Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swapo stry....
Swapo stry.... [boodskap #104391] Vr, 15 Julie 2005 15:36
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl ons hierbo met die ou stories besig is, is dit interessant om te weet
dat die vorige president Sam Nujoma, se voorste agterryer in die publiek
gesê het dat nuwe president Pohamba is eitlik maar net 'n lid van die Swapo
party en dat die Swapo party die land regeer. Oom Sam, steeds as
voorsitter van Swapo, is, volgens hom, die finale sê oor wat in die land
gebeur.
Voor die algemene verkiesing vir president van Namibië en die feit dat
Sam Nujoma nie volgens die grondwet vir 'n 4de termyn mog staan nie, is
algemeen gespekuleer dat Pohamba net 'n front vir Nujoma is. Met Pohamba
aan bewind, het dinge skielik beter begin gaan oor die algemeen en het die
algemene hoop bestaan dat die land beter en meer effektief geregeer gaan
word......tot hierdie idioot kom en sy bek verbypraat.
Dalk het dinge te goed gegaan na hy en sy baas se smaak?
Vorige onderwerp: Engelse, bomme en Moslems
Volgende onderwerp: Graties bier vir die naweek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 03:53:50 MGT 2024