Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Botterkoppe
Botterkoppe [boodskap #10578] Do, 04 September 1997 00:00
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie At, vir die moeite wat jy doen om te verduidelik. Dit word baie
waardeer.

> idome is 'n onderafdeling van 'n belangrike saak wat
> ons beeldspraak kan noem. Gelykenisse, analogiee,
> metafore en nabootsings is ander onderafdelings van
> beeldspraak.

Dit is ook wat taal interessant, kleurvol en lewendig maak. Verder, bevorder
dit kommunikasie, omdat dit makliker is om deur "beeldspraak" 'n prentjie te
kry van wat bedoel word. Ek geniet dit terdeë om na iemand te luister wat
Afrikaans goed praat, en wat al die metafore, idiome ens gebruik wat so raak
vat an die idee, dit word amper aantasbaar.

Groete
Vira.
Vorige onderwerp: Afrikaans as moedertaal
Volgende onderwerp: IDIOOM: Hulle tameletjie het verbrand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:43:45 MGT 2024