Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lady Di
Re: Lady Di [boodskap #10521] So, 31 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Danie skryf:

> as Lady Di op die voorblad is, dan styg hulle
> verkope vir daardie week dramaties. Ek is oortuig dat 'n paar van die
> tydskrifte vir laas van haar gebruik gaan maak op hulle voorblaaie vir so
> 'n dramatiese verhoging in hulle verkope.
>
>
Is al daai mense wat so nuuskierig is oor haar private lewe nie
net so skuldig nie ? Daai lesers wat Lady-Di stories verslind.
Net so skuldig soos daai verslaggewers wat agter haar aan is en die
ongeluk veroorsaak het nie ? Die verslaggewers was weer agter haar
aan omdat hulle weet mense is so nuuskierig oor haar en stories verkoop goed.
Kon sy nie meer privaatheid gegun word nie ? Is daar geen grense aan
inmenging nie ?

Laat my dink aan daai met-opset walglike fotos wat 'n Australiese tydskrif
geplaas het, nadat 'n kamera onwettig in haar gym geplant is.
Sulke tydskrifte se morele standaarde is laer as slangkak op die bodem
van die see.

Groete.
Re: Lady Di [boodskap #10536 is 'n antwoord op boodskap #10521] Ma, 01 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 31 Aug 1997 14:46:13 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

Net so skuldig soos daai verslaggewers wat agter haar aan is en die[/color]
> ongeluk veroorsaak het nie ? Die verslaggewers was weer agter haar
> aan omdat hulle weet mense is so nuuskierig oor haar en stories verkoop goed.
> Kon sy nie meer privaatheid gegun word nie ? Is daar geen grense aan
> inmenging nie ?>>>

Jy raak aan 'n baie belangrike ding, maar een wat nie aagespreek gaan
word nie omdat die storie reeds deur die Britte in 'n struktuur gegiet
is, naamlik: "Die fotograwe het haar doodgemaak."

Die algemene Brittse samelewing, lyk dit, kan nie funksioneer as daar
nie duidelik herkenbare skurk is nie. Op voorwaarde dis nooit hulle
nie.

In die proses vergeet hulle die volgende twee uiters belangrike dinge:
1. Die Britse publiek wou oor die jare die goed oor mense soos sy
gelees het. Die mense wat die koerante beheer het wat dit aan hulle
gegee het, is vereer as aanwinste van die samelewing omdat hulle hulle
koerante so baie wins laat maak het.
Hierdie koerante het die fotograwe opdrag gegee om haar te gaan afneem
in Parys.

2. Die motor het 150 km/h gery in die middel van 'n stad.
En dit was die onmiddelike rede vir die ongeluk.
Vorige onderwerp: BAIE AFRIKAANS OP DIE NET!
Volgende onderwerp: Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:58:57 MGT 2024