Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit Naasteliefde?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105668 is 'n antwoord op boodskap #105625] Di, 06 September 2005 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Alles goed en wel Gloudina. Maar dit is wat die meeste, indien nie al die
gelowe verkondig.
Nog een van die vele ou worteljies...

Ek het nog altyd 'n probleem gehad met die term "sonde", wat soms
wetteloosheid is, soms misdadig is, maar soms nie, alles afhangende van die
persoon wat 'n ander van sonde beskuldig of nie.

Godsdiens is inderdaad 'n mynveld.
--
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:Gv6dnQ1VRfa_34HeRVn-hw@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Is God, of Jesus, of al drie gekruisig? Hoe kruisig mens 'n gees?
>> Hoekom, as hy God is, moet hy die "straf" van 'n verbrokkelde verhouding
> op
>> hom neem?
>> Mens herstel mos 'n verbrokkelde verhouding as jy wil- mens straf dit mos
>> nie dmv selfkastyding nie.
>> Hierdie hele konsep is vir my te vreemd vir woorde.
>
> Hier moet ek darem 'n lansie breek vir die pogings wat die
> mens deur die eeue aangevat het om sy kondisie te verklaar
> en om homself deur sekere "gelowe" en "rituele" te probeer
> red van dit wat duidelik nie 'n gelukkige staat is nie. So het
> baie "gelowe" die idee dat daar 'n "val" is en dat deur sekere
> dinge te glo en te doen, mens daardie "val" kan oorkom.
> Vyfhonderd jaar voor die geboorte van Christus het
> Gautama Buddha al probeer verklaar hoekom ons in hierdie
> vervalle toestand van "dukkha" is, en wat nodig is om in 'n
> staat van sukkha te leef. Volgens hom het ons almal Buddha-
> nature ( - d.w.s. ons is almal "kinders van God" en "in God
> se beeld geskape" volgens die Christelike woordeskat)
> maar ons lewe in samsara omdat ons nie ons buddha
> nature besef nie en in die mensgemaakte krotte van die
> ego rondploeter. Ander gelowe glo bietjie anders hier
> en daar, maar dis die basiese platform waarop meeste
> "gelowe" gebaseer word. Die Hindoe glo aan 'n
> siel, die deursnee Buddhis glo nie aan 'n siel nie. Albei
> glo aan reinkarnasie. Die deursnee Christen dink om
> te glo aan reinkarnasie is iets uit die bose, tog glo hulle
> dat hulle onmiddellik na hulle doodgegaan het "in
> die hemel opgeneem word" - met sekere kondisies-
> of in die hel gaan braai. Die Buddhis se geloof aan
> reinkarnasie, wat vir my baie meer klink na genetiese
> wetenskap, is bietjie meer aanneemlik, en ek hoef
> nie te dink dat genetiese voortplanting en ontwikkeling
> nie ook "die wil van God" is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105683 is 'n antwoord op boodskap #105668] Di, 06 September 2005 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ek het nog altyd 'n probleem gehad met die term "sonde", wat soms
> wetteloosheid is, soms misdadig is, maar soms nie, alles afhangende van die
> persoon wat 'n ander van sonde beskuldig of nie.

Ja, sodra die term "sonde" op die toneel verskyn, moet
mens skrikkerig word. Want dan begin die vingerwysings.
Ek vertrou meer dié soort gepraat wat byvoorbeeld die
Eerste Nasies hier in Kanada laat sê dat mens moet dink,
voordat jy iets doen, of dit die volgende sewe geslagte
van mense sal bevoordeel of benadeel. Of die deursnee
Buddhis, wat intens en empiries kyk na die positiewe
state van doen en dink en oefeninge doen om hulle te
bevorder, liewer as om te sit en dink oor wat nou
sonde is en wat nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105685 is 'n antwoord op boodskap #105636] Di, 06 September 2005 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Het Jesus homself ooit as God verkondig? Hy het gesê hy is 'n seun
van god - soos ons almal is, aangesien god ons geskape het... maar het
hy ooit gese ek is god?

In die vroege kerk - dis nou die eerste twee a drie eeue na Jesus se
dood, was dit 'n baie groot knelpunt. Is Jesus God of is hy mens?
Raai wie het gewen?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105687 is 'n antwoord op boodskap #105639] Di, 06 September 2005 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Waar het hulle die ooreenkoms aangegaan? Wat was die ooreenkoms?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105693 is 'n antwoord op boodskap #105685] Di, 06 September 2005 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105694 is 'n antwoord op boodskap #105656] Di, 06 September 2005 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek dink ek verstaan dit ook so.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:vLGdnU_Sd4hOOYHeRVn-hw@rogers.com...
>
> "Francois Human" skryf
>
> . Nou kom Jesus met
>> uitsprake soos "Draai die ander wang" wat lynreg verskil met die "oog vir
> 'n
>> oog" stelling. Dit is teenstrydig sonder twyfel. As gelowige in Jesus
>> en
>> sy reddingsplan, verkies ek om eerder die ander wang te draai, maar ek
>> kan
>> nie die teenstrydighede verklaar nie.
>
> Daar is geen teenstrydigheid as jy die Bybel
> in perspektief lees nie. Op die een plek lees
> jy die wette van Moses vir 'n Joodse stam
> omtrent tweeduisend (?) jaar voor die
> geboorte van Christus. Op die ander plek
> lees jy die aanbeveling van 'n Jood wat 'n
> drastiese ander soort morele en emosionele
> kode gepredik het.
>
> Gloudina
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105705 is 'n antwoord op boodskap #105663] Di, 06 September 2005 17:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf:

> . Ja-nee, dis die tipe Christen wat my nou al 16 jaar lank uit
> 'n kerkgebou hou.

Ja nee suster. :)
Hierdie talibaniotiese spul is werklik iets vreeslik om te aanskou.
Witgepleisterde grafte of hoe het Jesus nou weer na mense met daardie
mentaliteit verwys?
Maar hierdie is nou een onderwerp waar die ondwerps titel (subject?)
nog die heeltyd van toepassing was. Dít fassineer my nogal.
:)

Ek onthou nou skielik 'n gedig wat ek eens op 'n tyd gelees het, wat
vir my so besonders was. Dit begin met ietwat disrespek, maar eindig
met so amperse stille respek.
Moes dit nou gou weer gaan soek:

Church Going
Philip Larkin

Once I am sure there's nothing going on
I step inside, letting the door thud shut.
Another church: matting, seats, and stone,
And little books; sprawlings of flowers, cut
For Sunday, brownish now; some brass and stuff
Up at the holy end; the small neat organ;
And a tense, musty, unignorable silence,
Brewed God knows how long. Hatless, I take off
My cycle-clips in awkward reverence,
Move forward, run my hand around the font.
From where I stand, the roof looks almost new-
Cleaned or restored? Someone would know: I don't.
Mounting the lectern, I peruse a few
Hectoring large-scale verses, and pronounce
"Here endeth" much more loudly than I'd meant.
The echoes snigger briefly. Back at the door
I sign the book, donate an Irish sixpence,
Reflect the place was not worth stopping for.

Yet stop I did: in fact I often do,
And always end much at a loss like this,
Wondering what to look for; wondering, too,
When churches fall completely out of use
What we shall turn them into, if we shall keep
A few cathedrals chronically on show,
Their parchment, plate, and pyx in locked cases,
And let the rest rent-free to rain and sheep.
Shall we avoid them as unlucky places?

Or, after dark, will dubious women come
To make their children touch a particular stone;
Pick simples for a cancer; or on some
Advised night see walking a dead one?
Power of some sort or other will go on
In games, in riddles, seemingly at random;
But superstition, like belief, must die,
And what remains when disbelief has gone?
Grass, weedy pavement, brambles, buttress, sky,

A shape less recognizable each week,
A purpose more obscure. I wonder who
Will be the last, the very last, to seek
This place for what it was; one of the crew
That tap and jot and know what rood-lofts were?
Some ruin-bibber, randy for antique,
Or Christmas-addict, counting on a whiff
Of gown-and-bands and organ-pipes and myrrh?
Or will he be my representative,

Bored, uninformed, knowing the ghostly silt
Dispersed, yet tending to this cross of ground
Through suburb scrub because it held unspilt
So long and equably what since is found
Only in separation -- marriage, and birth,
And death, and thoughts of these -- for whom was built
This special shell? For, though I've no idea
What this accoutred frowsty barn is worth,
It pleases me to stand in silence here;

A serious house on serious earth it is,
In whose blent air all our compulsions meet,
Are recognised, and robed as destinies.
And that much never can be obsolete,
Since someone will forever be surprising
A hunger in himself to be more serious,
And gravitating with it to this ground,
Which, he once heard, was proper to grow wise in,
If only that so many dead lie round
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105707 is 'n antwoord op boodskap #105683] Di, 06 September 2005 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Ja, sodra die term "sonde" op die toneel verskyn, moet
> mens skrikkerig word. Want dan begin die vingerwysings.

Mens kan ongelukkig nie die konsep van 'sonde' skei van die
Christelike geloof nie. Dit is onlosmaakbaar deel van die geloof.
Ontwikkel as deel van die Pauline doktrine as sulks.
Dit lyk asof die ou Grieke ook nie bekend was met hierdie term nie,
maar dit het ontwikkel in die Christendom as 'n belangrike spilpunt
waarom alles draai.
Buddhisme sonder metafisika, in ander woorde, sal wees soos
Christianity sonder die konsep van sonde.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105712 is 'n antwoord op boodskap #105707] Di, 06 September 2005 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Buddhisme sonder metafisika, in ander woorde, sal wees soos
> Christianity sonder die konsep van sonde.

Eintlik is dit nie so eenvoudig nie. Alhoewel die
aksent altyd daar is op die ontwikkeling van
goeie eienskappe, is daar in Mahayana Buddhisme
wel die situasie dat mens kan verval in ses
"realms" ( of state) in hierdie ondermaanse of
tydelik na jou dood, en een van hierdie
state is 'n "hell realm." Ons almal, hier
op die nuusgroep, is op die oomblik in
die "human realm," iets waarvoor die
Buddhisme sê ons baie dankbaar moet
wees, want dis baie moeilik om daar in
te kom. Dis nou op een vlak. Op 'n
ander psigologiese vlak kan iemand
hom wel, terwyl hy nog "lewe," in die
"hell realm" bevind of in die "god
realm" ( waar hy dink en doen asof
hy oneindige kragte en vooruitsigte
het. Volgens 'n Buddhis nie 'n baie
aantreklike staat nie.)

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105713 is 'n antwoord op boodskap #105705] Di, 06 September 2005 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Hierdie talibaniotiese spul is werklik iets vreeslik om te aanskou.
> Witgepleisterde grafte of hoe het Jesus nou weer na mense met daardie
> mentaliteit verwys?

Ek wonder tog of, as jy wel begin soek, jy nie
Christene in jou eie gemeenskap sal kry wat
nie van die Taliban-tipe is nie. Mens moet altyd
onthou dat in SA, in die apartheidsjare, daar
mense was soos Beyers Naude, wat gedwing
was om onder huisarres te gaan, maar nooit
sy Christelike geloof opgegee het net omdat
daar 'n klomp Taliban om hom die goeie
boodskap verniel het nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105714 is 'n antwoord op boodskap #105705] Di, 06 September 2005 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Church Going
> Philip Larkin

> A serious house on serious earth it is,
> In whose blent air all our compulsions meet,
> Are recognised, and robed as destinies.
> And that much never can be obsolete,
> Since someone will forever be surprising
> A hunger in himself to be more serious,

Dankie, Katryn.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105715 is 'n antwoord op boodskap #105705] Di, 06 September 2005 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:nhkrh1d43s7veslk4g9gtg1ifd2nfuta4v@4ax.com...
> "Bobby" skryf:
>
> Hierdie talibaniotiese spul is werklik iets vreeslik om te aanskou.
> Witgepleisterde grafte of hoe het Jesus nou weer na mense met daardie
> mentaliteit verwys?

En 'n baie goeie beskrywing was dit, die witgepleisterde grafte. Baie
diesulkes loop rond, veral ook op die nuusgroep. Eintlik tragies, want
hulle doen meer kwaad as goed.

> Maar hierdie is nou een onderwerp waar die ondwerps titel (subject?)
> nog die heeltyd van toepassing was. Dít fassineer my nogal.

Naasteliefde? Ons val maar almal baie kort op daardie gebied, ne?

> Ek onthou nou skielik 'n gedig wat ek eens op 'n tyd gelees het, wat
> vir my so besonders was.
> Church Going
> Philip Larkin
>
Werklik besonders. Baie goeie reflection. Ek weet die Bybel praat van die
gemeenskap van die gelowiges en hoe belangrik dit is, maar sekerlik kan mens
die gemeenskap beleef met ware Christene om jou, en nie noodwendig in 'n
gebou nie.

Ek hoop jy vind daai ou skakel vir die Afrikaanse keyboard! Ek sukkel met
die umlaut!
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105716 is 'n antwoord op boodskap #105666] Di, 06 September 2005 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:dfjd50$2lb$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> Ek weet ten minste dat ek iewers tussen agnostikus en ateïs rondswerf. Jy,
> liewe DD, leef blykbaar in 'n waan dat jy presies weet wat 'n protestantse
> christen is.
>
'n Raak antwoord, Annette. Jy weet dat ek maar baie min met jou saamstem,
maar hier is ek dit met jou eens. En vir wat dit werd is, die uitdaging aan
jou om jou "geloof", as mens dit so kan moem, te verklaar, was myns insiens
onnodig - ek glo nie enigiemand hoef haar- of homself noodwendig altyd te
verklaar of aan ander te verduidelik nie. Dis 'n nuusgroep, jy hoef net te
se wat jy wil.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105719 is 'n antwoord op boodskap #105687] Wo, 07 September 2005 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:1126007878.427291.108040@f14g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Waar het hulle die ooreenkoms aangegaan? Wat was die ooreenkoms?
>
Die verhaal van die ooreenkoms word in Genesis gevind waar God en die mens
ooreengekom het dat Hy hul Vader sal wees en dat hulle hulself sal weghou
van sekere dinge. Ek glo dat die hele verhaal van die tuin van Eden, die
skepping in sewe dae en die sondeval, die slang en dit vrugte ens. basies
'n gelykenis is om die keuse teen God deur die mens te beskryf.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105720 is 'n antwoord op boodskap #105663] Wo, 07 September 2005 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf in boodskap news:L%7Te.24292$FA3.8207@news-server.bigpond.net.au...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:3t8ph1hc8a29qnju67m0fk2cuu12c76f2f@4ax.com...
>> DD skryf:

>> Ou Dawie bin Laden, jy het alle respek wat ek dalk nog oorgehad het
>> vir jou verloor.
>> Ek het baie meer respek vir Annette se antwoord en die eerlike manier
>> waarop sy haar opinie hier gestel het, as wat ek OOIT weer sal hê vir
>> jou klipslingerende moddergooiende hoogheilige, beterweterige gemors
>> wat jy hier kom rondslinger onder jou duisende skuilname.
>> En dan noem jy jouself 'n Christen....genugtig! Jy is 'n bleddie
>> agteraf terroris!!
>
> Hie-hie-hieeeee! Proeslag lekker tussen die trane afvee. Ai, Katryn, jy
> is verfrissend. Ja-nee, dis die tipe Christen wat my nou al 16 jaar lank
> uit 'n kerkgebou hou.
Onthou maar net een ding Bobby. God is nie in die kerkgebou nie. Om gered
te word, beteken nie eens dat jy enige ander Christen of sy/haar doen en
late
hoef te laaik nie. Maak jou EIE saak reg, gaan dan aan en leef soos JY
behoort
te leef, anders doen jy presies waarvan so baie Christene beskuldig word,
naamlik beskuldiging, veroordeling en vingerwysing na mense.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105721 is 'n antwoord op boodskap #105707] Wo, 07 September 2005 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:islrh1lu6344ek8squq5dds4u4s40r035h@4ax.com...
> "@rogers.com" skryf:
>
>> Ja, sodra die term "sonde" op die toneel verskyn, moet
>> mens skrikkerig word. Want dan begin die vingerwysings.
>
> Mens kan ongelukkig nie die konsep van 'sonde' skei van die
> Christelike geloof nie. Dit is onlosmaakbaar deel van die geloof.
> Ontwikkel as deel van die Pauline doktrine as sulks.
> Dit lyk asof die ou Grieke ook nie bekend was met hierdie term nie,
> maar dit het ontwikkel in die Christendom as 'n belangrike spilpunt
> waarom alles draai.
> Buddhisme sonder metafisika, in ander woorde, sal wees soos
> Christianity sonder die konsep van sonde.
>
>
Weereens vra ek dat 'n mens moet onderskei tussen sondig wees
en sonde doen. Die term "sonde" wat nou al so baie mense siniese
antwoorde laat pos het, beteken bloot "om God se doel te mis"
God het ons perfek geskape, maar deur ons intelligensie, vrye keuse
en sogenaamde "logiese denke" het ons ons perfeksie verloor. Jesus
se kruisdood is die "bril" waardeur God na ons kyk en steeds die
perfeksie raaksien wat Hy bedoel het ons moes wees.

Dit het niks te doen met vingerwysings na ander nie, maar bloot
daarmee dat 'n mens introspektief moet leef en met Sy hulp die
imperfeksies (is daar so 'n woord) raak te sien en te oorwin.

Mense wat na sonde in ander mense soek, is lynreg in stryd met
Jesus se evangelie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105733 is 'n antwoord op boodskap #105719] Wo, 07 September 2005 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> Die verhaal van die ooreenkoms word in Genesis gevind waar God en die mens
> ooreengekom het dat Hy hul Vader sal wees en dat hulle hulself sal weghou
> van sekere dinge.

François, kan jy die storie bietjie in meer besonderhede
vertel. Soos ek dit verstaan het, het God gesê dat hy vir
hulle toelaat om alles te doen, maar spesifiek vertel dat
hulle nie van die boom mag eet nie. Hoe word daardie
boom beskryf? En is daar 'n ooreenkoms aangegaan,
of was dit 'n diktaat van God?

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105734 is 'n antwoord op boodskap #105721] Wo, 07 September 2005 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

Jesus
> se kruisdood is die "bril" waardeur God na ons kyk en steeds die
> perfeksie raaksien wat Hy bedoel het ons moes wees.
> maar bloot
> daarmee dat 'n mens introspektief moet leef en met Sy hulp die
> imperfeksies (is daar so 'n woord) raak te sien en te oorwin.
>
> Mense wat na sonde in ander mense soek, is lynreg in stryd met
> Jesus se evangelie.

Jy praat nou so 'n goeie
Buddhis.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105735 is 'n antwoord op boodskap #105720] Wo, 07 September 2005 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

Maak jou EIE saak reg, gaan dan aan en leef soos JY
> behoort
> te leef, anders doen jy presies waarvan so baie Christene beskuldig word,
> naamlik beskuldiging, veroordeling en vingerwysing na mense.

Jy praat nou soos 'n goeie
Buddhis.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105737 is 'n antwoord op boodskap #105651] Wo, 07 September 2005 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"  wrote in message
news:1125949279.bc8353a770da1ca9a927dcc756ea2c29@teranews...
>
>  "@rogers.com"  wrote in message
>  news:e8qdnTTuZv5bxoHeRVn-sg@rogers.com...

>>  "Annette" skryf

>>  François:
>>>> > Vergeet die sondes wat mense gedoen het wat veronderstel was om
>>>  'christene' te wees, hulle is steeds net feilbare mense en nie perfekte
>>>  godjies nie;
>
>>>  Nee. Dis juis die punt, ek verwag van geen mens om 'n perfekte godjie te
>>>  wees nie. Daardie is die vereiste van baie godsdienstiges, veral as
>>>  hulle
>>>  bewende beskuldigende vingers  wys na enigiemand wat nie dieselfde
>>>  "kerk" as
>>>  hulle
>>>  het nie, wat nie dieselfde "god" as hulle aanbid nie.
>>>  As 'n  mens dus  nie aan 'n christelike protestantse godsdiens glo nie (
>>>  hulle
>>>  dink mos die katolieke dwaal ook, dan praat ek nie eers van die
>>>  beskuldigende vingers na ander protestantse gelowe nie), kan so 'n mens nog
>>>  " sondig"?
>>>  Dit beteken dan slegs dat christelike protestante sondiges kan wees, en
>>>  daarom kan hulle dan " hemel" toe kan gaan omdat hul "sondes" vergewe word?
>>>  Die wat nie hier op aarde  kan "sondig" nie, gaan dus hel toe?
>>>  As dit jou nie deurmekaar maak nie, wat sal?

>>  Ja-nee, François, ek wag  om te sien hoe jy uit
>>  hierdie een gaan uitkom.

>>  Gloudina

>  Ek hoef uit niks uit te kom nie.  Ek dink die een fout wat meeste
>  Christene deur die eeue en tot vandag toe nog steeds maak, is om almal
>  volgens ons reëls te laat speel.  Hoe kan ek verwag dat jy die persoon
>  moet word waarvan Jesus in die bergpredikasie praat as jy nie eens in Sy
>  reddingsplan glo nie? Dis mos stupid.  Ons loop rond en doen presies wat
>  Jesus on beveel het om nie te doen nie, naamlik om nie te oordeel nie.
>
>  Annette se niksseggende argument hierbo is die uitvloeisel van hierdie
>  oordelende en veroordelende houding van meeste Christene.  Ek vermoed sy
>  bedoel dat 'n mens net sondig as jy in Jesus glo, en dus net sondig is en
>  vergewe hoef te word as jy 'n Christen is.  Dit is mos absurd.  Die punt
>  is nie dat 'n mens sonde DOEN nie, jy doen die wel, maar dat 'n mens teen
>  God kies het.  Dit maak nie saak wat jy glo as mens nie, jy is gebore as
>  mens wat teen God gekies het.  My geloof is dat hierdie die enigste manier
>  is om hierdie verbreekte verhouding weer heel te maak.  Jy is steeds
>  welkom om van my te verskil.  Ek het my teologie op die tafel gesit, wat
>  jy daarmee maak, hang geensins van my af nie.

Francois, ek wil graag sê dat ek met jou saamstem wat jou "definisie" van
Christenskap betref, spesifiek die beskrywing van redding in Jesus deur
genade, gevold deur vrugte van Sy Gees .  Ek bewonder ook die wyse waarop jy
jou saak stel, want glo my, dit is vir my moeilik om met Gloudina, Annette,
Katryn en kie te gesels oor Christenskap.  Dalk moet mens dit maar sien as
'n toets vir liefde en geduld?

Daar word dikwels gestel dat mens as Christen Jesus se boodskap verkeerd
verstaan, komende van mense wat nie Christene is nie.  En ek let telkens op
dat slegs Christene aanvaar word wat in die "liberales" se kategoriese
toedeling van Christenskap val.  M.a.w., as jy Jesus as jou enigste
reddingsweg predik, dan word jy vinnig gekategoriseer as "politiek speel" of
meer onlangs, as 'n persoon met 'n talibanese instelling!?

Ek het dit meer as eenmaal genoem en ek sê dit weer:  Hoe kan mens wat
algehele aanvaarding en geen veroordeling uitbasuin, Christene nie toelaat
om streng in Jesus as redding te glo nie?  Die ironie laat my so effe stik.

Groete en sterkte!

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105738 is 'n antwoord op boodskap #105715] Wo, 07 September 2005 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf in boodskap news:YRnTe.24970$FA3.11767@news-server.bigpond.net.au...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:nhkrh1d43s7veslk4g9gtg1ifd2nfuta4v@4ax.com...
>> "Bobby" skryf:

>> Hierdie talibaniotiese spul is werklik iets vreeslik om te aanskou.
>> Witgepleisterde grafte of hoe het Jesus nou weer na mense met daardie
>> mentaliteit verwys?
>
> En 'n baie goeie beskrywing was dit, die witgepleisterde grafte. Baie
> diesulkes loop rond, veral ook op die nuusgroep. Eintlik tragies, want
> hulle doen meer kwaad as goed.
>
>> Maar hierdie is nou een onderwerp waar die ondwerps titel (subject?)
>> nog die heeltyd van toepassing was. Dít fassineer my nogal.
>
> Naasteliefde? Ons val maar almal baie kort op daardie gebied, ne?
>
>> Ek onthou nou skielik 'n gedig wat ek eens op 'n tyd gelees het, wat
>> vir my so besonders was.
>> Church Going
>> Philip Larkin

> Werklik besonders. Baie goeie reflection. Ek weet die Bybel praat van
> die gemeenskap van die gelowiges en hoe belangrik dit is, maar sekerlik
> kan mens die gemeenskap beleef met ware Christene om jou, en nie
> noodwendig in 'n gebou nie.
>
> Ek hoop jy vind daai ou skakel vir die Afrikaanse keyboard! Ek sukkel met
> die umlaut!

Google: alt keys

Voorbeeld:
http://tlt.its.psu.edu/suggestions/international/accents/cod ealt.html
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105740 is 'n antwoord op boodskap #105737] Wo, 07 September 2005 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek het dit meer as eenmaal genoem en ek sê dit weer: Hoe kan mens wat
> algehele aanvaarding en geen veroordeling uitbasuin, Christene nie toelaat
> om streng in Jesus as redding te glo nie? Die ironie laat my so effe
stik.

Maar Basjan, die punt is juis dat jy nie "streng in Jesus se
redding glo" soos mens dit in die Bybel lees nie. Jy bring
'n hele klomp voorwaardes en preskripsies in, wat sover
ek kan sien niks te make het met dit wat Jesus se boodskap
radikaal vir sy tyd gemaak het nie. Daar is 'n hele klomp
bagasie in jou voorwaardes vir Christenskap, wat dan sorg
dat daar 'n hele klomp mense is wat net eenvoudig besluit
dat met sulke preskripsies, hulle liewers hulself nie meer
Christene wil noem nie, want hulle wil nie aan jou klub
behoort nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105754 is 'n antwoord op boodskap #105720] Do, 08 September 2005 01:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Francois Human" wrote in message
news:1126074643.db66bf7f239768407dd5a830e5dd6a69@teranews...
>

> Onthou maar net een ding Bobby. God is nie in die kerkgebou nie. Om
> gered
> te word, beteken nie eens dat jy enige ander Christen of sy/haar doen en
> late
> hoef te laaik nie. Maak jou EIE saak reg, gaan dan aan en leef soos JY
> behoort
> te leef, anders doen jy presies waarvan so baie Christene beskuldig word,
> naamlik beskuldiging, veroordeling en vingerwysing na mense.

Presies. Ek weet my saak is reg met die Man daarbo en ek probeer my bes om
te leef volgens wat Hy verwag. Ek wys nie vinger nie - ek wys net uit
wanneer iemandanders vinger wys en veroordeel. Dis my Christelike plig.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105755 is 'n antwoord op boodskap #105738] Do, 08 September 2005 01:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:dfmphf$nba$1@solaris.cc.vt.edu...
>

> Google: alt keys
>
> Voorbeeld:
> http://tlt.its.psu.edu/suggestions/international/accents/cod ealt.html
Dankie! Maar daar is 'n makliker metode waarop mens jou sleutelbord kan
wysig, en 'n Suid-Afrikaner eens op 'n tyd het 'n website gemaak oor hoe om
dit te doen. Dan hoef mens nie al die kodes te onthou nie. Ek het dit met
my vorige computer gedoen, maar nou sukkel ek.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105756 is 'n antwoord op boodskap #105755] Do, 08 September 2005 02:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby"  skryf:

> Dankie!  Maar daar is 'n makliker metode waarop mens jou sleutelbord kan
> wysig, en 'n Suid-Afrikaner eens op 'n tyd het 'n website gemaak oor hoe om
> dit te doen.  Dan hoef mens nie al die kodes te onthou nie.  Ek het dit met
> my vorige computer gedoen, maar nou sukkel ek.

Ek onthou daardie skakel.
Probeer hierdie ene:

http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/leestekn.htm

"Hello Piet,
Jong, jou reseppie werk nie vir Windows XP nie! Ek het toe maar die
storie op my eie manier uitgewerk, en wonder bo wonder werk dit. Dit
klink 'n bietjie omslagtig, maar miskien kan jy dit so 'n bietjie
af"trim"
1. My computer
2. Control Panel
3. Kliek op Regional and Language
4. Kliek op Language
5. Kliek op Details
6. Kliek op add
7. Op oopvalvenster kliek op keyboard layoute/IME
8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.
9. Kliek weer op venster en kies United States International
10. Apply en OK"
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105767 is 'n antwoord op boodskap #105740] Do, 08 September 2005 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:u_6dnbNontS-aYPeRVn-gw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek het dit meer as eenmaal genoem en ek sê dit weer: Hoe kan mens wat
>> algehele aanvaarding en geen veroordeling uitbasuin, Christene nie
>> toelaat
>> om streng in Jesus as redding te glo nie? Die ironie laat my so effe
> stik.
>
> Maar Basjan, die punt is juis dat jy nie "streng in Jesus se
> redding glo" soos mens dit in die Bybel lees nie. Jy bring
> 'n hele klomp voorwaardes en preskripsies in, wat sover
> ek kan sien niks te make het met dit wat Jesus se boodskap
> radikaal vir sy tyd gemaak het nie. Daar is 'n hele klomp
> bagasie in jou voorwaardes vir Christenskap, wat dan sorg
> dat daar 'n hele klomp mense is wat net eenvoudig besluit
> dat met sulke preskripsies, hulle liewers hulself nie meer
> Christene wil noem nie, want hulle wil nie aan jou klub
> behoort nie.

My liewe, liewe Gloudina, ons het al tot vervelens toe die saak bespreek:

1. Dit is nie my klub nie, ek het dit nog nooit beweer nie.
2. Ek bring GEEN voorwaardes in nie, ek noem wat ek glo die Bybel sê in
swart op wit
3. Ek bring geen bagasie in nie, ek noem wat ek glo die Bybel sê in swart op
wit

Ek het een stelling gemaak, naamlik dat ek glo dat Jesus die weg is volgens
wat ek glo. Hy (Jesus) het dit in soveel woorde gesê, gaan lees gerus ons
vorige diskuus. Dit is al. Ek het nêrens "nog bagasie" opgelaai nie, dit
is jy wat WEEREENS my sinne laai met waninterpretasies en enige
ongeimpliseerde stellinge wat jy voel jou "saak" bevorder!

Ek daag jou ronduit uit om my aan te haal waar ek voorwaardes, preskripsies,
of bagasie gelys het. Komaan Gloudina, jy praat nonsens en ek dink jy weet
dit. Ek probeer (kalm) aan jou verduidelik wat ek glo, nie uit myself nie,
maar uit regtig nederige geloof in Jesus Christus. En jy kan dit eenvoudig
nie aanvaar nie.

Weereens, gaan lees al ons poste van voorheen, jy verwronge stellinge hierbo
is aangespreek. Op die stadium neig jou poste oor die onderwerp na
kuberspasie en bloot tyd vermorsing. (Dit is asof jy eenvoudig nie lees
nie, maar jou eie terugvoering verwoord in opruiende kritiek, ongeag van die
OP se intensie of gespreksdraad).

Groete

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105768 is 'n antwoord op boodskap #105756] Do, 08 September 2005 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"  skryf in boodskap news:ud7vh1d9tf9aq6q3355lssudvo6gcsu5cq@4ax.com...
>  "Bobby"  skryf:
>
>> Dankie!  Maar daar is 'n makliker metode waarop mens jou sleutelbord kan
>> wysig, en 'n Suid-Afrikaner eens op 'n tyd het 'n website gemaak oor hoe
>> om
>> dit te doen.  Dan hoef mens nie al die kodes te onthou nie.  Ek het dit
>> met
>> my vorige computer gedoen, maar nou sukkel ek.
>
>  Ek onthou daardie skakel.
>  Probeer hierdie ene:
>
>  http://www.afrikaner.co.za/pietwerf/leestekn.htm
>
>  "Hello Piet,
>  Jong, jou reseppie werk nie vir Windows XP nie! Ek het toe maar die
>  storie op my eie manier uitgewerk, en wonder bo wonder werk dit. Dit
>  klink 'n bietjie omslagtig, maar miskien kan jy dit so 'n bietjie
>  af"trim"
>  1. My computer
>  2. Control Panel
>  3. Kliek op Regional and Language
>  4. Kliek op Language
>  5. Kliek op Details
>  6. Kliek op add
>  7. Op oopvalvenster kliek op keyboard layoute/IME
>  8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.
>  9. Kliek weer op venster en kies United States International
>  10. Apply en OK"

So leer ek ook iets nuuts vandag!

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105774 is 'n antwoord op boodskap #105767] Do, 08 September 2005 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek het een stelling gemaak, naamlik dat ek glo dat Jesus die weg is volgens
> wat ek glo.

Ek het nêrens "nog bagasie" opgelaai nie

Natuurlik is Jesus die weg, volgens wat jy glo. Niemand betwis
dit nie. Volgens wat jy glo, is Jesus die weg. En dis 'n goeie
weg.
Oor die bagasie, gaan lees maar net weer wat jy in die
verlede geskryf het. Volgens jou, moet mens byvoorbeeld
glo dat homoseksualisme 'n afwyking is, liewers as om te
glo dat dit 'n natuurlike deel van die skepping is. Jy dra
'n klomp ou Testamentiese bagasie wat niks te doen het
met Christus se leer nie. En as jy dit nie kan erken nie,
dan is jy nie eerlik nie. Jy dra ook 'n groot klomp
teologie saam wat in die eeue na Christus deur
konferensies en edikte besluit is, swaar beinvloed
deur Griekse denkwyses en Katolieke politiek. As
jy dit nie erken nie, is jy nie eerlik nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105777 is 'n antwoord op boodskap #105774] Do, 08 September 2005 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ToCdnQw_9fqCgr3eRVn-iA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek het een stelling gemaak, naamlik dat ek glo dat Jesus die weg is volgens
>> wat ek glo.
>
> Ek het nêrens "nog bagasie" opgelaai nie
>
> Natuurlik is Jesus die weg, volgens wat jy glo. Niemand betwis
> dit nie. Volgens wat jy glo, is Jesus die weg. En dis 'n goeie
> weg.
> Oor die bagasie, gaan lees maar net weer wat jy in die
> verlede geskryf het. Volgens jou, moet mens byvoorbeeld
> glo dat homoseksualisme 'n afwyking is, liewers as om te
> glo dat dit 'n natuurlike deel van die skepping is. Jy dra
> 'n klomp ou Testamentiese bagasie wat niks te doen het
> met Christus se leer nie. En as jy dit nie kan erken nie,
> dan is jy nie eerlik nie. Jy dra ook 'n groot klomp
> teologie saam wat in die eeue na Christus deur
> konferensies en edikte besluit is, swaar beinvloed
> deur Griekse denkwyses en Katolieke politiek. As
> jy dit nie erken nie, is jy nie eerlik nie.

My liewe, liewe mens: Ek het nog altyd prontuit gesê dat Jesus alleen vir my
die kern is! En Sy verlossing alleen.

As 'n matter of fact, ek het dit al genoem dat ek glo dat daar in
Christenskap die kern van Jesus is, terwyl daar so baie dinge is wat ons as
mense aanlas as "geloofsbepalend". Vir my is Jesus se redding, geloof
daarin en gehoorsaamheid aan Hom bepalend. Die ander dinge is riglyne en
hulpmiddels. Dus is jou insinuasie van my "klomp teologie" en "ou
Testamentiese bagasie" wat ek saamdra absoluut ongegrond, inteendeel, dit is
valslik deur jou saamgeflans as ongeldige teenargument.

Natuurlik is daar dade wat ek in konteks van die Bybel as sonde beskou (let
wel: nie op basis daarvan veroordeel nie), maar ek het nog nooit iemand op
die nuusgroep beoordeel of veroordeel nie. Inteendeel, ek stem voluit saam
met jou dat ek alle mense onvoorwaardelik moet liefhê, gay of straight. Ek
het ook nog nooit gesê dat enige iets wat ek glo is "sonde", 'n "erger"
sonde is as 'n ander nie. Dus is al my rits sondes wat ek as mens pleeg, in
dieselfde kategorie as ander items wat ek ook as sonde beskou. En dit is
nie vir my om te kies wat sonde is of nie, ek baseer dit alleen of God se
Woord. En dit is ook nie vir my beskore om ENIGE mens te veroordeel nie.
Maar wat die daad self betref, ek verraai my geloof in Jesus deur te beweer
dat iets wat ek glo Hy as sonde bestempel, nie sonde is nie. Dit is so
maklik soos dit, en dit is die vereenvoudigde verduideliking wat jy weier om
in te sien.

Gloudina, het al ooit opgelet dat jy amper sielsalleen hier aan ander
voorskryf wat hulle moet glo in konteks van hul eie gelowe? Dat jy
byvoorbeeld saamstem met een item, maar "jammer" is om te lees as iemand 'n
ander item ook noem? M.a.w. jy beoordeel hulle geloof X vanuit jou
verwysingsraamwerk, en dui "onskuldig" aan hulle moet verander om "werklik"
geloof X aan te hang?

En dit terwyl niemand hier aan jou voorskryf wat jy moet glo in konteks van
jou geloof nie? Want dit is wat dit is, Gloudina, geloof. Paulus het dit
mooi opgesom:

Hebrews 11:1
[ By Faith ] Now faith is being sure of what we hope for and certain of what
we do not see.

Let asb. op die gebruik van die woorde "sure" en "certain".

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105787 is 'n antwoord op boodskap #105777] Do, 08 September 2005 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Gloudina, het al ooit opgelet dat jy amper sielsalleen hier aan ander
> voorskryf wat hulle moet glo in konteks van hul eie gelowe?

Ek dink ek het reg op my opinie dat wat jy verkondig
nie basies die goeie boodskap van die vier evangelies
van die Nuwe Testament is nie, maar 'n hele klomp
bagasie wat in sommige gevalle deur Paulus en in
sommige gevalle eeue daarna en in sommige gevalle
sommer deur ou omies in die twintigste eeu aangelas
is. Ek gun jou jou geloof. Gun my my geloof dat
wat vandag as Christenskap deur sommige mense
( soos byvoorbeeld deur die sogenaamde "born
again Christians" in die VSA) gepredik word,
'n aberrasie en 'n abominasie en 'n ketterse
verdraaing is van Christus se boodskap.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105788 is 'n antwoord op boodskap #105787] Do, 08 September 2005 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:afudnSgrHM5n173eRVn-vg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Gloudina, het al ooit opgelet dat jy amper sielsalleen hier aan ander
>> voorskryf wat hulle moet glo in konteks van hul eie gelowe?
>
> Ek dink ek het reg op my opinie dat wat jy verkondig
> nie basies die goeie boodskap van die vier evangelies
> van die Nuwe Testament is nie, maar 'n hele klomp
> bagasie wat in sommige gevalle deur Paulus en in
> sommige gevalle eeue daarna en in sommige gevalle
> sommer deur ou omies in die twintigste eeu aangelas
> is.

Natuurlik het jy die reg tot opinie, dit is maar net ironies dat jou
veroordeling van wat jy as veroordeling beskryf, soms so veroordelend is...

> Ek gun jou jou geloof. Gun my my geloof

Dit is nie "geloof" nie, Gloudina, dit is 'n opinie.

> dat wat vandag as Christenskap deur sommige mense
> ( soos byvoorbeeld deur die sogenaamde

Kan ons jou kategoriseer as 'n "sogenaamde" alom-aanvaardings-profeet, of
aanvaar jy slegs dit wat jy kan begryp?

> "born again Christians" in die VSA) gepredik word,
> 'n aberrasie en 'n abominasie en 'n ketterse
> verdraaing is van Christus se boodskap.

En dit is nou Christus se boodskap, uiters selektief deur Gloudina
geinterpreteer en gedistilleer tot die konsepte wat sy (1) verstaan en (2)
mee saamstem, om in haar visie vir die geloofswêreld in te pas? Natuurlik
het jy die reg tot jou interpretasie, wees net versigtig om my interpretasie
uit die staanspoor te veroordeel.

Ons kan dalk eerder ooreenkom dat ek glo Jesus Christus is die Weg na God
(nie my woorde nie), met liefde en vrugte van Sy Gees wat hieruit vloei,
terwyl jy glo die vrugte (waardes) is "al" wat Jesus gepredik het.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105792 is 'n antwoord op boodskap #105788] Do, 08 September 2005 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> terwyl jy glo die vrugte (waardes) is "al" wat Jesus gepredik het

Nee, nou verdraai jy vir die soveelste maal my
woorde. Maar ek glo dat jy 'n hele klomp dinge
"glo" en as "voorwaardes" vir Christenskap maak,
wat nie deur Jesus in die vier testamente aangedui
word nie, maar interprestasies en voorwaardes is
wat in die dekades en eeue na die prediking van
Christus by sy baie goeie boodskap aangelas
is.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105797 is 'n antwoord op boodskap #105792] Vr, 09 September 2005 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:0MOdnf0Im7iq-73eRVn-2g@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> terwyl jy glo die vrugte (waardes) is "al" wat Jesus gepredik het
>
> Nee, nou verdraai jy vir die soveelste maal my
> woorde.

So glo jy in Jesus as Seun van God, deel van God-Drie-enig, wat mense se
sondes op Hom geneem het?

> Maar ek glo dat jy 'n hele klomp dinge
> "glo" en as "voorwaardes" vir Christenskap maak,

Bog - ek het deur al ons gesels nog net een voorwaarde genoem, genadige
redding deur en geloof in Jesus Christus. Dit alleen. Ons het baie oor
sondes gepraat, maar ek het nog nooit en sal ook nooit beweer dat een sonde
erger as 'n ander is, of jou veroordeel nie. Dit is nie my plek nie.

> wat nie deur Jesus in die vier testamente aangedui
> word nie, maar interprestasies en voorwaardes is
> wat in die dekades en eeue na die prediking van
> Christus by sy baie goeie boodskap aangelas
> is.

Lees hierbo, Gloudina, vir die soveelste maal. Ek het slegs die een
geloofsvoorwaarde gestel. Ek is spyt as jy voel dat al die sogenaamde
interpretasies jou weghou van Christenskap, want dit beteken op die ou einde
dat dit JOU bagasie is. Ek het nog nooit enige iets eksterns op my
geloofsverklaring gelaai nie, ek is kompleet en alleen afhanklik van Jesus
Christus se redding. En as jy nie die op-die-man-af verklaring wil insien
nie, dan raak dit al hoe duideliker dat jy of rondvoel in die donker of net
skoor soek.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105805 is 'n antwoord op boodskap #105797] Vr, 09 September 2005 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

So glo jy in Jesus as Seun van God, deel van God-Drie-enig, wat mense se
> sondes op Hom geneem het?

Basjan, as ons nou moet begin praat oor "Jesus, DEEL VAN God-Drie-
Enig", (wat dus die HEILIGE GEES insluit) dan sal ek eers vir jou
grys hare gee. Op teologiese gebied.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105807 is 'n antwoord op boodskap #105805] Vr, 09 September 2005 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:VtednZ2dnZ2e6kGonZ2dnXPvvN6dnZ2dRVn-z52dnZ0@rogers.com. ..
>
> Basjan, as ons nou moet begin praat oor "Jesus, DEEL VAN God-Drie-
> Enig", (wat dus die HEILIGE GEES insluit) dan sal ek eers vir jou
> grys hare gee. Op teologiese gebied.

Ag ou Gloudina, dit gee my glad nie grys hare nie, ek sien dit is maar net
nog 'n geloofaspek waarin ons seker 180° verskil. Wat is nuut!?

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105811 is 'n antwoord op boodskap #105807] Vr, 09 September 2005 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>> Basjan, as ons nou moet begin praat oor "Jesus, DEEL VAN God-Drie-
>> Enig", (wat dus die HEILIGE GEES insluit) dan sal ek eers vir jou
>> grys hare gee. Op teologiese gebied.
>
> Ag ou Gloudina, dit gee my glad nie grys hare nie, ek sien dit is maar net
> nog 'n geloofaspek waarin ons seker 180° verskil.

Ongetwyfeld. Want ek het 'n suspisie dat, alhoewel jy Sê dat jy
aan 'n drie-enige God glo, as jy eerlik moet wees, jy sal erken
dat jy 'n verskil maak tussen Jesus en God en die Heilige Gees.
Kan jy werklik sê dat, as jy gedurende dieselfde tyd as Jesus
gelewe het, en jy het in sy oë gekyk, dat jy dan in Jesus ook
God sien en die Heilige Gees? Dat die biologiese mens Jesus
Christus in jou oë ook God was en ook Heilige Gees. As jy
wel dit kan sê ( wat ek nie verwag jy sal sê nie) dan het dit
geweldige teologiese implikasies, wat eenvoudig nie deur die
deursnee Christen deurgedink word, wanneer hulle so ligweg
van die "drie-eenheid" praat nie. In my opinie is die teologiese
denke wat die drie-eenheid as basis het, baie nader aan
denke oor die kwessie van buddha-nature as wat dit is
aan die deursnee Protestantse prediking.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105812 is 'n antwoord op boodskap #105712] Vr, 09 September 2005 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>> Buddhisme sonder metafisika, in ander woorde, sal wees soos
>> Christianity sonder die konsep van sonde.
>
> Eintlik is dit nie so eenvoudig nie.

Hmmm...dit verbaas my nogal dat jy daardie sin van my as "eenvoudig"
beskou.
Enige mens wat iets weet van die teologiese implikasies van die term
"sonde", sou besef dit is geensins eenvoudig nie. Wel, slegs 'n
samevattende stelling van 'n komplekse teologiese konsep. Teologies
gesproke is "man in the state of sin" en konsepte soos die Sondeval,
wat sonde is, waar die konsep onstaan het, en waarom, geensins
eenvoudig nie, maar wel essentieel deel van die Christelike leer.
Jy kan nie 'n stelling maak, soos dié wat jy gemaak het, sonder om die
Christelike leer te verwater en uit konteks te ruk nie:
"
> Ja, sodra die term "sonde" op die toneel verskyn, moet
> mens skrikkerig word. Want dan begin die vingerwysings."

Nee, die term "sonde" is ALTYD op die toneel. As dit nie op die
toneel is nie, het jy ander geloof - nie iets wat enige iets met
Christianity te doen het nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105813 is 'n antwoord op boodskap #105721] Vr, 09 September 2005 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf:

> Weereens vra ek dat 'n mens moet onderskei tussen sondig wees
> en sonde doen.

Met "sondig wees" neem ek aan jy verwys na "peccatum originale", wat
direk in Engels vertaal is as "original sin", of "erfsonde" soos ek
die konsep leer ken het in SA?
M.a.w dit wat ons erf as kinders van God van Adam af?
Indien dit is wat jy daarmee bedoel, sou ek nogal graag jou opinie
hieroor wou hoor, want daar is verskeie skole van denke hieroor. As
mens na die kerk geskiedenis gaan kyk, raak dit nogal duidelik dat
daar verskillende denke onder die Griekse kervaders en die van die
Latynse kervaders was. Weereens net sommer so kortliks gesê.
Kan jy aan my verduidelik wat jy bedoel met die term "sondig wees"?
Dit was nie vir my duidelik in jou vorige pos nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105814 is 'n antwoord op boodskap #105812] Vr, 09 September 2005 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

>> "Katryn" skryf
>>> Buddhisme sonder metafisika, in ander woorde, sal wees soos
>>> Christianity sonder die konsep van sonde.
>>
>> Eintlik is dit nie so eenvoudig nie.
>
> Hmmm...dit verbaas my nogal dat jy daardie sin van my as "eenvoudig"
> beskou.

Ek het alleen maar verwys na jou stelling as
oorvereenvoudig . Ek het nie verwys na die
onderwerp van "sonde" en die Christelike
konteks nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105815 is 'n antwoord op boodskap #105814] Vr, 09 September 2005 18:58 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Ek het alleen maar verwys na jou stelling as
> oorvereenvoudig . Ek het nie verwys na die
> onderwerp van "sonde" en die Christelike
> konteks nie.
>

Aah, ek sien dit nou. Ek het dit anders gelees - meer in die lyn van
"ignorant" of ongesofistikeerd en triviaal as sulks.
Oorvereenvoudig was dit wel - doelbewus so.
Vorige onderwerp: Re: Looking Around
Volgende onderwerp: Klomp Goed 1: Die afarmman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 16:16:16 MGT 2024