Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit Naasteliefde?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105822 is 'n antwoord op boodskap #105756] So, 11 September 2005 03:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn"  skryf in boodskap news:ud7vh1d9tf9aq6q3355lssudvo6gcsu5cq@4ax.com...

>  http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/leestekn.htm
>
>  "Hello Piet,
>  Jong, jou reseppie werk nie vir Windows XP nie! Ek het toe maar die
>  storie op my eie manier uitgewerk, en wonder bo wonder werk dit. Dit
>  klink 'n bietjie omslagtig, maar miskien kan jy dit so 'n bietjie
>  af"trim"
>  1. My computer
>  2. Control Panel
>  3. Kliek op Regional and Language
>  4. Kliek op Language
>  5. Kliek op Details
>  6. Kliek op add
>  7. Op oopvalvenster kliek op keyboard layoute/IME
>  8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.
>  9. Kliek weer op venster en kies United States International
>  10. Apply en OK"

Jou ou (nie letterlik nie!) doring!  Geweet jy sal dit kry!  My dankbaarheid
ken geen perke nie... hmmmm, hoop nou ek sal nie later spyt wees oor die
stelling nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105825 is 'n antwoord op boodskap #105813] So, 11 September 2005 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:k0k3i11qgeer6aatldt2v6h5n4p9k92v3a@4ax.com...
> "Francois Human" skryf:
>
>> Weereens vra ek dat 'n mens moet onderskei tussen sondig wees
>> en sonde doen.
>
> Met "sondig wees" neem ek aan jy verwys na "peccatum originale", wat
> direk in Engels vertaal is as "original sin", of "erfsonde" soos ek
> die konsep leer ken het in SA?
> M.a.w dit wat ons erf as kinders van God van Adam af?
> Indien dit is wat jy daarmee bedoel, sou ek nogal graag jou opinie
> hieroor wou hoor, want daar is verskeie skole van denke hieroor. As
> mens na die kerk geskiedenis gaan kyk, raak dit nogal duidelik dat
> daar verskillende denke onder die Griekse kervaders en die van die
> Latynse kervaders was. Weereens net sommer so kortliks gesê.
> Kan jy aan my verduidelik wat jy bedoel met die term "sondig wees"?
> Dit was nie vir my duidelik in jou vorige pos nie.
>
Ek vermoed ek het dit elders gestel, maar basies beteken 'sondig wees'
vir my die feit dat die mensdom as geheel God se doel vir hom gemis
het, nl. om as perfekte skepping na die beeld van God te leef. Die mensdom
het gekies (en kies steeds op 'n daaglikse basis) om weg van God af te draai
en eerder sy/haar eie wil te volg deur plesier en eie voordeel na te jaag
ten
koste van die dinge wat God wil hê hy/sy moet doen.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105826 is 'n antwoord op boodskap #105754] So, 11 September 2005 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf in boodskap news:1GMTe.26025$FA3.14271@news-server.bigpond.net.au...
>
> "Francois Human" wrote in message
> news:1126074643.db66bf7f239768407dd5a830e5dd6a69@teranews...

>
>> Onthou maar net een ding Bobby. God is nie in die kerkgebou nie. Om
>> gered
>> te word, beteken nie eens dat jy enige ander Christen of sy/haar doen en
>> late
>> hoef te laaik nie. Maak jou EIE saak reg, gaan dan aan en leef soos JY
>> behoort
>> te leef, anders doen jy presies waarvan so baie Christene beskuldig word,
>> naamlik beskuldiging, veroordeling en vingerwysing na mense.
>
> Presies. Ek weet my saak is reg met die Man daarbo en ek probeer my bes
> om te leef volgens wat Hy verwag. Ek wys nie vinger nie - ek wys net uit
> wanneer iemandanders vinger wys en veroordeel. Dis my Christelike plig.

Sou dit nie beter wees dat mense soos ek en jy wie se saak met God reg is,
dan eerder die kerk VAN BINNE moet be-invloed en beter maak en te
help dat die kerk God beter eer en dien nie?
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105831 is 'n antwoord op boodskap #105822] So, 11 September 2005 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf:

> Jou ou (nie letterlik nie!) doring! Geweet jy sal dit kry! My dankbaarheid
> ken geen perke nie... hmmmm, hoop nou ek sal nie later spyt wees oor die
> stelling nie.

Giegie - jy is baie welkom.
Ek hoop dit het jou gehelp. :)
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105832 is 'n antwoord op boodskap #105825] So, 11 September 2005 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf:

> Ek vermoed ek het dit elders gestel, maar basies beteken 'sondig wees'
> vir my die feit dat die mensdom as geheel God se doel vir hom gemis
> het, nl. om as perfekte skepping na die beeld van God te leef.

Dankie, Francois. Ja, jy het dit elders ook so gestel. Dankie vir
jou antwoord.
Ek sal maar eerder die saak nou daar laat. :)
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105846 is 'n antwoord op boodskap #105826] So, 11 September 2005 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Francois Human" wrote in message
news:1126433915.4de49cab6723f2d955e0d44e66c77e49@teranews...

> Sou dit nie beter wees dat mense soos ek en jy wie se saak met God reg is,
> dan eerder die kerk VAN BINNE moet be-invloed en beter maak en te
> help dat die kerk God beter eer en dien nie?

Sekerlik. Maar ek doen dit, of probeer dit doen, deur my leefwyse en
woorde. Ek is behoorlik afgeskrik deur al die jare van kerk-toe-gaan, en
die teleurstelling daarna wanneer ek die "strengste" Christene se optrede
buite die kerk beskou. Ook hier in my buurt sien ek dit daagliks, en as ek
eerlik moet wees (en dit is iets waarvoor ek bekend staan), moet ek erken
dat ek regtig nie veel met sulke mense wil meng nie. Tragies, is dit nie?
Ek het moed opgegee met kerkgangers - ek weet natuurlik dat nie almal
dieselfde is nie, maar volgens wat ek sien, is dit die oorgrote meerderheid.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105851 is 'n antwoord op boodskap #105811] Ma, 12 September 2005 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:1vednQTKXq7PJLzeRVn-jA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Basjan, as ons nou moet begin praat oor "Jesus, DEEL VAN God-Drie-
>>> Enig", (wat dus die HEILIGE GEES insluit) dan sal ek eers vir jou
>>> grys hare gee. Op teologiese gebied.

>> Ag ou Gloudina, dit gee my glad nie grys hare nie, ek sien dit is maar
>> net
>> nog 'n geloofaspek waarin ons seker 180° verskil.
>
> Ongetwyfeld. Want ek het 'n suspisie dat, alhoewel jy Sê dat jy
> aan 'n drie-enige God glo, as jy eerlik moet wees, jy sal erken
> dat jy 'n verskil maak tussen Jesus en God en die Heilige Gees.

Natuurlik! Drie unieke Persone in een geheel. Wat ek op afstuur is dat ek
glo God is drie Persone in Sy Wese. Daar is geweldig baie dele in die Bybel
wat mens kan aanhaal om dit te staaf, sonder dat jy voor 'n dominee hoef te
gaan sit om dit uit te klaar.

> Kan jy werklik sê dat, as jy gedurende dieselfde tyd as Jesus
> gelewe het, en jy het in sy oë gekyk, dat jy dan in Jesus ook
> God sien en die Heilige Gees?

In essensie ja (God die Vader en Sy Heilige Gees is in Jesus), maar in my
geloofsoortuiging is al die Persone van God uniek en apart, maar maak deel
uit van een geheel as God. Maar dit, Gloudina, is ook een van die dinge wat
ek graag aan God sal wil vra, omdat dit vir my en jou as mens nie sin maak
nie.

> In my opinie is die teologiese
> denke wat die drie-eenheid as basis het, baie nader aan
> denke oor die kwessie van buddha-nature as wat dit is
> aan die deursnee Protestantse prediking.

Ek stem nie hier saam nie, ek dink ook nie dat ek dit duideliker kan stel as
hierbo nie! Dalk meer jou interpretasie van die "deursnee Protestantse
prediking"? Maar dit is natuurlik elk van ons se opinie.

Jy moet versigtig wees om die wortels van buddhisme telke maal te verwoord
as voorloper van Chirstenskap. Alhoewel dit geen issue behoort te wees oor
wie "eerste" was nie, wil ek jou net daarop wys dat Christenskap in sy
essensie nagespoor kan word tot in Genesis, watter tyds-era dit ookal
verteenwoordig.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105864 is 'n antwoord op boodskap #105851] Ma, 12 September 2005 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> In essensie ja (God die Vader en Sy Heilige Gees is in Jesus), maar in my
> geloofsoortuiging is al die Persone van God uniek en apart, maar maak deel
> uit van een geheel as God. Maar dit, Gloudina, is ook een van die dinge wat
> ek graag aan God sal wil vra, omdat dit vir my en jou as mens nie sin maak
> nie.

Sien jy, Basjan, dis net hier waar ek en jy begin "verskil"
in die mees basiese sin van die woord. Want jy glo in
hierdie "persone" as "uniek" en "apart" - en dus in 'n
meervoudige god ( dis hier waar die griekse invloed
wys.) Dis dié wat jy vir 'n "verduideliking van God" in
die "hiernamaals" moet vra..

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105865 is 'n antwoord op boodskap #105851] Ma, 12 September 2005 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Jy moet versigtig wees om die wortels van buddhisme telke maal te verwoord
> as voorloper van Chirstenskap

Jy begin senuweeagtig word, nê?

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105869 is 'n antwoord op boodskap #105864] Ma, 12 September 2005 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:QPadnTwT1IgGxbjeRVn-sw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> In essensie ja (God die Vader en Sy Heilige Gees is in Jesus), maar in my
>> geloofsoortuiging is al die Persone van God uniek en apart, maar maak
>> deel
>> uit van een geheel as God. Maar dit, Gloudina, is ook een van die dinge
> wat
>> ek graag aan God sal wil vra, omdat dit vir my en jou as mens nie sin
>> maak
>> nie.
>
> Sien jy, Basjan, dis net hier waar ek en jy begin "verskil"
> in die mees basiese sin van die woord. Want jy glo in
> hierdie "persone" as "uniek" en "apart" - en dus in 'n
> meervoudige god ( dis hier waar die griekse invloed
> wys.) Dis dié wat jy vir 'n "verduideliking van God" in
> die "hiernamaals" moet vra..
>
> Gloudina

Gloudina, ek glo dat God 'n Eenheid is, maar drie Persone. Dit
(Drie-eenheid) bly iets wat moeilik is om jou kom om te draai, maar dit is
wel vir my uiters belangrik dat God die Vader, die Seun en die Heilige Gees
almal God is. Dat ek dit nie in my menslike taal en denke kan uitlê nie,
maak my geensins moeg of bekommerd nie! Ek dink daaraan soos iemand dit
eenkeer verduidelik het, as kerswas, pit en vlam (met respek gesê!) - saam
is dit 'n brandende kers, maar elke entiteit kan uniek beskryf word.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105870 is 'n antwoord op boodskap #105865] Ma, 12 September 2005 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ApCdnZqlaZOuxLjeRVn-qQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Jy moet versigtig wees om die wortels van buddhisme telke maal te
>> verwoord
>> as voorloper van Chirstenskap
>
>
> Jy begin senuweeagtig word, nê?
>
> Gloudina

O geensins nie, my liewe Gloudina, ek raak sommer redelik moeg daarvoor dat
jy buddhisme as logiese alternatief vir Christenskap voorhou en dit dan
probeer ondersteun met buddha wat "voor Christus" gelewe het. Jy het
natuurlik jou reg tot geloof in buddhisme, maar dit is nie soortgelyk aan
Christenskap nie, omdat, soos ons al baie oor gepraat het, Christenskap se
kruks in Jesus CHRISTUS lê. en dit is vir my kardinaal, ongeag "mooi dade"
wat mag ooreenstem in verkillende gelowe. Dit is hoe ek (nederig) in
redding deur Jesus Christus glo.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105873 is 'n antwoord op boodskap #105864] Ma, 12 September 2005 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:QPadnTwT1IgGxbjeRVn-sw@rogers.com...
>
> en dus in 'n
> meervoudige god ( dis hier waar die griekse invloed
> wys.)

Versigtig Gloudina, ek het nêrens gesê ek glo in 'n meervoudige God nie.
Dit is jou woorde wat jy aanlas. Ek het gesê "een geheel as God" - jou
verwronging van my woorde en bedoeling is weereens plain ongelooflik.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105874 is 'n antwoord op boodskap #105873] Ma, 12 September 2005 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Versigtig Gloudina, ek het nêrens gesê ek glo in 'n meervoudige God nie.
> Dit is jou woorde wat jy aanlas. Ek het gesê "een geheel as God" - jou
> verwronging van my woorde en bedoeling is weereens plain ongelooflik.

En ek stel voor as jy werklik GLO wat jy hier sê, en jy ook
glo dat Christus bedoel het wanneer hy gesê het " julle is in my en ek
in julle" , dat jy wat jy nou verkondig as jou teologiese standpunt
drasties in hersiening sal moet neem.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105875 is 'n antwoord op boodskap #105874] Ma, 12 September 2005 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:COydnanQGq_kErjeRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Versigtig Gloudina, ek het nêrens gesê ek glo in 'n meervoudige God nie.
>> Dit is jou woorde wat jy aanlas. Ek het gesê "een geheel as God" - jou
>> verwronging van my woorde en bedoeling is weereens plain ongelooflik.
>
> En ek stel voor as jy werklik GLO wat jy hier sê, en jy ook
> glo dat Christus bedoel het wanneer hy gesê het " julle is in my en ek
> in julle" , dat jy wat jy nou verkondig as jou teologiese standpunt
> drasties in hersiening sal moet neem.
>
> Gloudina

Ons is in Christus gered, en soos Francois ook al gesê het, ek glo God sien
ons deur/in Christus as vergewe. En Christus in ons is vir my eenvoudig om
te verduidelik, maar moeilik om te leef! Dit spreek vir my van Jesus
Christus wat ons gees bewoon en ons wat streef om sy Beeld meer te leef en
na te streef na redding deur Hom.

Ek dink, myns insiens, dat jou issues kom omdat jy alle geloofsake
intelektueel wil kan verklaar. Ma.w., God Drie-enig - hoe is dit moontlik?
Terwyl mens dalk moet teugstaan en sê: Net omdat ek dit nie kan verstaan
nie, maak dit nie vals nie... ons is (net) mense!

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105876 is 'n antwoord op boodskap #105874] Ma, 12 September 2005 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:COydnanQGq_kErjeRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Versigtig Gloudina, ek het nêrens gesê ek glo in 'n meervoudige God nie.
>> Dit is jou woorde wat jy aanlas. Ek het gesê "een geheel as God" - jou
>> verwronging van my woorde en bedoeling is weereens plain ongelooflik.
>
> En ek stel voor as jy werklik GLO wat jy hier sê, en jy ook
> glo dat Christus bedoel het wanneer hy gesê het " julle is in my en ek
> in julle" , dat jy wat jy nou verkondig as jou teologiese standpunt
> drasties in hersiening sal moet neem.
>
> Gloudina

Hoekom? Omdat jy nie kan/wil verstaan nie? Omdat jy fisies wil verklaar
hoe God in die mens kan wees? Dit is vir my glad nie moeilik om te glo dat
Jesus in my leef (na Sy redding) en ek in Jesus (in God se oë), selfs in
konteks van God-Drie-enig. Kan ek 'n eksperiment vir jou uitlê? Miskien
geestelik, maar nie fisies nie.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105877 is 'n antwoord op boodskap #105870] Ma, 12 September 2005 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> O geensins nie, my liewe Gloudina, ek raak sommer redelik moeg daarvoor dat
> jy buddhisme as logiese alternatief vir Christenskap voorhou en dit dan
> probeer ondersteun met buddha wat "voor Christus" gelewe het.

Luister, Basjan, Gautama Buddha, net maar een van duisende buddhas,
die een wat in hierdie historiese tydperk gelewe het, het wel vyf honderd
jaar voor Christus gelewe. Maar jy moet verstaan dat hy net as 'n
leermeester voorgehou word, verkondiger van die goeie boodskap
dat ons almal buddha-nature het, maar dat dit verdonker word deur
die egoistiese gedrog waarin ons spiritueel verval as ons nie bewus
is van dit wat bind en dit wat vrymaak nie. Hierin sien ek geen
botsing tussen dit wat Buddhiste glo en dit wat Christus aan die
eerste Christene verkondig het nie. Waar ek ophou glo, is wanneer
daar 'n eksklusiewe klub van sogenaamde Christene geskep word
deur die daaropvolgende diktatuur van Paulus en die honderde
jare van konferensies en debatte oor wat "Christen" nou werklik
beteken ( swaar beinvloed deur Griekse denke), sodat daar
uiteindelik 'n geestelike apartheid geskep word wat jy en mense
soos jy eenvoudig weier om af te breek en toe te gee dat ander
gelowe ook "geldig" is. Hoekom kan die Dalai Lama mense
aanmoedig om binne hulle eie kulturele spirituele raamwerk te
bly en nogtans Buddhistiese filosofie en psigologie en
metafisiese denke te bestudeer, en jy en ongelukkig baie
ander Christene soos jy weier om gehoor te gee aan die
goeie boodskap dat ons almal kinders van God is, in
God se beeld geskape is, as ons alleen maar kan sien
dat ons gered moet word van ons egogesentreerde
samsara.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105879 is 'n antwoord op boodskap #105877] Ma, 12 September 2005 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:A4udnTjKwb9CDrjeRVn-jg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> O geensins nie, my liewe Gloudina, ek raak sommer redelik moeg daarvoor
> dat
>> jy buddhisme as logiese alternatief vir Christenskap voorhou en dit dan
>> probeer ondersteun met buddha wat "voor Christus" gelewe het.
>
> Luister, Basjan, Gautama Buddha, net maar een van duisende buddhas,
> die een wat in hierdie historiese tydperk gelewe het, het wel vyf honderd
> jaar voor Christus gelewe. Maar jy moet verstaan dat hy net as 'n
> leermeester voorgehou word, verkondiger van die goeie boodskap
> dat ons almal buddha-nature het, maar dat dit verdonker word deur
> die egoistiese gedrog waarin ons spiritueel verval as ons nie bewus
> is van dit wat bind en dit wat vrymaak nie. Hierin sien ek geen
> botsing tussen dit wat Buddhiste glo en dit wat Christus aan die
> eerste Christene verkondig het nie.

Genugtig, Gloudina!! "geen botsing"?? Wat bind en wat maak vry in die twee
gelowe? In Christenskap is dit sonde wat bind (gepersonifiseer deur die
bose, Satan) en redding deur Jesus Christus wat vrymaak. (1) Dit is nie my
woorde nie en (2) ek waarborg jou dit is verskeillend van buddhisme. Dus,
jou valse argument van "geen botsing" is nie alleen belaglik nie, dit is
juis dit, VALS.

> Waar ek ophou glo, is wanneer
> daar 'n eksklusiewe klub van sogenaamde Christene geskep word
> deur die daaropvolgende diktatuur van Paulus en die honderde
> jare van konferensies en debatte oor wat "Christen" nou werklik
> beteken ( swaar beinvloed deur Griekse denke), sodat daar

Ek begin dink jy steur jou te veel aan mense en te min aan die egte soeke na
God?

> uiteindelik 'n geestelike apartheid geskep word wat jy en mense
> soos jy eenvoudig weier om af te breek en toe te gee dat ander
> gelowe ook "geldig" is.

Ek het nog nooit ge-claim dat ek glo alle gelowe is maar honky-dorie nie, so
hoekom moet ek geldigheid toegee as my geloof van my vra dat DIE KERNPUNT
verlossing in JESUS lê? Kan jy REGTIG nie insien dat ek juis eng glo, omdat
ek deur God daarvan oortuig is nie? ek oordeel niemand nie, ek glo net in
Jesus Christus as Verlosser. Ek laat alle oordeel aan God toe. Maar as jy
my vra of buddhisme, islam, ens. oraait is, dan moet ek eerlik sê ek GLO nie
so nie. Gaan die gelowe se aanbidders hel toe? DIT is NIE vir my om te sê
NIE! Maar ek glo wel dat Jesus die Weg na God is - nie my woorde nie,
Gloudina, nie my woorde nie.

(By the way - sien jy die ironie van jou woorde hierbo, waar jy wat alle
gelowe as "geldig" wil hê, nie bereid is om my geloof as geldig te aanvaar
nie? M.a.w. jy is slegsbereid om ander gelowe as geldig te aanvaar as jy
daarmee saamstem - die hipocracy, Gloudina, moet jou hartseer maak).

> Hoekom kan die Dalai Lama mense
> aanmoedig om binne hulle eie kulturele spirituele raamwerk te
> bly en nogtans Buddhistiese filosofie en psigologie en
> metafisiese denke te bestudeer,

Omdat hy 'n MENS is wat soos 'n mens dink en sy bes doen om die geestelike
te verstaan, hoe verwronge dit ookal vir my, en hoe reg dit ookal vir jou
mag wees.

> en jy en ongelukkig baie
> ander Christene soos jy weier om gehoor te gee aan die
> goeie boodskap dat ons almal kinders van God is

...verwyderd van God deur sonde, versoen met God deur Jesus Christus
(weereens nie my woorde nie)

> , in
> God se beeld geskape is,

Weereens 'n skreiende voorbeeld van jou interpretasie van mens na "God se
beeld". Ek glo ook dat ons almal in God se beeld geskape is, maar dalk meer
geestelik gesien, as geeste wat kan onderskei tussen reg en verkeerd. En
nie dat ons en God gelyk is nie. (Jy moet tog kan insien dat 'n beeldhouer
sy beeld kan oorgee aan 'n beeldwerk, maar nie sy wese en kragte nie?)

> as ons alleen maar kan sien
> dat ons gered moet word van ons egogesentreerde
> samsara.

...deur MENSE gedefinieer as die weg tot saligheid? Dit maak my hartseer...

Basjan

PS - ons is al baie keer oor dieselfde topic, nl. dat ek glo in redding in
Jesus en jy boos raak omdat jy voel ek sluit ander uit. Vir die soveelste
keer, ek sluit niemand uit nie, ek glo alleen in Jesus Christus en Sy
boodskap van redding. Dit is wat ek GLO, om anders te glo, glo ek ek jy
moet 'n ander geloof aanhang. Punt.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105882 is 'n antwoord op boodskap #105876] Ma, 12 September 2005 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Ma.w., God Drie-enig - hoe is dit moontlik?
> Terwyl mens dalk moet teugstaan en sê: Net omdat ek dit nie kan verstaan
> nie, maak dit nie vals nie... ons is (net) mense!



> Hoekom? Omdat jy nie kan/wil verstaan nie? Omdat jy fisies wil verklaar
> hoe God in die mens kan wees? Dit is vir my glad nie moeilik om te glo dat
> Jesus in my leef (na Sy redding) en ek in Jesus (in God se oë), selfs in
> konteks van God-Drie-enig. Kan ek 'n eksperiment vir jou uitlê? Miskien
> geestelik, maar nie fisies nie.

O Boooo! LOL
Interessant dat dit vir jou so maklike konsep is, terwyl mens maar net
hoef te gaan kyk na die geskiedenis van hierdie doktrine, en die
kopsere wat dit aan die verskeie kerkvaders gegee het.
Wat jy eintlik glo is maar net 'n dogma en doktrine soos aanvaar en
neergelê deur 'n groep mense, in die 4de eeu of daar rond.
Definitief nie 'n bybelse konsep nie, maar net weereens en nogsteeds
en altyd, 'n mensgemaakte doktrine.
Mens kan seker sê daar was wel indikasies van hierdie doktrine in die
bybel, maar dit was nog deur al die eeue verskillend geinterpreteer
deur verskillende teoloë.
Tydens die pre-reformasie periode kan mens opsommend sê dat hierdie
doktrine in die Weste deur Augustine vasgelê is, hoofsaaklik
geinspireer deur sy "De Trinitate", en in die Ooste (waar hulle tot
vandag toe nog die storie anders sien), hoofsaaklik beinvloed deur
John van Damascus.

Die vader van Protestantisme, Martin Luther, was hoogs beinvloed deur
Augustine - go figure.
Goeie Manichaean wat Augustine was, en wat die lig gesien het deur die
prediking van Ambrose (wie bekend was vir sy um...tekortkominge veral
waar dit kom by ambisie en bigotry).

Basjan, jou geestelike eksperiment is werklik nie nodig of
betekenisvol nie. Dalk sal so bietjie ekstra leeswerk, en
belangstelling in die geskiedenis en agtergrond van jou geloof dalk
meer betekenisvol wees? :)
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105884 is 'n antwoord op boodskap #105875] Ma, 12 September 2005 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek dink, myns insiens, dat jou issues kom omdat jy alle geloofsake
> intelektueel wil kan verklaar. Ma.w., God Drie-enig - hoe is dit
moontlik?

Dis 'n ou truuk om die ander een te beskuldig dat
hy dinge "intellektueel" wil verklaar. Nee wat, Basjan,
as jy so lank gelewe het soos ek, dan begin jy net
bietjie meer reguit dink, en jy begin kyk na resultate
en jy neem, mens kan amper sê, dinge bietjie ernstiger
op. Ek glo in die leringe van Christus. Ek glo net nie
in alles wat as die leer van Christus deur Christene
verkondig word, somtyds in duidelike teenstrydige
terme. Mens kan baie keer vra, wie van al die
Christene het nou eintlik die "regte" ding beet. Gee
my dan nou maar liewer die oefeninge wat die
Buddhiste voorskryf, soos byvoorbeeld die
oefening "exchanging self and others."

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105885 is 'n antwoord op boodskap #105879] Ma, 12 September 2005 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

ons is al baie keer oor dieselfde topic

Ja, ek dink ons moet maar nou bietjie die gesprek staak.
Ons gaan oor en oor dieselfde onderwerp. Dit moet vir
jou duidelik wees dat ek geen twis het met die inhoud
van die Evangelies nie. Ek kan selfs insien dat Paulus
eintlik sin maak, en dat sommige van sy woorde net
verdraai is in die eeue na hy geleef het, om by sommige
kerkvaders in te pas wat hulle eie agendas gehad het.
Maar ek kan ongelukkig nie meer verklaar "ek is 'n
Christen" nie, want dit het teveel bagasie wat niks met
die prys van eiers te doen het nie, maar wat as die
alfa en omega van die sogenaamde Christelike geloof
beskou word. Veral as dit verkondig word deur
Protestante. Protestante het die slegte gewoonte
om die helfte van die kerksessie te staan en preek
oor wat verkeerd is met ander gelowe. Dan woon
ek liewer Anglikaanse of Katolieke kerkbyeenkomste
by.
In alle geval, ek gaan vir 'n paar dae weg van
die rekenaar, na cottage country in die Muskokas.
Ek hoop om blare verkleurd te sien in die Algonquin
Park. Hierdie jaar is die blare laat. Ons kry vandag,
hier in die middel van September, nog bloedig warm.
Dis 30 C. Met die Humidex 38 C.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105889 is 'n antwoord op boodskap #105884] Di, 13 September 2005 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:bKKdnQStRrtOkLveRVn-vw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek dink, myns insiens, dat jou issues kom omdat jy alle geloofsake
>> intelektueel wil kan verklaar. Ma.w., God Drie-enig - hoe is dit
> moontlik?
>
> Dis 'n ou truuk om die ander een te beskuldig dat
> hy dinge "intellektueel" wil verklaar.

...of is dit 'n ou truuk om dit kwansuis af te maak as 'n ou truuk?

> Nee wat, Basjan,
> as jy so lank gelewe het soos ek, dan begin jy net
> bietjie meer reguit dink, en jy begin kyk na resultate
> en jy neem, mens kan amper sê, dinge bietjie ernstiger
> op.

Ek is verwondered dat jy dink jy neem dinge ernstiger as ons ander op. En
wat resultate betref: Jy bly mens Gloudina, as jy jou op resultate moet
berus, is jy die een op 'n high en die ander dag plat teen die vloer.

> Ek glo in die leringe van Christus. Ek glo net nie
> in alles wat as die leer van Christus deur Christene
> verkondig word, somtyds in duidelike teenstrydige
> terme.

Ek is bly jy erken dat jy in die "leringe van Christus" glo, maar dit is
evident dat jy nie in al Christus se uitsprake glo nie. Veral die te make
met verlossing in/deur Hom.

> Mens kan baie keer vra, wie van al die
> Christene het nou eintlik die "regte" ding beet.

Ek stem saam dat al die Christelike faksies onnodige verdeling veroorsaak,
maar onthou: Meeste Christene voel tuis in spesifieke groepe juis omdat
hulle maar mense bly, maar meeste Christene het nog steeds die inherente
kern van Christenskap behou, naamlik verlossing deur Jesus Christus, gevolg
deur vrugte van Sy Gees. Baie van die sake wat jy as "bagasie" beskryf, is
in myns insien nie saligheidsbepalend volgens die Bybel nie.

> Gee my dan nou maar liewer die oefeninge wat die
> Buddhiste voorskryf, soos byvoorbeeld die
> oefening "exchanging self and others."

Knock yourself out - onthou net altyd dit is mens-ontwikkeld om te
konkteriseer dit wat jy "voel jy moet konkreet kan voorstel"...

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105890 is 'n antwoord op boodskap #105882] Di, 13 September 2005 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:2oebi1tmnq92pupf0pkam3s3l7mr38eaf2@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>> Ma.w., God Drie-enig - hoe is dit moontlik?
>> Terwyl mens dalk moet teugstaan en sê: Net omdat ek dit nie kan verstaan
>> nie, maak dit nie vals nie... ons is (net) mense!
>
>
>
>> Hoekom? Omdat jy nie kan/wil verstaan nie? Omdat jy fisies wil verklaar
>> hoe God in die mens kan wees? Dit is vir my glad nie moeilik om te glo
>> dat
>> Jesus in my leef (na Sy redding) en ek in Jesus (in God se oë), selfs in
>> konteks van God-Drie-enig. Kan ek 'n eksperiment vir jou uitlê? Miskien
>> geestelik, maar nie fisies nie.
>
> O Boooo! LOL

LOL soveel as wat jy lus het, wees versigtig dat jy dalk net nie laaste LOL
nie!

> Interessant dat dit vir jou so maklike konsep is, terwyl mens maar net
> hoef te gaan kyk na die geskiedenis van hierdie doktrine, en die
> kopsere wat dit aan die verskeie kerkvaders gegee het.
> Wat jy eintlik glo is maar net 'n dogma en doktrine soos aanvaar en
> neergelê deur 'n groep mense, in die 4de eeu of daar rond.
> Definitief nie 'n bybelse konsep nie, maar net weereens en nogsteeds
> en altyd, 'n mensgemaakte doktrine.

Katryn, alhoewel ek respek vir jou opinie het en veral vir jou gevoel oor
baie van die sake, praat jy nou kompleet bog. Wat ek hierbo geskryf het kom
direk uit die Bybel. Naamlik dat Jesus Sy woning in ons maak en dat God ons
as verlos deur Christus sien. Dit is regtig nie moelik om te verstaan nie,
dit is dalk moeiliker om te glo.

Maar jou blatante verdraaiing van wat ek sê, sonder om alles in konteks te
lees, grens soos wat Annette sou sê, op "gloudiniaans". Op die ou einde glo
ek in God se woorde in Sy Woord, nie dogma en doktines soos deur kerkvaders
voorgestel nie. En ek dink dit is hier waar ons divergeer, jy voel dalk dat
dele van die Bybel "dogma en doktines" is? Ek glo dit is God se Woord vir
ons.

> Mens kan seker sê daar was wel indikasies van hierdie doktrine in die
> bybel, maar dit was nog deur al die eeue verskillend geinterpreteer
> deur verskillende teoloë.
> Tydens die pre-reformasie periode kan mens opsommend sê dat hierdie
> doktrine in die Weste deur Augustine vasgelê is, hoofsaaklik
> geinspireer deur sy "De Trinitate", en in die Ooste (waar hulle tot
> vandag toe nog die storie anders sien), hoofsaaklik beinvloed deur
> John van Damascus.

Sien hierbo. Jy kan sekerlik aflei vanuit my antwoorde dat ek nie
"Augustine se doktrine" nagevors het nie - inteendeel, ek haal aan wat ek
glo direk uit God se Woord, soos ek dit as persoon self kan lees.

> Die vader van Protestantisme, Martin Luther, was hoogs beinvloed deur
> Augustine - go figure.
> Goeie Manichaean wat Augustine was, en wat die lig gesien het deur die
> prediking van Ambrose (wie bekend was vir sy um...tekortkominge veral
> waar dit kom by ambisie en bigotry).

Dit is vir my baie duidelik dat jy, soos Gloudina, graag geloof wil
konseptualiseer. Jy wil dit kan verklaar in terme van wie wat gesê en wie
wat verkeerdelik gesê het, volgens jou. Maar op die ou einde is dit vir my
'n kwessie van PERSOONLIKE ervaring en oortuiging vanuit God se Woord, en
ja, God se oortuiging in jou "hart". Dus voel ek mens moet versigtig wees
om so baie op ander mense se idees en interpretasies te steun. Inteendeel,
lees God se Woord self en struggle self met wat Hy wil sê. Laat Luther,
Augustine, Ambrose met rus in hul grafte! Natuurlik kan mens kennis neem
van hulle opinies en interpretasies, maar ek dink mens moet versigtig wees
om te veel aan jou te laat voorskryf deur MENSE.

> Basjan, jou geestelike eksperiment is werklik nie nodig of
> betekenisvol nie. Dalk sal so bietjie ekstra leeswerk, en
> belangstelling in die geskiedenis en agtergrond van jou geloof dalk
> meer betekenisvol wees? :)

Lees hierbo, en gaan doen jou eie "geestelike eksperiment" in jou
persoonlike konteks. Dalk word dinge vir mens duideliker deur jou eie bril
as deur die kombinasie van verkillende diopter lense van 'n string mense.
Die kruks bly vir my die verlossing in Jesus Christus, Katryn, en dit blyk
my die issue te wees met Christenskap. As mens nie Jesus Christus as
Verlosser aanneem nie, dan is die mens, by definisie, nie 'n Christen nie.
En dit is 100% nie my oordeel of woorde nie.

Geskiedenis en agtergrond van geloof is interessant, maar bly juis dit,
interessant. Geloof bly die prinsiep - "glo" jy in geskiedenis, of
interpreteer jy (menslike) geskiedenis en laat dit jou geloof rig? Die
eerste is inherent problematies, omdat iets gebeur het of nie, terwyl die
tweede gevaarlik is, omdat MENSE geskiedenis leef. Jesus Christus se
kruisdood is wel geskiedkundig, maar verlossing deur Jesus se dood aan die
kruis is op 'n TOTAAL ander level...

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105891 is 'n antwoord op boodskap #105885] Di, 13 September 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:puSdnXFtW4BIj7veRVn-hw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> ons is al baie keer oor dieselfde topic
>
> Ja, ek dink ons moet maar nou bietjie die gesprek staak.

Akkoord.

> Ons gaan oor en oor dieselfde onderwerp. Dit moet vir
> jou duidelik wees dat ek geen twis het met die inhoud
> van die Evangelies nie. Ek kan selfs insien dat Paulus
> eintlik sin maak, en dat sommige van sy woorde net
> verdraai is in die eeue na hy geleef het, om by sommige
> kerkvaders in te pas wat hulle eie agendas gehad het.
> Maar ek kan ongelukkig nie meer verklaar "ek is 'n
> Christen" nie, want dit het teveel bagasie wat niks met
> die prys van eiers te doen het nie, maar wat as die
> alfa en omega van die sogenaamde Christelike geloof
> beskou word. Veral as dit verkondig word deur
> Protestante.

Ek is jammer om dit te hoor, want ek dink jy staar op die ou einde in die
menslike vas. Jy kan jou tog immers nooit toelaat dat mense jou weghou van
God nie?

Ek stel dit weer aan jou: Jesus Christus se verlossing is wat Christenskap
vir my definieer, terwyl vrugte van Sy Gees daarna volg. Ja dit beteken
eksklusiwiteit in Christenskap, maar nie deur my gedefinieer. As jy die
stellinge as bagasie sien, dan is ek opreg jammer vir jou.

> Protestante het die slegte gewoonte
> om die helfte van die kerksessie te staan en preek
> oor wat verkeerd is met ander gelowe.

Ek het nog nie sulke dienste bygewoon nie, die wat Christus as Weg tot God
predik is vir my volledig Bybels gefundeerd.

> Dan woon
> ek liewer Anglikaanse of Katolieke kerkbyeenkomste
> by.

As dit jou gemakliker laat voel, is dit jou keuse. Maar wees versigtig,
want die lewe is vol ongemaklike keuses...

> In alle geval, ek gaan vir 'n paar dae weg van
> die rekenaar, na cottage country in die Muskokas.
> Ek hoop om blare verkleurd te sien in die Algonquin
> Park. Hierdie jaar is die blare laat. Ons kry vandag,
> hier in die middel van September, nog bloedig warm.
> Dis 30 C. Met die Humidex 38 C.

Geniet, min kom by Noord-Amerika se verkleuring!

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105892 is 'n antwoord op boodskap #105884] Di, 13 September 2005 09:32 Na vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:bKKdnQStRrtOkLveRVn-vw@rogers.com...

Laaste sin moet lees "konkretiseer" in my vorige antwoord.

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Looking Around
Volgende onderwerp: Klomp Goed 1: Die afarmman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:49:29 MGT 2024