Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir At en die man in die straat
Vir At en die man in die straat [boodskap #10438] Do, 21 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
At, ek verwys na jou pos van 20 Augustus, in antwoord
op 'n pos van my. Laat ek antwoord op sommige van jou
betigtinge.
(1) Jy wys my daarop dat ek van "die MAN in die straat"
praat, en sê "Die Afrikaner...hy" ensovoorts. Sover
ek weet, word die manlike vorm nog altyd gebruik
as daar inklusief oor albei geslagte geskryf word.
(Dis nou tensy die Afrikaanse Akademie anders
besluit het sedert ek uit SA uit is.) Dis die gewoonte
in byna alle westerse tale. As jy nou die morele hoog-
grond wil neem en my betig oor hierdie grammatikale
gebruik, dan vermoed ek dat jy 'n agenda het. Is jy
werklik so 'n verdediger van 'n feministies-gegronde
grammatika, soveel so dat jy teen die algemene taal-
norme van Afrikaans sal ingaan?
(2) Ek vra vir jou wat jy bedoel met met die sin: "Vandag
besef ek terdeë hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
verweef is." (Op die oppervlakte sal iemand tog seker
dink dit beteken dat jy dink dat Apartheid baie kreatief
was as sisteem. Ek wou meer hoor daaroor.) Nou, na
omtrent drie bladsye van historiese agtergrond en teorie,
kom die een klein paragrafie met die konklusie : As gevolg
van Apartheid "...het kreatiewe ontluikings in die Suid-
Afrikaanse samelewing gaandeweg afgeneem." Vir my
is hierdie konklusie diametries teenoorgesteld aan wat
jy aanvanklik te kenne gegee het. Of verstaan ek jou
verkeerd?
(3) Ek probeer jou nie ófaksê nie. En as jy dink ek faks
vir jou, wat van daardie tyd toe jy my van "hubris"
beskuldig het (volgens jou is dit "domastrantheid")
en vir Leendert verhef het as die sjirurg wat die hubris
met sy mes moet uitsny. Ek wag nog op jou reaksie
op daardie paragraaf waar hy my vergelyk het met die
duiwel. Ek het stellig verwag dat jy hom sou betig om-
dat sulke laster nie uit 'n Christen se mond behoort te
kom nie. Maar ek het tevergeefs gewag. (Terloops, ek
is nie 'n praktiserende Christen nie. Ek dink wel dat die
leer van Christus een van die reddendste en genesende
boodskappe bevat wat die wereld nog die eer gehad het
om te ontvang. Dis seker daarom dat nie-Christene so
geinteresseerd daarin is, soos jy tereg opmerk.
Gloudina
Re: Vir At en die man in die straat [boodskap #10449 is 'n antwoord op boodskap #10438] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

>
> At, ek verwys na jou pos van 20 Augustus, in antwoord
> op 'n pos van my. Laat ek antwoord op sommige van jou
> betigtinge.

> (3) Ek probeer jou nie ófaksê nie. En as jy dink ek faks
> vir jou, wat van daardie tyd toe jy my van "hubris"
> beskuldig het (volgens jou is dit "domastrantheid")
> en vir Leendert verhef het as die sjirurg wat die hubris
> met sy mes moet uitsny.

Ek praat nie vir At nie (kan/wil ook nie). Ek het egter sy verwysing gesien
as een na die slypende (hipotesetoetsende) effek van openbare debat in die
algemeen. Ek het dit dus nie verstaan as 'n "verheffing" van my of my rol
daarin nie.

> Ek wag nog op jou reaksie
> op daardie paragraaf waar hy my vergelyk het met die
> duiwel. Ek het stellig verwag dat jy hom sou betig om-
> dat sulke laster nie uit 'n Christen se mond behoort te
> kom nie. Maar ek het tevergeefs gewag.

Jy dink nie dit is duiwels om mense ongegrond te beskuldig van aandadigheid
aan een van die grumoorde van die dekade nie?

> (Terloops, ek
> is nie 'n praktiserende Christen nie. Ek dink wel dat die
> leer van Christus een van die reddendste en genesende
> boodskappe bevat wat die wereld nog die eer gehad het
> om te ontvang. Dis seker daarom dat nie-Christene so
> geinteresseerd daarin is, soos jy tereg opmerk.
> Gloudina

En wat is jou opinie van die duiwel?

Groete, Leendert
Re: Vir At en die man in die straat [boodskap #10458 is 'n antwoord op boodskap #10438] Sa, 23 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

>
> Liewe Gloudina,
>
> Soos ek geskryf het, ek het dit teen feminisme (vervrouing) en
> maskulisme (vermanning). Maar ek het dit ook enige mens wat
> 'n stukkie sny uit wat ander mense skryf en dan 'n stukkie daarom
> weef wat direk in stryd is mat wat oorspronklik geskryf is en dan
> voorgee dis wat oorspronklik bedoel is.

Maar is dit nou nie presies wat jy gedoen het omdat ek nie
gepraat het van die vrou in die straat, of van "die afrikaner..
hy/sy dink dit of dat" nie. Jy het my uit die bloute aangeval
op 'n grammatikale punt, waar ek, sover ek weet, die taal
reg gebruik het (behalwe miskien in die opinie van baie
sterkvoelende feministiese denkers. Ek dink dus dat jy eintlik
in jou eie boesem bietjie moet inkyk.

>
> Dit is beslis teenstrydig met wat jy verwag het ek moes skryf.
> Dis omdat jy my in 'n hokkie wil druk, of 'n etiket om my nek
> wil hang, wat jou vooraf opgestelde opinie van my sal bevestig.

Ek voel dit is presies wat jy met my doen. Ek vra 'n dood
eenvoudige vraag oor wat jy bedoel, en jy dink jy weet
wat ek as antwoord wil hoor. Dis baie oneerlik om so te
kommunikeer. (Terloops, ek dink dit sal help as jy elke
keer as jy die woord kreatiwiteit gebruik, die woord met
'n hoofletter gebruik wanneer jy na die denkrigting verwys,
en met 'n klein letter wanneer jy na die verskynsel verwys.)

Gloudina

>
Re: Vir At en die man in die straat [boodskap #10467 is 'n antwoord op boodskap #10438] Ma, 25 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Koos wrote in article ...
>
>> On Fri, 22 Aug 1997 09:48:06 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> >>
>>
>> Watter een.
>>
>
> Die een wat, as mens Gloudina met die duiwel vergelyk, 'n daad van laster
> daarstel.
>
>

Hier kom Don Leendert Quixote weer aangery op
sy holrug-geryde perdjie.
Re: Vir At en die man in die straat [boodskap #10475 is 'n antwoord op boodskap #10438] Wo, 27 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vira het aan At geskryf, ek het afgeluister...:

At se oorspronklike teks (geknip):
>> Twee van Jesus se optredes was vir sekere mense 'n steen
>> des aanstoots. Dit was Sy omgooi van tafels en looiing van die
>> geldwisselaars in die tempel en Sy meesterlike hantering
>> van die Fariseers se domastrantheid. Hoe kon Hy so iets
>> doen, al lerende dat God liefde is? Beteken dit dat Christene
>> ook maar aldag ander mense kan afransel? Nee. Uit hierdie
>> twee gevalle leer ons duidelik dat die eer van God op die spel
>> was wanneer mense self God wou wees. As daar een ding
>> is wat ons nie genoeg kan doen nie, is dit om mekaar te
>> vermaan om nie God te probeer wees nie. Dit hou in dat
>> ons mekaar net so gereeld sal vermaan om nie die gode
>> te dien nie.

'n Paar van Vira se kommentare:
> ...
> historiese konteks moet plaas, en ook onthou dat Jesus 'n _Mens_ was.
>
> Vir jare het die mensdom gedink Jesus was 'n Essene gewees. Die Essene was 'n
> groep mense wat basies teruggetrek het van wêreldse dinge, hulle was "mystical,
> pacifists", wat meer aandag gegee het aan hemelse dinge, en vir wat mense kon
> verwag na die dood, as vir werklike dinge in die realiteit. Na die ontdekking
> van die Dead Sea Scrolls (die boodskap daarvan het kerke vir ca. 50 jaar
> probeer verberg) het dit al hoe duideliker geword dat Jesus eintlik aan die
> Zealots behoort het. Die Zealots was omtrent gelyk aan die hedendaagse
> "freedom fighters". Hulle was baie betrokke by politieke en wêreldse dinge, en
> het geveg vir hulle regte, en die van hulle volk. (Die mense wat op Masada
> omgekom het was Zealots gewees).
>

> Dus het die mense gelag toe Jesus, wat wel 'n Messiah was, 'n "koning" genoem
> was. Hy't nie van Dawid se stam gekom nie, en dit was totaal onmoontlik. Maar
> nes Dawid vir Goliath kon oorwin, net so kon Jesus deur sy lyn die korrupte
> priesterskap oorwin.

> Die woord Zealots word assosieer met "Zeal for Righteousness", en die dag toe
> Jesus in die Temple gekom het en die priesters was weereens besig om geld te
> maak, en "puppets of the Romans" te wees, het hy besluit die tyd het aangebreek
> om aksie te neem. Hy moes sy lyn, en die van sy Vader weer gereinig kry.

> Jesus se optrede is dus heeltemaal verstaanbaar in perspektief gesien, en dit
> beteken definitief nie dat Christene "ook maar aldag ander mense kan afransel"
> nie.

My kommentare op Vira se kommentare:

1) Jesus was waarlik mens en waarlik God. Hy het egter nooit anders as die
"perfekte" mens hier opgetree nie - Hy het werklik geen sonde of gebreke
gehad nie. Die woede in die tempel was geregverdigde (heilige?) woede
omdat die priesters en leviete en skrifgellerdes die gebruike soos deur die
wet van Moses (Torah) bepaal aan die een kant so letterlik en
kleingeestiglik ge"interpreteer het en aan die ander kant altyd hulself
daardeur verryk het dat dit 'n totale verlo"ening van die wet was.

2) Daar is geen getuienis wat Jesus aan of die Selote (Zealots) of die
Essene verbind nie. Petrus was vermoedelik 'n Seloot, maar Jesus het hom
bestraf toe hy in sy ywer die een ou se oor afgekap het. Inteendeel,
ge-oordeel aan dit wat ons van die Essene en die Selote weet is daar baie
meer verskille tussen hulle onderskeie leerstellinge/opvattinge en Jesus se
predikinge en optredes as wat daar ooreenkomste is.

3) Wat betref die handeldrywery in die tempel. Dit was 'n ou gevestigde
gebruik dat mense offerandes by die tempel kon koop. Die vangplek was (in
Jesus se tyd) dat hulle dit slegs met sg. "tempelgeld" kon koop, wat
n^erens anders in die Romeinse wêreld van nut was nie. Die gewone
Griekse/Romeinse munte kon hulle vir tempelgeld verruil teen 'n vasgestelde
koers. Die priestergarde was in beheer van beide die verkoop van
offerandes en die geldruil transaksies (dalk nie direk nie,. maar in beheer
was hulle) Hulle kon dus die prys van die offerandes en die wisselkoers
vasstel. Siedaar 'n ideale "captive" mark! Jesus se woede was prim^er
teen hierdie gebruike gerig omdat dit nou vir die priesters om winsbejag
(om hulleself te verryk) gegaan het as om die werklike tempeldiens en die
godsdiens wat daaragter sit.

Groete,
Dries
Re: Vir At en die man in die straat [boodskap #10476 is 'n antwoord op boodskap #10438] Wo, 27 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
At het by vorige pos geskrywe:

.snip

> Jou uiteensetting gee goed weer hoe duisende mense
> Jesus wil klassifiseer/etiketteer volgens beskikbare
> geskiedkindige inligting.
>
> Maar die eintlike probleem kom by hierdie klassifisering.
> Laat my eers hierdie saak omtrent Jesus afhandel. 'n
> Mens KAN nie vir Jesus klassifiseer nie . ... snip
>

Ek stem heeltemaal saam met jou, At. As ek reg onthou, het jy genoem dat Jesus
se aktiwiteite in die Temple "'n steen des aanstoots" vir sommige mense is. My
antwoord was eintlik gemik op sulke mense. (Ek weet jy is nie een van hulle
nie). Uit ervaring het ek gevind dat mense wat klassifiseer nie sommer dadelik
kan ophou daarmee nie. Mens moet dit stap vir stap neem. Die Seloot teorie is
een stap verder as die vorige Essener wat op 'n stadium die enigste een was.
Dit maak dit dalk makliker vir mense om Sy gedrag te verstaan. Daarna kan ons
gesels oor die invloed van Galilee, van die Nazareners, die dae en nagte in die
woestyn, ens. Eventueel sal ons uitkom by jou epos se inhoud van vandag, en
klassifiekasie sal nie meer nodig wees nie. Maar, ek vind, die logiese stappe
is nodig, of mens maak dieselfde fout as die kerke. Volgens hulle moet jy net
glo. Jy mag nie vrae vra nie. Jy mag nie vir jouself dink, of probeer vastel
hoe hulle by party van hulle stellings gekom het nie. Hulle verwag jy moet
sommer alles vir soetkoek opeet. Omdat hulle so besluit het. More besluit
hulle weer anders, dan moet jy maar net weet dis nou die beste. Hulle wil ons
as skaape klassifiseer.

Ek het 'n groter liefde vir God en Christus as wat woorde kan sê. Maar ek het
geen liefde vir kerke nie, soos jy seker al agtergekom het. En - reg of
verkeerd- dit is my gevoel teenoor alle gelowe se kerke. (Laat ek sommer ook
vinnig sê dat ek nie Afrikaanse kerke ken nie. Dalk is hulle anders. Ek praat
oor die wat ek ken, hoofsaaklik Engels, hier en oorsee). Dis bloot my
persoonlike siening, en wil daarmee niemand seermaak nie. Daar is seker baie
mense was sal sê dis verkeerd. Maar ek bly by my innerlike gevoelens.

Mens vind Die Skepper in die dinge wat jou hart roer. Of dit nou 'n pratige
vis is wat jy vang, of 'n besoek in die woestyn, waar jy jouself heeltemaal
verloor, waar jy jou klere, jou naam, jou bagasie, en selfs jou *self* agter
laat. Dus kan mens nie klassifiseer nie. Dis eie aan elke lewende wese, en
elke mens weet beste self wat sy/haar hart laat opstyg na sy Maker toe.

Dankie vir jou antwoord.

Met liefde,
Vira.
Vorige onderwerp: DIE DAG TOE EK DAAI GROOT VIS GEVANG HET........
Volgende onderwerp: Oor die profiel van Lucien Bouchard.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:09:55 MGT 2024