Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bedrog loop hoog in Namibië!
Bedrog loop hoog in Namibië! [boodskap #105381] Vr, 26 Augustus 2005 07:09
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Groot nuus hier is die klomp bedrogsake wat aan die gang is tov die regering
se persioenfonds, GIPF, wat so bestuur word dat geld wat uitgeleen word aan
maatskappye en skemas, eintlik nie veel kans het om terugbetaal te word nie.
Wat blyk uit die verskillende hofsake is dat die geld 'belê' word sonder die
nodige navorsing, behoorlike sakeplanne, ens. Wat duidelik dan gebeur, is
dat dié firmas lekker mal gaan met die pensioengeld. Mooi persele, moerse
salarisse word betaal aan die bestuurders, hulle kry blink karre en binne
die kort termyn, is bedrae soos 20 miljoen saggies weg en speel die firma
bankrot. Volgens 'n verslag het die pensioenfonds op die ooblik
'beleggings' van 670 miljoen waarvan hulle eintlik net hoop het om 150
miljoen terug te kry! En dis die publiek se geld en die publiek is vinnig
besig om gatvol te raak vir die storie.
Gisteroggend het die direkteur van een van die beleggingsmaatskappye wat
so 'n 30 miljoen meevallertjie lekker opgebruik het en in die hof
verantwoording moet doen daarvoor en toe in hegtenis geneem is vir minagting
van die hof oor hy so heen-en-weer oor die feite in die hof staan en lieg,
selfmoord gepleeg omdat hy duidelik vas was. Saam hiermee is 'n
kabinetslid en vakbond voorloper deur die President ge-'fire' oor sy lekker
skep uit die projek......en daar's nog vele om te kom!
Vorige onderwerp: DD se skip
Volgende onderwerp: Wie se verantwoordelikheid?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 21:51:01 MGT 2024