refined
is. Dus nie gesond nie.

Groete,
Vira.
Re: Instink [boodskap #10579 is 'n antwoord op boodskap #10571] Do, 04 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Jasper die Barbaar
skryf in artikel
...

Liewe Jasper,

Baie dankie vir jou openhartigheid in hierdie skrywe en
die vorige een waarin jy jou bekend gestel het, naamlik

> Ek is Jasper die Barbaar.
> Deel van die X generasie
> die generasie sonder identiteit (2?)
> niks beindruk ons meer nie
> ons pas nêrens in nie
> niks gee ons meer 'n "kick" nie
> ons probeer alles maar hou van niks
> die Internet is 'n eensame en vervelige plek
> en ons het verdwaal daarin
> (my ESC knoppie werk nie).
> Die enigste identiteit wat ons in geslagte
> hierna sal hê is die geslag sonder identiteit

Wat jy hier beskryf, is die belewening van 'n mens
in die tydperk van 'chaos van proses' voordat die
bifurkasie na 'orde van struktuur' plaasvind. Die
bifurkasie of vertakking verwys na die feit dat die
'orde van struktuur' of na 'n ho"er geordende struktuur
kan ontluik ("emerge") of na 'n laer geordende
struktuur kan terugval ("immerge").

> Vanwaar die "Barbaar" gedeelte?
>
> Instink.
>
>
> Een dag het ek besef dat die intellek die instink onderdruk tot so 'n mate
> dat die natuur en alles wat mooi is verrasionaliseerd raak.
>
> Sondag toe ek die TV aansit en die berig sien oor Di se dood, was die
> eerste 5 min genoeg. Daarna was dit irrelevant. Ons lewe in 'n tyd van
> inligtings oorlading en tot 'n groot mate abstraheer (is dit 'n woord?) 'n
> mens al hoe meer. Daar is nie tyd vir details nie. Ek is (uit die aard van
> my werk) lang tye op die web en hoofsaaklik lees ek net nuusopskrifte. Die
> tempo van verandering neem toe. My Pa het die storie in detail gevolg - ou
> koerantman. Hy verstaan nie die inligtingsontploffing nie.

Jy beskryf die wanorde -> vertak -> orde verskynsel
pragtig. Jy wys daarop dat die "chaos van proses" die
bestaande strukture behels, soveel so dat hulle hul
identiteit gaan prysgee, of in 'n ho"er orde of in 'n laer
orde struktuur.

Wat vir my veral tref is jou gevoeligheid vir terugvalling.
Die terugvalling sal 'n verwering ("ablation") wees as die
chaos van buite af kom, of 'n ontploffing wees as die chaos
van binne af kom. Dit is duidelik dat jy die verwerende
aspek van die terugvalling ervaar.

> Ek kry GEEN meer tyd vir fiksie nie. Ek verryk net die logiese deel van my
> brein en onderdruk al meer die kreatiewe.

Die kreatiewe waarna jy verwys, verrys ook uit chaos
("brainstorming"). Maar dit vereis dat jy beheer oor jou
eie produksie van chaos moet hê en dat jy die sewe
essensies van ontluiking sal nakom. Ek dink dat jy nie
soseer jou kreatiewe onderdruk as wat jy stomkundig
(intuitief) bewus word dat hierdie essensies nie na wense
is nie.

> Kan 'n mens *te* beskaafd raak?

Ja. Dit is wanneer 'n bestaande orde van struktuur onstabiel
raak wanneer dit te veel bagasie vergader het.

> Jou definisie van instink is anders as myne?

Miskien, ja. Terwyl jy van instink skryf, kom ek onder die
indruk dat dit inpas by wat stomkunde ("tacit knowledge")
genoem word. Hierdie begrip is deur Michael Polyani ('n
fisiese chemikus) geskep.

Stomkunde speel 'n geweldige rol in die bifurkasie. Party
mense sal jou instink as "gut feelling", "heart feeling" of
sommer intuisie beskryf. Die eerste wiskundige wat
intuisie (stomkunde) as onontbeerlik vir wiskundige
kreatiwiteit beskou het, was Lutzen Brouwer in die
twintiger jare.Al hoewel selfs vandag min wiskundiges
die rol van intuisie wil erken, het Brouwer se werk self
tot 'n omwenteling in die wiskunde gelei. Die teorie
van versamelings moes plek maak vir die veel meer
komplekse teorie van kategorie".

> Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
> luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.

Hier sê jy dit nou self. Jy artikuleer die "iets" wat
Polyani geartikuleer het as "stomkunde", met "instink".
Eintlik kan dit nie geartikuleer word nie omdat dit
artikulasie (hoe"er ontluiking) voorafgaan. Dit is dus
eerder die eerste ontluiking by die mens se gedagtes.
Miskien is dit presies wat menslike bewussyn is.

Ek het al voorheen geskryf die idee dat 'n mens leer
deur alles van buite af soos 'n spons te absorbeer,
absurd is. Al wat 'n mens doen, is om iets te memoriseer.
Volgens my bestaan die leerhandeling uit twee fases. Die
eerste fase word ontluikende leer genoem. Dit is wanneer
die eerste begrip binne jouself gevorm (gebore, ontluik)
word. Daarna volg die tweede fase wat verterende leer
genoem word. Dit is wanneer die begrip volwasse word
deur te teer op inligting afkomstig uit die omgewing.

Daar is nie iets soos terugvallende leer nie. Daar is wel
iets soos terugvallings omdat ontluikende leer met 'n
bifurkasie begin wat of 'n ontluiking of 'n terugvalling
is.

Nadat ek my doelbewus begin toelê het om leerders
te begelei met hulle ontluikende leer, het begin besef
hoe belangrik dit vir my as begeleier is om hierdie
"instink, stomkunde, intuisie, hart" te kan waarneem
by die leerder. Dit is wat my as begeleier die naam
"leermeester" waardig maak. Ek moet nie my eie idees
op die leerder afdwing nie, maar hom/haar so begelei
dat hierdie die ontluiking in terme van die reeds bestaande
stomkunde van die leerder sal geskied. Party mense
sal dalk hierdie bestaande stomkunde as ervaring beskou
maar ek is nie heeltemaal so seker nie. Dis baie maklik
om oor ervaring te praat, maar uiters moeilik oor stomkunde.

Ek dink jy is in die kol met jou "instink" as
"die sy van die brein wat nie rasioneel is nie". Wat 'n
mens behoort raak te sien, is dat rasionaliteit 'n
ho"er orde ontluiking is wat op "instink" (stomkunde)
berus. Ek het opgemerk dat Vira 'n pragtige stuk aan jou
geskryf het oor kunstigheid ("artistry"). Vit my is, net
soos met rasionalitiet die geval is, kunstigheid,
taligheid ("linguality"), geestigheid ("spirituality") almal
ho"er orde ontluikings wat ook op stomkunde berus.

Jasper, ek hoop dat ek daarin geslaag het om sekere
aspekte van jou stomkunde te verwoord. Daarmee wil ek
nie domastrant wees deur myself aan te matig wat jou
"instink" behoort te wees nie. Daarmee wou ek eerder
vir jou wys hoe belangrik jou stomkunde en ontluikings
daarin iss en dat die artikulasie (logika, taal, kuns,
geestelike) daarvan heel ander ontluikings behels.

Die ding wat jou wiele so pap maak, naamlik die
verwerende terugvalling ("ablative immergence") van
die inligting ontploffing, is natuurlik iets wat die ho"er
orde ontluikings (logika, taal, kuns, geestelike) eerste
tref. Ek sien dit so duidelik hier op internet gebeur,
maar net so duidelik in my kerk. Soos wat hierdie
ho"er ordes weg verweer, bly net die stomkunde
onder oor. Baie mense sien net die "dierlike" wat
oorbly. Ek sien dit heel anders. Ek sien dit as die
"ontmagtigde mens" wat oorbly.

Die rede is eenvoudig, maar ook eienaardig. Die
stomkunde gee geboorte aan die ho"er ontluikings.
Dit lyk dus amper asof ek sê dat net die laer orde
die ho"er orde bepaal. Geensins nie. Dis ook die
trudaad (reaksie, iets soos Newton se derde wet)
wat belangrik is. Min mense sien hierdie terugdaad,
naamlik die beinvloeding van die laer orde deur die
ho"er orde raak. David Bohm ("Wholeness and the
implicate order") was een van die weiniges. Dis
hierdie ho"er ordes wat die vuurtjie in die stomkunde
aan die gang hou, wat verseker dat 'n mens spontaan
skep, of dit logika, taal, kuns of geestelik is.

Eintlik is dit vir my waar die reuse verskil tussen die
Eerste Werled (EW) en Derde Wereld (DW) setel.
[Ek skryf die volgende in alle liefde en respek.] Baie
mense in die EW het stomkunde verwerf wat betref
hierdie trudaad. Bitter weinig mense in die DW het
hierdie stomkunde verwerf. Hierdie verskil het 'n
geweldige invloed hoe die EW en DW mense hulle
onderwys beskou. 'n EW mens sal onderwys in,
byvoorbeeld kuns, as absoluut noodsaaklik beskou
terwyl 'n DW mens dit as onbelostigbaar duur sal
beskou.

Jasper, met die laaste drie paragrawe wou ek die
holon (JC Smuts) so trek dat jy hopelik tot die besef
kom dat jou waarnemings en byvoorbeeld die NSA
se onderwys intiem met mekaar vervleg is.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Instink [boodskap #10580 is 'n antwoord op boodskap #10571] Do, 04 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
V wrote in article
...
| On 9/3/97 3:40PM, in message ,
"Jasper die
| Barbaar" wrote:
|
| >
| Jasper, jy praat van dinge waaroor ek nogal sterk voel, en ek stem saam met jou.
|
| >
| > Kan 'n mens *te* beskaafd raak?
|
| Ja. ek dink beslis so. En dis 'n vorm van dood. Van onegtheid. 'n Mens raak
| so "socially acceptable" dat jy jou persoonlikheit prysgee. Jy word een van
| die massa, almal PC, almal dieselfde men in grey. Maak jy 'n geluid wat nie
| mooi in die koor inpas nie, word jy as bedreiging vir die hele koor gesien.
| Gelukkig is daar altyd die (min soos hulle is) wat jou waarde kan skat. Maar
| moenie verwag die gemiddeld moet jou aanvaar nie.
|

Ek wou eers skryf "Soos die Vulvans in Star Trek!". Vir die wat nie weet
nie: die Vulcans lê alle emosie en dierlike instink by 'n goedsdienstige
seremonie af om net logiese denke te laat.

| >
| > Jou definisie van instink is anders as myne?
| >
| > Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
| > luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.
| >
| >
| Yes! Yebo! Hoor hoor! En op die ou end dikwels die meeste rasioneel en maak
| die meeste sin van alles. En jou siel word ingeent teen die dood. En die

| dodelike ennui. En eendag as jy terugdink op jou verlede, is daardie tydjies
| van "instink" wat jy gevolg het, die wat die grootste invloed op jou lewe

| uitgeoefen het. Die waardevolste ook. Dis amper asof jy dan die getrouste (?)
| was aan jouself.
|

Volg jou hart effek

| Toe ek nog klas gegee het in kreatiwe werk, was dit die moeilikste ding om aan
| die studente oor te dra. Jy kon hulle maklik leer om 'n ding reg te kry. Vra
| hulle koppe om te werk, en jy's A for Away! Vra hulle om met hulle harte te
| werk, en x-paare ooge kyk jou verstom aan. Hoe bedoel jy nou? Waaaat moet
| ons doen? Vergeet die brein, maak oop die Solar Plexus, gaan met gevoel. As
| ons dit kon gedoen het, dan weet ek ons het die stryd gewen.
|

Ek het gevind dat as ek minder fokus op die spelling en grammatika en die
woorde laat vloei soos 'n stroom, dan kom die ware "ek" na vore. Die beste
en die slegste dinge word op die ingewing van die oomblik geskryf.

| Hulle is so 'brainwashed' dat 'n ding of reg of verkeerd is. Daar's net een
| manier, en dis die regte manier, volgens hulle vorige training. Voor mens
| enige vordering kan maak, moet hulle eers ontleer van al daardie dinge. Sê nou
| ons teken (ek praat terloops oor volwassenes, nie kinders nie). Solank hulle
| dink en met hulle koppe werk sal hulle 'n goeie stuk werk produseer. Sodra
| hulle ontspan het, en die harte, siele, instinkte het oorgeneem, was die werk
| soveel beter, jy kon die twee nie vergelyk nie. Gestel natuurlik daar moet eers
| 'n sekere mate kennis/vaardigheid daar wees, om mee te werk. Vir die rede het
| ek nie korregeerings toegelaat nie. As 'n fout gemaak word, word dit vir ewig
| en altyd daar gelos. Hulle kon gewerk het met die fout, maar dit nooit uitwis
| nie. Ons het gewen as hulle daardie fout kon neem, en dit verander deur verder
| bewerk en kreatiewe denke tot die fokus punt en beste deel van die geheel.
| Hulle het my dit aanvanklik erg kwalik geneem. Later het hulle begin die

| wysheid daarvan besef.
|

O ek sien jy skryf wat ek hierbo gesê het.

Ek beskou myself as 'n filosoof, maar ek sal nooit filosofie studeer nie.
Die natuurlike vrae en redenasies wat ek mee gebore is genoeg vir 'n
leeftyd.

| 'n Mens is die beste van jouself as jy met jou hoër self-instik kan werk, en
| die laagste van jouself as jy jou aan die "baser instincts" oorgee.
|
|
| Om terug te kom na jou punt toe - ek glo dat baie dinge in die lewe oor-refined
| is. Dus nie gesond nie.
|

'n Bietjie vesel in die dieet is baie nodig. En ook, die lewe sou baie
vervelig gewees het as alle mense soos masjiene was.

| Groete,
| Vira.
|

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com

Jy weet hoe om die adres reg te maak!
Re: Instink [boodskap #10596 is 'n antwoord op boodskap #10571] Vr, 05 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
More Mense!

>> Kan 'n mens *te* beskaafd raak?
>
> Ja. ek dink beslis so. En dis 'n vorm van dood. Van onegtheid. 'n Mens raak
> so "socially acceptable" dat jy jou persoonlikheit prysgee. Jy word een van
> die massa, almal PC, almal dieselfde men in grey. Maak jy 'n geluid wat nie
> mooi in die koor inpas nie, word jy as bedreiging vir die hele koor gesien.
> Gelukkig is daar altyd die (min soos hulle is) wat jou waarde kan skat. Maar
> moenie verwag die gemiddeld moet jou aanvaar nie.
>

Ek wil sommer so losweg aansluit by die gedagtes hier.
Nou die dag gaan kuier ek by my Alma Mater en gesels met een van my oud
Profs.
Hy vertel die oulike storie vir my :
"Die finansieele direkteur sluit nuut by die maatskappy aan, en moet die
kostes besnoei en produktiwiteit aanhelp. Maar sake lyk maar sleg. Hy
besluit toe om die volgende te implementeer:
'n Nota word toe omgestuur dat enigiemand wat 'n verhoging wil he, met
hom moet kom gesels, en hy sal dit toestaan, maar nie saak hoeveel nie.
Enigste voorwaarde is dat die persoon se salaris per maand dan ook op
die amtelike notabord bekend gemaak sal word.
Almal was bra verstigtig vir die tipe aanbod, totdat een werknemer die
moet bymekaar geskraap het en gevra hy vir R100 met maand verhoging. Nee
se die bestuurder, saak is reg. Die ou was erg verbaas, want so
wrintie, hy kry dit! Sy salaris word toe op die bord aangebring. Sjoe,
toe moes jy darem sien hoe werk daardie ou, om sy verhoging te
regverdig... eintlik het hy toe baie meer gedoen!
Na ' paar maande het heelwat werknemers dit beproef, produksie het
verhoog en die boeke het weer balanseer :)

Ek het nogals gehou van die verhaal, want dit wys net dat die "norm" van
vandag dalk more se geskiedenis kan wees.

Persoonlik dink ek ook mens werk te lang ure. Dokters vertel mens
daagliks wat is die nut van 'n uur middagslapie en hoeveel dit vir jou
werd is. Toe ek in Namibia gewoon het, en vakansies (as skolier) gewerk
het, het ek elke middagete (1:00 - 2:30pm) (siesta) huistoe egaan, eet
en dan vir 45minute geslaap. Dit het wondere gedoen vir my. En daar was
ook nie stads verkeer nie. Ons spandeer gans en al te veel tyd om te
pendel.
Ek weet van die ouens ry trein, en dan sit hulle nog 'n taal en aanleer
of so iets in daardie tyd, maar as mens motor bestuur, is dit kwalik 'n
opsie.

Laat my weet wat dink julle van ons moderne gejaagde? (ratrace) werks
omstandighede.

Groetnis
Len
Re: Instink [boodskap #10597 is 'n antwoord op boodskap #10571] Vr, 05 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hello Len

| Persoonlik dink ek ook mens werk te lang ure. Dokters vertel mens
| daagliks wat is die nut van 'n uur middagslapie en hoeveel dit vir jou
| werd is. Toe ek in Namibia gewoon het, en vakansies (as skolier) gewerk
| het, het ek elke middagete (1:00 - 2:30pm) (siesta) huistoe egaan, eet
| en dan vir 45minute geslaap. Dit het wondere gedoen vir my. En daar was
| ook nie stads verkeer nie. Ons spandeer gans en al te veel tyd om te
| pendel.
| Ek weet van die ouens ry trein, en dan sit hulle nog 'n taal en aanleer
| of so iets in daardie tyd, maar as mens motor bestuur, is dit kwalik 'n
| opsie.
|
| Laat my weet wat dink julle van ons moderne gejaagde? (ratrace) werks
| omstandighede.
|
| Groetnis
| Len

In die kantoor van die toekoms sal pendeltyd uitgesny word, die werk sal na
jou kom. Verder sal tyd nie meer belangrik wees nie, maar produksie of
waardetoevoeging. Die slim mense sal meer vrye tyd hê. Die dommes sal hulle
doodwerk. Moontlik sal die slimmes meer kinders hê en die gene van die
nageslag versterk (grappie).

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Re: Instink [boodskap #10615 is 'n antwoord op boodskap #10579] Sa, 06 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo At,

Jy het geskrywe:

> Volgens my bestaan die leerhandeling uit twee fases. Die
> eerste fase word ontluikende leer genoem. Dit is wanneer
> die eerste begrip binne jouself gevorm (gebore, ontluik)
> word. Daarna volg die tweede fase wat verterende leer
> genoem word. Dit is wanneer die begrip volwasse word
> deur te teer op inligting afkomstig uit die omgewing.

Ek het so drie jaar terug 'n groot belangstelling gehad in hoe "synchronicity"
of "coincidence" gebeur. Dit het toe tot voorskyn gekom, dat dit presies so
werk soos jy hier so pragtig sê. By voorbeeld, mens hoor of sien iets wat jou
belangstelling prikkel. Dis miskien die eerste keer wat jy dit teëkom, maar jy
word nou bewus daarvan. Skielik voel dit of jy nie 'n draai kan maak, sonder
om daardie ding/konsep/beeld orals te sien, en jy kan nie glo dit was nog
altyd daar gewees nie, en dat jou oë nou eers vir die eerste keer oopgaan
daarvoor nie. Ek kry dan daardie "where have I been all my life?" gevoel.

'n Toeval is iets wat juis op die regte oomblik gebeur wanneer jy gereed is
daarvoor. Laat 'n mens nogal wonder wat alles op hierdie moment regstaan vir
jou, maar daardie deel van jou is nog aan die slaap (het nog nie ontluik nie?)
Dink net aan die moontlikhede!!! Mens wens so jy kon vinniger vorentoe beweeg,
en hoekom neem dit ons soveel jare om die eenvoudigste ou lessie te leer? (Dit
lyk immers eenvoudig met terugsig). Dis verskriklik frustreerend. (Ek soek 'n
magic resep, as jy of iemand anders een het, stuur dit asb.)

----

> Ek het opgemerk dat Vira 'n pragtige stuk aan jou
> geskryf het oor kunstigheid ("artistry"). Vit my is, net
> soos met rasionalitiet die geval is, kunstigheid,
> taligheid ("linguality"), geestigheid ("spirituality") almal
> ho"er orde ontluikings wat ook op stomkunde berus.

Dankie At.

Wil net graag ietsie byvoeg wat jou dalk sal interesseer. Ek het, soos genoem,
vir 'n paar mense kunsvaardigheids klasse aangebied. Anders as ander afrigters
op hierdie gebied, was ek "process oriented", plaas van "product oriented". Die
studente het dit nie geweet in die begin nie. Ek het geglo in "go with the
flow" en hulle laat gaan waar hulle instink/kreatiwiteit hulle geneem het. Na
'n tyd het so een na die ander my laat weet dat hulle lankal klaar geleer het
waarvoor hulle oorspronklik gekom het, maar hulle kom nog steeds omdat dit vir
hulle 'n terapie was. Hulle het my half soos 'n psiagiater gesien, en gesê
hulle voel altyd beter na 'n les. Maar, ek het niks gedoen nie. Hulle het dit
vir hulle self gedoen. Al wat ek bereik (soms forseer) het, is dat hulle in
aanraaking kom met hulle 'self' deur daardie intuisie oop die maak vir makliker
"access". Toe hulle hier loop, het hulle gevoel enigiets is vir hulle
moontlik. Na 'n paar dae het die gevoel weer verlore geraak tussen die
"werklikheid" en hulle was reg vir nog 'n dosis.

Wat ek hiermee wil sê, is dat daar ongelooflike bronne binne elke mens is.
Miskien het dit ook te doen met die 90%+ plus van die brein wat nie gebruik
word nie? Wens ek het meer geweet,

Vira.
Re: Instink [boodskap #10766 is 'n antwoord op boodskap #10571] So, 14 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/14/97 5:33PM, in message , "AM
de Lange" wrote:

> Ek het nie 'n magic resep nie. Maar ek het wel
> 'n komplekse resep wat kan help. Dit kom op
> twee sake neer. Die saak een is om jou op te werk
> na 'n ontluiking. PROBEER om al die dinge waarvoor
> hy LIEF is gedoen te kry op SOVEEL MANIERE as
> moontlik. Die drie elemente in hoofletters geskryf,
> is die belangrikste. Hulle is belangriker as die
> dinge wat jy wel regkry.
>
> At de Lange
>

Dankie At, vir jou antwoord. Ek dink ek verstaan presies wat jy hier sê, en
het die resep al baie gebruik. Dit werk.

Gedurende my na-skoolse studies, het ek 'n onderwyseres gehad wat vir my iets
geleer het wat altyd saam met my bly. Sy was nie 'n baie goeie onnie nie, maar
sy't vier woorde gebruik wat vir my meer beteken het as al die ander werk. Sy't
gesê: "Maak dit jou eie". Eers het ek geworstel om te begryp wat sy bedoel.
Nou het dit 'n leefwyse geword. Neem enigiets. Maak dit jou eie. Dit is nie
op 'n materiele vlak bedoel nie, maar innerlik. Die transformasie wat daarin
plaasvind, verseker dat jy altyd aanhou groei.

Die mense (generasie X-ers?) wat vind daar's niks nuuts in die wêreld nie, het
nog nie geleer om dinge van die wêreld hul eie te maak nie. Omdat elke mens
uniek is, sal op hierdie wyse alles altyd hernu word. Veral omdat die mens self
aanhou verander.

Ek weet nie of ek hierdie goed genoeg geskryf het om sin te maak nie. As iemand
vrae het, sal ek probeer om dit duideliker te maak.

Beste wense,
Vira.
Re: Instink [boodskap #10767 is 'n antwoord op boodskap #10571] So, 14 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V skryf in artikel
...

> Ek het so drie jaar terug 'n groot belangstelling gehad in hoe "synchronicity"
> of "coincidence" gebeur. Dit het toe tot voorskyn gekom, dat dit presies so
> werk soos jy hier so pragtig sê. By voorbeeld, mens hoor of sien iets wat jou
> belangstelling prikkel. Dis miskien die eerste keer wat jy dit teëkom, maar jy
> word nou bewus daarvan. Skielik voel dit of jy nie 'n draai kan maak, sonder
> om daardie ding/konsep/beeld orals te sien, en jy kan nie glo dit was nog
> altyd daar gewees nie, en dat jou oë nou eers vir die eerste keer oopgaan

> daarvoor nie. Ek kry dan daardie "where have I been all my life?" gevoel.

Liewe Vira,

Baie dankie vir die beskrywing. Soos wat dit vir my
lyk, beskryf jy hoe iets eers revolusioner ontluik.
Daardie "where have I been all my life?" gevoel is
kenmerkend van 'n ontluiking. Daarna beskryf jy hoe
hierdie ontluiking groei soos wat dit geleenthede vind
waarin dit inligting verober. Eers wanneer hierdie
ontluiking 'n "volwasse lyf" gekry het, is dit in staat
om tot 'n nuwe ontluiking aanleiding te gee.

> 'n Toeval is iets wat juis op die regte oomblik gebeur wanneer jy gereed is
> daarvoor. Laat 'n mens nogal wonder wat alles op hierdie moment regstaan vir
> jou, maar daardie deel van jou is nog aan die slaap (het nog nie ontluik
nie?)

Eintlik sine ek twee sake raak. Die een saak
is goed wat nog nie in 'n mens ontluik het nie.
Die ander saak is goed wat wel in 'n mens
ontluik het, maar nog nie geartikuleer (in ander
vorme gegiet) is nie. Dit is dan deel van jou
stomkunde (intuisie, onderbewuste).

> Dink net aan die moontlikhede!!! Mens wens so jy kon vinniger vorentoe beweeg,
> en hoekom neem dit ons soveel jare om die eenvoudigste ou lessie te leer? (Dit
> lyk immers eenvoudig met terugsig). Dis verskriklik frustreerend. (Ek soek 'n
> magic resep, as jy of iemand anders een het, stuur dit asb.)

Ek het nie 'n magic resep nie. Maar ek het wel
'n komplekse resep wat kan help. Dit kom op
twee sake neer. Die saak een is om jou op te werk
na 'n ontluiking. PROBEER om al die dinge waarvoor
hy LIEF is gedoen te kry op SOVEEL MANIERE as
moontlik. Die drie elemente in hoofletters geskryf,
is die belangrikste. Hulle is belangriker as die
dinge wat jy wel regkry.

Die ander saak is om nie die sewe essensies te minag
wat belangrik is vir 'n ontluiking nie. Hulle is is-word,
sekerheid, heelheid, effektiewe kontak, begrensde kwantiteit,
'n verskeidenheid kwaliteite en openheid, self al behels
dit 'n transformasie van jou lewensuitkyk.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Dood
Volgende onderwerp: Outback (aan Galjoen)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 22:15:27 MGT 2024