Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » re interaktiewe kuns
re interaktiewe kuns [boodskap #10537] Ma, 01 September 1997 00:00 na volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gert, ten opsigte van kunsmatige intelligensie en kunsmatige lewe in
rekenaar- en interaktiewe kuns, het Christa Sommerer & Laurent
Mignonneau dokumentasie oor twee interessante installasies by:

http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link3.html
http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link4.html

Dis met die hulp van Silicon Graphics gemaak

Erkki Huhtamo van die Universiteit van Lapland het ook interessante
dingte te vertel oor die dood van die outeur en die eksklusiwiteit van
die unieke kunsobjek. Ek sal die info stuur.

Ten opsigte van die debat oor natuur versus samelewing het Camille
Paglia onder aan te voer dat verkragting nie te wyte is aan die
perverse samelewing nie, maar aan die verswakkende invloed van die
samelewing op die individu, m.a.w. die man wat 'n vrou verkrag en
daarna op 'n staatsdinee gaan poep terwyl hy die president uitvloek,
is nie siek nie, hy moet net meer etiket leer. Alle paaie vanaf
Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
Emsie Schoeman!!

groete

Cobus
Re: re interaktiewe kuns [boodskap #10551 is 'n antwoord op boodskap #10537] Di, 02 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
cvb...@geocities.com (Cobus) writes: > Gert, ten opsigte van kunsmatige intelligensie en kunsmatige lewe in
> rekenaar- en interaktiewe kuns, het Christa Sommerer & Laurent
> Mignonneau dokumentasie oor twee interessante installasies by:

> Erkki Huhtamo van die Universiteit van Lapland het ook interessante
> dingte te vertel oor die dood van die outeur en die eksklusiwiteit van
> die unieke kunsobjek. Ek sal die info stuur.

>>
> Cobus
>

Cobus, die goed op die sites is vreeslik interessant, veral
as dit praat hoe "the artificial life of the insects" beinvloed
word deur "real life of the visitors." Is dit dieselfde prinsipe
wanneer die Janannese kindertjies met hulle klein kreature speel?
Vertel ook oor "die dood van die outeur en die eksklusiwiteit
van die unieke kunsobjek." Of is dit maar net 'n heropstanding
van die New Criticism van die vyftigerjare?
Gloudina
Re: re interaktiewe kuns [boodskap #10569 is 'n antwoord op boodskap #10537] Wo, 03 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
cvb...@geocities.com (Cobus) writes: Alle paaie vanaf
> Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
> die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
> Emsie Schoeman!!
>
> groete
>
>
> Cobus
>

Wie is Emsie Schoeman?
Vorige onderwerp: Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog.
Volgende onderwerp: OORDENKING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:15:06 MGT 2024