Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Oorstap" in die parlement?
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105526 is 'n antwoord op boodskap #105517] Vr, 02 September 2005 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[3]  is tans af-lyn  NoS...[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 2 Sep 2005 17:10:52 +0200, "Basjan" wrote:

> Skeer hulle almal, sê ek....dis nou oor dieselfde kam...

Yep. Solank dit dieselfde kam is.

Die oorloop-funksie kan wel gebruik word om 'n party van die ANC af te
skeur. 'n Soort inverse van toe die KP tot stand gekom het in die
vroee jare 80
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105527 is 'n antwoord op boodskap #105500] Vr, 02 September 2005 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Sep 2005 14:32:19 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Thu, 01 Sep 2005 20:39:33 +0200, DD wrote:
>
>
> > Daar is voorbeeldige mense soos ek, wat sedert ek
>> stemgeregtig geword het, noooooit nasionaal gestem het nie.
>
> Jy het HNP gestem. Praat van moeg......
>

toegegee, en selfs as jy 'n debat sou begin of die HNP
ooit bestaansreg gehad het, sou jou debat bestaansreg hê.

Iemand het egter sowat 2 of 3 jaar gelede 'n op hierdie nuusgroep
'n fyn uitleg gedoen waarom hy dink dat die HNP (nou!) uiters slim en
uitgeslape te werk gaan. Ek wonder of dit nie JP was nie, ek is nie
seker nie, maar die spekuleerder het interessante dinge uitgewys,
wat mens kan laat wonder of die HNP werklik so 'n nikswerd party
is soos dit lyk.

Dit gaan egter nie daaroor nie. Jy het my stelling ontwyk dat
die Pik Bothas, Kortbroeke, Meyers & kie politiek bedryf as
'n besigheid. Gesien het dat hul party doodgeloop het, en
bloot hul beginsels verander het, wat beteken dat hulle
steeds 'n salaris huis toe neem.
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105541 is 'n antwoord op boodskap #105512] Sa, 03 September 2005 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Hiermee stem ek saam, en ek voel dat so 'n verdeling verder rondom "issues"
> moet plaasvind en nie rasselyne nie. Dit is ongelukkig net so dat selfs met
> die ANC se groot ontkenning hiervan, meeste "issues" in Suid-Afrika rondom
> rasselyne draai. Soortvan ironies!?
>
> Die een man se regstellende aksie is die ander man se onregverdige
> bevoordeling. En dit maak natuurlik 'n reuse kan wurms oop.

Kom ons los maar die kan van wurms. Ek kan sommer
sien jy wil op die ramkietjie van "regstellende aksie" speel.
Eintlik is die groot issue in SA dit wat ook die groot issue
is in die VSA en in Kanada. En dit het ook die groot issue
binne die geledere van die ANC geword - die amper
Thatcheristiese fiskale beleid wat gevolg word deur die
Mbeki-flank van die ANC ( in dié opsig dus amper naby
die Republikeine in die VSA) en die "Labour" flank van
Cosatu en die SAKP ( wat tot 'n groot mate soos ons
NDP party die party van die unies is.)
Regstellende aksie is maar 'n fringe issue. Al wil jy dit so
graag as sentraal sien aan die "politiek." Raak gewoond
daaraan dat SA eintlik 'n swart land is en die groot partye
van die toekoms sal oorwegend swart wees.

Gloudina
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105542 is 'n antwoord op boodskap #105516] Sa, 03 September 2005 00:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Dit is idealities gesien,
> Afrika? Wees REALISTIES...

Basjan, sulke soort gepraat maak my siek, baie siek.
Jy weet net so goed soos ek dat toe die klomp
Afrikaners die mag in 1948 in hulle hande gekry het,
hulle in minder as 'n dekade die land in die ellende
gedompel het, 'n rassistiese diktatorskap op die been
gebring het, wat uiteindelik hier in die tagtigerjare van
die twintigste eeu SA 'n uitvaagsel in die wêreld gemaak
het. Nou het jy die nerve om vir my te kom vertel wat
die nuwe bedeling in SA tot stand gebring het. Jy het
darem nerve.

Gloudina
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105669 is 'n antwoord op boodskap #105541] Di, 06 September 2005 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Qfmdnaiov8xWeoXeRVn-jg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Hiermee stem ek saam, en ek voel dat so 'n verdeling verder rondom
> "issues"
>> moet plaasvind en nie rasselyne nie. Dit is ongelukkig net so dat selfs
> met
>> die ANC se groot ontkenning hiervan, meeste "issues" in Suid-Afrika
>> rondom
>> rasselyne draai. Soortvan ironies!?

>> Die een man se regstellende aksie is die ander man se onregverdige
>> bevoordeling. En dit maak natuurlik 'n reuse kan wurms oop.
>
> Kom ons los maar die kan van wurms. Ek kan sommer
> sien jy wil op die ramkietjie van "regstellende aksie" speel.
> Eintlik is die groot issue in SA dit wat ook die groot issue
> is in die VSA en in Kanada. En dit het ook die groot issue
> binne die geledere van die ANC geword - die amper
> Thatcheristiese fiskale beleid wat gevolg word deur die
> Mbeki-flank van die ANC ( in dié opsig dus amper naby
> die Republikeine in die VSA) en die "Labour" flank van
> Cosatu en die SAKP ( wat tot 'n groot mate soos ons
> NDP party die party van die unies is.)
> Regstellende aksie is maar 'n fringe issue. Al wil jy dit so
> graag as sentraal sien aan die "politiek." Raak gewoond
> daaraan dat SA eintlik 'n swart land is en die groot partye
> van die toekoms sal oorwegend swart wees.

Ou Gloudina, my voorbeeld van "regstellende aksie" is presies dit, 'n
voorbeeld, nie 'n spilpunt nie. Dis maar een van die issues.

Basjan
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105670 is 'n antwoord op boodskap #105521] Di, 06 September 2005 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:h3tgh1hmcormhrmfaii87br6ipngg77v6v@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>

>> Sleg opgestaan vanoggend, Katryn? Ek is meer op die oomblik aan't verwys
>> na
>> oorlopery van NNP lede (as voorbeeld) na die ANC (kon net sowel andersom
>> gewees het). Die Christelike aspek van die diskuus het so bietjie by my
>> verbygegaan...
>
> Probeer gerus om na dinge deur 'n wyer lens te kyk.

Die idee van 'n pos is baie keer om op iets te fokus... Dalk met 'n
tele-lens, nie 'n wye hoek nie?

> Ek het reageer op
> die kwotasie wat jy probeer gebruik het om aan te dui hoe korrup die
> ANC is.

Die kwotasie is op alle magshebbende partye van toepassing, en as jy dit
alleen as op die ANC van toepassing gelees het, dan is dit jou knorrigheid.

> Ek lees nie al julle gebrabbel nie, en reageer op dit
> waarvoor ek lus is.

Uit jou pos was jy duidelik nie lus nie.

> Jou sarkasme is dus onnodig.

En jou venynigheid is oorbodig. Die mense se gevoeligheid op nuusgroepe is
ongelooflik - dis asof mens in 'n mynveld met 'n paar olifantskoene
rondloop, jy moet so versigtig trap, want almal het lang tone. Die Vlaminge
sê so iemand het "lang tene" - mooi uitdrukking!

Basjan
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105671 is 'n antwoord op boodskap #105542] Di, 06 September 2005 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:yuWdnZ2dnZ1NsWnUnZ2dnSF0hd6dnZ2dRVn-zJ2dnZ0@rogers.com. ..
>
> "Basjan" skryf
>
>> Dit is idealities gesien,
>> Afrika? Wees REALISTIES...
>
> Basjan, sulke soort gepraat maak my siek, baie siek.

Hoekom? Omdat ek sê Afrika is nie Amerika/Kanada nie? Omdat ek sê iets wat
vir jou werk sal nie noodwendig in Afrika werk nie? Word wakker!

> Nou het jy die nerve om vir my te kom vertel wat
> die nuwe bedeling in SA tot stand gebring het. Jy het
> darem nerve.

Ag Gloudina, jou stellinge is tragies. Jy is die een wat op haar kooi sit
en huil oor SA, op die kooi wat so ver verwyderd is van die werklike Afrika.
Wat nie meer Afrikaans in jou huis praat omdat dit "die taal van die Caspirs
was", maar rustig Engels rondgooi, wat die taal is van mense en nasies met
net sulke skandalige praktyke in hul verlede. Moet ons die Duitsers oortuig
om op te hou Duits praat? Dit, Gloudina, is wat jou siek moet maak, die
tipe hipocracy...

Jy fasineer my, ou Gloudina, dat jy so ver in die wêreld kan sit en kraai
oor die ellende van Suid-Afrika. Maar ek moet so half aflei dat jy maar
rustig in SA gebly het gedurende die sousjare.

Ek raak sat daarvan dat al Afrika se ellende aan iets met 'n witvel
toegeskryf word. Noem dit apartheid, kolonialisme, ens. Maar op die ou
einde, en hier stem ek saam met oom Suidwes, is Afrika maar Afrika. Daar is
min sub-Sahara lande wat hulself al bewys het. Die wat lyk asof dit
goedgaan, het ook maar baie hongersnood en armoede. Ek het eenkeer 'n baie
eerlike gesprek met 'n (swart) Amerikaner gehad wat nog nooit oorsee was nie
en gal gebraak het oor die skade wat witmense in Afrika aangerig het. Maar
hy was die eerste om te erken dat sy ras baie op hul sterte sit en kla, dat
hulle geweldige "critical mass" nodig het om iets te laat gebeur. Raak siek
hieroor, tante.

Basjan
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105672 is 'n antwoord op boodskap #105525] Di, 06 September 2005 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:431895b5.973437@news.absamail.co.za...
> On Fri, 2 Sep 2005 17:17:29 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> verduideliking, maar
>> waar kom die konsep van "floor crossing" vandaan?
>
> Mense mag van politieke siening en party verander. Deel van die reg
> tot vrrye assosiasie.
> Dis gewoonlik 'n pyn in die gat - soos die meeste politici so baie
> kere is - maar is 'n "noodsaaklike euwel".
> Ook in die vorige kiesafdeling-bedeling was daar oorstappery. Die
> grootste een in die NP se geskiedenis was toe die KP tot stand gekom
> het.
>
>
> > voordele hiervan,
>
>
> Jy maak dit moontlik dat mense die reg tot vrye assosiasie kan
> uitoefen.
> Soos Churchill gese het - demokrasie is 'n morsige en swak ontwikkelde
> regering-stelsel, maar dit is oneindig beter as anige alternatief
> beskikbaar.
>
> Beter bv. as konings (Swaziland) of diktators (Bob Mugabe).
>
> voorgestel, nl. dat 'n party in 'n magsposisie wil help dat daar 'n
>> stabiele
>> sisteem ontstaan met 'n versterkte opponentsbasis...shooting ourselves in
>> the feet for the better of all mankind??
>
>
> Eerder to muddle along.

Genuine dankie, Ferdi. Jou antwoord maak sin en ek verstaan die teorie
beter. Dit bly maar vir my moeilik om, kom ons sê in alle gevalle,
oorlopery te vereenselwig met die keuse van 'n groep kiesers. Ek dink die
ideaal sal wees as die vryheid van assosiasie in alle gevalle die keuse van
'n LP se kiesgroep verteenwoordig. Maar soos jy noem, demokrasie is een van
die beter alternatiewe, ek wonder maar net of oorlopery die idee verdun.

Basjan
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105684 is 'n antwoord op boodskap #105671] Di, 06 September 2005 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

. Maar ek moet so half aflei dat jy maar
> rustig in SA gebly het gedurende die sousjare.

Ek was 18 van die 46 jare tussen 1948 en 1994 in
Suid-Afrika. Ek het geen van daardie sestien jare
rustig in SA gebly nie. Ek en baie mense soos ek
het met konsternasie gesien wat baie vinnig besig
was om te gebeur. 'n Groot deel van daardie
18 jaar wat ek nog in SA was na 1948, het ek
gebruik om in swart skole skool te hou, waar ek
eerste-hands die aftakeling van die skoolstelsel gesien
het in die hande van die apatheidsskobbejakke.

Gloudina
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105692 is 'n antwoord op boodskap #105672] Di, 06 September 2005 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Sep 2005 11:13:39 +0200, "Basjan" wrote:

Maar soos jy noem, demokrasie is een van
> die beter alternatiewe, ek wonder maar net of oorlopery die idee verdun.

Ek reken dit verdun demokrasie beslis. Maar aan die ander kant wen jy
groter verteenwoordiging laer af met die proporsionele stelsel.

Oorlopery gebeur ook in kiesafdeling-stelsels, maar daar is dit beperk
omdat die politikus altyd moet onthou watter effek dit op sy kiesers
gaan he.

SA beweeg na 'n gemengde stelsel tussen die twee. Dit was voorgestel
voor die vorige verkiesing, maar die ANC het koue voete gekry. Dit sal
altyd die geval wees solank hy as massiewe vryheidsbeweging regeer.

Daardie era kom egter tot 'n einde. Die skeuring kan dalk net met 'n
oorlopery gebeur.
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105696 is 'n antwoord op boodskap #105684] Di, 06 September 2005 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dan is die ander vraag natuurlik of daar enige vorm van skool vir swartes
bestaan het alvorens die witman die kontinent betree het, en indien nie
hoekom nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:5eqdnQWzCt5FHYDeRVn-oQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> . Maar ek moet so half aflei dat jy maar
>> rustig in SA gebly het gedurende die sousjare.
>
> Ek was 18 van die 46 jare tussen 1948 en 1994 in
> Suid-Afrika. Ek het geen van daardie sestien jare
> rustig in SA gebly nie. Ek en baie mense soos ek
> het met konsternasie gesien wat baie vinnig besig
> was om te gebeur. 'n Groot deel van daardie
> 18 jaar wat ek nog in SA was na 1948, het ek
> gebruik om in swart skole skool te hou, waar ek
> eerste-hands die aftakeling van die skoolstelsel gesien
> het in die hande van die apatheidsskobbejakke.
>
> Gloudina
>
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105739 is 'n antwoord op boodskap #105696] Wo, 07 September 2005 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Sep 2005 15:42:50 +0200, "Riaan" wrote:

> Dan is die ander vraag natuurlik of daar enige vorm van skool vir swartes
> bestaan het alvorens die witman die kontinent betree het, en indien nie
> hoekom nie.

Dink al daai voortrekkers kon lees?
Indien nie, hoekom nie - was hulle te dom of was hulle nie op skool
nie?

N.S. Die eerste alfabet kom actually van ons kontinent af - Afrika
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105742 is 'n antwoord op boodskap #105739] Wo, 07 September 2005 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek dink 'n groot klomp van hulle kon, as ek dit nie mis het nie, het
hulle geleer lees uit die Bybel uit, kan nie dieselfde sê van ou Dingaan en
sy Zoeloe volk nie

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ppqth1ldcv760j8m0f4ubelno11i91id8a@4ax.com...
> On Tue, 6 Sep 2005 15:42:50 +0200, "Riaan" wrote:
>
> swartes
>> bestaan het alvorens die witman die kontinent betree het, en indien nie
>> hoekom nie.
>
> Dink al daai voortrekkers kon lees?
> Indien nie, hoekom nie - was hulle te dom of was hulle nie op skool
> nie?
>
> N.S. Die eerste alfabet kom actually van ons kontinent af - Afrika
>
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105745 is 'n antwoord op boodskap #105742] Wo, 07 September 2005 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Ja ek dink 'n groot klomp van hulle kon, as ek dit nie mis het nie, het
> hulle geleer lees uit die Bybel uit, kan nie dieselfde sê van ou Dingaan en
> sy Zoeloe volk nie

Jy hoef nie so hooghartig te wees nie. Amerikaanse
sendelinge by Adams Mission ( nie baie ver van
Amanzimtoti af nie) het die eerste westerse tipe
skool in Natal opgerig en daar was heelwaarskynlik
baie Zoeloes wat kon lees. Lindley, een van die
Amerikaanse sendelinge, is deur die Voortrekkers
ongeveer aangeneem as hulle predikant en hy het
troue en doop waargeneem.

Gloudina
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105761 is 'n antwoord op boodskap #105745] Do, 08 September 2005 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina presies my punt. Dit het 'n sendeling gekos om die swartes
in die land te begin leer. Iets wat nie spontaan by hulle plaasgevind het
nie.

Hooghartig is ek nie, ek is net van mening dat as dit nie was vir die
invloed van die witmense nie, die swartes nog steeds 'n nomadiese bestaan
sou gevoer her. Die voordele wat die swartes vandag nie net geniet nie maar
waarop hulle selfs aandring, is goed wat hulle nie self instaat was om tot
stand te bring nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:c6idnYJRHsRQmILeRVn-iQ@rogers.com...
>
> "Riaan" skryf
>
>> Ja ek dink 'n groot klomp van hulle kon, as ek dit nie mis het nie, het
>> hulle geleer lees uit die Bybel uit, kan nie dieselfde sê van ou Dingaan
> en
>> sy Zoeloe volk nie
>
> Jy hoef nie so hooghartig te wees nie. Amerikaanse
> sendelinge by Adams Mission ( nie baie ver van
> Amanzimtoti af nie) het die eerste westerse tipe
> skool in Natal opgerig en daar was heelwaarskynlik
> baie Zoeloes wat kon lees. Lindley, een van die
> Amerikaanse sendelinge, is deur die Voortrekkers
> ongeveer aangeneem as hulle predikant en hy het
> troue en doop waargeneem.
>
> Gloudina
>
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105769 is 'n antwoord op boodskap #105742] Do, 08 September 2005 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 Sep 2005 16:44:01 +0200, "Riaan" wrote:

> Ja ek dink 'n groot klomp van hulle kon, as ek dit nie mis het nie, het
> hulle geleer lees uit die Bybel uit, kan nie dieselfde sê van ou Dingaan en
> sy Zoeloe volk nie

Sover ek kon vasstel kon die meeste waarskynlik nie.
As jy se die wat kon, het uit die Bybel leer lees, wat bedoel jy?
Het iemand hulle leer lees uit die Bybel uit?
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105770 is 'n antwoord op boodskap #105761] Do, 08 September 2005 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Sep 2005 07:34:52 +0200, "Riaan" wrote:

> Dankie Gloudina presies my punt. Dit het 'n sendeling gekos om die swartes
> in die land te begin leer. Iets wat nie spontaan by hulle plaasgevind het
> nie.
>
> Hooghartig is ek nie, ek is net van mening dat as dit nie was vir die
> invloed van die witmense nie, die swartes nog steeds 'n nomadiese bestaan
> sou gevoer her. Die voordele wat die swartes vandag nie net geniet nie maar
> waarop hulle selfs aandring, is goed wat hulle nie self instaat was om tot
> stand te bring nie.

Maar het swartes nie waaay back vir die wittes van Europa leer lees
nie?
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105779 is 'n antwoord op boodskap #105770] Do, 08 September 2005 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie wie die groep swartes is waarna jy verwys nie Ferdi, maar ek is
dood seker hulle praat nie een van die 9 amptelike swart tale van SA nie.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:lm00i1l58e67m8qu3o409onqrnephvqhpb@4ax.com...
> On Thu, 8 Sep 2005 07:34:52 +0200, "Riaan" wrote:

> Maar het swartes nie waaay back vir die wittes van Europa leer lees
> nie?
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105781 is 'n antwoord op boodskap #105769] Do, 08 September 2005 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja dit is wat ek bedoel, jy kan tog vir jouself indink dat tydens die Groot
Trek daar nou nie juis spasie vir 'n klomp boekke gemaak sou word nie, so
die kinders is geleer lees uit die bybel uit.

Daar was genoeg mense wat kon lees en skryf sodat die geskiedenis opgeteken
staan, asook genoeg om later van tyd 2 provinsies te stig met wette ens

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:oj00i156p2ln5qr6svg39s6dr22c4q5gce@4ax.com...
> On Wed, 7 Sep 2005 16:44:01 +0200, "Riaan" wrote:
>
[color=blue]>
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105785 is 'n antwoord op boodskap #105781] Do, 08 September 2005 14:04 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Sep 2005 15:41:14 +0200, "Riaan" wrote:

> Ja dit is wat ek bedoel, jy kan tog vir jouself indink dat tydens die Groot
> Trek daar nou nie juis spasie vir 'n klomp boekke gemaak sou word nie, so
> die kinders is geleer lees uit die bybel uit.
>
> Daar was genoeg mense wat kon lees en skryf sodat die geskiedenis opgeteken
> staan, asook genoeg om later van tyd 2 provinsies te stig met wette ens

So hulle het ook nie skole gehad nie.
Dit was maar die Engelse wat skole gehad het, lyk dit.

In Europa was die donker rasse van die Midde-Ooste natuurlik ligjare
voor die ongeletterde Europeers 'n duisend jaar gelede.

Die goed beweeg in stadige siklusse.
Vorige onderwerp: Besnyding.
Volgende onderwerp: Swartmens "Loot"; witmens "Find"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:14:06 MGT 2024