Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " portret : drie kinders by die dam, vroeglente "
" portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104273] Di, 12 Julie 2005 01:56 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104277 is 'n antwoord op boodskap #104273] Di, 12 Julie 2005 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Selfs met niks anders om te lees op hierdie groep nie, vind ek dit te veel
werk om onderstaande te probeer ontsyfer.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:YJednQ0B8c7FvE7fRVn-iA@rogers.com...
> Gert Vlok Nel
>
> portret: drie kinders by die dam, vroeglente
>
> in herinnering aan Koos
>
> (sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
> en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
> toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
> & na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
> terwyl hy haar hare met sy vingers
> kam
>
> (die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
> en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
> altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
> wou hy haar
> voed,
> & donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
> sou hy vorentoe tree &
> lieg
>
> (ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
> in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
> droom kon veel.
> maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
> een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel
>
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104279 is 'n antwoord op boodskap #104277] Di, 12 Julie 2005 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jul 2005 11:50:00 +0200, "Max" wrote:

> Selfs met niks anders om te lees op hierdie groep nie, vind ek dit te veel
> werk om onderstaande te probeer ontsyfer.

Jammer. Dis 'n great gedig.

Besides, dit verwys na noem-noem-bessies wat ek ook as kind geet het.
In die Suid-Kaap.

Daar was ook 'n vrug met die naam "custard apple" wat baie lekker was,
maar wat ek nooit ooit weer iewers gesien het nie.

Dis groen van buite met wit vleis binne.
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104282 is 'n antwoord op boodskap #104277] Di, 12 Julie 2005 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Selfs met niks anders om te lees op hierdie groep nie, vind ek dit te veel
> werk om onderstaande te probeer ontsyfer.

Daar is niks om te ontsyfer nie. Lees dit net
eenkeer en laat dit oor jou spoel. Laat sulke
stukkies van die gedig in jou geheue hang.
Die laaste reël is natuurlik die uitklopslag.

Gloudina
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104285 is 'n antwoord op boodskap #104277] Di, 12 Julie 2005 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het op skool die prosa en poësie soos 'n papegaai geleer, want ek kon nog
nooit 'n gedig of van daai deurmekaar kortverhale vat en dit ontleed nie.
Hierdie gedig het net weer vir my bevestiging gegee, dat ek dit nog nie
aangeleer het nie, en kanse vir die toekoms lyk baie kak .

Sorry Gloudina, maar ek stem saam met Max, ek het geen idee wat met die
gedig bedoel word nie

Groete

"Max" skryf in boodskap news:42d393e6$0$20338$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Selfs met niks anders om te lees op hierdie groep nie, vind ek dit te veel
> werk om onderstaande te probeer ontsyfer.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:YJednQ0B8c7FvE7fRVn-iA@rogers.com...
>> Gert Vlok Nel

>> portret: drie kinders by die dam, vroeglente

>> in herinnering aan Koos

>> (sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
>> en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
>> toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
>> & na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
>> terwyl hy haar hare met sy
>> vingers
>> kam

>> (die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
>> en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
>> altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
>> wou hy haar
>> voed,
>> & donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
>> sou hy vorentoe
>> tree &
>> lieg

>> (ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
>> in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
>> droom kon veel.
>> maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
>> een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel
>
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104286 is 'n antwoord op boodskap #104285] Di, 12 Julie 2005 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jul 2005 15:54:22 +0200, "Riaan" wrote:

> Ek het op skool die prosa en poësie soos 'n papegaai geleer, want ek kon nog
> nooit 'n gedig of van daai deurmekaar kortverhale vat en dit ontleed nie.
> Hierdie gedig het net weer vir my bevestiging gegee, dat ek dit nog nie
> aangeleer het nie, en kanse vir die toekoms lyk baie kak .
>
> Sorry Gloudina, maar ek stem saam met Max, ek het geen idee wat met die
> gedig bedoel word nie

Dinge verlore, plekke wat verander. Mense wat sterf of breek.

Daar was daai oomblik toe jy gedink het jy besit actually iets. Jy
maak sense. Jy is in beheer. Maar alles gly onder jou uit en skielik
staan jy daar en die plek waar jy grootgeword het is anders en die
mense wat jy geken het is dood.

Dan is jy verlore. Daai soort ding.

Soos 'n anner ou gese het: "waar is die sneeu van voorverlede jaar?"
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104290 is 'n antwoord op boodskap #104286] Di, 12 Julie 2005 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Soos 'n anner ou gese het: "waar is die sneeu van voorverlede jaar?"

Ek was nogal geamuseer deur die Charles Herman Bosman verhaal
"Debunking Francois Villon". Hy vergelyk onder andere die twee
vertalings van Rossetti en John Payne wat onder andere die reël
"Mais ou sont les neiges d'antan " vertaal met
"But where are the snows of yesteryear " ( Rossetti) en
"But what has become of last year's snow? " (Payne)

Hy stel voor dat die gedigte van Villon in Afrikaans vertaal
word as "Die gedigte van Frans Viljoen."

Gloudina
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104291 is 'n antwoord op boodskap #104285] Di, 12 Julie 2005 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Sorry Gloudina, maar ek stem saam met Max, ek het geen idee wat met die
> gedig bedoel word nie

Jy moet net die gedig LEES en die storie verstaan. Dit vertel van
drie mense in die vroeglente. En dan aan die einde hoor mens dat
in die winter een dood is en een 'n parapleeg. Dus moet mens
aflei dat daar 'n ongeluk was. Daar is dus een deel van die storie
wat jy moet besef. Dan is daar nog ook die ontdekking dat een
van hulle "hopeloos homoseksueel" is. Die woord "hopeloos"
spreek boekdele. Ek dink dit impliseer dat die twee oorlewendes
'n meisie en 'n man is, en dat hulle probeer het om mekaar te troos,
maar dat dit nie gewerk het nie. Impliseer dit verder dat albei
van hulle eintlik verlief was op die een wat dood is?

Gloudina
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104475 is 'n antwoord op boodskap #104290] Ma, 18 Julie 2005 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com schreef op Tue, 12 Jul 2005 14:35:24 -0400 in de
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Soos 'n anner ou gese het: "waar is die sneeu van voorverlede jaar?"
>
> Ek was nogal geamuseer deur die Charles Herman Bosman verhaal
> "Debunking Francois Villon". Hy vergelyk onder andere die twee
> vertalings van Rossetti en John Payne wat onder andere die reël
> "Mais ou sont les neiges d'antan " vertaal met
> "But where are the snows of yesteryear " ( Rossetti) en
> "But what has become of last year's snow? " (Payne)
>
> Hy stel voor dat die gedigte van Villon in Afrikaans vertaal
> word as "Die gedigte van Frans Viljoen."
>
>
> Gloudina
>

In het Nederlands heb ik de stokregel ooit gehoord/gelezen als:
"Maar waar is de sneeuw van weleer".

Een andere Nederlandse vertaling - van de Vlaming Bert Decorte - luidt
als volgt:

Ballade der vrouwen van weleer
------------------------------

Zeg mij naar welke windstreek is
nu Flora toe de Roomse schone,
waar Archipiada en Thaïs,
hare bloedeigen nicht nu wonen.
Echo wier taal men zoet hoort tonen,
voert men geluid langs 't water klaar,
schoner dan iedere aardse schone,
maar waar's de sneeuw van vorig jaar?

Waar is Helloïs wonderwijs,
voor wie tot monnik werd gesneden
Pierre Esbaillart te Sint Denijs
en dit uit liefde heeft geleden?
En waar de koningin, de wrede,
die Buridan met huid en haar
gezakt de Seine heeft in gesmeten?
Maar waar's de sneeuw van vorig jaar?

Waar zouden Blanca, zingend zoet
als een meermin, de leliewitte,
Beatrijs, Bertha Grotevoet,
Aleydis, Haremburgis zitten?
En Jeanne, 't meisje dat de Britten
verbrandden te Roeaan, zeg waar
ze heen zijn, Heil'ge Maagd, ik bid U?
Maar waar's de sneeuw van vorig jaar?

Prins, ga niet zoeken deze weke
of ook dit jaar niet wer of waar;
onthou van dit refrein de reke:
maar waar's de sneeuw van vorig jaar?

------------------
--
Michel.

"Die meneghe es int herte ghepijnt
"Om dat de sonne in dwater scijnt.
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104477 is 'n antwoord op boodskap #104475] Ma, 18 Julie 2005 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Michel Martens" skryf

> In het Nederlands heb ik de stokregel ooit gehoord/gelezen als:
> "Maar waar is de sneeuw van weleer".
>
> Een andere Nederlandse vertaling - van de Vlaming Bert Decorte - luidt
> als volgt:
>
> Ballade der vrouwen van weleer

Dankie dat jy die hele gedig geplaas het.
Afrikaners kan gewoonlik gedigte in die
Nederlands met 'n groot mate van gemak
lees.

Gloudina
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104478 is 'n antwoord op boodskap #104475] Ma, 18 Julie 2005 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Michel Martens" skryf

> "Die meneghe es int herte ghepijnt
> "Om dat de sonne in dwater scijnt.

Wie het dit geskryf, wanneer is dit
geskryf, en vertaal dit asseblief in
Afrikaans vir my.

Gloudina
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104506 is 'n antwoord op boodskap #104478] Di, 19 Julie 2005 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DFM  is tans af-lyn  DFM
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:qISdnTZQc8L-j0HfRVn-1A@rogers.com...
>
> "Michel Martens" skryf
>
>> "Die meneghe es int herte ghepijnt
>> "Om dat de sonne in dwater scijnt.
>
> Wie het dit geskryf, wanneer is dit
> geskryf, en vertaal dit asseblief in
> Afrikaans vir my.
>
> Gloudina
>
>

Google resultaat -
http://www.dbnl.org/tekst/will028belg01_01/will028belg01_01_ 0009.htm

Wat ook vir my verbasend is, is die ooreenkoms met die reël
"..Al es mijn herte van hare ghepijnt,.." uit Gloriant - "Een abel spel ende
een edel dinc vanden hertoghe van Bruuyswijc, hoe hi wert minnende des Roede
Lioens dochter van Abelant."
sien http://cf.hum.uva.nl/dsp/ljc/gloriant/gloriant.html met 'n handige
woordgids
http://cf.hum.uva.nl/dsp/ljc/gloriant/woord.html

Groete
Danie
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104511 is 'n antwoord op boodskap #104478] Di, 19 Julie 2005 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com schreef op Mon, 18 Jul 2005 16:42:44 -0400 in de
nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> "Michel Martens" skryf
>
>> "Die meneghe es int herte ghepijnt
>> "Om dat de sonne in dwater scijnt.
>
> Wie het dit geskryf, wanneer is dit
> geskryf, en vertaal dit asseblief in
> Afrikaans vir my.
>
> Gloudina
>

(Die sig is er eigenlijk per ongeluk bijgezet. Hij hoort bij een
andere groep.)

Medeposter DFM heeft al aangegeven waar die spreuk te vinden is op het
net. Je hebt dan ook kunnen zien dat het een oude rijmspreuk is die
teruggevonden werd in een bundel uit de veertiende eeuw. De
begeleidende tekst werd geschreven door Jan Frans Willems, een
negentiende-eeuwse Vlaming. De tekst is dus een voorbeeld van het
Belgisch-Nederlands uit die tijd. De spreuk zelf is natuurlijk in het
Middel-Nederlands. In het moderne Nederlands zou je het kunnen
omzetten als: "er zijn velen die niet kunnen lijden/verdragen dat de
zon in het water schijnt". Ik weet niet of de uitdrukking 'niet kunnen
zien dat de zon in het water schijnt' ook in het Afrikaans bestaat.
Het betekent: afgunstig zijn op het geluk, de gunst, die een ander te
beurt valt; ontevreden of boos zijn, omdat een ander iets geniet.

Letterlijk omgezet staat er:

"Menigeen (= velen) hebben pijn aan het hart
"Omdat de zon in het water schijnt.

Wie het geschreven heeft is niet bekend. Het is een spreuk (saying,
aphorism) en die spreuken komen uit het volk.

Die website van de DBNL bevat trouwens een schat aan oude en meer
recente literatuur uit de Noordelijke en Zuidelijke Nederlanden. Het
is een opzet van de Nederlandse Taalunie, "een beleidsorganisatie
waarin Nederland, België en Suriname samenwerken op het gebied van de
Nederlandse taal, taalonderwijs en letteren". Zie
http://taalunieversum.org/taalunie/

Sommigen in het taalgebied zouden ook graag hebben dat Zuid-Afrika de
Taalunie vervoegt maar Afrikaans is natuurlijk geen Nederlands (meer).
Anderzijds is de band toch nog nauw genoeg en zou het mogelijk een
promotie voor het Afrikaans betekenen. De uiteindelijke beslissing
ligt natuurlijk bij jullie, De Afrikaanssprekenden.

--
Michel.
Re: " portret : drie kinders by die dam, vroeglente " [boodskap #104512 is 'n antwoord op boodskap #104511] Di, 19 Julie 2005 21:57 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Michel Martens" Het betekent: afgunstig zijn op het geluk, de gunst, die een ander te[/color]
> beurt valt; ontevreden of boos zijn, omdat een ander iets geniet.

Daar mag wel mense wees wat die uitdrukking
in Afrikaans gebruik, maar dit kom nie baie
voor nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Hulp
Volgende onderwerp: Harry Potter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:56:56 MGT 2024