Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jan Smuts ens
Jan Smuts ens [boodskap #10501] Vr, 29 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
fantim  is tans af-lyn  fantim
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Net so 'n klein brokkie interesante nuus hier van uit die VSA. Daar
is deesdea 'n groot beweging weg van "amptelike" skoling en meer na
tuis skoling hier. Baie ouers is bekommerd oor die standaard van
skoling en verkies om eerder daardie taak self te verrig. Hulle vaar
ook heel goed lyk dit my

Groete

FanTim
Re: Jan Smuts ens [boodskap #10510 is 'n antwoord op boodskap #10501] Sa, 30 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tim Fan wrote in article
...
> Net so 'n klein brokkie interesante nuus hier van uit die VSA. Daar
> is deesdea 'n groot beweging weg van "amptelike" skoling en meer na
> tuis skoling hier. Baie ouers is bekommerd oor die standaard van
> skoling en verkies om eerder daardie taak self te verrig. Hulle vaar
> ook heel goed lyk dit my

Ja. Baie goed. Ook in Kanada. En in groot getalle. In die VSA het veertig
van die vyftig deelstate elkeen minder kinders in openbare skole as die
totale getal kinders (landwyd) wat hul onderwys tuis ontvang. In Britanje
groei die aantal tuisleerders teen 50% per jaar. Ek verneem dat Tony Blair
geluide maak dat hulle vir die eerste maal in die geskiedenis skoolbywoning
in Engeland en Wallis verpligtend wil maak. Teen 'n fraksie van die koste
van openbare onderwys. Die Wall Street Journal het in Februarie ernstige
vrae gehad oor wat die openbare onderwys nou eintlik doen as die koste en
die resultate daarvan met tuisonderwys vergelyk word.

Vir besonderhede oor die resultate van die navorsing wat op tuisonderwys
gedoen is, sien Hoofstuk 2 van my verhandeling oor die onderwerp by
http://hagar.up.ac.za/buro/leendert

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Hoe lyk ons ? (vir Vira)
Volgende onderwerp: Vraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 19:26:49 MGT 2024