Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is hier bootmense wat kan help?
Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105664] Di, 06 September 2005 06:11 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister in die Waterfront sien ek die Shosoloza - dis nou die seilboot wat
ons in die uitdunrondtes van die Americas Cup gebruik.

Met een oog toe, en met vingers, kon ek toe bepaal dat die mas net mooi twee
maal so lank as die boot is.

Onderaan die boot, reg in die middel ( bepaal met oog en vinges) hang 'n
plat pilaar met iets wat lyk soos 'n misiel onderaan.
Ek neem aan dit is 'n toelaatbare hulp om die boot meer stabiel en makliker
manuvreerbaar te maak.

Die mas is nie reg in die middel van die boot nie, dus nie reg bokant die
aanhangsel nie.
Hoekom nie?

--
Groetnis
Annette
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105727 is 'n antwoord op boodskap #105664] Wo, 07 September 2005 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As die mas alleen boontoe was, dan was die boot ongebalanseerd en "top
heavy" soos party blondes [sê mos lankal 'n vrou is swak ontwerp!].
Onderin die water is die 'pilaar' waarvan jy praat en hy's gevorm soos 'n
vis dat hy maklik deur die water gly. Daasonder sou die boot moeilik regop
bly in alle omstandighede.

"Annette" skryf in boodskap news:dfjc5t$1b4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister in die Waterfront sien ek die Shosoloza - dis nou die seilboot wat
> ons in die uitdunrondtes van die Americas Cup gebruik.
>
> Met een oog toe, en met vingers, kon ek toe bepaal dat die mas net mooi
> twee
> maal so lank as die boot is.
>
> Onderaan die boot, reg in die middel ( bepaal met oog en vinges) hang 'n
> plat pilaar met iets wat lyk soos 'n misiel onderaan.
> Ek neem aan dit is 'n toelaatbare hulp om die boot meer stabiel en
> makliker
> manuvreerbaar te maak.
>
> Die mas is nie reg in die middel van die boot nie, dus nie reg bokant die
> aanhangsel nie.
> Hoekom nie?
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105748 is 'n antwoord op boodskap #105664] Wo, 07 September 2005 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Gister in die Waterfront sien ek die Shosoloza - dis nou die seilboot wat
> ons in die uitdunrondtes van die Americas Cup gebruik.
>
> Met een oog toe, en met vingers, kon ek toe bepaal dat die mas net mooi twee
> maal so lank as die boot is.
>
> Onderaan die boot, reg in die middel ( bepaal met oog en vinges) hang 'n
> plat pilaar met iets wat lyk soos 'n misiel onderaan.
> Ek neem aan dit is 'n toelaatbare hulp om die boot meer stabiel en makliker
> manuvreerbaar te maak.
>
> Die mas is nie reg in die middel van die boot nie, dus nie reg bokant die
> aanhangsel nie.
> Hoekom nie?

Die werklike posisie van die mas tussen boeg en agterstewe maak nie vreeslik
saak nie. Dis 'n kompromie. Dis effe moeilik om te beskryf, maar ek sal traai
om te probeer: Eerstens moet jy vashou aan dié feit dat daar baie kombinasies
van seile is wat gespan kan word en dat die wind uit allerhande rigtings en teen
bykans enige spoed kan waai. Mens kan vir enige gegewe kombinasie van seile en
windrigting en -spoed gaan uitwerk hoeveel krag die wind uitoefen, sê nou maar
byvoorbeeld dit werk op 100 ton (ja dit kan nogal hoog wees!) Hierdie 100 ton is
nou versprei oor die hele seiloppervlak waarop die wind druk. Die effek van die
wind is velerlei, maar o.a: eerstens probeer die wind die boot omstoot, tweedens
probeeer die wind om die boot wind-af te laat dryf en derdens is daar die effek
dat die wind probeer om die boot in die rondte te laat tol.

Nou kan mens 'n punt gaan uitwerk wat optree asof die 100 ton op dié een punt
druk, en die effek is dieselfde as die 100 ton oor die hele oppervlak versprei:
Noem dit die massamiddelpunt (dit is nie heeltemal die regte naam nie, maar
dis dalk 'n term wat aan jou effe bekend is) Die tweede feit wat jy moet onthou
is dat die seile die wind se krag oordra aan die mas. Die mas moet dus nou die
100 ton weerstaan. Dus plaas jy die mas só dat dit die krag die beste kan
weerstaan: teem omstoot, windaf dryf en veral tol.

Maar soos ek gesê het, is daar baie verskillende kombinasies van
seile/rigting/spoed. Vir elke kombinasie kan mens 'n ander posisie en grootte
van die mas gaan uitwerk. Dan kyk jy nou waar die beste gemiddelde posisie is,
maar jy neem byv in ag watter weerstoestande die meeste / mees waarskynlikste
gaan voorkom. Dis o.a. hoekom Americas Cup seiljagte anders ontwerp word as byv
Whitbread Om-die-wêreld jagte.

Oor die omstoot: dis een rede waarom die vin onderaan die boot is: mens noem dit
die kiel. Die silindervormige ding onderaan is daar hoofsaaklik om as teengewig
te dien sodat die boot nie deur die wind omgestoot kan word nie. Die vorm van
die kiel word so bepaal dat dit hidroulies baie "efficient" is, amper soos
aerodinamika met motors en vielgtuie, sodat dit maklik deur die water kan gly en
nie die seiljag teëhou nie.

Die ander groot rede vir die kiel is om rigting te kan hou. Onthou ek het
hierbo gesê dat die wind probeer ook om die seiljag windaf te laat dryf. Die
kiel keer dat dit gebeur: jy kan byv 'n plank wat en op sy dwarste deur die
water probeer stoot, dan kom jy gou agter daar is nogal baie weerstand, draai
mens egter die plank sykat vorentoe stoot jy hom sonder moeite deur die water.
Dieselfde idee met die kiel. 'n Platboomskuit word sommer maklik van koers af
gedwing deur die wind.

Die ontwerp van bootrompe, -maste, en -kiele is deesdae 'n baie gespesialiseerde
taak wat amper uitsluitlik deur superrekenaars gedoen word - veral vir die groot
kompetisies word jagte uitsluitlik vir die kompetisie ontwerp en gebou.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105749 is 'n antwoord op boodskap #105748] Wo, 07 September 2005 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien nou by die weer-lees dat ek baie spelfoute gemaak het - dik vingers en
vinnig tik + nie deurgelees voordat ek [Send] gedruk het nie - byvoorbaat
verskoning.

knersus wrote:
> Die werklike posisie van die mas tussen boeg en agterstewe maak nie
> vreeslik saak nie. Dis 'n kompromie. Dis effe moeilik om te beskryf,

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105751 is 'n antwoord op boodskap #105749] Wo, 07 September 2005 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Ek sien nou by die weer-lees dat ek baie spelfoute gemaak het - dik vingers en
> vinnig tik + nie deurgelees voordat ek [Send] gedruk het nie - byvoorbaat
> verskoning.

Neef, dik vingers en vinnig tik en nie deurlees is
geen verskoning nie. Ruk jou reg.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105757 is 'n antwoord op boodskap #105748] Do, 08 September 2005 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie Dankie Knersus.
Sou daar iewers 'n ontwerp wees waar die mas verskuif sal kan word om die
beste effek van die wind vir 'n bepaalde stel seile te kan bewerkstellig?
--
Groetnis
Annette

"knersus" skryf in boodskap news:dfnfot$p5f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Annette wrote:
>> Gister in die Waterfront sien ek die Shosoloza - dis nou die seilboot wat
>> ons in die uitdunrondtes van die Americas Cup gebruik.
>>
>> Met een oog toe, en met vingers, kon ek toe bepaal dat die mas net mooi twee
>> maal so lank as die boot is.
>>
>> Onderaan die boot, reg in die middel ( bepaal met oog en vinges) hang 'n
>> plat pilaar met iets wat lyk soos 'n misiel onderaan.
>> Ek neem aan dit is 'n toelaatbare hulp om die boot meer stabiel en makliker
>> manuvreerbaar te maak.
>>
>> Die mas is nie reg in die middel van die boot nie, dus nie reg bokant die
>> aanhangsel nie.
>> Hoekom nie?
>
> Die werklike posisie van die mas tussen boeg en agterstewe maak nie vreeslik
> saak nie. Dis 'n kompromie. Dis effe moeilik om te beskryf, maar ek sal traai
> om te probeer: Eerstens moet jy vashou aan dié feit dat daar baie kombinasies
> van seile is wat gespan kan word en dat die wind uit allerhande rigtings en teen
> bykans enige spoed kan waai. Mens kan vir enige gegewe kombinasie van seile en
> windrigting en -spoed gaan uitwerk hoeveel krag die wind uitoefen, sê nou maar
> byvoorbeeld dit werk op 100 ton (ja dit kan nogal hoog wees!) Hierdie 100 ton is
> nou versprei oor die hele seiloppervlak waarop die wind druk. Die effek van die
> wind is velerlei, maar o.a: eerstens probeer die wind die boot omstoot, tweedens
> probeeer die wind om die boot wind-af te laat dryf en derdens is daar die effek
> dat die wind probeer om die boot in die rondte te laat tol.
>
> Nou kan mens 'n punt gaan uitwerk wat optree asof die 100 ton op dié een punt
> druk, en die effek is dieselfde as die 100 ton oor die hele oppervlak versprei:
> Noem dit die massamiddelpunt (dit is nie heeltemal die regte naam nie, maar
> dis dalk 'n term wat aan jou effe bekend is) Die tweede feit wat jy moet onthou
> is dat die seile die wind se krag oordra aan die mas. Die mas moet dus nou die
> 100 ton weerstaan. Dus plaas jy die mas sê dat dit die krag die beste kan
> weerstaan: teem omstoot, windaf dryf en veral tol.
>
> Maar soos ek gesê het, is daar baie verskillende kombinasies van
> seile/rigting/spoed. Vir elke kombinasie kan mens 'n ander posisie en grootte
> van die mas gaan uitwerk. Dan kyk jy nou waar die beste gemiddelde posisie is,
> maar jy neem byv in ag watter weerstoestande die meeste / mees waarskynlikste
> gaan voorkom. Dis o.a. hoekom Americas Cup seiljagte anders ontwerp word as byv
> Whitbread Om-die-wêreld jagte.
>
> Oor die omstoot: dis een rede waarom die vin onderaan die boot is: mens noem dit
> die kiel. Die silindervormige ding onderaan is daar hoofsaaklik om as teengewig
> te dien sodat die boot nie deur die wind omgestoot kan word nie. Die vorm van
> die kiel word so bepaal dat dit hidroulies baie "efficient" is, amper soos
> aerodinamika met motors en vielgtuie, sodat dit maklik deur die water kan gly en
> nie die seiljag teëhou nie.
>
> Die ander groot rede vir die kiel is om rigting te kan hou. Onthou ek het
> hierbo gesê dat die wind probeer ook om die seiljag windaf te laat dryf. Die
> kiel keer dat dit gebeur: jy kan byv 'n plank wat en op sy dwarste deur die
> water probeer stoot, dan kom jy gou agter daar is nogal baie weerstand, draai
> mens egter die plank sykat vorentoe stoot jy hom sonder moeite deur die water.
> Dieselfde idee met die kiel. 'n Platboomskuit word sommer maklik van koers af
> gedwing deur die wind.
>
> Die ontwerp van bootrompe, -maste, en -kiele is deesdae 'n baie gespesialiseerde
> taak wat amper uitsluitlik deur superrekenaars gedoen word - veral vir die groot
> kompetisies word jagte uitsluitlik vir die kompetisie ontwerp en gebou.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Is hier bootmense wat kan help? [boodskap #105793 is 'n antwoord op boodskap #105757] Do, 08 September 2005 17:41 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Baie Dankie Knersus.
> Sou daar iewers 'n ontwerp wees waar die mas verskuif sal kan word om die
> beste effek van die wind vir 'n bepaalde stel seile te kan bewerkstellig?
> --
Ek het nog nie so-iets raakgeloop nie. Die mas word nogal diep binne-in die
boot BAIE stewig geanker - daai 100 ton wat ek as voorbeeld genoem het is half
aan die klein kant as mens byv deur die "Roaring Forties" seil. Ek weet egter
dat die ou seilskepe soos die "windjammers" en "clippers" wel hul maste tot 'n
mate vorentoe en agtertoe kon laat skuinslê (in Engels "rake") om hulle
seileienskappe te verander.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Swartmens "Loot"; witmens "Find"
Volgende onderwerp: Re: Katrina Media
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 08:46:50 MGT 2024