Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Interessante SA immigrante gedurende die Tweede Wêreld-oorlog
Interessante SA immigrante gedurende die Tweede Wêreld-oorlog [boodskap #104159] Do, 30 Junie 2005 21:58
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl ek Bosman se "Cask of Jerepigo" lees, merk ek op dat hy 'n stuk
geskryf het oor Fred Perls, die vader van Gestalt teorie. En dat hierdie
boek blykbaar in Johannesburg vir die eerste keer gepubliseer is. Ek
vors toe bietjie uit op die internet en vind uit dat Fred Perls van 1933 tot
in 1945 in Johannesburg gebly het, op vlug van die Nazis.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het daar nogal baie
interessante mense as vlugtelinge uit die oorlog in Europa na SA
gekom. Die Griekse koningsfamilie was een voorbeeld. Daar was
ook 'n hele paar goeie akteurs wat liewers in SA wou bly terwyl
Hitler in Europa aktief was. Ek onthou nou die naam van Hermione
Gingold, wat later in Hollywood - films verskyn het. Maar daar was
nog ander beter Engelse aktrises wat die toneelwêreld in SA
verryk het. Ek kan nou net nie hulle name onthou nie.
Konneksies met Europa was somtyds nie so 'n goeie
ding nie. Die SA regering het byvoorbeeld geweier om vir
die digter Peter Blum burgerskap te gee, blykbaar omdat
daar twyfel was Nazi-konneksies in die familie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Feeste
Volgende onderwerp: Biltong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 09:34:27 MGT 2024