Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mexico
Mexico [boodskap #104165] Vr, 01 Julie 2005 09:15 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien vanoggend op TV dat daar van die Amerikaners is wat nou in hul klere
skeit omdat Meksiko besluit het om een van hul bekendste 'cartoon'-karakters
te vereer deur dit op hul posseëls te sit. Nou is die snaakse mannetjie
toevallig swart en met dik lippe. Dis nou onvanpas en rassisties. Nou
wonder ek net of iemand iets sou gesê het as die snaakste ou wit was of
iemand sou gekla het? En, swart mense hêt dik lippe en ís swart!
Re: Mexico [boodskap #104171 is 'n antwoord op boodskap #104165] Vr, 01 Julie 2005 13:10 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> Ek sien vanoggend op TV dat daar van die Amerikaners is wat nou in hul klere
> skeit omdat Meksiko besluit het om een van hul bekendste 'cartoon'-karakters
> te vereer deur dit op hul posseëls te sit. Nou is die snaakse mannetjie
> toevallig swart en met dik lippe. Dis nou onvanpas en rassisties.

Dit is Amerikaanse propaganda teen Vincente Fox wat nogal problematies
vir baie Amerikaanse politici is.
Vir Meksikaners is Memín Pinguín, 'n geliefde en gewilde "comic book"
karakter.
Polities inkorrek, ja. Speedy Conzales is sekerlik ook. Hier in
Amerika ten minste. Maar my Spaanse vriende dink nie in dieselfde
stereotipes as ons nie. Altans, dit lyk nie so nie.
Hulle kultuuur is nie so gepolariseerd t.o.v ras as die van ons
Amerikaners nie, en as sulks beskou hulle dit nie as rassisties nie.
Hulle is wel klassisties. Klas is uiters belangrik daar, maar nie ras
nie.
Amerikaners, wat so geweldig gepolarisseerd is wat ras betref, beskou
dit wel as offenssief.
Tough cookies!
Vorige onderwerp: Biltong
Volgende onderwerp: TTL van plasings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 11:09:14 MGT 2024